‘Die perfekte storm’

Stakende mynwerkers by die Lonmin-platinummyn is besig om voorbereidings vir nog betogings te tref.

Die werkers eis dat hulle lone verdriedubbel word.

Dít kom nadat die Lonmin-myn Sondag ‘n finale ultimatum aan stakende mynwerkers gerig het om Maandag terug te keer na hul werk of die risiko te loop om afgedank te word.

“Jy kan nooit genoeg vyande hê nie,” het Tiny Rowland eens gespog, maar selfs die Britse magnaat wat Lonmin plc opgebou het, se maatskappy staar nou ‘n “perfekte storm” in die gesig nadat die Suid-Afrikaanse polisie 34 stakende mynwerkers doodgeskiet het by sy Marikana-platinummyn.

‘n Konserwatiewe Britse eerste minister van die 1970’s het Rowland as die “onaanvaarbare gesig van kapitalisme” beskryf – Lonmin het nou menslike ellende en ‘n openbare betrekkinge-nagmerrie in die arbeidsmark geskep wat alle platinumprodusente voortaan sal teister.

Die maatskappy voel reeds druk op sy balansstate in die sektor en na die bloedvergieting is die hoop dat sy 2012-produksieteikens en skuld-tot-inkomste verpligtinge sal verbeter, verder aan die taan.

Lonmin se ellende het Donderdag verdiep na die aangekondiging dat die hoof uitvoerende beampte Ian Farmer, ‘n veteraan van die groep, ernstig siek in die hospitaal opgeneem is.

“Ek kon net nie dink aan nog slegter dinge wat kon gebeur met hulle nie,” sê ‘n bedryfsontleder wat gepraat het op voorwaarde van anonimiteit. “Dit is die perfekte storm.”

Lonmin-aandele meer as 8% gedaal tot die laagste in Londen sedert 2008 Vrydag, voordat dit weer effens herstel het.

Soos sy eweknieë, het die wêreld se derde grootste platinum myn reeds gesukkel met stygende lone en dalende pryse, nalv swak vraag onder die motor- en die vragmotormakers.

Лобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae