Terug na die loopgrawe oor Pretoria

Die Vryheidsfront het sy teleurstelling uitgespreek oor die uitsprake van mnr. Kosientso Ramokgopa, burgemeester van die Tshwane-metroraad, rakende naamsveranderinge. Die VF Plus het gesê dat die party steeds glo dat ‘n politieke skikking vir die naamkwessie moontlik is, maar dat polariserende uitsprake soos hierdie alle partye weer terugdwing na die politieke loopgrawe.

Die burgemeester het by die Vryheidspark in Pretoria gesê dat die naam Pretoria en talle straatname verander sal word voor die einde van 2012.

Volgens dr. Conrad Beyers, leier van die VF Plus-koukus in die metroraad, is ‘n politieke oplossing vir die naamkwessie moontlik. Die hoofstad behoort ‘n voorbeeld vir die res van die land te stel rakende die oplos van netelige, emosionele kwessies.

Die VF Plus het gesê dat die VF Plus-leier en adjunkminister, dr. Pieter Mulder, versoek sal word om die saak in die kabinet en met pres. Jacob Zuma op te neem. Die vorige keer toe daar gepoog is om Pretoria se naamsverandering in die Staatskoerant aan te kondig, het dr. Mulder die president oortuig om dit te laat terugtrek.

“Ons het gehoop dat hierdie burgemeester ‘n ander benadering as sy voorganger sou hê. Die burgemeester het met sy intrede onderneem om nie op emosionele kwessies soos naamsveranderinge te fokus nie, maar eerder op dienslewering. Noudat hy kritiek ervaar rakende dienslewering probeer hy dit toesmeer deur op populistiese sentimente van die ANC terug te val. Dit is ironies dat sulke polariserende uitsprake gemaak is by die Vryheidspark, wat veronderstel is om ‘n simbool van nasionale versoening te wees,” het Beyers gesê.

Die VF Plus sal voortgaan om die naamsveranderinge op alle vlakke teen te staan – op munisipale vlak, in die howe asook in die kabinet.

Фильчаков

Nog twee wrede, sinlose moorde

‘n Wit egpaar is koelbloedig in Soshanguve, noordwes van Pretoria, doodgeskiet. Hulle het twee keer ‘n week vleis in dié swart woongebied gaan aflewer.

Die aanvallers het R475 gesteel.

Katrien Jooste (62) kon daarin slaag om terug in die bakkie te klim, en haar dogter te bel nadat sy geskiet is. Jooste en haar man, Chris (63), van Grootvlei, noord van Pretoria, is op pad na die hospitaal dood.

Drie weke gelede is die Jooste-egpaar óók aangeval op hul afleweringsroete in So­shanguve.

Lees hier.

topcargo развод

Klimaatsverandering in Suid-Afrika

Lucas Hartong, europarlementarier voor de Partij voor de Vrijheid, heeft zijn spreektijd in het debat over de klimaatconferentie aangegrepen voor een frontale aanval op het ANC-regime en te pleiten voor behoud van het Afrikaans. Hartong sprak vanmiddag in het Europees Parlement, dat deze week vergadert in Straatsburg.

Voorzitter,

Binnenkort gaat er in Durban, Zuid-Afrika, tijdens de VN Conferentie inzake Klimaatverandering gesproken worden over het klimaat. Geweldig! Mogelijk dat er nu eindelijk iets gaat gebeuren aan de verbetering van het politieke en maatschappelijke klimaat in Zuid-Afrika, dat namelijk verschrikkelijk genoemd kan worden onder het huidige ANC-apartheidsregime! Alles moet daar verbeterd: strijd tegen de enorme werkloosheid en uitzichtloosheid onder jongeren, strijd tegen de vreselijke criminaliteit die de spuigaten uitloopt, opsporen en berechten van zwarte radicalen die de Boeren vermoorden op hun eigen land (“de Plaasmoorde”). Strijd voor behoud van de Afrikaner taal. Strijd tegen de achterstelling van de eigen bevolking door het ANC, omdat opnieuw gediscrimineerd wordt op grond van huidskleur. De PVV is dus warm voorstander van ‘klimaatverandering’ in Zuid-Afrika.

Maar dat is vast niet wat besproken wordt op deze conferentie. Helaas. Het gaat weer over de vermeende klimaatverandering; een theorie die alleen nog door een enkele zwaar gelovige wordt aangehangen. Ik heb de stellige indruk dat de interesse voor dit onderwerp enorm afneemt. Zelf werd ik namelijk heel wat keren gesméékt of ik alstublieft mee wilde naar de conferentie. Bovendien blijkt het IPCC nu ook eindelijk zelf te beseffen dat globale opwarming nauwelijks aan te tonen is. Ik citeer uit het ontwerp rapport voor Durban: “De onzekerheid over mogelijke veranderingen in klimaatextremen voor de komende tientallen jaren is behoorlijk groot, omdat signalen van klimaatverandering behoorlijk klein zullen blijken te zijn, vergeleken met natuurlijke klimaatschommelingen.” Als het IPCC zélf al hardop twijfelt aan het nut van Durban, waarom gaan parlementsleden er dan in vredesnaam naartoe? Waarom spenderen we hier eigenlijk nog belastinggeld van onze burgers aan? De PVV gaat daarom dus niet naar Durban.

topcargo развод

FW de Klerk glo betrokke by wapenskandaal

FW de Klerk, voormalige staatshoof, was glo ten nouste betrokke by die wapenskandaal. Dié kwessie het weer onder die soeklig gekom met pres. Zuma se aankondiging enkele weke gelede dat ‘n nuwe kommissie van ondersoek aangestel sal word oor die skandaal asook die verskyning van ‘n opspraakwekkende nuwe boek.

Vlootadmiraal Anthony Howell skryf in sy boek The Devil in the Detail: How the Arms Deal Changed Everything dat De Klerk,Thabo Mbeki en Chippy Shaik, vlootkontrakte in ‘n bepaalde rigting gestuur het.

Paul Holden is medeskrywer van die boek.

Howell en ander militêre offisiere het in 1995 die Spaanse bod aanbeveel en voorleggings aan oudpres. Nelson Mandela en De Klerk, toe adjunkpresident, in dié verband gedoen. De Klerk het glo die Duitse bod teen die vloot se aanbevelings, verkies.

“Die Duitse owerhede het ‘n betaling ondersoek van $22 miljoen [van die Duitse konsortium] aan ‘n Libiese frontmaatskappy, Mallar Inc., en dié geld het regstreeks na Suid-Afrikaanse amptenare en kabinetslede gevloei … Die man agter Mallar Inc. was na bewering ene mnr. Tony Georgiades,” lui die verwysing in Howell se boek.

“Georgiades het glo sy noue bande met die apartheidsregering gebruik om ‘n netwerk te vestig om die oliesanksies teen die apartheidsregime te verbreek.

“Sy noue band met oudpres. FW de Klerk is alombekend.

“De Klerk het in die vroeë 1990’s, ten aanskoue van die media, verlief geraak op Georgiades se vrou (Elita) en is later met haar getroud.” De Klerk se eerste vrou Marike is daarna op raaiselagtige wyse in haar woonstel vermoor.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, het namens De Klerk ontken dat hy by Georgiades se wapentransaksie-handelinge betrokke was. 

Александр Фильчаков

Matriekseun boet vir roekelose ampsmotor

‘n Matriekseun van die Hoërskool Bastion in Krugersdorp sal waarskynlik nooit weer herstel nadat hy die naweek deur ‘n roekelose ampsvoertuig van ‘n LUR omgery is nie.

Die ampsvoertuig behoort aan Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising van die ANC. Die jaagtog het by die R28-roete by die kruising van Paarde-kraal- en Windsorweg tot ‘n ongeluk gelei.

Die Wit BMW X5, het teen die verkeersreëls, links van die verkeer verbygejaag, ‘n rooi verkeerslig verontagsaam en Thomas Ferreira (18) op sy motorfiets getref.

