Boeke se dae mag getel wees

‘n Pleidooi vir die boek is Vrydag gelewer toe Nobelpryswenner, Doris Lessing, wat nie haar toekenning in Stockholm in ontvangs kon gaan neem nie weens haar delikate gesondheidstoestand, se bedankingstoespraak voorgelees is deur haar Britse uitgewer, Nicholas Pearson. Arm lande is leergierig volgens haar en jeugdiges in ryk lande stel nie in hul kulturele erfenis belang nie.

Lessing skryf in haar voordrag: "Ons besit ‘n myn – ‘n skat – van letterkunde […]. Alles hiervan, hierdie literêre oordaad, wag om herontdek te word deur wie ookal gelukkig genoeg is om dit teë te kom. ‘n Skat. Sê nou maar dit het nie bestaan nie. Ons sou leeg gewees het, arm." Maar volgens die skryfster verkies vandag se jeug internet en televisie, ‘n ware "rewolusie" waaroor daar nog nie genoeg indringende vrae gevra word nie.
"Hoe gaan ons onsself geestelik verryk met die Internetnuutjie wat ‘n hele generasie verlei het met sy tekortkominge?" vra Lessing. Wat haar betref is die sug na letterkunde en boeke oral in die Derdewêreld ‘n "ongelooflike verskynsel, van Kenia tot in die Kaap van Goeie Hoop". Sy het veral na Zimbabwe verwys waar mense glo "boeke bedel" ten spyte van die "terreur van Mugabe".

Nietemin, ten spyte van die "ongelooflike" dors na boeke wat sy blykbaar in arm Afrikalande waargeneem het, het sy haar toespraak op ‘n pessimistiese noot geëindig. Die storieverteller se dae mag reeds getel wees, het sy toegegee.

комплектующие для шиномонтажаОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae