San Leandro Polisie se Jeff Tudor sê die 34-jarige Deron Williams het glo 11 banke beroof, terwyl hy ‘n “gesofistikeerde volle gesigmasker wat aan hom die voorkoms van ‘n bejaarde wit man gegee het,” opgehad het.
Alameda County het Williams vasgevat op verskeie aanklagte van roof, aanranding met ‘n dodelike wapen, voertuigdiefstal en wapenoortredings. Hy is Dinsdag in Oakland in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n gesteelde bakkie wat hy na bewering in ‘n paar van die rooftogte gebruik het, gevind het.
Tudor sê die polisie het Williams met behulp van DNA-bewyse gekry na ‘n rooftog by ‘n bank in San Leandro in Oktober.
Williams word in Santa Rita tronk aangehou. Sy borg is oor ‘n miljoen dollar gestel.