Thomas is steeds in ‘n kritieke toestand in die waaksaal van die Krugersdorp-hospitaal. Die geneesheer wat Thomas behandel, het aan sy ouers gesê die seun het waarskynlik ernstige breinskade opgedoen.

Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, sal die 18-jarige Thomas Ferreira se mediese koste dra nadat hy deur die ampsvoertuig van mnr. Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, omgery is, berig Beeld.

Mmemezi het nie die voertuig bestuur nie, maar het ook nie uit die motor geklim om die erg beseerde kind te help nie.

Daar is eers berig dat die LUR nie in die motor was nie.

Die bestuurder van die motor, ‘n sersant in die polisie se BBP-eenheid, sal volgens Mokonyane aangekla word.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Kleinfonteiner vermoor nadat hy wou help

‘n Jong man van Kleinfontein, Chris Conradie (23) is Vrydagaand in koele bloede doodgeskiet toe hy en twee vriende naby die swart plakkerskamp, Diepsloot, langs die N14-hoofweg tussen Krugersdorp en Pretoria stilgehou het om ‘n gestrande voertuig se insittendes te help.

Sy vriend Quintin Dekker (24) het met hom na ‘n hospitaal gejaag, terwyl Werner Buhr (25) die wonde probeer toegedruk het.

Conradie, Buhr en Dekker was omstreeks middernag op pad van Krugersdorp na Pretoria toe hulle by die R511-afrit stilgehou het omdat hulle gedink het dis ‘n ongeluk.

‘n BMW wat die linkerbaan gedeeltelik versper het, se ligte het geflits.

Nadat Conradie gaan ondersoek instel het, is daar op hulle geskiet. Hy het teruggehardloop na die kar maar skote is deur sy venster geskiet en hy is twee keer in die bors getref.

Buhr is in die been getref deur die agterruit. Dekker het van die toneel weggejaag na ‘n hospitaal. Hy het die polisie in die ry ontbied.

Dekker het aan Beeld gesê: “Ek het net probeer wegkom, want die skote het aanhou kom en kom en kom. Die Here het ons gelei om daar weg te kom, want ons al drie moes daar doodgegaan het.”

Conradie was by sy aankoms by die Unitas-hospitaal in Centurion reeds dood.

Conradie laat sy ouers en twee broers agter. Sy begrafnisdiens sal môre om 09:30 in die Kleinfontein-gemeenskapsaal in Kleinfontein, buite Pretoria, gehou word.

Conradie en Buhr werk albei in Zambië en was met vakansie in Suid-Afrika. Hulle sou Dinsdag terugvlieg om hulle werk by ‘n myn daar te hervat.

Александр Фильчаков Васильевич

PRAAG verwelkom Nederlandse steun vir taalstryd

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) het die steun van die Nederlandse Partij voor de Vrijheid (PVV) vir die Afrikaanse taalstryd verwelkom. “PRAAG werk reeds lank daaraan om die taalstryd te internasionaliseer en daarom verteenwoordig die PVV se versoek aan die Nederlandse Taalunie vir ons ‘n deurbraak,” het dr. Dan Roodt, leier van die beweging, gesê.

Lees ook ons vorige berig: Nederlandse Taalunie gevra om vir Afrikaans te veg.

Drie parlementslede van die PVV, M. Bosma; H Beertema en J Driesen, het gister ‘n beroep op die Vlaamse minister Pascal Smet en die Nederlandse staatsekretaris Halbe Zijlstra gedoen “om hulself te sterk om Afrikaans te red by die SA universiteite”. Bosma, wat ‘n skrywer is, is insgelyks voorsitter van die interparlementêre kommissie van die Taalunie. Hy het gevra dat die Taalunie die Suid-Afrikaanse regering “kragtig aanspreek” oor die institusionele agteruitgang van Afrikaans.

Insake die voortdurende polemiek rondom die kreeftegang van Afrikaans as onderrigmedium aan die Universiteit van Stellenbosch, het dr. Dan Roodt hom soos volg uitgelaat: “Ons verwelkom die pogings van oud-studente om ‘n mosie van wantroue in die universiteit se taalbeleid in te stel. Nietemin moet die taalprobleme van Suid-Afrika ook as ‘n regstreekse gevolg van die doktrine van die nasionale demokratiese revolusie gesien word. Die totalitêre denke onderliggend aan dié doktrine,  wat na die voormalige Sowjetunie terug te voer is, belemmer ‘n sinvolle taalbedeling vir die land.”

