Studente by Vaalkampus uiteengejaag

Veiligheidswagte moes pepersproei en knuppels gebruik om skares te beheer buite die Vaal Universiteit van Tegnologie, het SABC TV-nuus Dinsdag berig.

Selfoon-video materiaal van die studente in lang toue buite die Universiteit  Maandag, wat wag om te registreer, is vertoon.

Die verslag het gesê dat studente begin het om te druk teen mekaar, wat veroorsaak het dat die sekuriteitswagte moes ingryp met knuppels, pepersproei en taser-gewere.

Kediemetse Mokotsi, die instelling se bestuurder van korporatiewe sake, het Dinsdag aan Sapa gesê hulle kan nie die gedrag van die sekuriteitswagte goedkeur nie.

“Dit is nuwe sekuriteitswagte wat laat verlede jaar aangestel is en hulle is nie opgelei om so ‘n skare te hanteer nie.

“Die saak sal opgeneem word met die betrokke departemente.”

Die wagte is beskryf as “aggressief”, maar Mokotsi kon nie in detail oor die opstand tussen die studente en die wagte uitbrei nie.

Daar was geen polisie op die kampus ten tye van die optrede nie.

“Gister was die eerste dag vir registrasie vir die terugkerende studente en elke fakulteit het ‘n spesifieke datum daarvoor toegewys, maar studente ignoreer die datums op hul briewe en hulle het op die verkeerde dag aangemeld toe hulle nie verwag is nie,” sê Mokotsi.

Die universiteit beplan om 2000 studente per dag te registreer. Maandag was dit onduidelik hoeveel studente in toue staan en wag.

Die Vaal-polisie was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Vroeër hierdie maand, is ‘n vrou doodgetrap in ‘n stormloop buite die Universiteit van Johannesburg, waar laatregistrasies plaasgevind het.

лобановский александр харьков

DA-plakkaat ‘wil rasdebat uitlok’

Die omstrede DA-Jeugplakkaat met die slagspreuk wat lees: “In ons toekoms sou jy nie twee keer kyk nie”, is deur die party se swart jeugleier aanlyn gepos.

Makashule Gana het die plakkaat aanlyn gepos as deel van ‘n veldtog om ‘n debat oor ras uit te lok.

“Om te sê dat die plakkaat is seksueel, is om dit tot die uiterste te voer. Die plakkaat sê baie. Hulle omhels mekaar, en dit wys in hierdie land dat ons ‘n geleentheid om mekaar te omhels gevind het.

“Ek weet nie hoekom daar negatiewe kommentaar daaroor is nie. Dit is ‘n kunswerk wat die toekoms wat ons [in die DA] wil bou, uitbeeld.”

Gana het die foto op sy Facebook-bladsy gesit, en vir ‘n kort rukkie gebruik as sy Twitter-avatar.

‘n Facebook-gebruiker het gesê: “Die naaktheid lei die aandag heeltemal af van die beoogde boodskap van politieke samehorigheid, tensy politiek eintlik alles oor seks handel.”

Een Twitter gebruiker het gevra: “Is die DA-veldtog namens ou ryk wit mans wat jong, inheemse meisies soek?”

Die wit en swart paartjie in ‘n passievolle omhelsing is “skokkend”, het die Christelike Demokratiese Party Dinsdag gesê.

Die CDP het hulself egter nie uitgespreek teen rasvermenging nie en net die moraliteit van die besluit bevraagteken.

“Op ‘n stadium dat die land hoër vlakke van moraliteit benodig, sit die DA ‘n plakkaat uit wat duidelik die bevordering van seksuele onsedelikheid aanmoedig,” het die partyleier Theunis Botha gesê.

“Daar is baie maniere waarop die DA geprojekteer kan word as ‘n nie-rassige party, eerder as die gebruik van ‘n plakkaat wat duidelik die bevordering van seksuele losbandigheid nastreef.”

Botha het gesê die plakkaat is “onsmaaklik tot die uiterste” en ‘n belediging vir die baie jong mense, swart en wit, wat hoë morele waardes handhaaf.

