Rekenmeester met vals note vasgevat

‘n Rekenmeester en ‘n man wat vermoedelik ‘n lid van ‘n sindikaat is wat in vervalste banknote handel dryf, is in Jabulani, Soweto, in hegtenis geneem.

Ao. Kay Makhubela sê die polisie het Maandag om 19:00 na ‘n huis in die gebied gegaan om ‘n wenk op te volg.

Polisiebeamptes het na bewering gesien hoe die twee verdagtes R100-note ter waarde van R100 000 gedruk het.

Die note was ‘n mengsel van nuwes met oudpres. Nelson Mandela se gesig daarop, asook ou note.

Hulle is in hegtenis geneem, en van bedrog en die besit van vervalste geld aangekla.

Die rekenmeester – ‘n 29-jarige vrou – en die 32-jarige man sal Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn.

Nog inhegtenisnemings word verwag.

лобановский обыск

Verbied stakings in landbou

Die onstuimigheid waarin die land tans verkeer, en die gevolglike negatiewe ekonomiese implikasies daarvan, vereis dat staatsmanskap vereis word in die Staatsrede wat pres. Jacb Zuma eerskomende Donderdag gaan lewer. Mnr. Louis Meintjes, TLU SA se President, het die vertrou uitgespreek dat mnr. Zuma hom nie gaan laat bind deur kleinlike partypolitieke standpunte nie, en dat hy nie gaan toelaat dat volgende jaar se algemene verkiesing nou reeds gaan neerslag vind in propagandistiese uitsprake tydens sy Staatsrede nie.

“Wat die land nou nodig het is stabiliteit. Veral landbou moet gestabiliseer word nadat die Regering die fout gemaak het om die minimumlone met meer as 50% op te skuif.

“Ter wille van voedselsekerheid, en ter wille daarvan dat uiters noodsaaklike buitelandse valuta nie verlore gaan nie, mag ‘n herhaling van die gebeure by De Doorns nooit weer plaasvind nie.

“Die oplossing wat TLU SA daarvoor aan die hand doen, is dat landbou ook tot noodsaaklike diens verklaar word, wat sal beteken dat landbou-werkers ook in die vervolg nie meer sal mag deelneem aan stakings nie. Ons sou graag wil sien dat die President hierdie aankondiging in sy Staatsrede sou doen,” sê mnr. Meintjes.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

‘n Swart pous?

Pous Benedictus XVI se bedanking het gelei tot oproepe dat sy opvolger uit Afrika moet kom, die tuiste van die wêreld se vinnigste groeiende bevolking en in die voorste linies van die belangrikste kwessies wat die Rooms-Katolieke Kerk in die gesig staar.

“Die wêreld is nou multi-kleur,” sê die Poolse priester Stanislaw Skuza.

Ongeveer 15 persent van die wêreld se 1,2 miljard Katolieke lewe in Afrika en die persentasie het aansienlik uitgebrei in die afgelope jaar in vergelyking met ander dele van die wêreld.

Name soos Ghana se Peter Turkson en die Nigeriese John Onaiyekan is genoem as potensiële pouslike materiaal, asook Francis Arinze, ook van Nigerië.

Sommige ontleders sien die kwessie as een van geregtigheid omdat Afrika bygedra het tot die Rooms-Katolieke Kerk tot so ‘n groot mate, sowel as ‘n weerspieëling van ‘n veranderende wêreld.

Voorstanders van ‘n swart pous wil ook ‘n “verstandhouding” met Islam en die Pinkster-beweging in die Katolieke Kerk sien.

лобановский александр интервью

SAA se waarnemende hoof geskors

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) het sy waarnemende hoof, Vuyisile Kona, geskors.

“Dit is gebaseer op sekere bewerings wat onder die raad se aandag gebring is en dit is die raad se fidusiêre plig om dit te ondersoek,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê.

“Dit moet benadruk word dat die raad nog nie ‘n besluit geneem het met betrekking tot die waarheid of andersins van hierdie bewerings nie.”

Kona is met onmiddellike effek geskors.

SAA het gesê sy raad van direkteurs is in die proses om ‘n permanente hoof- uitvoerende beampte aan te stel. Aansoeke is ontvang en die raad is besig om dit na te gaan.

“Die raad is vol vertroue dat die proses teen 31 Maart 2013 afgehandel sal word, wanneer aanbevelings aan die minister van openbare ondernemings [Malusi Gigaba] gemaak sal word.”

Die raad het Nico Bezuidenhout, hoof- uitvoerende beampte van Mango, gevra om die groep se werksaamhede te bestuur, het SAA gesê.

Олександр Васильович Фільчаков

ANC gaan rekeninge van FNB skuif

Die ANC wil sy rekeninge by FNB sluit en na Postbank skuif, het die Sunday Times berig.

Die besluit is in Desember tydens die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung geneem, omdat die party meer “bekostigbare” bankkostes wil betaal.

Die party het gesê dit moet op voorwaarde geskied dat die staatsbeheerde bank sy banklisensie in ‘n handelsbanklisensie omskep.

“Ons is besig om ons aansoek af te handel en indien dit suksesvol is, sal Postbank ‘n handelsbank word,” het

Shaheen Adam, waarnemende besturende direkteur van die bank, gesê.

Meer as een miljoen ANC-lede deponeer hul jaarlikse ledefooi in die party se bankrekening by FNB.

Die ANC en sy geaffilieerdes het verlede maand FNB se jeug-advertensieveldtog gekritiseer en sê dit was ‘n aanval op die regering.

Александр Фильчаков прокурор

DA wil Mandela se visie vier

Suid-Afrika moet die herdenking van oudpres. Nelson Mandela se vrylating uit die tronk Maandag vier deur sy visie vir die land te onthou, het die DA gesê.

“Ons moet nooit die wonderlike visie van die toekoms en die grondwet vergeet wat hy aan ons gegee het nie en wat vandag sy grootse nalatenskap is,” het Helen Zille, leier van die DA, in ‘n verklaring gesê.

Sy het gesê Suid-Afrikaners moet hulle weer daartoe verbind om Mandela se visie van ‘n verenigde land te herbou deur ‘n einde te bring aan die “verval” wat volgens haar deur die huidige leierskap geskep is.

“Elke Suid-Afrikaner weet dat ons land ver weg beweeg van Madiba se visie van ‘n vredevolle, voorspoedige demokrasie waar elke persoon die geleentheid het om sy potensiaal te bereik,” het Zille gesê.

Volgens Zille deel pres. Jacob Zuma en die huidige leierskap nie daardie visie nie.

Sy het hulle ook daarvan beskuldig dat hulle nie die nodige belangstelling het om probleme soos armoede, werkloosheid en die vernietiging van families op te los nie.

Zuma het Mandela Sondag in Johannesburg besoek om goeie wense aan hom oor te dra.

Hy het gesê Mandela was gemaklik en ontspanne.

Mandela is in Februarie 1990 uit die Victor Verster-gevangenis in Paarl vrygelaat.

лобановский супермаркет класс

VSA verwelkom Pous se uittrede

Die Amerikaanse Raad van Rooms-Katolieke Biskoppe het pous Benedictus XVI se onverwagse besluit om sy amp neer te lê, verwelkom as “nog ‘n teken van sy sorgsaamheid vir die Kerk.”

“Ons is hartseer dat hy aftree maar ons is dankbaar vir sy agt jaar van onbaatsugtige leierskap as opvolger van St Petrus,” het kardinaal Timothy Dolan van New York, president van die raad, gesê.

“Sy uittrede is net nog ‘n teken van sy sorgsaamheid vir die Kerk,” het Dolan in ‘n verklaring namens die biskoppe gesê.

‘n Woordvoerder van die Vatikaan het vroeër gesê die pous se bedanking was “onverwags”.

Dit kom ná die 85-jarige leier van die Rooms-Katolieke Kerk Maandagoggend tydens ‘n byeenkoms van kardinale aangekondig het dat hy sy amp neerlê.

“Die pous het aangekondig dat hy sy posisie teen 19:00 op 28 Februarie sal verlaat,” het Federico Lombardi, woordvoerder vir die Vatikaan, gesê.

Lombardi het gesê die pous se besluit het die Vatikaan verras, en het bygevoeg dat sy ywer “ongelukkig die afgelope tyd afgeneem het.”

Die pous het tydens die byeenkoms van kardinale gesê dat hy die besluit geneem het ná ‘n lang periode van selfondersoek.

“Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat my krag, as gevolg van my gevorderde ouderdom, my nie toelaat om… my bediening na behore te volvoer nie,” het die pous gesê.

Hy het die verklaring in die Vatikaan se amptelike taal, Latyns, voorgelees.

“Ek is deeglik bewus daarvan dat hierdie bediening, as gevolg van die noodsaaklike en geestelike aard daarvan, nie net met woorde en dade uitgevoer moet word nie, maar ook met gebed en lyding.”

Georg Ratzinger, die pous se broer, het aan Sky News gesê dat sy broer se dokter aanbeveel het dat hy nie meer oorseese reise aanpak nie. Hy het gesê sy broer het sy bedanking maande lank oorweeg.

Hy het bygevoeg dat sy broer sukkel om te loop en dat sy bedanking ‘n “natuurlike proses” is.

“Sy ouderdom haal hom in,” het die 89-jarige oor Benedictus XVI gesê.

“Op hierdie ouderdom soek my broer meer rus.”

Lombardi het intussen bevestig dat die volgende pous voor Paasfees gekies behoort te word.

Mario Monti, die premier van Italië, het gesê dat hy geskok is deur die pous se bedanking.

topcargo кидалы

Donkie-, én perdevleis in EU as bees verkoop

‘n Wet wat perde en donkies van Roemeens paaie verbied kan verantwoordelik wees vir die toename in die verkope van perdevleis op die Europese beesvleismark, het ‘n Franse politikus gesê.

Perdekarretjies was ‘n algemene vorm van vervoer vir eeue in Roemenië, maar honderde duisende van die diere is na die abattoir gestuur na die verandering in die padreëls.

Die wetsontwerp wat ses jaar gelede aanvaar is, maar slegs onlangs afgedwing is, verbied ook karre getrek deur donkies, wat lei tot spekulasie in die voedsel-industrie in Frankryk dat sommige “perdevleis” wat opgeduik het op winkelrakke in Brittanje, Frankryk en Swede is, in werklikheid, donkievleis kan wees. “Perde is verbied op Roemeens paaie en miljoene diere is na die slagpale gestuur,” sê Jose Bove, ‘n veteraan kampvegter vir kleinboere wat nou vise-president van die Europese Parlement landboukomitee is.

Die perdevleisskandaal is gesien as ‘n grootliks Britse probleem, maar die skandaal het oor die naweek verder uitgekring.

Die Franse verbruikersminister, Benoit Hamon, het gesê dat hy nie sou huiwer om regstappe te neem as bewyse na vore kom dat die twee Franse maatskappye wat die vleis hanteer bewus was van die bedrog nie.

Hamon het ook ‘n dwarsklap na die Britse regering gemik. Hy het gesê Londen kla oor die swak Europese regulering terwyl hulle die begroting vir die EU se voedselveiligheid in Brussel wil sny.

Een van Frankryk se grootste supermarkkettings het hul eie etiket gereg verwyder en Findus verwerkte geregte uit hul rakke gehaal.

Die vleis van die abattoirs in Roemenië is deur ‘n handelaar in Cyprus aangekoop, namens ‘n ander handelaar in Nederland wat die vleis aan ‘n fabriek in die suide van Frankryk verkoop het. Dit is daarna aan ‘n Franse fabriek in Luxemburg verkoop wat dit in bevrore etes gebruik het en in supermarkte verkoop in 16 lande.

Олександр Фільчаков прокурор

VN-menseregtehoof geskok oor hoë voorkoms van verkragting in SA

Die Verenigde Nasies (VN) se hoof van menseregte, Navi Pillay, het haar skok uitgespreek oor die moord en verkragting van ‘n Suid-Afrikaanse tiener.

Sy het ‘n beroep gedoen op owerhede om meer te doen om die “pandemie van seksuele geweld” te beveg.

“Daar moet ‘n boodskap aan verkragters uitgestuur word dat seksuele geweld is absoluut onaanvaarbaar en dat hulle die gevolge van hul gruweldade moet dra.

“Die kultuur van seksuele geweld in Suid-Afrika moet stop.”

Pillay het reageer op die moord en verminking van die 17-jarige Anene Booysen, wat wreed aangeval en by ‘n bouterrein vir dood gelaat is. Sy het verlede Saterdagaand in die hospitaal gesterf.

Hoewel sy sterk reaksies van pres. Jacob Zuma en ander partye verwelkom het, het Pillay gesê: “Die afgryslike geval moes nie die dringende behoefte uitwys vir ‘n meer deeglike reaksie oor die hele spektrum van die Suid-Afrikaanse samelewing om die oorsake van die pandemie van seksuele geweld te beveg nie.

“Die feit dat tienduisende ander verkragtings jaarliks in Suid-Afrika plaasvind, is ‘n duidelike aanduiding dat die probleem op ‘n meer robuuste manier aangespreek moet word,” het Pillay gesê.

Volgens amptelike statistieke is sowat 65 000 seksuele oortredings verlede jaar in Suid-Afrika aangemeld. Die polisie sê egter slegs een in elke 36 verkragtingsake word aangemeld. ‘n Onlangse studie het bevind dat meer as een kwart van Suid-Afrikaanse mans erken dat hulle ‘n vrou of meisie verkrag het.

Pillay het haar woede uitgespreek omdat so min verkragters in Suid-Afrika veroordeel word.

“Dit is nie net ‘n skokkende ontkenning van geregtigheid vir die duisende slagoffers nie, maar ook ‘n faktor wat bygedra het tot die normalisering van verkragting en geweld teen vroue in die Suid-Afrikaanse samelewing.”

лобановский харьков класс

DRK: Vermeende komplotter in Kaapstad vas

Die meesterbrein agter die komplot om die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo omver te werp, is in Kaapstad in hegtenis geneem, het die Valke Sondag gesê.

Die nuus het soos ‘n veldbrand versprei in die Kongolese gemeenskap: Etienne Kabila Taratibu, die voorbok van die groep andersdenkendes het homself Saterdagoggend aan die polisie in Kaapstad oorgegee.

Emosies het hoog geloop in die 300,000-sterk Kongolese gemeenskap in Suid-Afrika oor die naweek en lede het Vrydag aan Praag gesê die Suid-Afrikaanse regering beskerm die huidige president.

Kabila Taratibu sal hierdie week na Pretoria verkuif word, waar hy met die ander 19 Kongolese in die hof sal verskyn.

“Hy is die meesterbrein Ons het hierdie ouens is die waarneming. Ons het ‘n lys van individue en hul name is,” het ‘n woordvoerder vir die Valke, gesê

Nog steeds op die vlug is generaal-majoor William Amuri Yakutumba, die militêre leier wat die kwasi-militêre beweging Mai-Mai Yakutumba gestig in 2007, in die Fizi-gebied, die suidelike deel van Suid-Kivu.

Die polisie het Vrydag bevestig dat twee mans wat deel is van ‘n groep wat Kabila wou ontsetel, nog soek is.

Dit is dieselfde gebied waar Che Guevara onsuksesvol probeer het om die revolusie in die 1960’s te laat vlam vat. Die DRK is egter ‘n laslappie-opset van talle mededingende etniese groepe, wat die projek onmoontlik gemaak het.

“Ons het ‘n man in hegtenis geneem wat die meesterbrein was agter die komplot om die president van die DRK te ontsetel. Hy is Vrydag in Kaapstad in hegtenis geneem en ons maak planne sodat hy na Pretoria verskuif kan word,” het kapt. Paul Ramoloko gesê.

‘n Groep van 19 vermeende rebelle van die DRK, insluitend ‘n Amerikaanse burger, het Donderdag in die Pretoriase streekhof verskyn op aanklagte dat hulle die Wet op Buitelandse Militêre Steun oortree het.

Die groep is Dinsdag ná ‘n maande lange ondersoek in Limpopo in hegtenis geneem. Die mans is nie gevra om te pleit nie en sal op 14 Februarie weer in die hof verskyn.

Die meesterbrein van die groep sal volgende week in die hof verskyn.

‘n Ontstoke groepe Franssprekende Kongolese in Fourways, Johannesburg, het aan Praag gesê Kabila is ‘n “buitelander” en ‘n Tanzaniër wat nie aan bewind moet wees nie.

Die etniese spanning het so hoog geloop, dat ‘n Tanzaniese burger homself gou uit die voete gemaak het. Volgens waarnemers is Rwanda ook besig met ‘n buitelandse destabiliseringsoefening in ide DRK.

Данильченко Юрий Брониславович