praag.co.za

Rassenasionalisme: Michelle en Julius se kreet

Written by

in

Michelle Obama, wat saam met haar ma en twee dogters reis, maar sonder haar man, sê vandag se generasie het die vermoë om die wêreld te verander. Obama het dié week jongmense by die Regina Mundi-kerk in Soweto toegespreek.

Sy het nie na die mees suksesvolle “jeugdige”, Julius Malema se dawerende sukses die afgelope naweek by die ANC-Jeugliga se kongres in Midrand waar Malema eenparig as jeugleier verkies is nie, verwys nie.

Sy het gesê die jongmense besit die vermoë om ekonomiese modelle te verander om ekonomiese ontwikkeling regoor die wêreld te verseker. Dit is nie seker of sy bedoel het nasionalisering is ingesluit as die soort verandering wat sy in gedagte het nie.

Obama het nietemin die struggle-geskiedenis van Suid-Afrika opgehemel as die rigting waarin die hele wêreld behoort te beweeg.

Obama sê  leiers van die anti-apartheidsbeweging in Suid-Afrika en die burgerregtebeweging in Amerika is ‘n voorbeeld vir die jonger generasie.

“Dit is te danke aan hulle wat ons vandag hier kan vergader. Dit is te danke aan hulle dat ek voor julle staan as die presidentsvrou van Amerika,” het sy gesê.

“As enigeen ooit sê jy mag nie of jy kan nie, wil ek hê julle moet met een stem sê – die stem van ‘n generasie – julle sê ‘ja, ons kan’.”

Dié uitlating is bykans geheel en al in pas met Julius Malema se houding waarin hy sy volgelinge aangemoedig het om die huidige orde uit te daag.

Obama, sowel as Malema, se uitgangspunt is duidelik om ‘n swart rassenasionalisme te bevorder. Dat dit ten koste van wit inwoners in Suid-Afrika geskied, is blykbaar geen probleem vir die Amerikaanse eerste dame nie.

Sy het ten minste haar verbintenis tot grondpag gedemonstreer nadat sy Woensdag by die Vhuthilo Community Center in Soweto gaan wortels uittrek het uit die vaal groentetuintjie.

ігри для девочекtopcargo отзывы

Comments

Leave a Reply