лобановский супермаркет класс

Mediastilte oor Malema

Daar hang ‘n mediastilte oor die appèlverhoor van die ANC-jeugligapresident Julius Malema wat Maandag in Johannesburg begin het.

Dit is nie bekend of die verrigtinge Dinsdag sal voortgaan nie.

Vroeër, het die African National Congress-woordvoerder Keith Khoza gesê lede van die party het opdrag gekry om nie op die verhoor by Luthuli-huis kommentaar te lewer nie.

“Die media word uitgehou en ons weet nie iets daarvan nie. Die media sal moontlik inligting ontvang nadat die verhoor afgehandel is,” het hy gesê.

Malema se appèl het Maandag by Luthuli-huis begin. ‘n Handjievol van sy ondersteuners was buite die ANC se hoofkantoor.

Gevangenes se menseregte-aktivis Golden Miles Bhudu het op ‘n nabygeleë muur gestaan ​​en ‘n plakkaat ter ondersteuning van Malema gedra.

“Kameraad Cyril [Ramaphosa] doen die regte ding. Daar is geen oortreding hier nie, slegs boeie,” het dit gelees.

Ramaphosa, in sy hoedanigheid as ANC-voorsitter van die Appèlkomitee, sal die mondelingse vertoeë by Malema se verhoor aanhoor.

Maandagmiddag het ‘n polisie-konvooi begelei deur verskeie voertuie uit die gebou gekom. Amptenare in die buurt het geweier om te bevestig of Malema een van die passasiers was.

Malema se prokureurs het verlede week die hoofde aan die ANC se nasionale dissiplinêre komitee voorgelê.

Advokaat Patrick Mtshaulana het gesê dit bevat die argumente waarom Malema se skorsing van vyf jaar omgekeer behoort te word.

Malema en ander senior ANC-jeugliga-leiers is geskors in November nadat hulle skuldig bevind is dat hulle verdeling binne die ANC saai en die party in oneer gebring het. Dit was as gevolg van, onder andere, kommentaar oor regimeverandering in Botswana.

Dieselfde hoofde is ook vir Shivambu, adjunk-president Ronald Lamola, tesourier-generaal Pule Mabe, sekretaris-generaal Sindiso Magaqa, en die adjunk-sekretaris-generaal Kenetswe Mosenogi geliasseer.

Mtshaulana het gesê hulle sal probeer om Ramaphosa te oortuig dat hulle nie ‘n kans gehad het om te pleit ter versagting van hul vonnisse nie.

Hulle sal ook argumenteer dat die dissiplinêre komiteelede – voorsitter Derek Hanekom, en minister van Minerale Hulpbronne, Susan Shabangu – moes onttrek het van die dissiplinêre komitee.

Dit was omdat hulle voorheen in die openbaar verskil het van die ANC-jeugliga se posisies oor grondhervorming en die nasionalisering van myne.

Verder meen hulle dat die uitspraak en sanksies staatgemaak het op ‘n verouderde afdeling van die ANC-jeugliga se grondwet.

топкарго

DA-Jeug verkoop gemengde seks

Die DA se studenteorganisasie, DASO, het ‘n omstrede veldtog van stapel gestuur met ‘n uitlokkende plakkaat van twee mense van verskillende rasse in ‘n seksueel uitdagende posisie.

Dié plakkaat het Maandag ‘n opskudding op sosiale netwerke veroorsaak.

Die plakkaat toon ‘n wit man wat ‘n swart vrou omhels met die onderskrif: “Daso, in ons toekoms sou jy nie twee keer kyk nie.”

Die organisasie het ‘n vloed van reaksies op sy Facebook-blad sien instroom met baie wat kla oor die onvanpaste naaktheid.

Die DA Jeug het aan News24 gesê as opgevoede universiteit studente die plakkaat as die bevordering van seks sien, “dan het ons geen hoop het nie”.

Volgens Estelle Nel is dit dom om naakte mense te gebruik, want dit maak staat op die sensasionele.

Arlette Franke skryf: “Die beoogde boodskap van politieke samehorigheid gaan heeltemal verlore, tensy politiek eintlik alles oor seks gaan?”

Masoga Rueben beskryf die plakkaat as “vieslik”.

Op Twitter skryf “NomalangaSA”: “In my toekoms, hoop ek daardie verdomde townships in Kaapstad verdwyn en al die swartes neem hulle intrek in Kampsbaai om daardie uitsig te deel.”

Enkele wit Engelse manlike gebruikers het dit egter mooi gevind.

 

Олександр Васильович Фільчаков

PUK-student verdrink

‘n Ondersoek is aan die gang na ‘n voorval by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus waar ‘n student in ‘n swembad op die kampus verdrink het.

Die 19-jarige eerstejaarstudent was ‘n inwoner van die Ratau-manskoshuis. Die voorval het Saterdag na bewering tydens oriëntering gebeur.

Die student was vir meganiese ingeneurswese geregistreer. Die eerstejaarstudent het in die universiteit se swembad verdrink tydens die jaarlikse vrugtefees – ‘n georganiseerde kampusaksie vir nuwe studente om hulself te sosialiseer en vriende te maak.

Die nodige veiligheidsmaatreëls was glo getref en daar was mediese personeel van ER24 onder andere teenwoordig tydens die pretdag. Studente is die geleentheid gegun om na afloop van die dag – wat gepaard gaan met waatlemoene eet en mekaar daarna met die skille te smeer – in die swembad om hulself af te spoel.

Studente wie nie kan swem of wou gebruik maak van die geleentheid nie is die opsie gegun om uit te sit. Na afloop van Ratau se sessie is ‘n koptelling gehou, maar daar is geen ongeruimdhede opgemerk nie.

Die liggaam van die jong man is om half 7 die aand deur senior studente gevind wat wou gaan swem het. Die kampusbeskermingsdienste is in kennis gestel, waarna die polisie ontbied is.

Brigadier Thulani Ngubane van die SAPS bevestig dat ‘n ondersoek na die omstandighede van die student se dood geloods is. Die familie van die oorledene het gevra dat sy naam nie bekend gemaak word voordat sy ma in kennis van sy afsterwe gestel is nie.

Personeel en kundiges van die universiteit is reeds besig met berading en bystand aan mede-studente en koshuisinwoners.

Professor Herman van Schalkwyk, die rektor van die kampus en die studente-dekaan, professor Rikus Fick, het hulle medelye met die voorval betuig.

топкарго кидалы

Malema-appèl skop af

Regsbetoë sal vandag aangehoor word in die geskorste ANC-Jeugligaleier, Julius Malema se appèlaansoek aan die ANC se Nasionale Appèlkomitee teen sy skorsing uit die ANC. Dit sal in Luthuli-huis in Johannesburg plaasvind.

Die ANC se appèlkomitee, onder voorsitterskap van Cyril -Ramaphosa, sal besluit hoe lank die verhoor gaan duur.

Malema se betoog gaan grootliks daaroor handel dat die Nasionale Tugkomitee hom nie die reg gegun het om om versagtende omstandighede te pleit nie; en ingevolge ‘n wysiging van die ANC-Jeugliga se grondwet is ‘n skorsing uit die ANC nie noodwendig op die Jeugliga van toepassing nie en is die Jeugliga ‘n outonome struktuur.

Malema gaan ook aanvoer dat die NTK, die Minister van Huisvesting, Tokyo Sexwale, “ongevraagd beledig” het toe hy tydens Malema se tugverhoor vir hom getuig het.

Sy getuienis is bestempel as dat dit aan die “absurde” sou gegrens het. In ‘n nuwe verwikkeling word bespiegel dat Malema gaan vra dat die komiteelid, Jessie Duarte haar onttrek weens ‘n onderonsie met die Jeugliga oor die ANC se eeufeesvieringe.

Фильчаков прокурор

Shaik soek sy geld terug

Die presidensie het geweier om kommentaar te lewer op ‘n berig in ‘n Sondagkoerant dat die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik ‘n presidensiële kwytskelding wil hê.

Shaik wil ook luidens die berig hê R2 miljoen wat hy volgens hom aan Zuma geleen het, moet terugbetaal word.

“Daar is geen kommentaar nie. Die kwessie van die kwytskelding-aansoek is reeds deur die minister van justisie behandel… dit is die enigste kwessie waarop ons kommentaar lewer, nie die ander nie,” het Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj, Sondag gesê.

Shaik het aan die Sunday Independent-koerant gesê hy is nog nie terugbetaal nie en wil R2 miljoen hê wat hy volgens hom aan Zuma geleen het.

Die aanvanklike lening was een van R2,5 miljoen, wat hoofsaaklik gebruik is vir die onderhoud en skoolgelde van Zuma se kinders. Dié ooreenkoms is deur ‘n prokureur opgetrek, het die koerant berig.

Slegs R500 000 is luidens die berig al deur Zuma aan Shaik terugbetaal.

Shaik wil ook sy presidensiële kwytskelding hê. Hy het al meer as drie jaar gelede daarvoor aansoek gedoen.

Hy het gesê hy het nog nie van Zuma gehoor sedert hy president geword het nie, ondanks die feit dat hulle vóór dit in kontak was.

Shaik het aan die koerant gesê hy voel gebruik en in die steek gelaat deur Zuma, wat eens ‘n nabye vriend van hom was.

“Noudat Shaik ‘n droë put is, is die Guptas die geur. Ek is gebruik en misbruik,” het hy gesê.

Hy is besorgd daaroor dat niks nog van sy aansoek om presidensiële kwytskelding gekom het nie en hy vrees sy tyd is besig om op te raak.

Shaik se aansoek word deur die departement van justisie hanteer.

Tlali Tlali, woordvoerder van die departement, het gesê dit sal na die president gestuur word vir sy oorweging.

In 2005 het die Durbanse hooggeregshof Shaik tot 15 jaar gevangenisstraf vir bedrog en korrupsie gevonnis. Sy vonnis eindig effektief in 2021.

Op Maart 2009, is Shaik op parool vrygelaat met ‘n terminale siekte, maar as gevolg van sy politieke bande het dit gelei tot polemiek en beskuldigings van spesiale behandeling. Hy het toe aansoek gedoen vir ‘n presidensiële kwytskelding.

Die Appèlhof sal volgende maand uitspraak lewer na ‘n aansoek deur die Demokratiese Alliansie wat die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Zuma se vervolging stop te sit, uitdaag. Dit hou verband korrupsie en bedrog waarin Shaik ook betrokke was in 2009.

прокурор Фильчаков

Nuusmakers 2011: Malema em Madonsela

Die Nasionale Persklub het Sondag aangekondig dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, en die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, saam as nuusmakers van die jaar vir 2011 aangewys word.

Die Persklub se voorsitter, Yusuf Abramjee, het gesê die twee het meer dikwels as nié die voorblaaie in 2011 oorheers.

“In 2011 was Madonsela die sterkste stem vir goeie regering om administratiewe foute reg te stel,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Madonsela se bevindings oor die omstrede huur van geboue vir die polisiediens het daartoe gelei dat president Jacob Zuma twee ministers afgedank en Bheki Cele, die nasionale polisiekommissaris, geskors het.

“Die impak van haar werk is onskatbaar in die konteks van Suid-Afrika – beide in die private en die openbare sektor – waar korrupsie en wanadministrasie algemeen is. Haar sterk leierskap, tesame met besliste optrede, is ‘n groot hulp in die poging om van die land ‘n korrupsievrye samelewing te maak,” het Abramjee gesê.

Oor Malema het hy gesê: “Of jy hom liefhet en of jy hom haat, Malema se dade, omstrede opmerkings en verskynings het die plaaslike agenda deur die jaar oorheers.

“Nog nooit is ‘n land so aangegryp, so verdeel of so byeengebring deur nuus oor een individu nie,” het hy gesê.

Malema het plaaslik en internasionaal opskrifte gehaal oor kwessies soos nasionalisering en ‘n bewindsverandering in Botswana.

Volgens Abramjee het Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-Jeugliga, aan die persklub gesê toe hy ingelig is oor die toekenning: “Ons neem nie deel aan enige van hierdie dinge nie. Julle kan voortgaan en geen leier van die ANC-Jeugliga sal betrokke wees nie en geen boodskap sal gestuur word nie. Staak asseblief enige vorm van kommunikasie met die ANC-Jeugliga.”

Madonsela het gesê die besluit is vir haar ‘n verrassing.

“Ek bedank die Nasionale Persklub vir die erkenning aan die span wat ek gelei het. Dit verseker dat die mense van Suid-Afrika geregtigheid kry wanneer hulle onregverdig deur die regering behandel is en help ook die regering om dienslewering op te skerp,” het sy volgens Abramjee gesê.

In vorige jare is president Jacob Zuma, Charlize Theron, Zachie Achmat en die Treatment Action Campaign en Eskom ondermeer as nuusmakers van die jaar aangewys.

Die 2010-louere het aan FIFA-president Sepp Blatter en sportadministrateur Danny Jordaan gegaan.

Александр Фильчаков прокурор

Gebrek aan mediese toerusting ‘n pyn

‘n Vrou wat probeer om ‘n pynlike breuk te laat herstel, moes haar operasie vier keer uitstel by die Helen Joseph-hospitaal as gevolg van ‘n gebrek aan toerusting, het The Star Maandag berig.

Maria Robertson is die eerste keer vertel dat daar geen suurstof in die teater is nie en haar operasie is uitgestel.

By ‘n tweede geleentheid, het sy gesê, was daar geen steriele toerusting nie. En op ‘n derde keer het sy gesê daar was geen ICU-bed beskikbaar nie.

Robertson, 52, is verlede Donderdag onder narkose geplaas en in ‘n ‘n chirurgiese saal ingestoot, en sy het gehoop sy sou wakker word sonder die probleem, maar dit was haar nie beskore nie.

Hierdie keer, het dokters besef hulle het geen maasverband om voort te gaan met die operasie nie.

Sy is geskeduleer om volgende maand na die hospitaal terug te keer, maar vir eers sal sy voortgaan om te lewe met die buikronding, wat dikwels verkeerdelik vir swangerskap aangesien word. Sy spandeer die meeste van haar dae binnenshuis om te verhoed dat sy gevra word of sy swanger is.

“As dit nie so pynlik was, sou ek nie terugegaan het nie. Ek het nie geld om na ‘n privaat hospitaal te gaan nie. Dit is so seer, ons moes van huis verander sodat ons ‘n huis met ‘n stort kon kry, want om in ‘n bad te klim is ‘n missie,” het Robertson gesê.

Die provinsiale departement was nie beskikbaar om kommentaar te lewer toe die koerant hulle oor die aangeleentheid gekontak het nie.

лобановский супермаркет класс

SA-Infanterieskool heet Kremlin

Daar kan nie meer enige twyfel wees oor die ANC se gehegtheid aan hulle geskiedenis nie.

“Deur die hoofkwartier by die Infanterieskool se naam ‘The Kremlin’ te noem, word die weermag verpolitiseer en moet dadelik verwyder word. Daar is nie plek vir politiek in die weermag nie en die verslag van die Interim Nasionale Weermag Dienstekommissie het verpolitisering van die weermag as een van die kritieke probleme in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag uitgewys,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Om die eenheid se konferensiekamer die ‘Sentrale Komitee’ te noem getuig van ‘n gesagsprobleem. Dit wil voorkom asof senior offisiere hulself as opperbevelhebbers beskou om sodoende gesag af te dwing. Dit is dan ook geen wonder dat daar reeds drie soldate gesterf het in die eenheid nie. Ek sal die saak direk met die minister opneem, asook in die parlement,” het Groenewald gesê.

Nie alleen die Infanterieskool het probleme nie, maar die veterane wat tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein deelgeneem het, het ook ou terroriste-uniforms gedra, terwyl van hulle dienende soldate is.

Фільчаков прокурор