Roodt het ook die Freedom Charter, wat deur die SA regering en opposisie onderskryf word, uitgesonder as ‘n dokument “wat kulturele sosiogeniëring as uitgangspunt het”.

Sedert sy besoek verlede jaar aan Nederland en Vlaandere waartydens die taalkwessie met die Nederlandse media en parlementariërs bespreek is, het dr. Dan Roodt verskeie onderhoude en meningsartikels in Nederlandse koerante gepubliseer. PRAAG is nou van plan om ook die Europese Unie te nader om sy steun vir taalgelykheid in Suid-Afrika uit te spreek. “Terwyl Europa groot moeite doen om taalgelykheid tuis te erken, moet hy ook die toepaslikheid van hierdie beginsel in Suid-Afrika bevestig.”

лобановский супермаркет класс

Nederlandse Taalunie gevra om vir Afrikaans te veg

Martin BosmaDEN HAAG, Nederland. Drie Nederlandse parlementariërs wat die PVV-party verteenwoordig in die parlement se Nederlandse Taalunie,  het in ‘n persverklaring hulle diep kommer uitgespreek oor die “inploffing” en uitwissing van Afrikaans op SA universiteite onder die ANC-regime.

Die drie, M. Bosma; H Beertema en J Driesen, doen ook ‘n beroep op die Vlaamse minister Pascal Smet en die Nederlandse staatsekretaris Halbe Zijlstra om hulself te sterk om Afrikaans te red by die SA universiteite. “Die taal kom al hoe meer in verdrukking. Op die universiteit van Stellenbosch probeer die studente nou hierdie ‘inploffing’ te keer deur te eis dat Afrikaans herstel moet word as die Universiteit se onderrig-taal.”

Martin Bosma, voorsitter van die interparlementêre kommissie van die Taalunie sê: “Sedert vorig jaar is Suid-Afrika lid van die Taalunie. Die posisie van Afrikaans bly egter sterk agteruit gaan. Die aantal Afrikaanstalige skole het vanaf 2000 skole 15 jaar gelede na 300 gedaal.  Dit sou goed wees as Smet en Zijlstra hul Suidafrikaanse kollega in relasie tot die Taalunie hierop ‘kragtig aanspreek.'”

Bosma meen ook: “Die studente aan Stellenbosch verdien die entoesiastiese steun van die Taalunie wanneer hulle stryd voer vir die taal. Die Taalunie is die verdrag tussen Nederland, Vlaandere, Suriname en Suid-Afrika. Zijlstra en Smet vorm saam die Komitee van Ministers wat die Taalunie bestuur.

Hieronder volg die oorspronklike verklaring in Nederlands.

‘Gee terug ons taal’ ‘Inploffing’ en ‘uitwissing’ van het Afrikaans op universiteiten – PVV: steun de studenten van Stellenbosch

De PVV-fractie in de Nederlandse Taalunie wil dat de Vlaamse minister Pascal Smet en Nederlandse staatssecretaris Halbe Zijlstra zich sterk maken voor het Afrikaans op de universiteiten van Zuid-Afrika. De taal komt steeds verder in de verdrukking.

Op de universiteit van Stellenbosch proberen studenten nu het tij te keren en eisen herstel van het Afrikaans. Martin Bosma, voorzitter van de Interparlementaire Commissie van de Taalunie: “Zuid-Afrika is sinds vorig jaar lid van de Taalunie. De positie van het Afrikaans blijft echter achteruithollen. Het aantal Afrikaanstalige scholen is in vijftien jaar gedaald van 2000 naar 300. Ook op de universiteiten zit de taal in de verdrukking. Het zou goed zijn als Smet en Zijlstra hun Zuid-Afrikaanse collega in het kader van de Taalunie hier op krachtig aanspreken.

