Die beslissing kom nadat Daphne de Villiers van Stellenbosch in haar testament gesê het die trustees van die Jean Pierre de Villiers Trust, wat sy gestig het, moet R250 000 per jaar aan wit studente by vier universiteite toeken.
Die vier universiteite, Stellenbosch, Pretoria, Vrystaat en Kaapstad, weier om by die beurse betrokke te raak weens die rassekonnotasie waarmee dit gepaardgaan.
Vyf regters het egter Vrydag beslis dit sou nie help om in die hof aansoek te doen dat die beurse aan studente van ander rassegroepe gaan nie omdat dit nie De Villiers se laaste wens was nie.
De Villiers is glo voor haar dood gewaarsku dié wens kon problematies wees, maar sy het daarop aangedring, het die koerant berig.
Die hof het verder beslis dat, volgens De Villiers se laaste wens, die geld na ‘n welsynsorganisasie sou gaan indien daar nie ‘n wit student gevind kon word wat daarby sou baat vind nie.
