Kader Asmal oorlede

Kader Asmal, die man wat onderwys in Suid-Afrika eiehandig gekelder het, is oorlede. Sy droewe nalatenskap is egter hier om te bly.

Asmal is Woensdag in die ouderdom van 76 in Kaapstad oorlede nadat hy vroeër die dag ‘n hartaanval gehad het.

Huldeblyke van politieke partye en openbare figure het gister ingestroom ná die nuus van Kader Asmal se afsterwe. Media24 het Asmal ‘n “bewese” en “morele” politikus beskryf.

FW de Klerk het Asmal geprys as ‘n “stigter van demokrasie” in die land en het met “groot spyt” op sy afsterwe gereageer.

“Ons is bedroef oor die heengaan van een van die ANC se voorste intellektuele reuse,” het die ANC in ‘n verklaring gesê.

Ronnie Kasrils, ‘n hegte vriend van Asmal en oudminister van intelligensie, het aan Volksblad gesê: “Ek is diep hartseer. Hy was ‘n buitengewone Suid-Afrikaner wat saam met my teen apartheid gestry het.”

Die Natalse Indiër Asmal, wat die Britse koloniale onderwysstelsel ingevoer het, het met Britse en Kanadese onderwysmetodes soos uitkoms-gebaseerde onderrig (UGO) toegesien dat slaagsyfers na benede tuimel.

Ten einde die katastrofale slaagpersentasie te red, het Asmal ook standaarde verlaag en is begin om punte agter die skerms te manipuleer.

Benewens die invoering van UGO, het Asmal ook gesorg dat Afrikaanse universiteite die spit afbyt deur samesmelting op Afrikaanse instellings af te dwing. Deur sy beleid is universiteite soos die voormalige RAU, wat met Afrikanerfondse opgerig is, heeltemal tot ‘n swart Engelse inrigting getransformeer.

Helen Zille, DA-leier, het gesê Asmal was veel meer as net ‘n politikus. “Hy het die beste van ‘n geslag struggle-helde verteenwoordig.”

Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het by navraag gesê die beweging het “waardering” gehad vir Asmal se kritiese menings en standpunte.

игры ла ла лупсипрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae