Zuma pleit vir VN-AU verhouding

President Jacob Zuma het ‘n pleidooi by die VN-Veiligheidsraad in New York gelewer dat ‘n vaste verhouding tussen die VN en die Afrika Unie ingestel moet word.

Hy sê daar móét na die standpunte van die Afrika Unie geluister word as die verhouding met die VN verbeter en konflik vermy wil word.

Hy het Libië as voorbeeld gebruik en sê belangrike lesse kan uit die geweld in dié land geleer word. Zuma was voorsitter by ‘n vergadering van die Veiligheidsraad waar die werksverhouding tussen die VN en streeksorganisasies soos die Afrika Unie bespreek is.

Hy het ook voorgestel dat die twee liggaame samewerkingsmodelle moet ontwikkel wat eenvormige besluitneming sal vergemaklik wanneer dieselfde doel nagestreef word.

Die president sê in die afgelope dekade het die vasteland die politieke wil getoon om konflik en oorloë uit te roei.

Олександр Васильович Фільчаков

Nigerië stuur af op ‘n burgeroorlog, sê Nobelpryswenner

Etniese en godsdienstige geweld teister Nigerië en het meer as 16 slagoffers geëis nadat ‘n brandstofstaking die dodelike spanning laat toeneem het.

Te midde van die sektariese en sosiale onrus, het die wenner van die Nobelprys vir literatuur Wole Soyinka, een van die land se mees gerespekteerde stemme, gewaarsku dat die vasteland se mees bevolkte land op ‘n burgeroorlog afstuur.

‘n Twee dae oue algemene staking het die land verlam en dreig om president Goodluck Jonathan se regering – wat reeds sukkel om ‘n vlaag bloedige aanvalle deur die Islamitiese sekte Boko Haram af te weer – tot ‘n val te bring.

President Jonathan het ‘n groot terugslag beleef nadat die land se Nasionale Vergadering ook teen hom gedraai het. Van sy kritici het gevra of hy nie eerder “Badluck” moet heet nie.

Tot Jonathan se ellende is daar talle ondersteuners van Boko Haram in die regering, weermag en polisiediens.

In ‘n verklaring laat Dinsdag het die regering beveel dat al die stakende werkers teruggaan werk toe, en gewaarsku dat hulle werkgewers ‘n beleid van “geen werk, geen betaling sal afdwing”.

“Lede van die publiek wat onder kontraktuele verpligtinge as werknemers in die openbare en private sektore dien, word aangeraai om die bepalings van die dienskontrak en hul pligte te respekteer,” het minister Mohammed Adoke, van justisie, in die verklaring gesê.

Ontleders het gesê die spanning in Afrika se top-olieprodusent het bygedra tot stygende wêreldoliepryse.

Die onrus het Maandag uitgebreek te midde van protes teen die regering se afskaffing van brandstofsubsidies op 1 Januarie, wat veroorsaak het dat petrolpryse meer as verdubbel het.

Die meeste van Nigerië se 160 miljoen mense leef op minder as $2 per dag.

Soyinka, Afrika se eerste Nobelpryswenner vir letterkunde in 1986, het in ‘n BBC-onderhoud gewaarsku dat die land ‘n nuwe konflik soos die 1960-oorlog, wat meer as een miljoen mense se lewens geëis het, in die gesig staar.

“Dit is nie ‘n onrealistiese vergelyking nie – dit is beslis gebaseer op baie ooreenkomste … Ons sien die land in die rigting van ‘n burgeroorlog gly,” het hy gesê.

Die VN-leier, Ban Ki-moon, het Nigerië se minister van buitelandse sake Olugbenga Ashiru in New York ontmoet en die VN het vrese oor die militante groepe in Wes-Afrika geopper.

Die twee het ontmoet ná die vrystelling van ‘n VN-verslag wat gesuggereer het daar bestaan bande tussen die Boko Haram en Al-Qaeda se bondgenote in Noord-Afrika.

депутат лобановский

Regses skop Switserse hoofbankier uit

Die voorsitter van die Switserse Sentrale Bank (SSB) Philipp Hildebrand (48) het Maandag na ‘n handelskandaal waarin sy vrou betrokke is, bedank. Daarmee het die grootste regse, konserwatiewe party in die land sy wil laat geskied.

In September verlede jaar het die SSB uiteindelik die brieke op Switserse frank met 1,20 frank teen die euro aangedraai, nadat die land se geldeenheid die hoogte in geskiet het.

Dit het verlede maand aan die lig gekom dat Hildebrand se vrou Kashya, ‘n voormalige handelaar, 400,000 Switserse frank se dollars drie weke gekoop het voordat haar man stappe onderneem het om die frank se styging te keer.

Verliese wat Switserland in 2010 gely het nadat Hildebrand probeer het om die styging van die Switserse frank te keer, het 26,5 miljard frank beloop.

Hildebrand se einde van sy ampstermyn, is hoofsaaklik gedryf deur Christoph Blocher, meesterbrein van die regse Switserse Volksparty. Verlede jaar het Blocher Hildebrand van “grootheidswaan of onbevoegdheid” beskuldig vir sy pogings in 2010 om die frank se styging te midde van die Europese skuldkrisis te stop.

Hildebrand se planne vir banke soos UBS en Credit Suisse het ook vir hom vyande by die huis gemaak. By die Amerikaanse en Britse banke was Hildebrand egter ‘n witbroodjie.

“Ons weet almal dat hy ‘n man van totale integriteit, buitengewone vermoë en, belangrikste van alles, moed is. Sulke mense is skaars. Sy land sal hom mis,” het die Bank van Engeland se goewerneur Mervyn King in ‘n verklaring gesê.

Hildebrand, gebore in Bern, was die jongste president in die geskiedenis van die eeu-oue bank.  Hy het politiek en internasionale verhoudinge in Toronto, Harvard en Oxford studeer.

George Soros het hom gehelp het om ‘n posisie by die New Yorkse verskansingsfondsmaatskappy Moore Capital Management te kry. Hulle spesialiseer in rentekoerstermynkontrakspekulasie en monetêre beleid.

Sy gunsteling foto is dié van Mohammed Ali wat op die muur van sy kantoor in Zürich gepryk het.

Switserland se regtervleuel het gesê die regering moet meer versigtig wees en die aanstelling van ‘n voormalige verskansingsfondsbestuurder met geen kwalifikasies in ekonomie nie, was ‘n fout.

Switserse banke se bates beloop ten minste ses keer die land se ekonomie.

In 2010, was Hildebrand ook die wêreld se hoogste betaalde sentrale bankier met ‘n salaris van 833,000 frank per jaar, altyd in ‘n elegante vlootblou pak geklee en met ‘n luukse Breguet aan die arm. Maar ongelukkig sonder politieke bondgenote.

 

Олександр Фільчаков прокурор

VSA: Kuberoorlog en onbemande tuie

President Barack Obama het Donderdag ‘n verdedigingstrategie onthul wat die Amerikaanse militêre teenwoordigheid in Asië sal uitbrei, maar hul totale uitgawes sal besnoei. Die Pentagon probeer om uitgawes te verminder met byna ‘n half triljoen dollar na ‘n dekade van oorlog.

Die strategie, indien dit deurgevoer word, sal die wêreld se grootste militêre moondheid hervorm.

Kuberoorlog en onbemande tuie sal voortaan prioriteit geniet, soos pogings deur China en Iran die VSA se magsprojeksievermoëns in gebiede soos die Suid-Chinese See en die Straat van Hormoez die stryd aansê.

Maar die grootte van die weermag en seesoldate sal met nagenoeg 10 tot 15% krimp. So ook die Amerikaanse kern-arsenaal en Amerikaanse militêre teenwoordigheid in Europa.

Troep- en tydsintensiewe teen-insurgensie operasies, die onderbou van die Amerikaanse militêre strategie sedert die 2007 “inspuiting” van ekstra troepe na Irak, gaan baie meer beperk word. Die klem sal verskuif van groot skaalse, langtermyn-missies, na kleiner operasies.

“Die gety van oorlog het gedraai, maar die vraag op hierdie strategiese antwoorde is watter soort militêre mag sal ons nodig hê lank na die oorloë van die laaste dekade verby is,” het Obama tydens ‘n Pentagonnuuskonferensie gesê.

Die weermag se huidige mag is ongeveer 565,000 soldate en daar is 201,000 seesoldate, wat beteken dat ‘n uiteindelike inkorting van tussen 76.000 en 114,000 troepe voorsien word.

Kritici sê die afskaling word gedryf deur die begrotingsellende eerder as verdedigingsbehoeftes, maar Obama het dit ontken.

“Oor die afgelope 10 jaar sedert 9/11, het ons verdedigingsbegroting teen ‘n buitengewone tempo gegroei,” het Obama gesê. “Oor die volgende 10 jaar, sal die groei in die verdedigingsbegroting verstadig, maar die feit van die saak is dit sal nog groei, want ons het globale verantwoordelikhede wat ons leierskap vra.”

Die verskuiwing in fokus na Asië kom te midde van toenemende kommer oor China se strategiese doelwitte. Die Pentagon vrees ‘n nuwe generasie wapens wat Amerikaanse amptenare glo ontwerp is om die Amerikaanse vloot en lugmag te verhoed om mag in die Verre Ooste te projekteer.

“Ons sal ons teenwoordigheid in die Asië-Stille Oseaan uitbrei,” het Obama gesê, “en die begrotingsvermindering sal nie kom ten koste van daardie kritieke streek nie.”

Die nuwe strategie sal die VSA se militêre mag “herbalanseer in die Asië-Stille Oseaan-streek”.

Die strategie, sê die Verenigde State moet ‘n mag wees wat een groot oorlog kan wen terwyl hy nog in staat is om ‘n ander aanvaller af te skrik in ‘n tweede konflik. In die verlede het die Pentagon se strategiese beplanners probeer die VSA gereed te hou om twee groot oorloë gelyktydig baas te raak.

“Die Verenigde State moet sy vermoë om sy mag in gebiede waar ons toegang en vryheid het en waar dit uitgedaag word, in stand te hou,” lui die strategiedokument.

александр лобановский класс

SA-Suidpoolspan lê derde

Die Suid-Afrikaanse span wat deelneem aan die Scott-Amundsen-eeufeestog na die Suidpool, is tans in die derde plek.

Sewe spanne van oor die wêreld het Woensdag in uiterste toestande met dié geskiedkundige tog begin, nadat swaar sneeustorms die wegspring met vier dae vertraag het.

Die spanne is met Dakotas na Antartika gevlieg. Organiseerders reken die tog van 704-kilometer na die Suidpool sal 25 dae duur, indien die weer gunstig is.

Die lede van die Suid-Afrikaanse span – Braam Malherbe en Peter van Kets – het via Twitter laat weet dat die geleentheid om die plat, uitgestrekte ys-woestyn te ervaar, ‘n mens nederig laat voel.

Die temperatuur is minus 35 grade Celsius.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Mat onder Persiese wewers uitgetrek

Iran se beroemde matbedryf staar toenemende mededinging van Pakistan en China in die gesig.

Iran se meer as een-miljoen wewers maak jaarliks matte met ‘n uitvoerwaarde van sowat 500-miljoen dollar – een van die land se winsgewendste uitvoerprodukte naas olie.

Die VSA het in 2010 ‘n verbod op die invoer van Iran se Persiese matte geplaas in reaksie op Iran se kernbeleid.

Dié land was ‘n gesogte teikenmark vir Persiese matte sedert die embargo in 2000 opgehef is.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Helfte van wêreld se rykstes woon in VSA

Die Verenigde State het ‘n buitensporige aantal van die wêreld se ryk mense.

Dit neem slegs $34.000 ‘n jaar, na belasting, om een van die rykste 1% in die wêreld te word. Dis vir elke persoon wat onder dieselfde dak, insluitend kinders, woon. Dus ​​’n gesin van vier, byvoorbeeld, moet $136.000 verdien om te kwalifiseer.

Vir 2005 ten minste, die mees onlangse datajaar beskikbaar, woon die helfte van hulle, of 29 miljoen in die Verenigde State van Amerika volgens berekeninge deur die Wêreldbankekonoom van Branko Milanovic in sy boek The haves and the have-nots.

Nog vier miljoen woon in Duitsland. Die res is hoofsaaklik deur die hele Europa, Latyns-Amerika en ‘n paar Asiatiese lande versprei. Statisties gesproke, woon geen ryk mens in Afrika, China of Indië nie ten spyte daarvan dat dit van die mees digbevolkte gebiede van die wêreld is.

Natuurlik groei China en Indië se ekonomieë vinnig, en saam met daardie groei, is groot gedeeltes van die bevolking ook besig om ryker te word. Maar, die opkomende wêreld kom vanaf ‘n baie lae basis om mee te begin, sodat die middelklas werklik net opkomend is, sê Milanovic.

“Dit lyk nie reg om mense wat op voedselkoepons in die Verenigde State sou oorleef te definieer as ‘n middelklas nie,” het Milanovic gesê.

Die ware globale middelklas, besit geen huis, motor, aftredespaargeld of stuur hul kinders na universiteite nie. Om die waarheid te sê, die mense op die wêreld se ware middel – soos gedefinieer deur die mediaaninkomste – leef op net $1.225 ‘n jaar. Milanovic se syfers aangepas om rekenskap te gee vir die verskillende lewenskostes regoor die wêreld.

In die groot skema van dinge, is selfs die swakste 5% van Amerikaners beter af finansieel as twee derdes van die hele wêreld.

Александр Фильчаков прокурор

Nederlanders raak taalbewus

‘n Nederlandse parlementslid, Jack Biskop, is bekommerd oor die invloed van Engels: “As jy nie oppas nie, kan dit sommer gebeur dat die Nederlandse taal verlore gaan”,  sê hy. “Op straat kan die taal dalk gepraat word, maar Engels kan  as amptelike taal geld.”

Dit wil Biskop nie sien gebeur nie. Daarom maak hy daar ‘n punt daarvan om Engelse terme uit te wys, al spot sy kollega’s met hom. Biskop sê dat die universiteite soms heel “onnodig Engels” praat: “Die staatssekretaris meen dat in ‘n globaliserende wêreld Engels belangriker word. Maar in ‘n groot wêreld is Nederlands tog ‘n volwaardige taal.”

Biskop gaan voort: “Op die universiteit van Wageningen sit ek weet nie hoeveel nasionaliteite in die klas nie. Dan is dit logies dat die voertaal daar Engels is. Maar ek wil nie dat Nederlands tot ‘n soort dialek vervlak nie, ‘n taal waarin jy jou nie wetenskaplik kan uitdruk nie. Die studie van bedryfskunde in Nijmegen eis van studente dat hulle eindskripsie in Engels is. Die waarde daarvan is nie vir my duidelik nie. Ek pleit nie vir nostalgie nie, maar wel vir die behoud van ons Nederlandse taal. “

Biskop is nie alleen nie. Ook VVD-kollegas Ton Elias is besorg oor die Nederlandse taal. “Ek wil geen taalpolisieman wees, maar voor jy dit weet is een uit elke vyf sinne wat ons uitspreek in Engels.”

