praag.co.za

Category: Johann Wingard

  • Dubul’ ibhunu-saak – ‘n anti-klimaks?

    Kykers wat die hofsaak oor haatspraak teen Malema gevolg het, het die afloop seker as ‘n anti-klimaks ervaar.

    Watter lesse is daaruit te leer en watter voordeel kan Afrikaners daaruit put?

    Ek stem heelhartig daarmee saam dat Afrikaners vir die eerste keer sedert 1994 weer ‘n bedingingsposissie verkry het. Daardie posisie is ‘n gulde geleentheid wat nou ten beste benut kan word.

    Rapport se “Broedertwis” as hoofnuus het daardie posisie nog verder verewig. Afriforum is as redelik en gematigd voorgestel, terwyl TLU as onverbiddelik bestempel word. Onthou u nog die “good cop bad cop”-tegniek wat gebruik word om die beste moontlike voordeel tydens ondervraging te verkry?

    Daardeur word ‘n vertrouensverhouding tussen die gawe ou en die ondervraagde mettertyd gevorm, want die kwaai ou gaan geen genade betoon nie.

    Malema en kie. sal veel liewer met Afriforum wil onderhandel, want hulle word as ‘n redelike party beskou, in vergelyking met die TLU, wat Malema so genadeloos tydens die ondervraging uitgeryg het.

    Afriforum/Solidariteit wil klaarblyklik die geleentheid gebruik om Afrikaners en die ANC weer na die onderhandelingstafel te bring, nie net om die haatspraakkwessie te besweer nie, maar ook om op ‘n veel wyer front wal te gooi teen die verslegtende posisie van die Afrikaners in die nuwe Suid- Afrika.

    Logies kan dit deur nog hofsake opgevolg word soos byvoorbeeld ‘n klasaksie teen regstellende aksie voor die grondwetlike hof, of in Den Haag.

    Insgelyks kan die voorgestelde landbouwetgewing deur die TLU internasionaal betwis word en landbou-uitvoere deur Suid-Afrika kan deur die vernaamste lande vebied word. Enige landbouwet wat uitsluitlik op ‘n rassegrondslag berus, is strydig met die internasionale gebruik. Dit is niks anders as etniese suiwering nie, watter mooiklinkende “demokratiese beginsels” of name ook al daaraan gekoppel word. Volgens ‘n onlangse Wêreldbankverslag is Afrika se talle burgeroorloë almal herleibaar na wedywering oor beheer van natuurlike hulpbronne, soos grond, minerale, water, ens. Dit is presies waarmee die ANC hom wil bemoei, volgens Malema.

    Weereens sal ‘n regter kan vra waarom die partye dan nie wil onderhandel nie, aangesien dit nie die regbank se funksie is om die samelewing te orden nie.

    Op daardie stadium sal die ANC se mala fides aan die kaak gestel kan word. Die notules en transkripsies van sodanige onderhandelings kan as onteenseglike getuienis dien om te bewys dat die ANC, soos in Mugabe se geval, slegs sy eie kiesers se behoeftes wil bevredig ten koste van die minderhede. Laasgenoemde moet voedselsekerheid en intellektuele energie verskaf om as dryfvere vir die ekonomie te dien.

    Dan is daar die kwessie van die uiters belangrike internasionale dekking wat die hofsaak geniet. Sommige mense beweer dat die hofsaak ‘n fout was omdat dit gratis reklame vir Malema en die ANC gegee het. Hulle ignoreer egter ‘n veel belangriker punt, naamlik dat die internasionale gemeenskap die verslegtende toestand in Suid-Afrika fyn dophou. Die hofsaak het ‘n helder beeld van toekomstige ANC-beleid en denke ontbloot, wat die ANC aan die kaak stel. Die VN-afvaardiging wat die klag van menseslagting moet ondersoek is juis binnekort na die land op pad.

    Om liedere te verbied en selfs tronkstraf vir die sing of speel daarvan op te lê, is vry algemeen in die buiteland. So is daar byvoorbeeld die “Horst Wessel-lied’ waarvoor mens in Duitsland tronk toe kan gaan. Die punt is reeds vele male bevestig dat die kulturele waarde van strydliedere nie opgeweeg kan word teen burgerlike stabiliteit nie.

    Malema se retoriese uitsprake in hierdie hofsaak is dus uiters skadelik vir Suid-Afrika se beeld en is ‘n groot verleentheid vir die departement van buitelandse sake. Zuma sal haatspraak met sy talle buitelandse besoeke kwalik kan regverdig.

    Die hofsaak verteenwoordig ‘n ernstige verleentheid vir die land wat leiding in Afrika moet gee. Ek sal dus nie verbaas wees dat die opdrag vanuit die Presidensie gekom het om die hofsaak te staak en na onderhandeling oor te gaan nie. Onderhandeling, eerder as konfrontasie, is immers Suid-Afrika se buitelandse beleid. Waarom dan binnelands op konfrontasie afstuur?

    En daarmee is ek dit met beide die TLU en Afriforum eens dat hulle die enigste werklike wapen gebruik waaroor minderheidsvolke in Suid-Afrika beskik, naamlik onderhandeling wat parallel met die dwang van ‘n hofsaak oor ‘n veel wyer spektrum van onderwerpe gevoer word.

    Die “good cop bad cop”- tegniek werk gewoonlik baie goed.

    starОлександр Васильович Фільчаков

  • Skaliegasontginning sonder besoedeling?

    Sedert Shell sy belangstelling in ‘n skaliegas eksplorasieprogram in die Karoo bekendgemaak het, neem die omvang en venyn van die anti-skaliegas veldtog daagliks toe.

    Belangrike instansies neem onwrikbare posissies teen skaliegas in deur bloot die populêre groen pers na te praat. Die voorgestelde ontginningspraktyke word as onvermydelik gevaarlik en onaanvaarbaar bestempel.

    Aangesien ‘n spanningslyn altyd tussen omgewingsbewaring en ekonomiese ontwikkeling sal bestaan, is die uitdaging dus om omgewingskade met ekonomiese voordele te balanseer sodat aanvaarbare kompromieë gevind kan word.

    Dikwels word standpunt ingeneem sonder dat al die tegnologiese opsies ondersoek was. Sommige tegnologieë is dikwels meer aanvaarbaar, maar gewoonlik dan ook duurder om te gebruik. As voorbeeld, word die indruk gewek dat skaliegasontwikkeling noodwendig die ondergrondse waterbronne sal besoedel, a.g.v. die chemikalië wat saam met water in die diep gate gepomp word om die skaliegas vrygestel te kry. Daardie stelling is nie noodwendig die geval nie, en sonder die tegniese insig kan die ontwikkeling van ‘n waardevolle energiebron verwaarloos word.

    Dit is bekend dat die oliereus, Haliburton ‘n gevestigde belang het by ondergrondse hidrokraking in die soektog na skaliegas. Hidrokraking is die proses waardeur krake deur ‘n watermengsel in die skalielaminasies gemaak word sodat die gas in die skalie makliker vrygestel kan word. Haliburton produseer groot hoeveelhede chemikalië en hanteer die logistiek daarvan vir hidrokraking. Hulle sien dus uit na die grootskaalse gebruik van hul chemikalië. Dit is presies daardie chemikalië wat die potensiaal het om ondergrondse waterbronne te besoedel en sodoende die kontrei ongeskik te maak vir mens en dier.

    Maar daar bestaan ook ander nie-besoedelende tegnologië wat inderdaad die potensiaal bevat om die omgewing te help beskerm, terwyl die ondergrondse energiebronne getap kan word. Een so ‘n tegnologie is om vloeibare Koolstofdioksied (CO2) in plaas van water te gebruik. Die proses staan in Engels bekend as CO2 EGR (enhanced gas recovery) wat ons na CO2 VG (verhoogde gasherwinning) kan vertaal.

    CO2 is ‘n ‘n antropogeniese gas wat ondermeer vir aardverwarming verantwoordelik is. Byna 85% van die nuwe CO2 wat jaarliks in die atmosfeer vrygestel word kom van energieprosesse, soos ESKOM se kragstasies en SASOL se GTL aanlegte. Die aangewese weg is dus om van daardie CO2 te tap, te vervloei en vir skaliegas ontginning ondergronds aan te wend.

    CO2 is ‘n baie interessante gas. By kamertemperatuur en verhoogde druk vervloei dit maklik na ‘n deurskynende vloeistof, ietwat digter as water en met baie dieselfde viskositeit. Sou die temperatuur verminder word na minus 56.6°C, dan verander die vloeistof in droë ys.

    Die Noorweegse maatskappy, Yara International se aanleg by Porsgrunn, vervaardig 300,000 ton vloeibare CO2 per jaar. Spesiale treine, tenkwaens en selfs skepe vervoer die vervloeide gas orals oor Europa, hoofsaaklik vir die koelkdrank – en voedsel bedryf, maar toenemend ook vir CO2 VG in die Noordsee.

    In die VSA is reeds baie navorsing gedoen oor die ekonomiese haalbaarheid van ondergrondse berging van CO2. Die sinergie wat bestaan tussen CO2 onttrekking uit die besoedelende uitlaatgasse van steenkoolkragstasies en skaliegas eksplorasie is reeds uitgewys. Boonop sal miljoene rande se koolstofkrediete sodoende verkry kan word.

    Natuurlik sal daar logistieke uitdagings wees om die vervloeide gas vanaf die produksieaanlegte by kragstasies na die gastorings te vervoer, en ‘n kombinasie van spoortenkwaens, padtenkwaens en pypleidings kan daarvoor ingespan word.

    ‘n Verdere aspek is dat die Karoo se skalieformasies waarskynlik relatief homogeen is oor duisende vierkante kilometer. Ontwikkelingskoridors kan dus beplan word sodat die veld nie deur allerhande pypleidings, paaie en spoorlyne oortrek word nie, en dat daardie aktiwiteite tot die bestemde korridors beperk sal word. Horisontale boorgate soos visgrate van tot ses kilometer lank en 500 meter uitmekaar kan dan weerskante van die korridor die skaliegas in ‘n hoofpyplyding versamel en na die kragstasies of brandstofaanlegte neem.

    In plaas van om water met chemikalieë en sand te gebruik, kan vervloeide CO2 en sand vir die krakingsproses gebruik word. Dit is glo reeds suksesvol gedoen. So ‘n navorsingsprogram kan deur ‘n Suid-Afrikaanse Universiteit in samewerking met ‘n oliemaatskappy gedemonstreer word. ‘n Geïntegreerde ontwikkelingsprogram kan daarna opgestel word wat holisties na skaliegas ontginning en omgewingsbewaring sal kyk.

    Gepaste aansporingsmaatreëls kan ingestel word om CO2 onttrekkingsaanlegte by bestaande kragstasies as aantreklike investerings te bevorder en om CO2 tenke langs die logiese spoorlyne in te rig. Vanaf hierdie tenkplase kan die CO2 per pyplyn of per tenkwaens na die produksietorings geneem word om ondergronds geberg te word en om skaliegas sonder waterbesoedeling te produseer.
    Die staat se beleidsraamwerk is ‘n belangrike meganisme om die rigting en volhoubaarheid van ekonomiese ontwikkelings van hierdie aard te bepaal. Energiegroepe soos Sasol of Shell sal dus minder gesteld moet wees op die onttrekking van skaliegas op die kort termyn, en liewer ‘n holistiese benadering te volg wat op die lang termyn volhoubaar sal wees. Om so ‘n program uit te voer sal waarskynlik langer as ‘n dekade neem, maar die gas sal nie skielik verdwyn nie, en waarom die haas?

    ‘n Vryemark benadering beteken nie noodwendig ‘n laissez faire vestiging van besoedelende produksiestelsels nie. Inteendeel, die vrye mark moet gereguleer word om in harmonie met die plaaslike gemeenskap ‘n gesamentlike doel na te jaag, naamlik om die balans tussen ekonomiese ontwikkeling en omgewingsbewaring te vind en te handhaaf.

    Sodoende sal die huidige besoedelende praktyke soos vergiftigde mynwater en omgewingsbesoedeling van steenkoolmyne wat tans elders ervaar word, vermy kan word.

    Dit sal waarskynlik meer as vyftig jaar neem voordat voldoende alternatiewe hernubare energiebronne op ekonomiese skaal vir die mensdom beskikbaar sal wees. Tot dan is aardgas die aangewese energiebron, omdat dit baie minder CO2 vir dieselfde energie uitset produseer as steenkool, sonder die potensiaal van kernkragkatasttrofes soos tans in Japan ervaar word.

    Laastens, wanneer die skaliegasproduksie gestaak word, kan vervloeide CO2 ondergronds gepomp en vir ewig geberg word om die omgewing verder te beskerm.

    cluedo board game onlineФильчаков прокурор харьков

  • Die Karoo se skaliegas: vloek of seën?

    Die Karoo se skaliegas: vloek of seën?

    Skaliegas is die gonswoord in die energiebedryf op die oomblik. Dit het die vermoë om in baie lande se energiebehoeftes vir baie dekades te voorsien.

    Skaliegas-koors het die hele energiewêreld op hol sedert die grootskaalse ontginning daarvan in Texas en Pennsylvanië die afgelope vyf jaar. Duisende produksietorings het soos paddastoelle binne ‘n kwessie van vyf jaar verrys.

    Die koors het regoor die aardbol gespoel en Suid-Afrika se Karoovlaktes, deel van die groter geologiese stelsel wat vanaf Indië regoor die skeurvallei deur Afrika strek, het die stormloop nie ontsnap nie.

    Maar dit lyk asof ontginning daarvan nie sonder spannings gaan verloop nie. Volgens berigte het Dr. Johann Rupert die strydbyl opgeneem om Shell se eksplorasieprogram vir skaliegas in die Karoo te stuit. ‘n Interessante probleem het nou ontstaan: Moet ekonomiese ontwikkeling van ‘n arm streek ondergeskik gestel word aan die opinies of dreigemente van ‘n hoëprofiel persoon soos Dr. Rupert? Dit is ‘n klassieke geval waar emosionele en ekonomiese kragte teenoor mekaar opgestel word.

    Raai wie gaan die stryd verloor?

    Bewerings word gemaak dat die eksplorasiewerk skadelik sal wees vir die omgewing, veral skadelik vir die ondergrondse waterbronne, waarsonder enige ekonomiese aktiwiteit in die Karoo bykans onmoontlik sou wees. Die uitgetrekte vlaktes by Camdeboo, tuiste van eertydse dinosaurusse, word kansuis nou bedreig. Altesaam 200,000 vierkante kilometers, oftewel 15% van Suid-Afrika se oppervlakte, is reeds uitgewys vir eksplorasie.

    Die inwoners van die Karoo is briesend omdat hulle nie in die saak geken was nie. Maar onder nuwe Suid-Afrikaanse wetgewing besit bewoners die grond se oppervlak, maar word die minerale daaronder as ‘n nasionale bate beskou.

    Wat is nou die probleem met die eksplorasieprogram vir skaliegas en wat is skalie?

    Skalie is sedimentêre rotslae wat deur die kompaktering van kleipartikels meer as 400 miljoen jaar gelede ontstaan het. Die kleisediment bevat organiese stowwe in gelamineerde lagies wat maklik in dun lagies opbreek. Die metaangas word dan vasgevang tussen die lagies en deur frakturing vrygestel.

    Hidroliese frakturing (in Engels fracking), is ‘n tegniek wat sedert 1950 ontwikkel is om olie te ontgin. Water word teen ‘n baie hoë druk ondergronds ingepomp om die olie te verplaas en na bo te dwing.

    Noudat die tegniek van horisontale boorwerk voldoende ontwikkel het, word dit op groot skaal in Texas toegepas. Vertikale boorgate word opgevolg met verskeie horisontale boorgate wat tot ses kilometer onder die oppervlak lê. Die gas, wat in die porieë van die skalieformasie is, word dan vrygestel om boontoe te vloei.

    Om die vloeitempo te verhoog, word die skaliestruktuur rondom die horisontale gate op afgemete afstande met plofstof gekraak en deur ‘n mengsel van sand, water en chemikalië gevul om duisend skeurtjies te vorm waardeur die gas dan vryelik kan vloei. Die sandkorrels hou die nuwe skeurtjies tussen die lagies oop.

    Hidroliese frakturing kan slegs op ‘n baie groot skaal gedoen word en is dus baie duur. Vir slegs een boorgat word meer as 25 miljoen liter water en chemikalië benodig . Dis soveel water as Graaf Reinet munisipaliteit se totale waterverbruik oor drie dae. Dosyne gate word gewoonlik op een plek geboor.

    Dit word beweer dat Shell voorgestel het om seewater hiervoor per pypleiding aan te lê sodat beskikbare bronne nie geraak sal word nie. Dit is egter bekend dat seewater nie voldoende met die ander chemikalië reageer nie. Die bewering dat die toksiese chemikalië die ondergrondse waterbronne mag affekteer en dit ondrinkbaar maak. Dit is ‘n ernstige aanklag wat deeglike ondersoek verg.

    Die waterkwessie is dus voorlopig onopgelos. Dit is voor die handliggend dat water vanaf die Gariepdam en die Vanderkloofdam gebruik kan word. Sodanige pypleidings sal weliswaar duur wees, maar dit moet as ‘n basiese koste beskou word vir ontginning. Dit sal mos net goed wees vir die omliggende dele as ‘n persentasie daarvan aan boerdery en menslike gebruik afgestaan word om die ondergrondse water te vervang.

    Waarvoor word skaliegas gebruik?

    As ‘n energiebron bestaan daar twee moontlikhede, naamlik vir kragopwekking of vloeibare brandstof.

    Ek wil beweer dat Suid-Afrika se probleme rondom elektrisiteitsopwekking gou en goedkoop opgelos sal kan word met voldoende gasbronne om gasturbines aan te dryf. Gekombineerde siklusgasturbines het ‘n nuttigheidsgraad van 58% teenoor steenkoolsentrales met die helfte daarvan. Anders as steenkoolsentrales, gebruik turbines relatief min water. Die Karoo se skaliegas sal vir baie jare in daardie energiebehoefte kan voorsien.

    ‘n Reeks modulêre kragstasies kan oor die volgende twee of drie dekades baie gerieflik langs die twee Gariepdamme opgerig word. Skaliegas word per pypleiding na die damme gevoer en elektriese krag word direk aan die Eskomkragnetwerk gekoppel. Sulke kragstasies laat byna die helfte minder kweekhuisgasse vry as die steenkoolkragsasies, en dit het tyd geword waar steenkoolstasies aan die einde van Suid Afrika se energiebeplanning sal kom.

    Die opwindendste vooruitsig is vir onafhanklike kragprodusente, oftewel IPP’s, om die krag aan die netwerk te verskaf.,

    Die onderstaande kaart, verskaf deur Energy Africa, wys hoe strategies die Oranjerivier se damme geleë is.

    Die tweede opsie is om die gas in vloeibare brandstowwe om te skakel met Sasol se GTL-proses. Hievoor kan ‘n deel aan Mossgas (deesdae bekend as Petrosa) gelewer word om die kwynende gasreserwes in die see te vervang.

    Behalwe daardie vooruitsig, kan addisionele aanlegte wat van Sasol se GTL (gas to liquid) proses gebruik maak, opgerig word. Sulke nuwe aanlegte sal die land as geheel egter nie veel baat nie, tensy die naelstring met die oliebedryf geknip word. Tans word die prys van tuisgemaakte brandstof deur die buitelandse olieprys bepaal, ongeag die feit dat 40% van ons brandstofbehoefte plaaslik gesintetiseer word en absoluut niks met die prys van olie te make het nie. Dit is waar Sasol se superwinste vandaan kom; uit die motoris se sak.

    Vanweë die kolossale omvang van die gasreserwes sal die heersende beleidsraamwerk en gepaardgaande wetgewing hersien moet word om die ekonomiese voordeel van skaliegas te optimiseer. Sou die fokus op GTL-produksie val, moet minstens 20% van die produksie vir kragopwekking bestem word.

    Die staat sal die volgende vraag moet beantwoord: Wat moet voorkeur kry, elektrisiteitsvoorsiening, of vloeibare brandstofvoorsiening?

    Dit is baie soos die Mosambiekse regering met Sasol gedoen het. In daardie geval moet Sasol ‘n persentasie van die gasvloei as tantieme aan Maputo lewer vir herverkoop deur die staat aan die plaaslike gemeenskappe.

    Die vraag is egter of die hedendaagse regering die insig of vermoeë besit om te onderskei tussen die behoeftes van die land as geheel, of die winste van die oliemaatskappye wat een of ander BEE-vennootskappe aangegaan het.

    Of is dit ook maar net ‘n apartheidsdroom soos Mossgas, Sasol, Yskor, Foskor, ensovoorts?

    free signup bonus no deposit sports bettingпрокурор Фильчаков

  • ‘n Kersboodskap aan Afrikaners

    Ek deel graag my siening oor die Godheid met my mede- Afrikaners, sodat hulle ‘n religieuse inhoud aan vanjaar se Kersvierings kan gee.

    Dit het deesdae mode geword om prontuit te erken dat jy homoseksueel is, of dat jy nie aan God glo nie. In so ‘n mate dat ‘n waardeoordeel oor ‘n mens se intelligensie of volwassenheid daarvan afgelei word.

    Die anti-Godmense redeneer dikwels vanuit ‘n pseudo-wetenskaplike invalshoek dat daar eenvoudig nie ‘n God kan bestaan nie. Hul strikvraag, gebaseer op die begrip van heersende fisiese dimensionele begrippe, lui so:

    “Is jou God binne of buite die heelal?”

    Daardeur wil hulle beweer dat as Hy buite die heelal staan, al die wetenskaplike definisies en uitlegte van die heelal dus foutief is. Ja, selfs die naam “heelal”. As Hy binne die heelal bestaan, dan kon Hy nie die heelal geskape het nie.

    Dan word die begrip van ‘n Drie-enige God ook by die venster uitgegooi, dws, die Heilige Gees en Jesus van Nasaret ook.

    Maar hierdie simplistiese benadering oor ‘n God doen die mensdom ontsaglike skade en ondermyn die Westerse wêreld se waardestelsels, wat op die leerstellings van Jesus gebaseer is.

    Daar is genoeg bewyse dat Jesus wel geleef het. Ons vier sy geboortedag elke Kersfees. Daar hoef dus geen ander sogenaamde wetenskaplike bewyse vir sy bestaan en leerstellinge gesoek te word nie. Trouens, die ganse Westerse beskawing is in die Christendom gewortel.

    Stellings soos “…mense wat nog in Kersvader en Liewe Jesus glo, is intellektueel vertraag,” om ‘n bekende Beeld-skryfster verlede jaar aan te haal, is óf oningelig óf bloot kwaadwillig.

    Hiermee wil ek beweer dat as dit nie vir jou moontlik is om God soos ‘n kind te aanvaar nie, dat jy die hele begrip daarvan verwerp, is dit jou eie saak. Dit is mos immers wat godsdiensvryheid beteken.

    Maar wanneer jy aan die vesel van die Westerse beskawing begin torring, deur Jesus Christus daarmee saam te verwerp, dan het jy ‘n gevaar vir die hele gemeenskap geword.

    Die begrip Christelike onderwys en Christelike beginsels, of die pad wat Hy uitgewys het waardeur mens jou saligheid kan verwerf, was nog altyd die hoeksteen van ons volk se etiese kode.

    Die grondslag van ons waardestelsel kan uit die boek van Mattheus afgelei word, en ek som dit hieronder op met verwysing na ‘n vriend in die VSA:

    • Wees nederig in jou verhouding met jou medemens.

    • Kom al jou pligte getrou na.

    • Moenie wankel nie, maar staan vas in die geloof.

    • Straal integriteit uit.

    • Wees lojaal en getrou aan jou kollegas en vriende.

    • Bestuur jou sake volgens hierdie waardes.

    • Wees beskikbaar en standvastig teenoor ander.

    • Hou jou finansiële sake in orde.

    • Moenie vatbaar wees vir enige vorm van omkopery of bedrog nie.

    • Spandeer jou tyd en geld aan goeie dinge.

    • Verwag om altyd aan iemand verslag te doen.

    • Aanvaar verantwoordelikheid vir jou woorde en dade.

    • Slegs produktiewe en verantwoordelike optrede word beloon.

    • Wees waardig, paraat, pro-aktief en reageer positief.

    • Wees ingestel op verpligtings en konflikte.

    • Wees ernstig, maar opgeruimd daarby.

    • Toon begrip vir die onderwerp wat behandel word.

    • Soek raad, ondersteuning en toeligting.

    • Toon empatie, teerheid en besorgdheid teenoor jou medemens.

    • Lei deur jou voorbeeld en dien jou medewerkers.

    • Wees gefokus en oplettend.

    • Kom die ooreengekome plan getrou na.

    • Wees ingelig, geoefen en toegerus voordat jy uitvoering gee.

    • Prestasie word verlang, beloning volg vanself.

    • Wees vrygewig en verwag dat ander dieselfde sal doen.

    • Toon respek aan jou medemens.

    • Wees bedag op botsende agendas.

    • Wees bereid om alleen te staan vir ondersteuning en aanmoediging aan ander.

    • Bly realisties en voorspel en aanvaar die gevolge daarvan.

    • Doen wat reg en nodig is, liewer as om wetlike voorskrifte na te jaag.

    • Verwag dat wat jy saai sal jy maai.

    • Wees altyd gereed vir ondersoek en kritiese hersiening.

    • Moenie tou opgooi nie, maar volhard in wat jy doen.

    • Versoening is ‘n werklikheid, verfyn dus die besonderhede en die proses daarvoor.

    Hierdie lysie vorm die grootste deel van Afrikaners se praktiese waardestelsel en is afgelei vanuit die nuwe testament. Toe Afrikaners uit hul gesagsposissies op eerste-, tweede- en derdevlakregerings, asook in sakeondernemings geboender is, het die waardestelsel ongelukkig ook daarmee verdwyn en is dit met Afrika se waardestelsel vervang.

    Hierdie punt is seker gans te subtiel vir vandag se heersersklas, wat hule eie optrede, uitsprake, korrupte dade en uitspattigheid volgens hul eie vreemde stelsel beoordeel.

    Maar, deur getrou te bly aan Jesus se leerstellings en om hom as Saligmaker te aanvaar, hoef jy jou nie te bekommer of daar ‘n God bestaan of nie.

    Wees dan net getrou aan die hoeksteen van jou beskawing soos deur die Skrif uitgespel word.

    Daarmee kan u Kersdag met ‘n lied in die hart vier met die wete dat u lewe meehelp om ‘n beter plak van planeet aarde te maak.

    play real lifeДанильченко Харьков

  • Die Kantonfederasie

    Die verwoesting en verlies aan menselewens tydens die Tweede Wêreldoorlog het die internasionale gemeenskap gedwing om sekere maatreëls in te stel wat op alle lande van toepassing sal wees om ‘n herhaling van WO2 se menseslagtings te voorkom.

    Die selfbeskikkingsbegrip het as internasionale norm sy beslag gekry om vrede en stabiliteit in multi-etniese state te verseker.  Selfbeskikking moes as die internasionale regsraamwerk vir die herordening van state dien en was meelopend met ‘n program van dekolonialisasie.  Aanvanklik was selfbeskikking gemik om kolonies van hul vorige heersers te bevry, maar algaande het dit breër aanvaarding gekry.

    Maar wat beteken die begrip van selfbeskikking?

    Verskeie definisies word daaraan gegee, soos: “die keuse om volgens eie vrye oordeel en sonder enige inmenging of dwang op te tree. Selfbeskikking is dus die reg wat die bevolking van ‘n spesifieke gebied besit om sy politieke status en regeringsvorm self te bepaal.”

