Palestyne kla oor Obama se dubbelstandaard

Honderd Palestyne het Donderdag in Ramallah ‘n betoging teen pres. Barack Obama van die VSA se teenkanting teen VN-lidmaatskap vir Palestynse gebiede gehou.

Die oproermakers het Obama se steun vir die ” Arabiese Lente” in die Midde-Ooste en Noord-Afrika teenoor sy baie lou woorde oor hul stryd om selfbeskikking op grond wat Israel na bewering sedert 1967 beset, gestel.

“Dit is teleurstellend, nie net vir ons nie, maar vir baie mense wêreldwyd. Dit is dubbele standaarde,” het Mustafa Barghouti, ‘n voormalige Palestynse presidentskandidaat, ­gesê.

Obama se teenkanting teen die Palestyne se pogings om VN-lidmaatskap het hul diep teleurstelling oor sy Midde-Oosterse beleid nou in woede omskep.

“Mense raak meer gefrustreerd. Frustrasie is altyd ‘n broeiplek vir woede,” het ‘n Palestynse amptenaar wat anoniem wou bly, gesê.

Ondanks Amerikaanse teenkanting sal pres. Mahmoud Abbas van die Palestynse Owerheid vandag ‘n aansoek vir die erkenning van Palestynse staatwording en volle VN-lidmaatskap by die Algemene Vergadering indien.

Obama het Woensdag in ‘n toespraak by die VN gesê hy is ten gunste van ‘n Palestynse staat, maar gekant teen hul aansoek om VN-lidmaatskap. Die Palestyne glo dit bevestig Washington se ondersteunende houding jeens Israel.

Die Amerikaanse kongres het reeds gedreig om sy $500 miljoen-skenking aan die Palestyne terug te trek indien hulle om volle VN-lidmaatskap aansoek doen.

Данильченео

Maak 'n opvolg-bydrae