Dood van onskuldige metropolisielid skok

Die VF Plus is geskok oor die tragiese dood van ‘n metropolisielid in Pretoria gister.

Sers. Piet Von Bekkum is by die Wonderpark-winkelsentrum in Akasia deur rowers doodgeskiet nadat hul NWJ Juweliers beroof het.

Sersant Von Bekkum was, volgens berigte, tydens die rooftog in die parkeerterrein en heeltemal onbewus van die voorval. Hy is daar deur die rowers gekonfronteer en geskiet en het om 13:00 gesterf.

Die leier van die VF Plus in Pretoria, Rdsl. Philip van Staden, het die voorval ten sterkste veroordeel en in reaksie gesê dat niemand se lewe meer in Suid-Afrika gewaarborg kan word nie.

“‘n Man wat in diens was van sy stad en sy land om wet en orde te handhaaf is onskuldig geskiet. Die situasie in SA raak onuithoudbaar en massa-aksie moet nou volstoom teen misdaad en misdadigers geloods word.”

Van Staden het sy medelye aan Sers. Von Bekkum se familie oorgedra en gesê dat Pretorianers hul in hul gebede sal opdra.

“Ek salueer Sers. Von Bekkum vir die bydrae wat hy gelewer het om Pretoria ‘n veiliger plek te maak.”

Данильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae