Yengeni glo effe grieperig

Image

Voel nie lekker nie

Die departement van korrektiewe dienste het vandag bekend gemaak dat ’n moontlike oortreding van paroolvoorwaardes teen Tony Yengeni ondersoek word. Yengeni, voormalige ANC-hoofsweep, is op ’n klag van dronkbestuur in Kaapstad gearresteer. Manelisi Wolela, woordvoerder van minister Ngconde Balfour, het gesê dat die departement reeds met ’n ondersoek na die voorval begin het.

Yengeni se arrestasie kan daartoe lei dat sy parool teruggetrek word. Hy is Sondagaand in Goodwood, Kaapstad, aangekeer. Die arrestasie het gevolg op ’n insident toe Yengeni se swart BMW skielik uitgeswenk en op ’n verkeerseiland beland het. Polisielede wat op daardie stadium die area gepatrolleer het, het gestop om die saak te ondersoek en alkohol geruik. Toe hy gevra is of hy gedrink het, het Yengeni dit ontken en gesê dat hy griepmedisyne geneem het. Die polisie was egter nie oortuig nie, het hom gearresteer en bloedtoetse uitgevoer. Hy is vir vier ure by die Goodwood-polisiestasie aangehou en uiteindelik vrygelaat nadat R500 borgtog betaal is.

Yengeni is tans uit op parool nadat hy in 2003 skuldig bevind is op bedrog omdat hy die 47% afslag wat hy destyds op sy Mercedes Benz ontvang het, nie verklaar het nie. Hy het egter slegs ’n paar maande van sy vierjaarstraf uitgedien. Ingevolge die paroolvoorwaardes mag Yengeni tans geen dwelmmiddels of drank gebruik nie. Hy mag ook geen plek besoek waar drank bedien word nie.

Beide die Demokratiese Alliansie en die Vryheidsfront+ het ’n beroep op die regering gedoen om in die lig van hierdie voorval Yengeni se parool te heroorweeg.

uk roulette onlinetopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae