Die stof het dalk gaan lê na ses maande van gevegte in Libië, maar Amerikaanse amptenare het ‘n nuwe kopseer ontdek: Militante Moslems.
Die VSA het hulle pogings om sulke militantes wat ‘n bedreiging kan inhou in ‘n post-Gaddafi Libië te identifiseer, verskerp.
Die VSA se teenterrorisme- en intelligensie-agentskappe samel tans inligting in om die mag, die rol en aktiwiteite van aktiviste en faksies in Libië te ondersoek het vier Amerikaanse amptenare gesê.
Gedurende die veldtog deur rebelle het die VSA en NAVO-amptenare vrese dat al-Kaida of ander militante groepe anti-Gaddafi magte sou infiltreer of oorneem tot voordeel van wanorde om ‘n vastrapplek in Libië te vestig, as ongegrond afgemaak.
Sedertdien neem die verskerpte aanslag die topkundiges binne die Amerikaanse regering se aandag in beslag.
“Dit is kommerwekkend dat terroriste gaan om voordeel te trek uit onstabiliteit,” het ‘n Amerikaanse amptenaar wat die probleem nougeset monitor, gesê.
“Daar is ‘n potensiële probleem,” sê nog ‘n Amerikaanse amptenaar, wat gesê het die Amerikaanse regering en Libië se Nasionale Oorgangsraad bestudeer die probleem.
Kundiges in die Amerikaanse intelligensie-gemeenskap wy “aandag aan hierdie kwessie,” het ‘n derde Amerikaanse amptenaar gesê.
Amptenare het gesê dat terwyl die rebellie teen Gaddafi in volle swang was, was dit moeilik om intelligensie te versamel oor die rebelle. Maar nou dat Gaddafi se regime uitgeskop is, is die VSA en verwante agentskappe ontnugter oor die verwikkelinge.
Bruce Riedel, ‘n voormalige senior CIA-ontleder wat president Barack Obama op die beleid in die streek adviseer, het gesê daar is besonder baie kommer dat die Islamitiese militantes Libië kan gebruik as ‘n basis om hul invloed te versprei na die naburige lande soos Algerië en gebiede soos die Sinaï-skiereiland, waar Israel, Egipte en die Gazastrook se gemeenskaplike grense loop.
“Daar is ‘n groot bron van kommer dat die jihadi cadres nou van hul idees en wapens na die ooste en die weste gaan uitvoer,” het Riedel gesê.
Riedel en die huidige Amerikaanse amptenare het gesê dat ‘n hoë prioriteit is of militante wapens van Gaddafi se groot arsenaal, veral oppervlak-tot-lug missiele wat teen die kommersiële vliegtuie gebruik word, kan verkry, of verkry het.
Aan die einde van Augustus, het die Open Source Center, ‘n Amerikaanse intelligensie-eenheid wat die openbare media, insluitende militante webwerwe monitor, berig dat “oor die laaste paar dae, is jihadiste op ekstremistiese webforums besig om te bepaal hoe om ‘n Islamitiese staat tot stand te bring” in die post-Gaddafi era.
Die Verenigde State en sy bondgenote wil ‘n herhaling van wat gebeur het in Afghanistan toe die Taliban en al-Kaida semi-permanente oefenkampe opgerig het, voorkom.
Geheime Britse intelligensie-lêers wat deur anti-Gaddafi faksies uit die kantore van Gaddafi se adviseurs geneem is, toon dat die Britte vermeende Libiese militantes in Brittanje sedert 2005 fyn dophou.
Sommige Amerikaanse en Britse kundiges het gesê vandag se militantes het geen verband met ouer Britse groepe nie. Hulle vrees dat jong militantes wat teen Gaddafi geveg het, sal kwaad word as Libië se nuwe regering gesien word as te naby aan die Weste.