    Territoriale selfbeskikking is dus die politieke onafhanklikheid van ’n volk wat in ‘n bepaalde gebied oftewel as soewereine staat woon en deur ander lande aanvaar en erken word.  Dit word as eksterne selfbeskikking beskou.

    Maar daar is ook interne selfbeskikking, soos:

    “Die begrip dat bevolkingsgroepe met ‘n onderskeidende kultuur en identiteit hul eie politieke sake en gemeenskaplike heil self kan bepaal.” Dit is veral van toepassing vir bevolkingsgroepe wat diaspories in ‘n land verspreid is.

    Volgens die literatuur verwys hierdie reg egter na spesifieke menseregte soos gelykheid voor die reg, die reg op ‘n nasionale identiteit, om vrylik te mag kom en gaan, die reg op vryheid van vervolging weens ras, godsdiens, geslag en die vryheid om eie kultuursake soos onderwys, erfenisse gesondheidsorg ens., te bevorder en uit te brei. Dit kom neer as die uitoefening van individuele menseregte wat deur enkelinge binne groepsverband met volksgenote uitgeoefen word.

    Die beginsel van selfbeskikking is baie breed en sluit eksterne sowel as interne selfbeskikking in.  Die hoofverskil tussen die twee is dat met interne selfbeskikking deelnemende demokrasie binne die bestaande grense van ‘n staat uitgeoefen word, sonder om die territoriale integriteit van ‘n staat te benadeel, terwyl eksterne selfbeskiking buite die staatsgrense in ‘n soewereine staat geniet word.  Laasgenoemde word egter gewoonlik voorafgegaan deur bloedige konflikte wat dekades kan voortduur, hoofsaaklik vanweë ander state se weiering om so ‘n sesessie te steun of te erken.

    ‘n Juridiese spanningslyn wat twee pole verbind, het nou ontstaan tussen eksterne selfbeskikking wat inbreuk kan maak op ’n land se territoriale integriteit; ‘n begrip wat een van die hoekstene van die volkereg is. Die vraag is dus: weeg die reg van eksterne selfbeskking van ‘n minderheidsvolk, in die een pool, swaarder as die beginsel van territoriale integriteit van ‘n staat, in die ander pool?

    Op 22 Julie vanjaar het die Internasionale Hof bevind dat Kosovo se eensydige onafhanklikheidsverklaring van Februarie 2008 die internasionale reg nie oortree het nie en het ten gunste van Kosova besluit in sy geskil teen Serwië.  Die uitspraak is egter nie bindend nie, want meer as ‘n 100 state moet Kosova se soewereiniteit erken voordat dit lid van die VN kan word.  Eers dan kan die Kosovare hulle op eksterne selfbeskikking beroep.  Tans het hulle die steun van nagenoeg 68 lande en het nog ‘n ent om te gaan voordat Kosova deur alle state as ‘n soewereine staat erken sal word.

    Selfbeskikking word as ‘n fundamentele mensereg beskou wat onder die volkereg sorteer en wat universeel op dieselfde wyse toegepas moet word en kan dus nie deur ‘n land se grondwet gekortwiek word nie. In regsterme staan dit as erga omnes bekend wat universeel vir alle volke en state geld. Die bepaling in Hoofstuk Twee van die Suid-Afrikaanse Grondwet dat Suid-Afrika een onverdeelde land is, is dus slegs ‘n huishoudelike politieke bepaling en verhoed die land se volke nie om hul eie onafhanklikheid eensydig te verklaar nie.  Om die NSA-regering se goedkeuring daarvoor te kry, skryf die Grondwet ‘n bepaalde prosedure voor wat gevolg moet word.

    Internasionale protokolle verwys na ‘peoples’ oftewel volke aan wie se lede die kollektiewe reg op selfbeskikking verleen word en wat deur die vrye wil van lede van so ‘n volk uitgeoefen mag word.

    Daar is egter haas geen land wat nie deur veelvoudige volke bewoon word nie.  In die meeste lande word dieselfde  grondgebied deur verskillende volke bewoon wat hulle teoreties dan mag opeis; ‘n absurde toestand.

    Vir die doeleindes van eksterne selfbeskikking word ‘n Volk gedefiniëer as “al die inwoners van ‘n bepaalde territoriale eenheid wat hul eie grondgebied opeis”.

    Om ‘n volkstaat te probeer opeis oor ‘n gebied wat nie deur die eisers beset is nie, is dus onwerklik, onwerkbaar, onprakties en strydig met die volkereg.

    Die VN resolusies rakende eksterne selfbeskikking sluit dus nie verspreide etniese groepe in wat nie gebiedsgebonde volke is nie, want ‘n volk word beskou as die hele bevolking van die gebied wat opgeëis word. Binne hierdie verband kan Afrikaners, wat ‘n verspreide  etniese groep is, dus nie sesessie pleeg nie; ook nie hul eksterne selfbeskikkingsreg opeis tensy hulle ‘n meerderheid binne ‘n bepaalde gebied is en die meerderheid sou wou afstig.  Hoewel die Franssprekende Quebec op sesessie aandring en welliswaar ‘n groot meerderheid in Quebec is, kon hulle nog nie daarin slaag om ‘n meerderheid tydens referendums te verkry nie.

    Die internasionale gemeenskap en die volkereg verskaf dus min ruimte vir eksterne selfbeskikking, aangesien die term “Volk” van toepassing is op al die inwoners van die gebied wat onder dispuut is.

    Mense wat my goed ken weet dat ek nie vat kan kry aan die idee dat ‘n stuk grond afgebaken en opsy gesit moet word waarheen Afrikaners kan trek om eers ‘n volk te stig, en waar daar hopelik oor ‘n dekade of vyf ‘n volkstaat geproklameer kan word nie.  Voor 1994 sou soiets nog moontlik gewees het, maar daana is dit bykans onmoontlik.  Daardie toekomsbeeld kan dus nie as prakties uitvoerbaar beskou word nie.  Daarom deel ek ook nie dieselfde entoesiasme as mede-afrikaners daarvoor nie.

    Die voorbeeld van die Groot Trek word as model voorgehou, waar die Voortrekkers deur durf en daad die Boererepublieke in leë gebiede gestig en bevolk het.

    Tydens die Groot Trek was die situasie egter heeltemal anders.  Die binneland was betreklik leeg met ‘n bevolking van minder as twee miljoen swartes in die hele subkontinent.  Die totale swart bevolking van Suid-Afrika was veel minder as ‘n kwart van Soweto se inwonertal vandag.  Verswarting was dus nie ‘n probleem gewees nie.  Buitendien was die meeste swart stamme hoofsaaklik om hul eie kultuurgebiede gekonsentreer.  Hul onderlinge gevegte en endemiese siektes het hul getalle waarskynlik ook laag gehou.

    Vandag sit die NSA met ‘n swart bevolking van meer as 40 miljoen.  Vandag kan jy in jou viertrek bakkie die verlatenheid inry en kamp opslaan en binne 24 uur sal swartes daar opdaag op soek na werk.

    Ek het vantevore geskryf dat ‘n nuwe volkstaat in ‘n leë gebied ekonomies gedrewe moet wees, en dat dit soos ‘n reusagtige eiendomsontwikkelings projek ontwikkel sal moet word.  Plekke in Kaapland was as voorbeelde uitgewys.

    Met enkele uitsonderings na was die reaksie daarop verstommend negatief. Die rede was waarskynlik dat ek tot die kern van die probleem deurgedring het.  Verreweg die meeste Afrikaners is nie bereid om vir ‘n nuwe volkstaat te werk of te stry nie. Baie soek na ‘n leier wat dit namens hulle sal doen. Daar sal wel enkeles wees wat bereid is om te skiet, maar dan raak hulle verstrengel in die kompleksiteit daarvan: Die die vraag, wie die vyand werklik is, bly onbeantwoord.

    Oor ‘n lang tydperk beywer ek my reeds vir ‘n Afrikanerowerheid (AO), wat die pad na vryheid moet ondersoek en plaaslik en internasionaal leiding sal gee.  Deurdat die volkereg vereis dat ‘n volk  die meederheid van ‘n bepaalde territorium moet uitmaak voordat daar eers aan eksterne selfbeskikking gedink kan word, wil ek nou ‘n alternatiewe opsie behandel.

    Die bekende en voorheen goed beredeneerde opsies was (a) om die gebied rondom Pretoria Noord en Oos op te eis en (b) om ‘n kraaknuwe volkstaat in die Noordwes Kaap te gaan stig waar ‘n nuwe volk eers gestig sal moet word.

    Daar is ‘n ook derde opsie.  Ek sal dit ‘n Kantonale Federasie noem.  Van die drie opsies wil dit vir my voorkom dat dit dalk ‘n werkbare model vir Afrikaners se staatkundige ontwikkeling kan wees, beide vanuit ‘n politieke  en ekonomiese oogpunt.

    Die uitgangspunt is dat Afrikaners nie na ‘n nuwe gebied sal trek nie en dat hulle ook nie die finansiële vermoeë het om vir die huise en nuwe  infrastruktuur te betaal nie.  Derhalwe bly hulle net waar hulle is, neem die plaaslike bestuur de facto oor,  Daarna kan hulle derdevlak dienste verskaf wat deur eie belastingsgeld befonds word.

    Van die ongeveer 285 munisipaliteite in die land doen bykans  230 dit dus reeds.  Deur middel van erkende hofprosedures, wat deur die plaaslike belastingbetalersverenigings (BBV) gereël word, word ‘n dispuut met die munisipaliteit verklaar en erfbelastings weerhou en in ‘n trustfonds gestort. Daarna  word die werk deur ervare en behoorlik opgeleide mense verrig wat deur daardie belastrings befonds word.  Die bestek van die werk word algaande uitgebrei om ook beveiliging, skole, hospitale ens. in te sluit.

    Tans is die fokus van BBV op derdevlak dienslewering, veral mbt water en riolering.  Soos hulle legitimiteit en erkenning verkry, kan ‘n tradisionele wit dorp as ‘n Kanton beskou word, wat algaande sy staatkundige ontwikkeling tot wasdom deurgaan.  Interne selfbeskikking word dan ‘n harde werklikheid.  Die swart dorpe binne ‘n Kanton sal dan as NSA-protektorate beskou word, want die landelike gebiede rondom die wit dorpe is die  Kanton se tradisionele hinterland.  Vir dienslewering aan daardie swart dorpe kan die Konton op ‘n agentskapsbasis deur die staat befonds word, want die huidige munisipailteite is almal so te sê bankrot en kan nie veel langer so aangaan nie.

    Op ‘n federatiewe wyse skakel die Kantonne dus aanmekaar deur ‘n Afrikanerowerheid wat deur afgevaardigdes vanuit die kantonne op ‘n kiesafdelingsbasis beman word.

    Die voordeel van hierdie stelsel is dat die bestaande bates van Afrikaners behoue sal bly, dat die dorpe nie tot niet gaan nie, dat daar nou met die plaaslike swart bevolking geskakel word en dat vooruitstrewende Kantons vinniger hul selfbeskikking sal kry.

