Hof sê nee vir pornokanaal

Die hooggeregshof in Johannesburg het Maandag beslis dat TopTV nie pornografie mag uitsaai sonder die toestemming van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) nie.

Terselftertyd, het Okosa voorleggings van TopTV se aansoek ontvang.

Dit sal oorweeg word as Okosa sy besluit oor die aansoek op 31 Januarie neem, het Okosa-woordvoerder Jubie Matlou, gesê.

Dié betaalkanaal het in September by Okosa aansoek gedoen vir toestemming om drie pornografiese kanale uit te saai.

Toe TopTV na twee maande geen antwoord ontvang het nie, het hulle besluit om voort te gaan sonder Okosa se besluit.

TopTV-woordvoerder Melinda Connore is Maandag aangehaal in die Sowetan wwar sy sê planne is in plek om die porno-kanale te begin.

“Die kanale was veronderstel om in Desember te begin, maar die bestuur het besluit om dit uit te stel,” het sy aan die koerant gesê. Die nuwe aanvangsdatum was 20 Januarie. 

Connore kon nie bereik word vir kommentaar na die hof se beslissing Maandag nie.

Matlou gesê Okosa se ​​besluit is vertraag omdat On Digital Media, wat die eienaar van TopTV is, ‘n vertroulikheidversoek in hul aansoek gerig het.

Okosa het ‘n dringende aansoek voor die hooggeregshof gebring en gevra dat die aangeleentheid tot 31 Januarie uitgestel moet word, wanneer hulle ‘n finale antwoord sou hê.

Michael Motsoeneng, Okosa se prokureur, wou nie Maandag kommentaar lewer oor die interdik nie en het alle vrae na Okosa verwys.

 

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae