Drie kwessies wat die gedrukte media raak, het algar aan die praat: Die ANC se nuwe advertensiebeleid, die mediatribunaal asook die wetsontwerp oor Beskerming van Inligting.
Jimmy Manyi, die Regeringskommunikasie-en Inligtingstelsel se baas, het verlede week aangekondig dat die Kabinet besluit het om alle departemente se media sake te sentraliseer en gedreig om die regering se R1 miljard se advertensies te spandeer waar dit tel. Sanef, die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum skree sedertdien dat dit “omkopery” is en neerkom op ekonomiese sanksies.
Dit was nie die eerste keer dat die ANC gedrukte koerante dreig nie. Ná ‘n artikel in Augustus 2007 in die Sunday Times oor die voormalige minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang se “dronkenskap” en “stelery”, het die destydse minister in die presidensie Essop Pahad verklaar dat advertensies in die koerant onttrek sal word wat gelei het tot groot verliese vir Avusa, die koerant se uitgewer.
Grocott’s Mail, die land se oudste onafhanklike koerant, was in ‘n soortgelyke situasie. Die Grahamstad-munisipaliteit het alle advertensies onttrek nadat destydse redakteur Jonathan Ancer in ‘n hoofartikel gesê het R13-miljoen het verdwyn uit die munisipale begroting. Die koerant het die saak na die hof geneem en ‘n skikking is bereik in 2008, waarna die munisipaliteit sy reklame hervat het.
Die Beskerming van Inligting-wetsontwerp is ingestel om Beskerming van Inligting, Wet van 1982, te vervang, oënskynlik om dit in pas te bring met die nuwe Grondwet.
Joernaliste en ander, wat tot 25 jaar tronk toe gestuur kan word vir die hantering van geklassifiseerde dokumente, is onthuts oor die planne.
Die parlementêre ad hoc-komitee oor die wetsontwerp was veronderstel om sy werk teen Junie 24 af te handel, maar uitstel is verleen tot Augustus na druk van verskeie instansies.
Die ANC lyk daartoe verbind om sy eis vir ‘n parlementêre ondersoek na ‘n statutêre media-tribunaal op te volg, want die self-regulerende stelsel het volgens hulle “geen tande” nie.
In die afgelope twee weke het Stella Ndabeni, die ANC se parlementêre kommunikasie-portefeuljekomiteesweep, en Jackson Mthembu, die ANC-woordvoerder, verduidelik dat die party sy voorneme om voort te gaan met die ondersoek, bevestig.
Die tribunaal sal poog om die media meer “verantwoordbaar” te maak deur “foute en sensasionele verslaggewing” te straf. Op die oomblik word die gedrukte media aan ‘n self-reguleringsmeganisme onderwerp wat bestaan uit ‘n persraad, ombudsman en ‘n persappèlraad.
Alhoewel die pers vryelik berig oor die bedreiging wat die ANC vir persvryheid inhou, is hulle tjoepstil oor die volgehoue sensuur en valse, skaduagtige beriggewing wat die gedrukte media teister. Om nie te praat van die skeefgetrekte en monopolistiese invloed wat papier uitoefen nie
Soveel as 90% van die Suid-Afrikaanse gedrukte media word beheer deur vyf maatskappye: Avusa, Media24, Caxton, Mail & Guardian en die Independent Newspaper Group. “Dit is ‘n negatiewe impak op diversiteit en die vrye vloei van inligting,” het drukgroepe in ‘n verklaring na ‘n nasionale konferensie oor die onderwerp van mediavryheid in Februarie gesê.
Navorsers oor die stand van die media in Suid-Afrika het verdere bedreigings uitgesonder: Die onervare personeel in nuuskamers, toenemende foute in stories en swak joernalistieke standaarde.
In ‘n verslag saamgestel onder leiding van Anton Harber, die Universiteit van die Witwatersrand se Caxton-professor in joernalistiek en mediastudies, oor die Sunday Times in 2008, is talle van hierdie tekortkominge uitgelig.
Die verslag is egter nooit vrygestel nie, en die Sunday Times beweer dat die aangeleentheid “privaat” is. Die Business Day het ‘n gesaniteerde verkorte weergawe daarvan gepubliseer, maar die werklike verslag word uit die publiek se oog gehou.
Oor die manier waarop Media24 die DA in die afgelope munisipale verkiesing ondersteun het, kan nog boekdele geskryf word. Dit trek die geloofwaardigheid en onafhanklikheid van sy koerante in twyfel.
насосы и насосноелобановский александр жена