Twee vragskepe met mielies van Romenië is onderweg na Kaapstad, en nóg invoere kan volg terwyl Suid-Afrika ‘n mielietekort beleef.
Suid-Afrika het vroeër rekord mielie-oeste behaal, maar weens uitvoer-verpligtinge verwag Graan SA dat hy 700-duisend ton wit- en geelmielies sal moet invoer, om aan die vraag te voldoen.
Graan SA sê mielie-invoere kan tot vroeg in die nuwe bemarkingseisoen nodig wees, aangesien laat reën beteken dat die plantseisoen later as normaal begin het.
