Egipte se militêre leier beloof referendum

Die leier van die militêre opperraad wat Egipte regeer, het aangekondig dat ‘n presidentsverkiesing teen einde Junie 2012 gehou sal word. Die regering sal ook ‘n onmiddellike referendum vir die oordrag van mag reël indien nodig.

Veldmaarskalk Mohamed Hussein Tantawi, wat ná die afsetting van oudpres. Hosni Mubarak, oorgeneem het, het Dinsdagaand in ‘n TV-toespraak gesê hy het Dinsdag die bedanking van die kabinet aanvaar. Die parlementsverkiesing sal volgens Tantawi soos beoog voortgaan.

Hy het gesê die militêre opperraad “wil nie die mag behou nie en is heeltemal gewillig om ‘n referendum te hou en verantwoordelikhede oor te dra indien dit sou nodig wees.”

Hy het gesê die militêre opperraad het die bedanking van die premier, Essam Sjaraf, se kabinet aanvaar en het “gevra dat hulle met hul werksaamhede voortgaan totdat ‘n nuwe regering gevorm word om met die oorgang te help, tesame met die militêre opperraad”.

Tienduisende betogers het Dinsdag op Tahrir-plein byeengekom ná dae van dodelike skermutselings tussen die polisie en betogers wat demokratiese verandering eis.

Nadat nuus oor Tantawi se toespraak Tahrir-plein bereik het, het die skare anti-Tantawi-slagspreuke gedreunsing.

“Tantawi is maar net ‘n knip-en-plak-weergawe van Mubarak,” het Ahmed Mamduh (35), ‘n betoger, gesê.

Tantawi het ook gesê die raad is vasbeslote om op 28 November met die parlementêre verkiesing voort te gaan en om “teen die einde van Junie 2012 ‘n nuwe president te verkies”.

данильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae