Nog Holocaustslagoffers kry pensioen

Duitsland het ná ‘n jaar se volgehoue onderhandelings ooreengekom om pensioene aan nóg sowat 16 000 Holocaust-slagoffers van oor die wêreld uit te betaal.

Die meeste van dié slagoffers is oorlewendes wat destyds uitgehonderde kinders in Nazi-ghetto’s was of mense wat in vrees weggekruip het.

Die ooreenkoms tussen die New York-gebaseerde Claims Conference en die Duitse regering “gaan nie oor geld nie,” het Greg Schneider, uitvoerende adjunk-president van die groep, gesê.

“Dit gaan oor Duitsland se erkenning van hierdie mense se lyding.”

“Hulle kry uiteindelik erkenning van die gruwels wat hulle as kinders deurgemaak het,” het hy aan The Associated Press gesê.

Altesaam 5 000 van dié nuwe begunstigdes woon in die VSA.

‘n Gedeelte van die ooreenkoms sal nie onmiddellik oorlewendes dek wat jong Joodse kinders was wat in 1938 of later gebore is nie.

Stuart Eizenstat, spesiale onderhandelaar vir Claims Conference, sê die groep sal seker maak dat geen Holocaust-oorlewende van die “erkenning wat elkeen verdien, ontneem word nie.”

Schneider sê die groep sal aanhou onderhandel.

Duitsland sal nou vergoedingspensioene aan ‘n totaal van 66 000 mense uitbetaal wat die Nazi-kampe en ghetto’s oorleef het, of moes wegkruip of onder ‘n vervalste identiteit moes leef.

Onder die nuwe reëls sal enige Jood wat minstens 12 maande in ‘n ghetto gewoon of weggekruip of onder ‘n vervalste identiteit geleef het, vir ‘n maandelikse pensioen van €300 in aanmerking kom.

Vir lande in die voormalige Sowjet-blok is die bedrag €260.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae