Gee dit terug!

In ‘n emosionele ope brief Donderdag aan die Britse premier, het Cristina Kirchner, Argentinië se president, ‘n beroep gedoen op die premier om ‘n VN-resolusie wat dateer uit 1965 na te kom en gevra dat Brittanje begin onderhandel oor die oorhandiging van die Falkland-eilande.

Die brief is net betyds om die herdenking op 3 Januarie 1833, van Brittanje oorname van die eilande van die Argentyne te vier.

Die 212-woord brief, gekopieer aan Ban Ki-moon, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, verwys herhaaldelik na die Falkland as die Malvinas, die Argentynse regering se Spaanse naam vir die eilande.

“Een honderd en tagtig jaar gelede op dieselfde datum, Januarie 3, in ‘n blatante gebaar van 19de eeu kolonialisme, is Argentinië met geweld van die Malvinas Eilande, 14.000 km ver van Londen, gestroop.

“Verenigde Koninkryk het daarna begin met ‘n bevolkingsaanwasproses soortgelyk aan dié toegepas op ander gebiede onder koloniale heerskappy.

“Sedertdien het Brittanje, die koloniale mag, geweier om die gebiede te terug te gee aan die Republiek Argentinië, wat sal verhoed dat sy territoriale integriteit herstel word.

“Die vraag van die Malvinas is ook ‘n kwessie wat deur Latyns-Amerika aangegryp word en deur die oorgrote meerderheid van die volke en regerings regoor die wêreld wat kolonialisme verwerp.

“In 1960, het die Verenigde Nasies die noodsaaklikheid van ‘n “einde aan kolonialisme in al sy vorme en manifestasies” verkondig.

“In 1965 het die Algemene Vergadering, met geen teenstemme nie (selfs nie deur die Verenigde Koninkryk nie), ‘n resolusie aangeneem dat die Malvinas Eilande ‘n koloniale geval is en dat die twee lande behoort te onderhandel oor ‘n oplossing vir die soewereiniteitsgeskil tussen hulle.

Die 3000-sterk bevolking van die eilande is oorweldigend pro-Brits.

Die diplomatieke kwessie volg op die Britse regering se besluit verlede maand om ‘n groot bevrore stuk van Antarktika na die koningin te vernoem – ‘n gebaar in Buenos Aires gesien as uitdagend.

лобановский харьков класс

Meer matrieks slaag, minder bly tot matriek

‘n Totaal van 73,9% van matriekleerlinge het die skooljaar in 2012 geslaag, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Woensdag gesê.

Dié syfer is hoër as die 70,2% van leerlinge wat matriek in 2011 geslaag het.

Die onderwysdrukgroep Equal Education (EE) het egter sy kommer uitgespreek oor die prestasie van leerlinge, en daarop gewys dat slegs 45,2% van die leerlinge wat Graad 1 in 2001 begin het, matriek aangedurf het.

Altesaam 1 130 659 leerlinge het in 2001 by openbare skole met Graad 1 begin. Slegs 512 133 van dié leerlinge het matriek egter bereik, het die organisasie benadruk.

Intussen het die burgerregte-organisasie AfriForum sy “ernstige kommer” uitgespreek oor die aantal leerlinge wat hulle matriekjaar suksesvol voltooi het.

“Die vraag is wat van die ander leerlinge geword het en hoe die toekoms lyk wat hulle in die gesig staar,” het Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van die organisasie, gesê.

“Vir jongmense met matriek is dit reeds moeilik om werk te vind – des te meer so vir diegene wat nie eens hulle skoolloopbaan voltooi het nie.”

AfriForum het gesê hy beskou ‘n “gebrek aan moedertaalonderrig in Suid-Afrika” as een van die vernaamste redes vir die groot groep leerlinge wat tou opgooi voordat hulle hulle skoolloopbaan voltooi.

Фильчаков Александр Васильевич

Fiskale ooreenkoms gaan VSA ‘vernietig’

Nadat Republikeine hul eise vir bykomende bestedingsinkortings laat vaar het om die “fiskale afgrond” te vermy, het die Huis van Verteenwoordigers ‘n ooreenkoms met die Demokrate bereik. Hulle het met 257 teen 167 ten gunste van die wetsontwerp gestem.

Vroeër het die Huis se Republikeine hul teenkanting teen die maatreëls uitgespreek.

Kritici van die wetsontwerp sê dat die ooreenkoms nie werklike bekommernisse aanspreek nie. “Baie van die skuld, 16 triljoen dollar is waardeloos, dit moet nie eens betaal word nie. En ons bespreek watter soort van inkortings ons moet maak,” het Lawrence Freeman, redakteur van die Intelligence Review Magazine, aan RT gesê.

Capital Hill moet moet fokus om die risiko van hiperinflasie in 2013 te vermy, sê Freeman.

“Jy weet dat hierdie maand, in Januarie, gaan Bernanke, die voorsitter van die Federale Reserweraad, stappe neem wat sal lei tot hiperinflasie. En beide partye ondersteun dit,” het Freeman verduidelik.

Dus is “die belastingvraag ‘n pseudo-kwessie” het die ontleder gesê. “Die vraag is watter soort krediet jy gaan beskikbaar stel vir belegging in infrastruktuur, in werk en energie en in die herbou van New York en New Jersey. Die regering het die vermoë om krediet vir openbare kredietprojekte te genereer. “

Daarsonder sê Freeman, sal miljoene Amerikaners in armoede bly leef.

Die deskundige waarsku verder dat “hierdie hiperinflasie-beleid van Bernanke ondersteun word deur beide Republikeinse en Demokrate, en sal die Amerikaanse ekonomie vernietig soos ons nou sien in Europa, in Griekeland en Spanje.”

топкарго развод

Palestyne gaan Jode in 2020 verbysteek

Die Palestynse Statistiekburo het beraam dat die Arabiere die Jode in die Heilige Land teen die einde van die dekade sal verbysteek, ‘n scenario wat ernstige gevolge kan hê vir Israel.

Die buro het Dinsdag gesê dat 5,8 miljoen Arabiere in Israel, die Wesoewer, Gasa en Oos-Jerusalem woon. Dit is in vergelyking met ongeveer 6 miljoen Israeliese Jode, volgens Israeliese data.

Daar word gemeen dat, gebaseer op huidige geboortekoerse, die twee bevolkings teen 2016 ewe veel sal wees, en in 2020, sal die Arabiere die Jode verbysteek met 7,2 miljoen teenoor 6,9 miljoen.

Die demografiese probleem is ‘n belangrike argument vir die Israeliese ondersteuners wat die skepping van ‘n Palestynse staat voorstaan. Hulle sê om ​​beheer van die Palestynse gebiede aan sy inwoners af te staan, is die enigste manier om Israel se toekoms as ‘n demokrasie met ‘n Joodse meerderheid te verseker.

Фільчаков Олександр Васильович

Vlamme verteer 4000 se plakkershutte in Kaapstad

Drie mans is dood en meer as 4 000 mense is dakloos gelaat nadat brande huise in Dunoon en Khayelitsha op Nuwejaarsdag verswelg het.

Die BM-afdeling van Khayelitsha is die hardste getref, met meer as 800 plakkershutte wat deur die vinnige vlamme vernietig is. Sowat 3 000 inwoners is dakloos gelaat.

Die Stad se Rampbestuurwoordvoerder Wilfred Solomons-Johannes sê die vuur in die BM-afdeling van die gebied het om 04:45 uitgebreek en is slegs suksesvol geblus byna ses uur later.

Hy het bygevoeg dat die rukkerige wind, van 80 tot 90km / h , die verspreiding van die vlamme aangevuur het, en ‘n uitdaging vir brandbestryders gstel het.

Digte rook het verkeersowerhede genoop om die N2 te sluit in beide rigtings.

“Die digte rook raak die vrye vloei van verkeer, en hou ‘n gevaar vir die veiligheid van motoriste in,” het Solomons-Johannes gesê.

Фильчаков

Gaan VSA oor fiskale afgrond stort?

Die Withuis en Senaatslui het Maandag ‘n ooreenkoms bereik om belastingsverhogings en besuinigingsmaatreëls van die sogenaamde “fiskale afgrond” af te weer – maar die ooreenkoms kan nog in die Huis van Verteenwoordigers tot onmin lei.

Senators sou oornag stem oor die ooreenkoms, wat volgens senator Joe Lieberman sterk steun onder die Demokrate geniet.

Die ooreenkoms is te laat bereik vir die sperdatum van 1 Januarie, maar met die vakansiedag Dinsdag kan die kongres steeds die voorstel goedkeur en terugdateer om te voorkom dat die skerp belastingstygings in werking tree.

Die voorstel moet egter staan in die Huis van Verteenwoordigers, waar baie van die Republikeine wat die huis beheer voel pres. Barack Obama doen nie genoeg om regeringsbesteding te besnoei nie.

Die Huis sal Dinsdagmiddag vergader.

“Die Huis sal by sy belofte hou om die Senaat se ooreenkoms te oorweeg as dit goedgekeur word. Die besluit of die Huis die ooreenkoms sonder meer sal aanvaar of dadelik sal wil aanpas, sal nie gemaak word tot lede van die Huis… in staat was om die wetgewing te hersien nie,” het John Boehner, Speaker van die Huis, gesê.

Фильчаков прокурор харькова

Nuwejaar eis talle in stormlope

Die stad van Kaapstad het mense gewaarsku dat hy streng sal optree teen mense wat aan hulle aan misdrywe skuldig maak met vanjaar se Tweede Nuwejaar-vieringe en die Klopse-karnaval, wat in die stad plaasvind.

Die stadsraad het meer as R3 miljoen vir die feesvieringe bewillig, waaraan meer as 13 000 mense en 70 Klopse groepe sal deelneem. Verskeie paaie in die middestad is vir verkeer gesluit, en duisende toeskouers sal na verwagting die verrigtinge bywoon.

Die optog begin op die hoek van Keizersgracht en Tennantstraat en eindig in Rosestraat in die Bo-Kaap.

Tien mense, onder wie vier kinders, is intussen dood en 120 beseer in ‘n stormloop Oujaarsdagaand gedurende ‘n kerkdiens in die Angolese hoofstad, Luanda.

Volgens owerhede is die slagoffers deur ‘n skare mense vertrap nadat slegs twee van die hekke na die Cidadela Desportiva-stadion oopgemaak is.

Sowat 70 000 mense is vir die diens van die Universal Church of the Kingdom of God verwag, maar heelwat meer het opgedaag. Volgens nooddienste het van die slagoffers versmoor.

Die Ivoorkus sal drie dae lank rou nadat ‘n stormloop tydens nuwejaarsvieringe minstens 60 mense se lewens geëis het.

Tientalle ander is beseer toe ‘n groep mense bymekaar gekom het om vuurwerkvertonings in die hoofstad, Abidjan, te geniet.

‘n Fotograaf vir AFP sê talle kinders is in die voorval beseer. Die verslaggewer sê die stormloop het by die stad se stadion plaasgevind.

Volgens amptenare het sowat 50 000 mense saamgedrom om na die vuurwerkvertoning te kyk.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

‘Groter eenheid binne ANC’

Ná ‘n 100 jaar se bestaan is daar ‘n groter eenheid binne die ANC en die party sien uit na die nuwe jaar, het partyleiers in Noordwes Maandag gesê.

“Ons roep die eeufeesjaar van die ANC vaarwel, sonder enige twyfel dat ons beweging oor groter eenheid, meer krag en kohesie beskik,” het Kenny Morolong, ‘n woordvoerder, gesê.

Een van die provinsie se groot prestasies was die verkiesing van vyf van sy lede in die regerende party se nasionale uitvoerende komitee gedurende die verkiesingskongres in Mangaung.

“Hierdie verteenwoordiging is ongeëwenaar. Ons is trots daarop dat diegene wat gekies is, die ANC op alle vlakke gedien het…”

Morolong het gesê die party is ook beïndruk deur die Marikana-kommissie se ondersoek na die dood van 44 mense by ‘n Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes.

Die party het oudpres. Nelson Mandela ook ‘n spoedige herstel toegewens by sy huis in Houghton, Johannesburg, ná hy vroeër in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem is.

topcargo отзывы сотрудников

Duitse tydskrif kondig Bush se afsterwe aan

Die gerspekteerde Duitse weeklikse nuustydskrif Der Spiegel het per ongeluk ‘n doodsberig van oudpres. George H.W. Bush gepubliseer.

Die onvoltooide berig het Sondag vir enkele minute op die publikasie se webtuiste verskyn voordat dit verwyder is.

Die tydskrif se New York-korrespondent, Marc Pitzke, het die oudpresident as ‘n “kleurlose politikus” beskryf, wie se beeld slegs verbeter het toe dit later met sy seun, George W. Bush, se presidensie vergelyk is.

Bush sr. (88) is op 23 November vir ‘n brongitisverwante hoes in die hospitaal opgeneem. Hy is ‘n maand later na die intensiewesorgeenheid geskuif nadat hy koorsig geraak het.

‘n Familiewoordvoerder sê die oudpresident is die naweek na ‘n gewone hospitaalkamer geskuif nadat sy toestand verbeter het.

Фильчаков прокуратура харьков

Verkeersboetes? Watwou!

Slegs ‘n klein aantal Suid-Afrikaners betaal hulle verkeersboetes, luidens berigte Sondag.

Die jaarlikse verslag van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het getoon dat motoriste R1,6 miljard skuld in uitstaande verkeersboetes wat in die Tshwane en Johannesburgse munisipaliteite uitgereik is, het City Press berig.

Volgens die verslag het motoriste in Tshwane en Johannesburg tussen April 2011 en Maart 2012 R980 miljoen se boetes ontvang, maar slegs R86 miljoen se boetes (nege persent van die totale waarde) is betaal.

Tshwane en Johannesburg is die enigste metro munisipaliteite wat deelgeneem het aan die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersoortredings (Aarto) se proeffase.

Uit die 1,8 miljoen boetes wat in die afgelope finansiële jaar in die Johannesburg en Tshwane munisipaliteite uitgereik is, is slegs 251 125 (14%) betaal.

лобановский александр отзывы