Herrie se kerrie: Sokkerkoors

Sokkerkoors het die land beet. Nie almal kry die koors om dieselfde rede nie. Terwyl sommiges euforitis onder lede het, met die vernaamste kenmerk ‘n onbeteulbare lus om fufuzelas ongeag die plek of tyd te blaas, het buurman dalk gatvolitis onder lede en voel hy om buurman se f%&kenzêla by ‘n deel van die anatomie in te druk.

‘n Klomp mense het skynbaar ook dollaritis onder lede. Dié pasiënte het drome en hallusinasies oor groot geld, met die vernaamste simptoom om hulself met prysbelading in die voet te skiet.

Nog ‘n klomp het apiesitis onder lede. Dis nou soos daai apies wat hul oë en ore toedruk en van niks weet nie. Hulle wil nie hoor van die slaggate in die paaie nie, hulle wil nie hoor van geweldsmisdaad nie, hulle wil nie weet van vervalste kaartjies in omloop wat tot teleurstelling of woede by hekke gaan lei as die kaartjie “hop” nie. Hulle wil nie van Julius Malema se sangtalent weet nie. Hierdie siekte is die gevaarlikste, want dit kan ander mense ‘n vals gerustheid verskaf.

Dan is daar die kennerisitis-weergawe. Dit is nou die mense, onder andere joernaliste, wat steeds niks van sokker weet nie maar van die Konfederasiebeker af hul lywe kenners hou. Hul vernaamste simptoom is dat hulle op sterkte van die Bafana se vertoning in daardie toernooi meen die Bafana het ‘n sterk kans. So min weet hulle dat hulle nie opgelet het van die besoekende spanne het bitter teen hul sin kom deelneem en dat hul grootste inspanning was om beserings te probeer voorkom nie.

Nee, die wêreldbeker is ‘n heel ander “ball game.” Nee, nie oor die ander bal, die Jabulani met sy nuk om ‘n eie wil te hê nie, maar omdat die spelers wat nou kom strate beter gaan speel. Gelukkig, skynbaar ook, die Bafana.

Maar vir ‘n groot deel van die bevolking is sokker dié sport.

As Fifa so oor die speeloppervlaktes van die wêreldbeker-sokkerstadions fief, sal hulle stellig hartaanvalle kry as hulle die “sokkervelde” sien waarop baie van die land se mense verwoede wedstryde speel. Of dit nou twee plaasskole is wat mekaar die stryd aansê, of die werkers van twee plase. In Qwaqwa is ‘n veld of twee waar dit ‘n ramp is as die bal aan een kant van die veld uit is, want dit is ver na doer onder in die vallei om die bal weer te gaan haal. En nog verder as die stroompie onder in die vallei loop.

By geleentheid jare gelede het Komops ‘n spannetjie by Gariepdam leer rugby speel – op die span se gereelde sokkerveld. Die kannetjies het mekaar met mening platgeduik, maar as die stof gaan lê en die gevolge van so ‘n duikslag gesien word, is daar gewoonlik ‘n lelike besering of twee. Dis klipharde gruis.

Maak nie saak hoe klein nie, in ‘n sokkermal-omgewing sal selfs die jongste hul helde se toorwerk met die voete en bal probeer naboots, soms met verbluffende vernuf. Bykans enigiets is ook geskik om as sokkerbal te dien, of dit nou ‘n tennisbal met ‘n gat in is, of ‘n vlugbal wat by die skool voete gekry het. Omtrent net krieketballe deug nie, want straatsokker word gewoonlik kaalvoet gespeel as mens jonk is, of met verslete skoeisel as mens ouer is.

Oor ‘n paar weke skop ‘n ander soort sokkerkoors in, naamlik werklikheidsitis. Dit het baie ooreenkomste met babelas.

Die belangrikste is egter dat dit aan onse mense die geleentheid bied om die beste sokkervoetjie voor te sit, want dit is die beeld wat die besoekers terug buiteland toe gaan neem. Dan gaan ‘n gemeenskap se lojaliteit nie gemeet word aan hoe groot sy sokkereuforie was nie, maar hoe skoon sy woongebied, hoeveel mense Sondae opruk kerk toe, hoe veilig so ‘n omgewing is…

Smeer aan en kom! Wat Herrie betref, net sonder die f*&kenzêlas.

брекеты детскиелобановский александр игоревич харьков

Schubartpark ‘byna totaal vernietig’

Schubartparkfasade

Rommel aan buitekant

Skade aan Schubartparkgebou

Ingang

Teenwigte van hysbakke

Trappe sonder relings

Binnemure van Schubartpark

Koperdief

Die moderne Schubartparkgebou in Pretoria, wat aanvanklik as maatskaplike behuising vir minder gegoede Afrikaners in dié stad opgerig is, is ná “transformasie” slegs ‘n leë, gevaarlike dop. Alle toerusting en metaal soos koper, aliminium en staal is vanuit die gebou gestroop en die twee hysbakke hang letterlik aan ‘n paar drade, gereed om op iemand se kop te val.

Die gestroopte gebou word steeds deur swartes bewoon wat in plastieksakke ontlas en agterna die sakke by die gebou uitsmyt sodat die hele gebied volgens ‘n brandweerverslag “onhoudbaar na menslike uitskeiding ruik”.

Soos op die meegaande foto’s gesien kan word, lyk blok D van Schubartpark asof dit ‘n oorlog deurgemaak het nadat die swart inwoners en stropers daarmee klaar is.

Schubartpark was reeds in die nuus vanweë die swak bestuur deur die ANC-metroraad van sogenaamde “Tshwane” en die gevolglike onluste wat daar onder die gebou se swart inwoners uitgebreek het.

Aan die begin van die jaar is ‘n anti-misdaadoperasie in Schubartpark uitgevoer met die fokus op dwelmbendes, onwettige wapens en ander kwessies wat deur die SAPD geïdentifiseer is. Blokke A, B en C, wat steeds bewoon word, is deursoek, maar ook die ontruimde blok D.

Tydens die misdaadondersoek is gevind dat ‘n brand op die agtste vloer van blok D gewoed het, wat agterna deur brandweermanne geblus is. Nadat die brand geblus is, is daar gevoel dat die vloere boontoe heeltemal te onveilig vir die brandweermanne was en is verdere ondersoek na die toestand van die gebou uitgestel.

Op 14 Mei 2010 het die brandweer egter weereens blok D van Schubartpark besoek en vertel die foto’s die verhaal van ‘n eens trotse baken in die Pretoriase middestad wat ‘n bietjie “regstellende aksie” beleef het.

Volgens die brandweersverslag gaan die gebou onder die volgende probleme gebuk:

  • Alle brandbestrydingstoerusting, waaronder ook waterpype vanaf die grondvloer tot tenks in die dak, is verwyder.
  • Stropers het reeds die meeste metaal vanuit die gebou verwyder. Volgens die brandweerverslag is daar egter steeds ‘n “beperkte hoeveelheid staal en metaal oor wat van die fasade van die gebou verwyder kan word”. Stropers is reeds besig om dié metaal te takel en die vrees bestaan dat stukke of voorwerpe van die gebou kan afval en voetgangers of motoriste kan beseer, wat die stadsraad agterna miljoene rande aan eise kan kos.
  • Die staalvoering van die ventilasieskagte, wat binne baksteenomhulsels was, is verwyder, met gate van 2 vierkante meter op ten minste tien van die vloere. Dit beteken mense kan daardeur val en gedood of ernstig beseer word.
  • Baksteenmure en -afskortings is afgebreek en die rommel lê oral in die gebou verstrooi. Nie net verswak dit die struktuur van die gebou nie, maar die gewig in hope op vloere kan ook strukturele probleme in so ‘n hoë gebou veroorsaak.
  • Die hysbakmotors, hystoerusting en staalkabels is gesteel en die hysbakke hang nou op die twintigste vloer van waar hulle te enige oomblik na benede kan stort. Omdat alle hysbakdeur ook afgesteel is, is die hysbakskagte op elke vloer oop met gepaardgaande veiligheidsrisiko’s.
  • Die relings op albei noodtrappe is gesteel en sou dus geen beskerming bied aan brandweermanne wat ‘n brand moes kom blus nie.
  • Trappe is deur stropers beskadig toe die hysbakmotor en -toerusting deur hulle na onder gesleep is.
  • Alle deure, staal en aluminiumvensters is verwyder.
  • Omdat daar geen water in die gebou is nie – die pype en watertenks is immers gesteel – ontlas die oorblywende inwoners in plastieksakke en smyt agterna die sakke by die vensteropeninge uit.
  • Inwoners berei voedsel voor deur vuur op die vloere te maak.

Volgens die brandweerverslag “verteenwoordig die hele struktuur ‘n teelaarde vir siektes, aangesien die stank van menslike uitskeiding onhoudbaar is”.

Van die straatbewoners slaap snags in die gebou in ‘n poging om meer veilig te wees en verlaat weer die gebou met dagbreek.

Blykbaar kan die stank van die gebou van die straat af geruik word.

free deposit casino ukлобановский александр отзывы

Die slimste dier?

Elke wildboer sal seker sy eie mening hê oor watter dier op sy wildplaas die slimste is.

Nie skelmste nie, soos die slag wat daar in Donald Murraylaan in Bloemfontein jare gelede by ‘n huis begin hoenders wegraak het. Elke aand een.

Destyds was Donald Murraylaan wel nog half op Bloemfontein se rand, maar die jakkalsspore by die misdaadtoneel lyk darem ewe waarskynlik afkomstig van die nabygeleë dieretuin as uit die veld afkomstig te wees.

Maar by die dieretuin makeer g’n jakkals nie.

Maar toe kom die mense agter die kap van die byl. Ta lê bedags sy siel en uitslaap, en snags haak hy sy pootjies in die ogiesdraad en klim oor sy kampdraad.

By sy “restourant” doen hy dieselfde, en “bestel” sy wegneemete a la carte.

Nee, seg neef Ferdie, en sy vroulief en kleinman beaam… die slimste dierasie waarmee hulle nog te make gehad het, is seekoeie.

Die storie van die baba-seekoei wat by Malelaan so tuis geraak het dat sy die deure self leer oopmaak en die beddens in die huis in hul maaie in gaan lê het is dus nie vir hulle eintlik iets om oor huis toe te skryf nie.

“Nee, kyk,” vertel Ferdie, “presies hoe slim die dierasies is ontdek ek toe ek ‘n troppie moes vang en wegry.”

“Ek maak toe ‘n vangkamp ‘n entjie van die rivier af, en gaan gooi lekker lusern in die kamp. Maar watwou.

“Net een bul word afgevaardig om te gaan ondersoek instel, en met die terugkeer water toe dra hy vir die ander van die lusern saam.

“So gaan dit ‘n paar dae, en toe begin daar darem nog ‘n paar saamkom. En hulle dra vir die res die voer aan.

“Naderhand begin van die koeie saamkom, maar die kalfies bly agter in die water.

“En mens kan hulle nie pyl nie. Pyl hulle en hulle hardloop reguit water toe en gaan versuip. En haal hulle nie die water nie, vrek hulle sommer.”

“Dus is dit maar geduld.

“Na drie maande meen die spulletjie egter dis veilig en versit die hele spannetjie, kalfies inkluis, na die kamp om te gaan voer haal. Maar toe hulle binne is, word die hek toegemaak.

“En toe is daai seekoeie vir jou kwaad! Ek moet toe draf om hulle met ‘n kalmeerding te pyl, want hulle storm daai stawe waarmee die kamp opgerig is, en byt dat mens net sien en hoor tande breek.

“Verskriklik die m*&r in dat ‘n simpel mens hulle nou so kon uitvang!”

Volgende keer word ander plan gemaak.

Die lotjie was in ‘n dam, en kon maklik met die “prodder” bygekom word. Maar die dierasies is dikvellig, en draai net die agterkant weg. Versit versit hulle nie.

Neef Ferdie lei ‘n negatiewe draad die water in, en druk die positiewe draad naby die naaste seekoei in.

“Dis net ‘n blou vlam, maar dadelik is daar ‘n houdingsverandering by daai seekoeie. Dis so asof hulle laat weet: Jy wen, ons sal saamwerk.”

En sowaar, die eerste renoster draf na die sleepwaentjie, en klim in, en word weggery.

Na ‘n ruk kom die trok met die leë sleepwaentjie terug, en die tweede seekoei draf, en gaan klim in.

“En so gaan dit met die hele lot.”

Daai waentjie is ook nie sommer so ‘n waentjie nie. Dis ook die waentjie wat gebruik word om diep duttende renosters in hul nuwe tuistes te gaan aflaai.

“Kyk, as jy by die plek kom, vat jy jou trok eers ver weg. Dan maak jy daai waentjie oop, en sorg dat jy self maar skaars is in die onmiddellike omgewing. Want as daai neushoring waker word en van daai waentjie afklim is hy m*&rig. Hy soek ‘n sondebok, en al wat hy kan kry is daai waentjie. Daar is nie ‘n band of flikkerlig heel, of ‘n vierkante sentimeter nie geduik nie voor die renoster se bui gesak het.”

расширительный бачок на отоплениеФильчаков прокуратура харьков

Kerkhervorming met eeu uitgestel

Presies 600 jaar gelede, in 1410 vind iets plaas wat die opkoms van Protestantisme met ongeveer ‘n eeu vertraag. Dié jaar misluk die appèl van die Boheemse kerkleier, Johannes Hus, teen ‘n pouslike bul dat alle werke van die Engelsman, John Wycliff, verbied en verbrand moes word.

Hierdeur is kerklike hervorming binne die kerk in effek nek omgedraai.

Maar presies hoe dit gekom het dat Wycliff in Boheme (vandag se Tsjeggië) aanhang sou vind, is ‘n interessante staaltjie op sy eie.

In 1382 het Anne, die suster van die Boheemse koning, met Richard II van Engeland in die huwelik getree. Anne het gou onder die invloed van Wycliff gestaan, en so die weg gebaan dat dié idees in Boheme neerslag vind. Spoedig was twee van Wycliff se ondersteuners in Boheme, en het hulle aktief die hervormingsaak gedien.

Hulle is mettertyd die swye opgelê, maar het subtiel voortgegaan. ‘n Uitbeelding van Jesus op ‘n donkie, teenoor die pous is swier, het veral hard gespreek oor hoe die kerk ontaard het.

Pous Johannes XXIII het ‘n “kruistog” teen die koning van Napels uitgevaardig, en aflaatbriewe verkoop om die veldtog te finansier. Dit, en opvattings soos dat Jesus en nie die pous nie, aan die hoof van die kerk staan, het Wycliff en Hus, wat intussen Wycliff se werke in Tsjeggies vertaal het, teen die bors gestuit.

Pous Johannes, op sy beurt, was ‘n omstrede en gure karakter, en baie glo dat hy voorheen ‘n seerower was.

Hierdie beroeringe het gevolg op ‘n eeu van ‘n deurmekaarspul in die Roomse kerk. Met Johannes se ampsaanvaarding as pous, was hy byvoorbeeld een van drie pouse wat niks met mekaar te make wou hê nie.

Hierdie verwarring het gevolg na die Duitse keiser finaal sy mag verloor het, en die Franse koning die sterkste Europese leier geword het. In 1302 het Filips IV (die skone) pous Bonifacius VIII gevange laat neem. Fransgesinde pouse het gevolg en hul setel van Rome na Avignon in Frankryk verskuif. In 1377 het pous Gregorius XI na Rome teruggekeer. ‘n Jaar later sterf hy, en die Franse kardinale weier om sy opvolger, Urbanus VI te erken. Die kardinale wys toe hul eie pous, Clemens VII aan en hy neem weer sy intrek in Avignon. Hierna sou twee pouse die septer swaai, elk met ‘n aantal lande wat hulle volg.

In 1409 word ‘n konsilie te Pisa gehou om die toedrag van sake op te ruim, maar beide dienende pouse weier om die konsilie te erken, en word afgedank. Hulle wys toe ‘n nuwe pous aan, die eerbiedwaardige Alexander V. Omdat die afgedankte pouse weier om van hul ampte af te sien, neem Alexander sy intrek in Bologna.

Drie pouse is toe in die stoel.

Alexander sterf egter gou, en word deur die woeste Johannes opgevolg.

In 1414 word ‘n nuwe konsilie by Konstanz byeengeroep. Johannes was egter die enigste van die drie pouse wat die uitnodiging aanvaar het om die konsilie by te woon.

Hus, wat deur die pous onder die banvloek geplaas is, het ‘n uitnodiging gekry om by dié konsilie appèl aan te teken, en is selfs vrygeleide uit Boheme, waar hy weens sy gewildheid buite die bereik van sy vyande was, gekry.

By Konstanz is hy egter nie die geleentheid vir sy appèl gebied nie, en as ketter verhoor. Hy is ‘n maand lank wreed gefolter, maar toe hy steeds wier om van sy standpunte af te sien, sterf hy op die brandstapel. Die as van sy liggaam asook die grond waarop dit geval het, is in die Rhyn gegooi.

Wycliff self, wat die hervormingspoging gelei het, het aan natuurlike oorsake gesterf. Hy het aanvanklik selfs die steun van die Engelse regering gehad toe Urbanus skatpligtigheid van die Engelse koning geëis het, en Urbanus moes die aftog teen dié rugstyfmakery dra.

Pous Johannes XXIII, die gewese vermeende seerower, was egter hardvogtiger.

Tydens die konsiliasie Konstanz was Wycliff, wat in 1384 gesterf het, drie dekades lank reeds begrawe. Nogtans is die banvloek oor hom uitgespreek en gelas dat sy lyk opgegrawe en verbrand moes word. Dit is in 1428 gedoen, en sy as is in die Swiftrivier gegooi.

As gekyk word na die standpunte van Wycliff (wat ook terloops aan die spits gestaan het om die Bybel in Engels te vertaal, die sg Wycliff-Bybel), en Hus soos opgesom deur Deon Snyman, kan die spore van Luther se latere standpunte duidelik gesien word.

v Die kerk bestaan uit die gemeenskap van alle gelowiges (en nie net die pous en die biskoppe nie).

v Christus (en nie die pous nie) is die hoof van die kerk.

v Die skrif is gesaghebbend vir die kerk en die preek vorm die belangrikste element van die erediens.

v Gehoorsaamheid aan Christus (en nie die pous nie) lei tot redding.

v Slegs God kan sondes vergewe (nie geld of aflaatbriewe kan vergiffenis bewerkstellig nie).

v Geen pous of biskop het die reg om in die naam van die kerk die swaard op te neem nie (die Bybel leer dat Christene vir hulle vyande moet bid en dat hulle hul vyande moet seën).

v Christene moet hulle daarvan weerhou om beelde te aanbid, in vals wonderwerke te glo of om bygelowige pelgrimstogte te onderneem.

v Die kerk moet beide tekens van die sakrament van die nagmaal aan gelowiges bedien (nie net die brood nie).

v Kerklui beskik slegs oor geestelike gesag.

v Alle mense moet toegelaat word om die Bybel in hulle eie moedertaal te lees.

светильник купитьОлександр Фільчаков прокурор

Turkye se aanval op Israel

Die hele fiasko rondom die Israeli aanval op die sogenaamde “humanitêre hulpverleningsflottielje” van Turkye na Gaza verdien nadere ondersoek. Israel het etlike dae voordat hierdie insident plaasgevind het die Turkse owerhede gewaarsku om nie voort te gaan met hulle planne om direk na Gaza te vaar nie.

Dis egter duidelik dat die konvooi meer met Turkye te doen het as wat dit met hulpverlening aan die Palistyne te doen het. Israel was wel bereid om die voorraad deur hulle eie hawens te aanvaar, te ondersoek en dan deur hulle grense na Gaza te vervoer vir die Palistyne. Hiermee kan nie fout gevind word nie want die Moslemse Hamas terroristebeweging hou ‘n daadwerklike gevaar vir Israel en sy bevolking in. dit is bekend dat Hamas wapens van “onskuldige” kommoditeite soos seeppoeier gebruik om plofstof te gebruik. Die beleg waarteen die wêreld so ‘n ophef maak is reeds ingestel omdat die Moslems nie vertrou kan word nie.

Dit is vir Turkye baie belangrik om homself te vestig as ‘n mag in die Moslemwêreld aangesien hulle al ‘n geruime tyd beskuldig word dat hulle “sagkens” met Israel omgaan. Turkye is inderdaad een van die min Moslem lande waar Israelis welkom is om sake te doen en vakansie hou. Turkye wou dus vir die geharde Moslemlande wys dat hy deel van die “senior klub” is.

Hierdie ekspedisie is geborg en gereël deur Turkye met die uitsluitlike doel om Israel te tart en uit te lok om op te tree en dan sodoende te verseker dat Israel deur die hele wêreld te veroordeel kan word. Die organiseerders het vooraf geweet hoe Israel sou reageer en daarom is hierdie bose plan gesmee en uitgevoer. Hulle het duidelik daarop gewag en was ook daarop voorberei. Daarom was daar ook ‘n kameraspan en verslaggewers van Aljazeera op die grootste skip wat ook die konvooi gelei het om oor die gebeurliklikhede te berig. Aljazeera is ‘n Moslem Arabiese televisie kanaal wat geen ooghare vir Israel het nie.