Daarom help Elias sy kollegas waar nodig reg, al kos dit hom moeite om homself aan sy eie riglyne te hou. As hy vertel oor hoe hy gereeld ingryp as hy die Kamervoorsitter vervang, het hy dit oor ‘n running gag. “Nee, dit moet ek nie sê nie. ‘n Gimmick. Ook nie. Herhalende grap. Dit is wat ek bedoel.”

Die herhalende grap is hoe hy onvermoeid Engelse terme vertaal in Nederlands, soos benchmark. En selfs Jack Biskop moet hy soms reghelp. “Die laaste keer weer oor ‘n pilot. Ek het sy mosie nie aanvaar nie tot daar proefproject staan. Ons is ‘n Nederlands parlement. Dus praat ons Nederlands”, sê Elias.

“Ek wou nog sê pilootproject, soos die Vlaminge doen,” sê Jack Biskop. Maar ook Vlaams aanvaar Elias nie. “Dit is proefproject.”

Biskop korrigeer ook minister Marja van Bijsterveldt. “Hulle praat graag van checks and balances. Ek het aan haar voorgestel om leisels en tegengewicht te gebruik. Maar hulle meen dit is nie heeltemal dieselfde nie.”

Elias probeer ook buite die Tweede Kamer soveel moontlik Engels uit te hou. ‘n Burger wat kla oor ‘n hospitaal wat op ‘n aanwysingsbord aangedui word as health center kan op Elias se steun reken.

Elias en Biskop is albei lede van die Interparlementaire komitee van die Taalunie. PVV-Kamerlid Martin Bosma is voorsitter. Ook vir Bosma lê Nederlands na aan die hart. Onlangs het hy nog gepleit vir ‘n vasgestelde kwota Nederlandstalige musiek op Radio 2. “Bosma het by die Taalunie my bydrae oor die universiteite in ‘n gesprek met die Vlaamse minister van Onderwys opgehaal,” sê Biskop. “Op Vlaamse universiteite word ook steeds meer Engels gepraat.”

Die heer Elias (VVD):

“Ek is dit eens met alles wat die minister tot nou toe gesê het, behalwe op ‘n punt. Dit is ‘n ernstig punt. Ek wil haar dringend vra om nie te praat van out of the box-dink nie. Ek gee haar drie alternatiewe : oorspronklike denke, buite die gebaande paaie dink en onorthodox dink. Ons moet in hierdie parlement Nederlands praat.”

Waarop die voorsitter antwoord:

“Hear, hear! O, sorry.“

(Tweede Kamer 11/11/2010)

topcargo отзывы

Oliepryse styg na Iran se dreigement

Oliepryse styg te midde van toenemende spanning oor die olie-roete in die Persiese Golf. Die prys van Brent-ruolie het sowat drie persent gestyg tot byna 111 Amerikaanse dollar per vat.

Ontleders sê die prysstygings word veroorsaak deur toenemende kommer dat Iran kan probeer om die strategiese Straat van Hormoez in die Persiese Golf vir olietenkskepe te sluit, indien Westerse lande nuwe sanksies instel.

Iran het Amerika gewaarsku om weg te bly uit die strategiese seestraat. Die Amerikaanse vloot sê hy sal ‘n teenwoordigheid in die gebied handhaaf.

Amerika en die Europese Unie oorweeg verdere ekonomiese sanksies teen Iran, weens dié land se kernprogram.

‘n Onderonsie sal skadelik wees vir die wêreldekonomie, aangesien die internasionale vraag na olie na verwagting sal styg tot ‘n rekord 90 miljoen vate per dag.

Die Iranse dreigement is gemik teen die Amerikaanse Vyfde Vloot met sy tuisbasis in Bahrein.

Iran se weermaghoof, genl. Ataolla Salehi, gesê Iran sal optree as die Amerikaanse vliegdekskip wat in die omgewing rondvaar, na Bahrein terugkeer.

Die USS John C. Stennis, het Bahrein vyf dae gelede verlaat en deur die Straat van Hormoez na die Arabiese See gevaar.

