Gratis hoër onderwys ondersoek

Die ANC wil hoër onderwys gratis aan armes wat akademies daarvoor kwalifiseer, oopstel.

Die doelwit is om tersiêre onderwys uit te brei sodat ‘n groot aantal studente opgelei word. Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het egter gesê almal sal nie aan universiteite kan studeer nie, en sal ambagte ook oorweeg moet word.

Nzimande het Donderdag by die bekendstelling van die groenskrif oor hoër onderwys verklaar dat die regering na gratis tersiêre onderrig kyk.

Volgens Nzimande beskik die nasionale studentehulpfonds nie oor genoeg geld om studente te help nie. Daar is egter R10 miljard in die sektorale onderwys-en-opleidingsowerhede (setas) beskikbaar wat vir beurse aan arm studente aangewend kan word.

Die ANC het die departement van hoër onderwys glo reeds versoek om ondersoek in te stel doen na die koste van beurse aan verdienstelike arm studente.

Die kostebevindings sal nog hierdie jaar voor die ANC se vyfjaarlikse nasionale beleidskonferensie dien.

Фильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae