Afrika verdeel oor Dlamini-Zuma

Afrika-leiers is verdeel oor ‘n historiese verkiesing wat vir die eerste vrou gesorg het om aan die hoof van die AU-kommissie te staan, met sommige lande wat die aanstelling verwelkom en ander wat Suid-Afrika se taktiek kritiseer.

Baie deelnemers was ook verlig dat die ses maande-lange dooiepunt uiteindelik gebreek is toe Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma as wenner uit die geveg getree het.

Kenia, wat vir Ping gestem het, het gesê dit is ten minste beter dat die dooiepunt nou opgelos is. Richard Onyonka, ‘n assistent-minister van buitelandse sake, het gesê die uitslag is “soort van ‘n oorwinning vir Afrika omdat ons ten minste nou vorentoe kan beweeg.”

Maar hy het gesê dat hy van die boelie-taktiek deur Suid-Afrika afkeur.

“Vir ons is dit is meer soos ‘n bitter-soet oorwinning,” het hy gesê. “Ek glo dat hierdie verkiesing skerp verdelings binne die AU veroorsaak het en dit was nie nodig nie.

“Ek is baie ongemaklik met die metodes en die styl van Suid-Afrika. Hulle is daarop geregtig om ‘n kandidaat te bring … maar ons het gevoel dat daar te veel intimidasie, arm-draaiery en dreigemente was,” het Onyonka gekla.

Erastus Mwencha van Kenia, is as die AU adjunk-voorsitter vir nog ‘n termyn verkies.

Nog ‘n afgevaardigde, wat nie geïdentifiseer wil word nie, sê Suid-Afrika, die tuiste van die vasteland se grootste ekonomie, het onbeskaamd stemme gekoop.

Rwanda en die Demokratiese Republiek van die Kongo het intussen by die beraad ingestem tot ‘n internasionale mag om rebelle in die ooste van die Kongo te neutraliseer, en die AU het gesê hulle is gereed om vredesmagte te stuur .

Rwandese president Paul Kagame aan AFP gesê beide kante het ingestem om “in beginsel” die troepe te aanvaar.

Dit was sy eerste aangesig-tot-aangesig ontmoeting met president Joseph Kabila, aangesien ‘n VN-verslag in Junie Rwanda daarvan beskuldig het dat hulle Kongolese rebelle steun. Die twee het ontmoet op die kantlyn van die beraad.

Rwanda en Kongo se leiers sal weer vroeg in Augustus bymekaar kom om die grootte, die mandaat, nasionaliteit en ontplooiing van troepe in die ooste van die Kongo te bespreek.

VN-vredesmagte is reeds in die streek. Die VN se adjunk-sekretaris-generaal Jan Eliasson het vir ‘n onmiddellike einde aan die geweld gevra, en gewaarsku “die lande van die streek behoort die beginsel van nie-inmenging te respekteer.”

Die verkiesing het die spanning tussen Afrika se Frans-en Engelstalige lande laat opvlam. Suid-Afrika is beskuldig daarvan dat hulle ‘n ongeskrewe reël dat die AU se toppos moet gaan aan ‘n kandidaat van een van die vasteland se kleiner lande, oortree.

Dit sluit dus Suid-Afrika, Egipte, Algerië en Nigerië uit. Nigerië is glo erg ongelukkig met die aanstelling van Dlamini-Zuma en haar teenwoordigheid sal verhoudinge met Afrika se olie-reus verder bemoeilik.

Данильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae