‘Bly stil as die volkslied speel’

Die wêreldberoemde tenoor, Plácido Domingo, sal nie volgende Maandag die Spaanse volkslied sing soos beplan nie. En die rede daarvoor is eenvoudig: Die lied beskik oor geen woorde nie, maar is slegs ‘n instrumentale komposisie. Die Spaanse Olimpiese komitee was verlede week nog eufories oor die moontlikheid dat die Koninklike Mars wat uit die agtiende eeu dateer, die Spanjaarde tydens die komende Spele ook met woorde sal besiel. Hulle het naamlik ‘n internasionale kompetisie van stapel gestuur en 7000 inskrywings ontvang. Die wenner, ‘n 52-jarige werklose ingenieur, se voorstel was maar taamlik versigtig en versoenend in die eerste vier strofes, maar het nietemin die beoordelaars oortuig.

"Leef Spanje/Sing almal saam/met ‘n duidelike stem/En uit een hart…", lui die begin. Dinsdagaand was die mening van die Spelekomitee se voorsitter egter dat die woorde "verdelend" is terwyl dit veronderstel is om eenheid te skep. Dit gons in Spanje omdat die teks nie meer aan die parlement voorgelê gaan word nie want die Olimpiese komitee het nou afgesien van die idee. Met die publikasie daarvan in die konserwatiewe koerant, die ABC, is ‘n uitbarsting veroorsaak. Die meeste Spanjaarde dink die woorde is "flou" of  "anachronisties" en "belaglik".

Die Baske en Kataloniërs meen dat niemand moet verwag dat hulle "Leef Spanje" ooit sal saamsing nie. Nasionale simbole word dikwels in dié streke geminag. Die Volkslied-debakel is maar nog ‘n aanduiding dat Spanje ideologies gefragmenteer bly. Een deel van die bevolking wil ‘n konfederasie tot stand sien kom, ‘n "volk van volkere" en die ander bly die eenheid wat Franco vergestalt het ondersteun. Elkeen moet nou maar sy eie woorde in die stilte toevoeg, skryf ‘n rubriekskrywer in die koerant Publico. Dit sal ten minste verhoed dat die verskillende nasionalismes weer opvlam en die "slim" oplossing wees.

demo games casinoАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae