Xenofobie ‘gevaarlik naby aan kookpunt’

Met hernieude aanvalle op vlugtelinge en asielsoekers in die Wes-Kaap en die Vrystaat in die afgelope weke, het groepe gewaarsku dat die land “gevaarlik naby aan kookpunt” is.

‘n Opname deur Pondering Panda het bevind dat 44% van jong Suid-Afrikaners gekant is teen buitelanders wat spaza-winkels bedryf.

Jeugdiges het ook glo vertroue verloor in president Jacob Zuma se vermoë om die land te regeer, het dieselfde maatskappy bevind, met 51% wat teen hom gestem het uit 12 791.

Die opname het ook bevind dat daar sterk rasse-verskille in menings bestaan, met die swart respondente wat meer positief is.

Die respondente was van regoor die land en tussen die ouderdom 18-34.

Meeste bruin, wit en Indiër-jeugdiges het nie van Zuma gehou nie, het die opname bevind.

Maar, in KwaZulu-Natal, het 54 persent van die respondente gevoel dat Zuma ‘n geskikte leier is.

In ‘n aparte opname, het 60 persent van die jeug het gesê dat hulle beslis sou stem in die land se algemene verkiesing in 2014. Agt-en-twintig persent het gesê hulle sal nie.

Hoewel misdaad en xenofobie as motiewe vir die verdrywing en aanranding van meer as 600 buitelanders beskou word, sê kenners die aanhoudende aanvalle kan gekoppel word aan die ANC se kritiek van vlugtelinge en asielsoekers.

Suid-Afrika het onder kwaai internasionale kritiek in 2008 deurgeloop toe meer as 62 mense dood en ongeveer 670 gewond is in xenofobiese aanvalle wat in Johannesburg uitgebreek het en regoor die land versprei het.

In die ANC se beleidsdokument, “vrede en stabiliteit” vra die party vir strenger wetgewing teen handel deur buitelanders.

Daar is ‘n uiteensetting in die dokument dat 95% van asielsoekers nie wettige vlugtelinge is nie. Vlugtelingorganisasies sê dit kom neer op die “demonisering van vlugtelinge”.

Van hulle het gesê dat die ANC se besprekingsdokument, wat tydens sy beleidskonferensie in Midrand ter tafel gelê is verlede maand, “problematies” is.

In Mitchells Plain se Beacon Valley, Kaapstad, is vier winkels in een straat op een aand aangeval, want bendes eis ‘n beskermingsfooi van tot R800 ‘n dag van die Somaliese winkels.

Die meeste van die geweld word egter gemik op buitelanders in Kaapstad se Khayelitsha en Philippi.

Ten minste 500 buitelanders is ook ontwortel in Botshabelo in die Vrystaat, in dieselfde week.

Valhalla Park se wyksraadslid Nas Abrahams, van die DA, het gesê die geweld is ‘n “free-for-all” soos wat swart Suid-Afrikaners Somali’s se spaza-winkels plunder.

Hy het gesê die polisie kon meer gedoen om te verhoed dat die plundering plaasvind. Hulle is gefotografeer terwyl hulle toekyk hoe die gesteelde goedere weggedra word.

André Traut, polisiewoordvoerder, het geweier om te spekuleer oor die vraag of die motief polities of krimineel is, of die gevolg van vyandigheid teenoor buitelanders.

Данильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae