Kasrils, 73, het bevestig dat hy en Amina Frense, 59, ‘n Kaaps-gebore joernalis en filmvervaardiger, gaan afhaak.
Hy het geweier om die tyd of die plek van die huwelik te openbaar. “Ons wil dit ‘n baie intieme geleentheid hou.”
‘n Paar uitgesoekte gaste is wel uitgenooi na die troue, en hulle sluit in Essop Pahad, Pallo Jordan, Allister Sparks en Jakes Gerwel.
Frense gesê dit is “wonderlik om iemand met wie jy kan gesels en wat omgee vir dieselfde waardes en kwessies as jyself, te vind”. Sy sal Kasrils op sy werk-verwante oorsese reise vergesel.
Hy is ‘n lid van ‘n dinkskrum in Beiroet, sowel as ‘n lid van die Russelltribunaal oor Palestina, wat weer in Oktober in New York ontmoet. Die vorige byeenkoms is in Kaapstad gehou.
Die egpaar het geweier om kommentaar te lewer oor of die huwelik volgens Moslemgebruik gehou sal word.
Kasrils se huldeblyk aan sy oorlede vrou, Eleanor, het in 2011 die Sunday Times se Alan Paton-toekenning vir nie-fiksie ontvang. Sy het is in 2009 dood.
Frense is die besturende redakteur vir die TV-nuus en aktuele sake by die SAUK. Sy was ook die mede-produsent vir die 1997-film “Mandela”.
