Dit is die beroemde “swart” stad van Amerika, die stad van Oprah Winfrey en Barack Obama, en nou ook moordstad.
Moorde in Chicago het die hoogte ingeskiet met 60 persent in die eerste drie maande van 2012, ‘n voortsetting van ‘n lastige neiging wat laat verlede jaar begin het. Skietbeserings het ook skerp gestyg in die eerste kwartaal, toon misdaadstatistiek van die polisiedepartement.
Die verswakkende toestand kom te midde van pogings om bendemisdaad te bekamp en beamptes en hulpbronne in sommige van die stad se mees gevaarlike buurte te ontplooi.
Chicago se polisie blameer swart straatbendes vir baie van die geweld. Nog ‘n bydraende faktor vir die styging in die moordsyfer is glo die ongewone warm weer die afgelope winter, volgens kriminoloë, maar Chicago se polisiesuperintendent Garry McCarthy het gespot met daardie verduideliking vroeër vanjaar.
“Beter weer, almal is buite […] en daar’s meer geleentheid vir konflik as toe dit koud en winderig was,” sê James Alan Fox, professor in kriminologie, wet en openbare beleid by die noordoostelike Universiteit in Boston.
In 2008, het die stad ‘n soortgelyke ellende ervaar met 500 moorde en koue weer.
Van 1 Januarie tot 1 April vanjaar, is 120 moorde in Chicago aangeteken, ‘n skerp styging van 75 in dieselfde tydperk in 2011 en 2010 volgens departement se statistiek. Skietbeserings beloop byna 490 in die eerste drie maande van 2012, meer as 37% van ‘n jaar vroeër.
Die president van ‘n polisievakbond het die stygende geweld blameer op die departement se versuim om hulle uittredende beamptes te vervang.
“Enige beampte sal jou vertel die Chicago polisiedepartment is onderbeman, behalwe die superintendent,” sê Michael Shields. “Vanjaar se begroting is gebalanseer ten koste van openbare veiligheid.”
