Vrywilligers gevra vir hofaksie op 29 November

Op 29 November beplan ons ‘n aksie tydens die hofsitting in Johannesburg waar die ANC verlof tot appèl gaan vra om die verbod op die sing van die liedjie “Skiet die Boer” tersyde gestel te kry. Ons gaan T-hemde met slagspreuke rondom die tema van volksmoord laat druk en soek 50 mense om die T-hemde na die hofsitting aan te trek.

Hierdie is vir ons ‘n uiters belangrike geleentheid. Nie net wil ons sowel die nasionale as die internasionale media daarheen uitnooi nie, maar ons gaan ook ‘n belangrike aankondiging rondom ‘n regsgeding teen regstellende aksie maak. Terwyl ander organisasies bloot regstellende aksie “korrek toegepas wil sien sodat dit nie nuwe ongelykhede skep nie” is Praag reeds tien jaar lank in beginsel teen regstellende aksie gekant. Ons navorsing oor Amerikaanse hofuitsprake teen regstellende aksie sê vir ons dat dit moontlik is om dié beleid in ons land geheel en al verbied te kry, hetsy deur ‘n plaaslike, hetsy deur ‘n internasionale hof.

Daarom is dit belangrik dat ons op 29 November genoeg mense by die hof in Johannesburg versamel om die punt oor aanhitsing tot volksmoord in ons land te maak, asook die boodskap oor ons veldtog teen regstellende aksie te versprei.

Elkeen wat die hofsitting op 29 November kan bywoon, word versoek om dringend met my per epos aan dan@praag.org in verbinding te tree.

Dan Roodt

Leier, Praag

МордвиновДанильченко Юрий отзывы

Misdaadverslag ‘n teleurstelling

“Die lang verwagte verslag deur die Sentrum vir die studie van Geweld en Versoening oor die ondersoek na die redes vir die wreedheid van geweldsmisdade, is ‘n teleurstelling, sê niks nuut nie en was ‘n vermorsing van belastinggeld,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

”Die verslag spreek geensins die oorsake van die wreedheid van geweldsmisdaad aan nie en toon die algemene sosio-ekonomiese en sosio-politieke probleme van geweldsmisdaad aan. Selfs die Polisie het erken dat die verslag niks nuuts bevind het nie. R3,5 miljoen was spandeer om die kultuur van geweld te wyte aan opvoeding, armoede, werkloosheid en apartheid, toe te skryf. Armoede en werkloosheid is swak verskonings vir geweldsmisdaad, aangesien daar baie ander lande is met meer armoede en werkloosheid as Suid-Afrika, maar met baie minder geweldsmisdaad. Hierdie verslag is net nog ’n voorbeeld van ‘n vrugtelose uitgawe van belastingbetalers se geld,” het Groenewald gesê.

лечить зубыпрокурор Фильчаков

Willem Ratte uit op borg

Willem Ratte is uiteindelik op borgtog van R2000 vrygelaat. Hiermee loop sy eetstaking wat ‘n hele maand geduur het ook ten einde.

Oudkommandant Ratte moet egter sy paspoort inhandig en weekliks by die polisie aanmeld.

Verlede week het die landdros die staatsaanklaer gevra waarom Ratte nie ook vrygelaat mag word terwyl agt van sy makkers reeds op waarskuwing uit aanhouding bevry is.

водяные насосные станцииФильчаков Александр Васильевич

‘Bom in hofsaal vir Ratte-saak gevind’

‘n Berig is vanaf Witbank ontvang dat ‘n bom in die hofsaal waar oudkmdt. Willem Ratte vanmore sou verskyn, gevind is.

Aangesien die hofsittings tot dusver hoofsaaklik deur Afrikaners wat Ratte goedgesind is, bygewoon is, sou dit onwaarskynlik wees dat die bom vanuit Afrikanergeledere afkomstig is.

Die onmiddellike vinger wys na die staat self en moontlik die nasionale inligtingsdiens wat sou wou poog om Ratte se verskyning vandag te verongeluk. Die verwagting was dat Ratte vandag vrygelaat sou word, aangesien die staat nie nog geloofwaardige klagtes teen hom kon vind nie.

Die bominsident word gesien as ‘n poging om Ratte in die gevangenis te hou sodat hy van honger kan doodgaan. Ratte verkeer op ‘n hongerstaking en weier om enige raad van vriende en familie te aanvaar om weer te begin eet.

to buildФильчаков

Boer wreed vermoor, vrou oorleef

‘n Boer is Dinsdagaand vermoor in sy huis op sy plaas naby Warden. Christiaan van Wyngaard (43) van die plaas Goedehoop is na bewering herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek.

Sy vrou Marie (55) het die voorval oorleef maar moes vir skok behandel word.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Valke, sê plaaswerkers het die lyk van die slagoffer Woensdagoggend ná 7:00 ontdek.

Volgens Mophiring is niks gesteel nie en was daar geen aanduiding van ‘n inbraak nie. Van Wyngaard se beursie en selfoon en ander waardevolle items is nie uit die huis geneem nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie vir die moord nie.

Enigiemand met inligting, word versoek om die naaste polisiekantoor of die Crime Stop-nommer by 08600-10111 te skakel.

светодиодные светильники москвалобановский харьков

Willem Ratte bly in aanhouding

Willem RatteWillem Ratte bly in aanhouding ná vanmiddag se hofverrigtinge waartydens die staatsaanklaer, Fanie Mavundla, sy vrylating teengestaan het. Die volgepakte hof B in Witbank het met gespanne aandag geluister terwyl Mavundla in gemaak hoogdrawende Engels die staat se absurde klagtes teen Ratte probeer opvysel het.

Een van die staat se verrassings was dat die saak van dwelmhandel wat op dagga betrekking sou hê skielik laat vaar is. Maar ‘n nuwe aantyging van die “besit van kinderpornografie” wat op Ratte se skootrekenaar gevind sou gewees het, is deur Mavundla gemaak. Die gehoor het hoorbaar na asem gesnak by die aanhoor van dié nuwe aantyging, wat herinner aan die meer onsmaaklike bewerings wat rondom die moord op Eugene Terre’Blanche gemaak is.

Die saak is vir nog ‘n week uitgestel na 1 November 2010. Maar Ratte, wat reeds 24 dae lank op ‘n eetstaking verkeer, het vandag in die hof swak en bleek voorgekom. Vooraf het hy lank kop onderstebo op die trappies wat vanaf die hofselle na die hof lei, gesit.

Die staat het ook beweer dat Ratte steeds in aanhouding moet bly omdat hy “in beheer” van die plaas en opleidingsentrum sou wees waar ‘n onwettige wapen, ‘n R4, gevind is. Hierop het sy regsverteenwoordiger, adv. Jurg Prinsloo, geantwoord dat dit sou beteken dat waar ‘n skoolkind met dwelms gevang word die hoof gearresteer moet word of dat die hele kabinet van die land in hegtenis geneem moet word vir die 18 000 moorde wat daar jaarliks in die land gepleeg word.

все для бани и сауныtopcargo отзыв

Vriende van WIllem Ratte vra vir skenkings

Willem Ratte sal vandag weer in die landdroshof op Witbank verskyn op aanklagte van dwelmsmokkery en diefstal. Nadat die gedrukte pers aanvanklik berig het dat Ratte vir “terrorisme” en “besit van onwettige wapens” in hegtenis geneem is, het die staat nog geensins ‘n klag in dié verband gebring nie.

Die polisie het aanvanklik sulke verklarings aan die media gemaak, maar toe Ratte die eerste keer in die hof verskyn het, is die klag verander na dwelmsmokkelary en diefstal. Niemand weet watse dwelms Ratte sou gesmokkel het of wat hy sou gesteel het nie.

‘n Groep binne die veteranevereniging van 323 bataljon het ‘n bankrekening beskikbaar gestel wat behoorlik geadministreer sal word om Ratte met sy regskostes by te staan.

липецк очисткаалександр лобановский харьков

ANC wil ‘Skiet die Boer’ terughê

Die ANC het ‘n aansoek om verlof tot appèl van stapel gestuur teen die verbod op die omstrede liedjie Dubul ‘iBhunu (Skiet die Boere), deur aan te voer dat dit deel gevorm het van die geskiedenis van sy bevrydingstryd en word om daardie rede nog steeds gesing deur ANC-ondersteuners.

Die aansoek is deur die ANC se adjunk-sekretarisgeneraal Thandi Modise namens die regerende party gebring en dien tans voor die Johannesburgse Hooggeregshof.

Modise het gesê die ANC is die geskikte organisasie om die verlof tot appèl in die openbare belang te bring. “Daar is ‘n groot aantal mense wat deur die kwessie geraak word. Ek kan dit met respek stel dat geregtelike kennis geneem kan word van die feit dat die betrokke liedjie bekend is by en gesing word deur letterlik duisende Suid-Afrikaners. Die gevolge van ‘n skending van hierdie orde is vanselfsprekend nadelig,” het sy gesê in hofstukke verklaar.

Die ANC se aansoek volg op ‘n uitspraak deur waarnemende Johannesburgse Hooggeregshof regter Leon Halgryn in Maart, wat beslis het dat die sing en publikasie van die liedjie “ongrondwetlik en onwettig” is omdat dit op aanhitsing neerkom.

Die uitspraak het gevolg nadat ‘n aansoek deur Willem Harmse, ‘n skrootmetaalsakeman van Delmas, gebring is, wat
gesê het die liedjie bevorder plaasmoorde in die nasleep van die ANC-jeugliga president Julius Malema se herhaalde openbare oproepe.

“Hoe sou Malema voel as ek die liedjie “Die dood van die swart man” sing?” het Harmse gevra.

Nog ‘n Mpumalangasakeman Muhammed Vawda – wat soos Harmse ‘n lid van die Vereniging vir die Beskerming van ons Grondwet is – was gekant teen die aansoek. Hy het gesê die liedjie was nie ‘n aanval op wit mense nie, maar op apartheid.

In die dokumente voor die hof, sê Modise Vawda het egter aangedui hy is nie geïnteresseerd in die versoek om verlof tot appèl teen regter Halgryn se beslissing nie. Dus is dit die ANC se taak om dit te doen.

In haar verklaring meld Modise dat alhoewel die geskil tussen Harmse en Vawda opgelos is, het die kwessie lewendig gebly.

“Inteendeel, enige persoon wat die woorde sing of publiseer neem voortaan die risiko om vervolg te word ongeag van die omstandighede waarin dit gebeur,” het sy gesê, en bygevoeg dat die uitspraak ‘n besondere impak op ANC-lede het.

“Die betrokke lied vorm deel van die geskiedenis van die ANC se stryd om bevryding. Dit is ‘n bekende feit dat dié lied gesing is deur lede en ondersteuners van die ANC by allerlei geleenthede. “

free casino online no downloadДанильченко Юрий прокурор

Swart aanklaer lag openlik vir Ratte in hof

Met oudkommandant Willem Ratte se eerste hofverskyning op Maandag 11 Oktober het ‘n Afrikaanse vroue-aanklaer die saak hanteer en ‘n voorstel gedoen om die aangeklaagdes teen Vrydag op waarskuwing uit te laat terwyl die saak ondersoek word en hulle deur korrektiewe dienste gemonitor word. Intussen het ‘n aggressiewe swart aanklaer, Fanie Vundla, oorgeneem wat op Vrydag 15 Oktober openlik in die hof vir Ratte gelag het.

Die vooroordeel wat daar teen Ratte en sy mede-aangeklaagdes bestaan, is Vrydag verder gedemonstreer deur ‘n voorval waartydens mnr. J.P. Nel, woonagtig op die plaas Eenzaamheid in die Balmoral-distrik waar Ratte in hegtenis geneem is, summier by die hof in Witbank gearresteer is omdat hy aan ‘n swart vroulike prokureur van die regshulpraad gevra het waarom sy nie haar handsak deur die x-straalmasjien by die hof laat gaan nie. Die persoon het haar opgeruk en Nel op ‘n vals klag van aanranding in hegtenis laat neem. Nel is intussen op borg van R500 vrygelaat en beplan ‘n siviele eis teen die staat vir wederregtelike inhegtenisname.

Terwyl die vorige blanke aanklaer nie die borg van die nege mans wat saam met Ratte aangekla is sou teenstaan nie, het Fanie Vundla intussen besluit om wel Eugene Becker se borg teen te staan. Becker is tans nog in die tronk saam met Ratte wat steeds ‘n hongerstaking beoefen.

