Die Republiek van Benin het tjeks van eenhonderdduisend rand aan die gesinne van die Gugulethu Sewe in Kaapstad oorhandig.
Die groep is in 1986 in ‘n hinderlaag deur veiligheidsmagte gedood.
Die president van Benin, Thomas Yayi Boni het verlede maand tydens ‘n staatsbesoek aangekondig dat die gesinne finansieel bygestaan sal word.
Boni het ook ‘n krans by die gedenkplaat van voormalige MK-vegters gelê.
Die president het in 2007 ‘n sluipmoordaanval oorleef. Hy is in ‘n Moslemgesin gebore, maar het van godsdiens verander en is tans ‘n evangeliserende Christen.
Boni is deur die Franse regering vereer met ‘n kavaliersorde. Sy eggenoot Chantal (née de Souza), is die niggie van die voormalige militêre diktator Paul-Émile de Souza.