De studenten aan Stellenbosch verdienen de enthousiaste steun van de Taalunie als zij opkomen voor de taal.” De Taalunie is het verdrag tussen Nederland, Vlaanderen, Suriname en Zuid-Afrika. Zijlstra en Smet vormen samen het Comité van Ministers, het bestuur van de Taalunie.

Vragen aan het Comité van Ministers van de Taalunie door de fractie van de PVV: de leden Bosma en Beertema.

7 november 2011

  1. Heeft u kennisgenomen van het bericht “Gee terug ons taal”*
  2. Deelt u de waarneming van weekblad Rapport dat er sprake is van een “inploffing” en zelfs een “uitwissing” van het Afrikaans op Stellenbosch, de eeuwenoude universiteit die traditioneel een thuisbasis is van het Afrikaans?
  3. Deelt u de mening van de PVV-fractie binnen de Taalunie dat universitair onderwijs in het Afrikaans van levensbelang is voor het overleven van deze minderheidstaal die zo nauw verbonden is het met Nederlands?
  4. Deelt u de mening van de PVV-fractie dat herstel van het Afrikaans als volwaardige onderricht- en voertaal op Stellenbosch daarbij van groot belang is?
  5. Bent u bereid onze verdragspartner Zuid-Afrika te wijzen op de uitkomsten van de commissie Gerwel die in 2001 uitsprak dat er in ieder geval twee volledig Afrikaanstalige universiteiten dienen te zijn, maar dat met dit advies de hand wordt gelicht?

Фильчаков прокурор отзывы

Minister slaan vure dood oor Derby-Lewis

‘n Woordvoerder vir die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Sondag benoud vure doodgeslaan omdat Clive Derby-Lewis se parool vir ‘n tweede keer geweier is.

‘n Anonieme oproeper het die openbare beskermer (OB) intussen versoek om die paroolaansoekproses te ondersoek, luidens ‘n berig in Die Burger.

Volgens Sapa het Derby-Lewis se regsverteenwoordigers die minister van “dubbele standaarde” in sy parool-aansoekproses beskuldig.

Die minister se woordvoerder het gesê daar is nog nie ‘n aansoek om mediese parool ontvang nie. Dit is glo nie weens “persoonlike gevoelens” teen die veroordeelde Derby-Lewis dat hy nog sit nie.

Derby-Lewis (75) het 18 jaar van sy 25 jaar vonnis uitgedien nadat hy medepligtig aan die moord op die voormalige SAKP-leier, Chris Hani, was.

Sy aansoek om parool is reeds twee keer geweier.

“Die minister het die aansoek om gewone parool geweier, omdat hy sedert die misdaad in 1993 nog geen berou getoon het vir sy daad en die impak wat dit op die land gehad het nie. 

“Daar was ook nog geen aanduiding of erkenning van sy kant dat hy bereid is om deel van ‘n demokratiese Suid-Afrika te wees nie,” het die woordvoerder gesê. Hy het gesê die regering is daarom genoodsaak om by die “wette en beleid” te hou.

Лобановский

Nog ‘n plaasaanval

‘n Man en sy vrou is op ‘n plaas in Rustenburg in Noordwes vermoor, het die polisie Donderdag gesê.

Don du Plessis (72) en sy vrou, Jackie (68), is blykbaar Woensdagoggend met “voorwerpe” aangeval in hul huis, het kapt. Elsabé Augustides gesê.

‘n Besoeker het hul lyke later in verskillende slaapkamers gevind. Die vrou is ook een keer in die kop geskiet.

‘n Onbekende hoeveelheid kontant is uit die kluis gesteel, asook ‘n kamera en ‘n skootrekenaar, het Augustides gesê.

Die polisie is op soek na ‘n Zimbabwiese man en vrou wat vir die Du Plessis-egpaar gewerk het. Die vrou was ‘n huishulp, terwyl haar vriend algemene werk op die voëlplaas verrig het.

“Die polisie verbind hulle met die misdaad omdat hulle verdwyn het ‘n dag voor die lyke gevind is,” het Augustides gesê.

Die moorde word ondersoek.

лобановский александр дочь