Die landdros wou eerskomende Vrydag 25 Oktober weer die saak aanhoor, maar Vundla het geweier aangesien hy sy “dogter se gradeplegtigheid moet bywoon”. Op ‘n vraag of daar nie ‘n ander aanklaer op daardie datum beskikbaar is nie, het Vundla geantwoord dat hy “deur sy hoofde aangesê is dat slegs hy die saak moet hanteer”.

Op ‘n vraag van die landdros of hy Willem Ratte se borg sal teenstaan of nie, het Vundla geantwoord: “Ek het nog nie besluit nie.”

Vundla het ook die polisie se reaksiemag na die hof laat kom om die gehoor en gevangenes te laat intimideer.

Die sogenaamde “onwettige wapens” wat op Wille Ratte se plaas gevind is, blyk nou wettig te wees, synde grootliks voorlaaierrewolwers en windbukse waarvoor geen lisensie nodig is nie. Blykbaar is slegs die R4-geweer streng gesproke onwettig, maar ook dit is voorheen gelisensieer deur ‘n oudkollega van Ratte.

Volgens ‘n persoon wat ook die hofverrigtinge bygewoon het, is die staat besig om te vis vir verdere klagtes wat hulle teen Ratte en sy groep kan bring aangesien die huidige getuienis nie in die hof teen hulle gaan slaag nie. Daar word ook vermoed dat Fanie Vundla oudkommandant Ratte lank genoeg op die hongerstaking wil hou sodat hy kan sterf; vandaar sy pogings om tyd te wen met die vasstel van ‘n volgende verhoordatum.

Soos vroeër berig is, is agt van die beskuldigdes op waarskuwing vrygelaat. Hulle is mnre. Marais Bouer (30), Günther Kotze (32), Petrus Visser (20), Raymond Senekal (43), Wesley Borman (24), Corné de Beer (22), Justin Schoeman (18) en Christopher Meyer (27). Almal is onder korrektiewe toesig geplaas in die jeugherberg op die plaas naby Balmoral. Dit blyk egter dat Justin Schoeman 17 en nie 18 jaar oud is nie, wat hom ‘n minderjarige maak wat deur die staat as volwassene hanteer word en in ‘n volwasse tronk aangehou is.

Volgens regslui in Witbank is viktimisering van blankes deur die owerheid aan die toeneem en word mense goedsmoeds op vals klagtes gearresteer en in selle gesmyt. Hoewel die media heelwat aandag aan Ratte se geval geskenk het, is dit geensins geïsoleerd nie en blykbaar algemeen in die omgewing.

‘n Toeskouer wat die inhegtenisname van J.P. Nel aanskou het, het gesê: “Daar is geen verskil meer tussen Suid-Afrika en Zimbabwe nie. Wet en orde is besig om te verval en magsmisbruik weens rassistiese haat teen blankes is deesdae aan die orde van die dag.”

Tans sterf daar meer mense jaarliks in aanhouding in polisieselle as ooit onder die ou regering toe daar byna daagliks daaroor in die internasionale media berig is.

мембранный напорный бакАлександр Фильчаков прокурор

Korrektiewe dienste steeds onredelik oor Clive Derby-Lewis

Die voormalige parlementslid, mnr. Clive Derby-Lewis, se dokter het sy mediese verslag vrygestel in ‘n poging om die departement van korrektiewe dienste te verhoed om weer na die gevangenis oor te plaas waar mediese sorg tot dusver van hom weerhou is. Hier volg die verslag:

Mnr. Clive Derby-Lewis is ‘n bejaarde man van 74 jaar wat verskeie potensieel lewensbedreigende siektes onderlede het.

Mnr. Derby-Lewis het sy regteronderbeen beseer in ‘n tronkgang. He het na die dokter wat Korrektiewe Diens voorsien gegaan wat salf met verbande voorgeskryf het. Die wond het swart verkleur en het etter gedreineer. Die doctor wat Korrektiewe Diens voorsien het, het nie verwys nie. Die pasient se been het begin swel en hy het koorsig geword en eetlus verloor.

Ten einde mediese sorg te bekom wat toepassend is, is mnr. Derby-Lewis na ‘n privaat hospital oorgeplaas op 20 September 2010.

Met ondersoek was dit duidelik dat mnr. Derby-Lewis baie siek was en verswak was. Die pasient se onderbeen was erg geswel – twee keer dikker as die gesonde been. Etter het uit ‘n opening van die area van nat gangreen geloop. Dit was duidelik dat mnr. Derby-Lewis sy been vanwee sepsis gaan verloor.