Dit is so dat daar wel gematigdes van oral aan boord van die skepe met die Turkse vlae was. Maar, daar was ook geharde Islamitiese ekstremiste aan boord gewees. Dit is ‘n kenmerk van die Moslem “dapper vegters”. Hulle doen gereeld hulle aanvalle op Israel terwyl hulle omring word deur vroue en kinders en in sommige gevalle, ook moskees. Hierdie wat ook geen uitsondering nie.

‘n Paar interessante dinge het gebeur tydens die besetting van die skepe wat die feit bevestig dat hulle voorbereid was op die soldate van die Israelse weermag.

Lesers moet onthou dat soldate wat met toue vanuit helikopters op ‘n boot gelaat word baie kwesbaar is. Terwyl die Israelse soldate afsak na die skepe vanuit helikopters (“absailing”) hou hulle nie werklik ‘n bedreiging in nie. Hulle was in elk geval slegs met verfbal gewere en pistole gewapen. Hulle doel was slegs om beheer oor die skepe uitoefen en om te keer dat hulle na Gaza vaar.

Die sogenaamde “vredesaktiviste” was duidelik nie baie vreedsaam nie! Hulle het die soldate ingewag en aangeval voordat hulle op die skeepsdek geland het. Die Israeli’s is met ysterstawe, knuppels en kettings aangeval. Op ‘n CNN videogreep kan duidelik gesien word dat daar ook skokgranate na een van die aanvalsbote van die Israeli’s gevuur is. Die groep aan boord van die Turkse boot was daarop uit om hulle te verset. Van die Israel’s is ook met hulle eie wapens geskiet, maar gelukkig is nie een dood nie.

Indien dit die beplanners in Ankara se doelwit was om slegs humanitêre hulp aan die Palistyne te verleen, sou hierdie ongelukkige voorval nie gebeur het nie. Maar dit was ‘n goed beplande publisiteitsfoefie met die doel om Turkye se posisie te versterk in die Moslemwêreld en terselfdertyd om Israel te diskrediteer. Die hulpverlening aan die Palistyne was bloot toevallig. Die Moslems gee nie regtig om om menselewens te offer nie solank as wat hulle hul doel kan bereik. Dit is die uitwissing van die land Israel.

.

ремонт компрессоров воздушныхтопкарго отзыв

Herrie se Kerrie: Winteradvies

Dit is weer winter. Veral in die Oos-Vrystaat waar dit nie veel help om twee safariepakke oor mekaar aan te trek as ‘n man in die nag gaan springhase jag nie. Trouens, Herrie kon nog nooit dik genoeg aangetrek kry om in die winter te gaan springhaas jag nie. Nie eens die keer toe Herrie so dik aangetrek het dat, toe hy oor ‘n kontoerwal gaan foeter het, hy soos ‘n rubberbal bly hop het nie.

Winter in die Vrystaat en Sidderland beteken ook dat ‘n mens snags plan moet maak met die waterpype.

Herrie het ook, na skade, vir die pyp bokant die kombuis wat gereeld begin groet het, ‘n spesiale geïnsuleerde baadjie wat deesdae te koop is, aangetrek. Maar wat, kort hierna was daai pyp weer tot hoe laat toegevries.

Dus is dit maar weer al die soort planne, soos om saans net voor inkruip die warm water ‘n slag te laat deurloop, en dan die kraan effe te laat drup.

Word ‘n man snags om die een of ander rede wakker (soos Pumba wat ‘n kat iewers hoor kattemaai het en verwoed aan blaffe gaan), gaan draai weer die warm kraan oop, en laat dit weer drup.

En vroeg die oggend moet die eerste een op maar weer die kraan laat loop.

Dis die teorie.

Die praktyk behels om almal in die huis se samewerking te kry. Dit help nie om die heel somer vir die huismense te preek om die krane behoorlik toe te draai, en dan in die winter onaangekondig self ‘n kraan te laat drup nie.

Herrie was met die eerste koue houtpopgerus die kraan drup. Die volgende oggend het iemand daai kraan iewers deur die nag mooi styf toegedraai gehad.

Een van Groot Herrie se landboudosente is juis onpopulêr in sy huis. Plaaskind gewees, en as hy ‘n kraan toegedraai het, kry niemand in die huis dit weer oop nie. En dan het hy nie eens probeer snaaks wees nie. Deesdae moet ‘n man juis versigtig wees. Met die kwaliteit bouwerk wat mens deesdae beleef, is dit nie snaaks om as ‘n man ‘n kraan wat vassit, losdraai die wasbak en pyp uit die muur te draai nie. Dan het daai *&^% pyp gewoonlik ook binne of teenaan die muur afgebreek.

Herrie het self ‘n loodgieterkursus agter die blad, maar daar het hulle die studente nie geleer waarom die toegevriesde pyp gewoonlik Sondae bars as ‘n mens in die kerk is nie. Deesdae is dit minder van ‘n krisis, want ‘n man kan Sondae by allerhande plekke pype en laste gekoop kry. Maar vroeër dae was dit ‘n krisis as ‘n mens nie “spaaronderdele” tuis gehad het nie. Of die gereedskap voete gekry het. Met kinders in die huis is gereedskap mos nooit gereed nie, dis wegskap.

En as jou pyp gebars het, kan jy maar weet daar is baie ander in dieselfde bootjie en vat dit tyd vir die loodgieters om by jou uit te kom. G’n wonder nie, toe ‘n dokter een nag laat die loodgieter bel en sê hy het ‘n krisis met ‘n gebarste pyp, die loodgieter vir die dokter sê: “Gee hom twee disprins en hou hom stil. As hy môre nog probleme lewer, bel my weer.”

оборудованиеданильченко юрій броніславович

Herrie se kerrie: Drinkwater

Onlangs lees Herrie In Vrystaat oor die toestand van drinkwater in die provinsie, en ook in Bethlehem en veral omstreke.

Ja, water is net nie meer water nie. Jare lank al bring oupa Nic en ouma Engela hul eie water van Bethlehem, van Erfenis af saam as hulle vir die Herries in Bloemfontein kom kuier.

Van die Engelse loop bodder het met Bloemfontein se fontein, en die ysterklipplaat gebreek het, is die eens sterk fontein nou net ‘n syferwatertjie. Nou drink Bloemfonteiners gesuiwerde rivierwater vol chloor en fluoor en soms e-coli.

Dus bring oupa en ouma hul eie fonteinwater uit hul eie berg saam.

Intussen het die regering daai water ook tot nasionale bate verklaar en so eintlik maar genasionaliseer. En noudat dit die goewerment se water is, is dit ook al vir Herrie of daai watertjie nie meer so lekker vervrissend proes soos eers nie.

Nee wag, nou praat Herrie bietjie twak. Dis baie lekker water daai. Steeds.

Niks kom darem by yskoue fonteinwater as ‘n man op ‘n staptog in die berge is, en dis aan die warm kant nie. Kom mens by so ‘n fonteinstroompie of watervalletjie, is dit darem maar die lekkerste lekkerte van ‘n verkwikking. En altyd yskoud, wat lekker is as mens dit drink, maar lol as mens saans daai sele watertjie moet gebruik om te was. Soos daai rotsgleuf in die berge in die Oos-Kaap wat die stappers as “storthok” gebruik. “Het dit darem ‘n deur?” wil ‘n tante by ‘n stapper weet.

“Nee,” verduidelik hy, “dit het net koue water. Jy hoor al van ver af die gille as daar iemand in die stort is.”

Maar, so het Herrie geleer, as mens regtig warm en dors is, deug enige water vir drink. Soos jare der jare gelede toe Herrie en ‘n maat met die fietse van Stellenbosch na Yzerfontein gery het. Van Darling tot die see was dit grondpad met sulke diep sandstroke. En dit was bloedig warm.

Sommer gou was die waterkanne dolleeg, en toe is dit uitkyk-ry vir enigiets wat water bevat. Gewoonlik veesuipings vol parravissies en muskietlarwes en parraslyk. Maar as mens toe-oë drink, was dit steeds die ene lafenis.

Wat Herrie laat dink aan die slag doer op die grens, toe  die generaal-majoor van die Medics ‘n tydelike basis besoek. Hy verneem toe by die troepe hoe hulle hul water drinkbaar kry.

“Generaal sien,” verduidelik die korporaal, “ons gaan skep die water by die rivier. Dan gooi ons dit deur ‘n sif, en dan deur ‘n doek. Dan kook ons dit sewe minute lank, en as dit afgekoel het gooi ons ‘n watersuiweringstablet in. En net om doodseker te maak, drink ons bier.”

штукатурка внутренних стенtopcargo развод