“Al hierdie kwessies, maar veral missielafweer, dit kan opgelos word, maar dit is belangrik vir hom om my ruimte te gee,” het Obama gesê aan Medwedef aan die einde van hul 90-minuut-vergadering, blykbaar verwysende na inkomende Russiese president Wladimir Poetin.
Medwedef geantwoord, “Ja, ek verstaan. Ek verstaan jou boodskap oor die ruimte. Ruimte vir jou … “
“Dit is my laaste verkiesing,” het Obama gesê. “Na my verkiesing, het ek meer buigsaamheid.”
Die Russiese leier het gereageer, “Ek verstaan. Ek dra hierdie inligting aan Vladimir oor.”
Die woorde is opgetel deur die mikrofoon van ‘n Russiese verslaggewer nadat joernaliste toegelaat is by die twee leiers. Dit is eerste deur ABC News opgetel en daarna die Washington Times.
Die twee leiers is in Seoul vir ‘n kernberaad wat die hoofde van meer as 50 lande insluit, waaronder ook pres. Zuma. Obama en Medwedef het oorgebuig na mekaar in hul onderskeie stoele toe die gesprek plaasgevind het.
Die Withuis se adjunk-nasionale veiligheidsadviseur Ben Rhodes, wat die vergadering bygewoon het, het eers gesê hy het niks gehoor nie en kon nie kommentaar lewer nie.
Binne ‘n uur, egter, het Rhodes ‘n verklaring uitgereik via e-pos wat sê die VSA “is verbind tot die implementering van ons missielafweerstelsel, en ons het herhaaldelik gesê dis nie gemik teen Rusland nie.”
Die beeld van Obama wat ‘n moeilike nasionale veiligheidsvraagstuk aan herverkiesing ondergeskik stel is die teenoorgestelde van wat die Wit Huis beplan het vir die reis na Noord- en Suid-Korea. Die Amerikaanse administrasie wou juis ‘n beeld skep van ‘n wêreldleier op die gebied van sulke vraagstukke.
Obama is tewens by die gedemilitariseerde sone afgeneem tussen die twee Koreas waar hy oor die landskap tuur, om sy statuur as vooraanstaande leiersfiguur te blekmtoon.
Medwedef het aan verslaggewers gesê dat hy glo missielafweergesprekke tussen die twee lande “kan meer aktief wees.”
Obama se Republikeinse teenstanders is nie die enigstes wat bekommerd voel oor die implisiete betekenis van die warmmikrofoongesprek dat die verdediging van Oos-Europa teen Rusland versag kan word na die Amerikaanse president se herverkiesing nie.
Pole het met uiterste kommer gereageer op die nuus en poniekoerantopskrifte het gevra of die VSA Pole uitverkoop het.