Ten einde ‘n amputasie te voorkom is die pasient onmiddellik gerussussiteer met binneaarse vog en antibiotika.

Mnr. Derby-Lewis is die volgende dag na die teater geneem vir die eerste operasie. Die wagte het langs die operasietafel gestaan. Eers nadat sy regspan ingetree het, kon die wagte oortuig word om 5 tree van die teatertafel posisie in te neem.

Die dooie weefsel is uit die regteronderbeen chirurgies verwyder. Die etter is uit die onderbeen gespoel.

‘n Tweede operasie is later die week gedoen (24 September 2010). ‘n Hofbevel is bekom om die wagte to belet om tydens die operasie direk langs die operasietafel te staan. Die laaste dooie weefsel en etter is tydens hierdie operasie verwyder. Nadat al die dooie weefsel uit die onderbeen verwyder was, was daar ‘n defek van 15 cm by 10 cm gewees.

Ten einde die infeksie van die wond, die been en die hele liggaam onder beheer te bring is drie verskillende antibiotikas gelykertyd intraveneus toegedien. Dit het ‘n week geduur om die infeksie onder beheer te bring.

Die regterdy is as donor gebruik om vel te kry om die wond oor te plant.

Die veloorplanting het meestal vasgegroei. Dit is op hierdie stadium nie seker of ‘n tweede verloorplanting nodig sal wees nie.

Mnr. Derby-Lewis is deur die dokter wat deur die korrektiewe dienste beskikbaar gestel is behandel vir sy velkanker. ‘n Salf is voorgeskryf maar dit het geen effek op die groei van die kanker gehad nie. Met opname in die privaat hospital was daar twee ulserende velkankers aan die regterkant van die pasiente se gesig. Die kankers (7 cm x 5 cm) het van sy haarlyn gestrek tot by sy regter wenkbrou en het gebloei.

Die twee kankers was uitgesny en vir analise gestuur ten einde te aard daarvan te bepaal. Daar word nog twee operasies beplan om die kankers volledig uit die gesig te sny.

Mnr. Derby-Lewis se hoë bloeddruk was buite beheer. Die metings was 180/95 mm hg. Daar is met kombinasie-antihipertensiemedikasie begin wat die hoe bloeddruk verlaag het. Die dosering van antihipertensie medikasie moes verhoog word ten einde die pasient se bloeddruk finaal onder beheer te bring.

‘n Roetine-ondersoek na die prostaat is onderneem. ‘n Bloedtoets wat gebruik word om prostaatkanker te diagnoseer is gedoen, wat baie verhoog is. Daar is ‘n groot moontlikheid dat mnr. Derby- Lewis prostaatkanker het. Verdere toetse en behandeling sal nog moet plaasvind om die prostaatprobleem te genees.

Mnr. Derby-Lewis word aan sy bed geboei. Dit belemmer sy beweging en stel die pasient in ‘n hoe risiko om trombose van sy bene te ontwikkel. Aangesien Korrektiewe Dienste geweier het om die pasient se boeie te verwyder is daar voortgegaan om die pasient met heparien te behandel ten einde trombose te voorkom.

Daar is by my geen twyfel dat ‘n oorplasing na ‘n mediese versorging wat deur die korrektiewe diens verskaf word tot ernstige nadeel en selfs lewensbedreigende nadeel van mnr. Derby-Lewis sal strek nie.

Ek verstrek die volgende redes waarom voortgesette behandeling in die privaat hospital lewensnooodsaaklik is vir my pasient:

  • Die veloorplanting op die been is nog nie vasgegroei nie. Die veloorplanting kan misluk indien die verbande nie deur ‘n spesialis in wondversorging gedoen word nie.
  • Die velkankers van die gesig het nog twee operasies nodig – waarvan die eerste operasie reeds Maandag 11 October geskeduleer is.
  • Die prostaatkanker moet nog verder behandel word.

Konserwatief gesproke moet mnr. Derby-Lewis nog 30 tot 40 dae in die privaat hospitaal behandel word.

7 Oktober 2010

Dr. M. du Rand

самовсасывающие насосы характеристикилобановский александр игоревич харьков