Salehi het gewaarsku: “Ek raai die Amerikaanse vliegdekskip aan om nie na die Persiese Golf terug te keer nie.”

Die Iranse vloot het pas tien dae van vlootoefeninge in die Golf voltooi, waartydens drie nuwe missiele getoets is. Die missiele het volgens kenners ‘n reikafstand van honderde kilometers.

Olie word langs die Hormoez-roete uit Irak, Koeweit, Saoedi-Arabië en die olieryke Golfstaatjies na die wêreldmarkte vervoer. Iran het gesê as hy die straat sluit, sal dit die olieprys – wat nou net meer as $100 (R810) per vat is – moontlik laat verdubbel.

Лобановский

Kleur, nie etnisiteit nie, sê Nederlandse integrasiekenner

Door te kijken naar allochtonen, Turken of Marokkanen los je geen achterstanden op, stelt Han Entzinger, die met een invloedrijk WRR-rapport ooit de term ‘allochtoon’ muntte. Het is tijd om de etnische bril af te zetten. ‘De focus op ‘allochtonen’ suggereert dat cultuur de oorzaak van problemen is’.

Het kabinet dat ‘Nederland terug gaat geven aan de Nederlanders’ is muisstil over integratie. Hoogleraar integratie- en migratiestudies Han Entzinger, al meer dan dertig kritisch volger van het integratiedebat, schreef direct na het aantreden van deze regering een opiniestuk waarin hij vaststelde dat het regeerakkoord de retoriek van mislukte integratie combineert met niet meer dan met symbolische maatregelen. Nu het kabinet ruim een jaar regeert, ziet Entzinger zijn observatie bevestigd. De facto is het landelijke integratiebeleid afgeschaft en daar heeft hij gemengde gevoelens over. De overwegingen van het kabinet – integratie is eigen verantwoordelijkheid – zijn niet de zijne, maar tegelijk is Entzinger niet rouwig over het verdwijnen van het integratiebeleid zoals we dat zijn gaan kennen: een fixatie op de aanpassing van specifieke etnische groepen. Hij acht de tijd rijp voor een mentale reuzenstap: afschaffing van het denken in etnische categorieën, oftewel het einde van het begrip ‘allochtoon’. Dat kan de weg vrijmaken voor goed integratiebeleid.

Wat zou dat goede integratiebeleid behelzen?
Entzinger: ‘Ik zet een stap terug, met de vraag: wat is integratie? Die vraag wordt te weinig gesteld. Net als de vraag overigens of de overheid integratie überhaupt kan bevorderen. Maar stel dat dat zo is, dan is de volgende vraag: wiens integratie? Dan heb je het over de termen ‘allochtoon’ en ‘autochtoon’.

‘Eerst de vraag: Wat is integratie? De inhoud daarvan is in de tijd verschoven. Tot tien jaar geleden richtte integratie zich op participatie in werk, onderwijs en politiek en kennis van rechten en plichten. Sinds begin van deze eeuw is de focus verlegd naar culturele aanpassing, identificatie en het onderschrijven van de waarden en normen van de meerderheid.’

Als gevolg daarvan zijn maatregelen als de wet Samen, die evenredige arbeidsdeelname stimuleerde, en de gewichtenregeling in het onderwijs op basis van etniciteit, afgeschaft. Entzinger deelt de inhoudelijke kritiek op deze regelingen maar stelt vast dat er niets voor in de plaats kwam. ‘Dat is symptomatisch.’ Sowieso kwam er geen ander beleid, omdat er op culturele aanpassing weinig beleid kan worden gevoerd. Wat over is gebleven is een van karakter veranderd inburgeringsbeleid. Entzinger: ‘Anders dan in de jaren negentig is inburgering niet langer gericht op meedoen, maar op: “zo doen wij het in Nederland”. De toets is normatief in plaats van wetskennis overdragend.’ Het recente, tragikomische verhaal van de Iraaks-Nederlandse dichter Rodaan Al Galidi, die Nederlandse literatuurprijzen wint, maar zakte voor zijn inburgeringstoets, is daar een voorbeeld van.

Entzinger betreurt de switch naar culturele aanpassing; wat hem betreft is het antwoord op de vraag ‘wat is integratie’: participatie. Dan kan hij nu ook de beginvraag – ‘wat is goed integratiebeleid?’ – beantwoorden: ‘Dat is het bestrijden van achterstanden in participatie via goed algemeen beleid, dus onderwijsbeleid, huisvestingsbeleid, arbeidsbeleid, een wijkenbeleid et cetera.’ Entzinger stelt vast dat de achterstanden van migranten steeds kleiner worden, en dat het dus goed gaat met de integratie, maar ook dat er nog steeds problemen zijn. ‘Het Kabinet-Rutte toont geen enkel bewustzijn dat er mensen zijn die in moeilijkheden zouden kunnen komen, en als het toch gebeurt, zou dat aan die mensen zelf liggen.’

Integratiebeleid moet omgevormd worden tot algemeen achterstandenbeleid. Het gebruik van etnische categorieën als ‘allochtoon’, ‘Turk’ en ‘Marokkaan’ is niet meer nodig?
‘Veel gemeenten zijn daar al van afgestapt. Etniciteit is geen aanwijzing meer voor achterstand. Op lokaal niveau, zo heel dicht op de weerbarstige praktijk, ontdekt men dat de verklaring en de oplossing vaak elders liggen. Dat betekent niet het oog verliezen voor verschillen. De ene werkloze is de andere niet. Afstappen van specifiek integratiebeleid wil niet zeggen dat het beleid kleurenblind moet zijn. In het onderwijs bijvoorbeeld, behoeven kinderen voor wie Nederlands niet de moedertaal is in een aantal gevallen speciale maatregelen. En op de arbeidsmarkt is discriminatie een barrière die moet worden geslecht.’

Geen etnische categorieën, maar ook niet kleurenblind, dat klinkt krampachtig.
‘De focus op etniciteit en op ‘allochtonen’ suggereert dat cultuur de oorzaak van problemen is. De vraag moet steeds zijn: welk probleem wil je oplossen? Als het gaat om taalachterstand of werkloosheid dan heb je een andere categorisering nodig dan wanneer het om iets cultureels gaat als bijvoorbeeld zorg of bejaardenopvang. Je moet reëel zijn, in het laatste geval moet je misschien op achtergrond en taal organiseren. Zoals het ook verstandig is daar bij de thuiszorg op te letten, daar is een Turkstalige hulpverlener wel handig voor een Turkse cliënt. Je moet pragmatisch zijn, per domein verschil maken en per regio. In Heerenveen zullen ze niet zoveel behoefte hebben aan Turkse thuiszorger.’

Han Entzinger is hoogleraar migratie- en integratiestudies aan de Erasmus Universiteit Rotterdam. Vanaf de jaren ’80 is hij auteur van een lange reeks van publicaties over migratie, integratie en de multiculturele samenleving. Hij was medeauteur van het WRR-rapport ‘Allochtonenbeleid’ uit 1989, dat een beslissende wending gaf aan het integratiebeleid met het advies om het beleid te verleggen van emancipatie in eigen kring naar participatie. In dit rapport werd ook het begrip ‘allochtoon’ naar voren geschoven als alternatief voor het spreken in termen van ‘minderheden’.

Jelle van der Meer is journalist en publicist. Marcel Ham is hoofdredacteur van TSS. Samen deden zij onderzoek naar etnische categorisering. Het verslag daarvan verschijnt in februari bij het NIDI, onder de titel: ‘De etnische bril. Categorisering in het integratiebeleid’. Dit eerste deel van een interview met Han Entzinger verschijnt deze week in een volledige versie in TSS, het Tijdschrift voor Sociale Vraagstukken.

topcargo