    Daarmee verdwyn die struwelinge oor ‘n bestemde grondgebied.  Afrikaners word op voetsoolvlak gemobiliseer, deur ‘n  werkbare plan  wat trapsgewys hul vryheid sal verseker en hul omgewing weer leefbaar sal maak.

    Die nadeel is dat hulle steeds burgers van die NSA sal bly.

    Maar ons moet onthou dat die ANC nie vir baie dekades gaan regeer nie, want die toekoms is nie ‘n reglynige voortsetting van die  hede nie.

    Die Kantonfederasie is dalk nie so ‘n slegte idee nie.

    объемный декор стен своими рукамиАлександр Фильчаков прокурор

  • Oor Godsdiens en Politiek

    Oor Godsdiens en Politiek

    Ek het nog altyd ‘n hoë agting vir oudpresident Ronald Reagan se aardse wyshede gehad, en wil enkeles daarvan vir die Afrikaanse idioom aanpas om ‘n punt te wil staaf:

    “Kan jy jou voorstel hoe die Tien Gebooie daar sou uitgesien het as PRAAG-lesers dit moes opstel?”

    Of ook: “Die probleem met die meeste godsdienskenners is dat hulle so baie van dinge weet wat nie so is nie.”

    En: ” Die die ANC-regering is soos ‘n baba – hy bestaan uit ‘n alimentêre kanaal met ‘n groot aptyt aan die een kant en geen sin vir verantwoordelikeid aan die ander kant nie.” (‘n Alimentêre kanaal is die afvoerstelsel van die mond tot waar dit uiteindelik agter uitkom.)

    En laastens: “Iemand het eendag gesê dat die De Klerk-regering die tweede oudste professie in die geskiedenis bedryf het. Ons het sedertdien geleer dat daar ‘n sterk ooreenkoms met die oudste professie bestaan.”

    Die huidige debatvoering op verskeie Afrikaanse webwerwe is ‘n teken dat baie Afrikaners begin omgee wat op die politieke front om hulle aangaan. Vir my is dit ‘n verblydende teken, wat ek as politieke herontwaking wil tipeer. Die internet word ingespan om mense weer politiek te laat praat, om hul politieke swaarmoedigheid af te skud en om standpunt in te neem vir die verkryging van ‘n beter toekoms.

    Sommiges geniet dit om mekaar af te kraak, of om ongetoetsde opinies as feite te verkondig. Solank dit alles binne die perke van fatsoenlikheid plaasvind, is elkeen sekerlik geregtig op sy eie mening, hoe goed of swak ingelig dit ookal mag wees. Dit is hierdie werklike krag van spraakvryheid wat die onvrye gedrukte media onrelevant gemaak het vir internet lesers.

    Die feit dat daar soveel onenigheid tussen debatvoerders heers moet ook nie vertolk word dat samewerking tussen Afrikaners nooit sal kan plaasvind nie. Hoewel die vlak van debatvoering dikwels baie te wense oorlaat, moet mens nie daardeur ontstig word nie. Wat belangrik is, is dat Afrikaners weer politiek begin praat en hul sê onbevange begin sê.

    Maar dit is ook duidelik dat sommige lesers nog in droomland verkeer waar hul politieke sienswyses met hul godsdiensoortuigings verwar word. Die politiek is die harde werklikheid van die dag, nie die saligmakende vooruitsig van die hiernamaals nie.

    Ander wil weer ‘n volkstaat gaan stig soos mens ‘n gemeente stig. Dan raak hulle rooi in die gesig en begin mekaar uitkryt as liberaliste, verraaiers, as mens die teenoorgestelde standpunt huldig.

    Daardie lesers besef werklik nie dat, net soos godsdiens nie in die Blou Bulle Rugby Unie se grondwet tuishoort nie, dit ook nie in die tennisklub of rolbalklub tuishoort nie.

    Dit maak ook geen sin om van die kansel te predik dat Bakkies Botha onbillik behandel word nie, of om van die kansel te beweer dat die ANC se nasiebouproses die wil van die Here is en dat ons daaraan moet meewerk om van die ANC-regering ‘n sukses te maak nie. Politiek hoort gewoon net nie in die kerk nie. Daardeur het baie kerke reeds hul geloofwaardigheid ingeboet.

    Presies net so hoort kerksake ook nie in sekulêre organe tuis nie.

    Daar is dus skeiding tussen kerksake, en politiek en rugbysake. Die een is ‘n sekulêre orgaan van die burgerlike samelewing, terwyl die kerk die geesteswelsyn van die gemeente bearbei.

    Wanneer die AO dus gestig is, dan sal twee derdes van die afgevaardigdes sy grondwet moet goedkeur. My voorspelling is dat die aanhef dit uitdruklik sal stel dat die God van die Bybel deur die AO aanvaar sal word as die allerhoogste mag wat oor die heelal heers.

    Sou daar afgevaardigdes wees wat dit nie wil onderskryf nie, en wat onverbiddelik eis dat dit uit die grondwet geskrap word, dan staan dit hulle vry om ‘n ander politieke heenkome te soek. Die AO se vergaderings sal daarna waarskynlik met skriflesing en gebed geopen word, en diegene wat daarteen is sal aan ‘n meerderheid wat dit so verkies hul verdraagsaamheid moet toon.

    My voorspelling is dat hulle dit as gegewe sal aanvaar, omdat “Projek Selfbeskikking” nie oor godsdiens gaan nie, maar oor vryheid. Net soos nie-gelowiges verwag dat hul standpunt ten opsigte van ateïsme deur gelowiges gerespekteer word, net so sal gelowiges se soeke na hulp van Bo verdra moet word.

    Tydens ‘n besoek wat ek in 1995 aan Eupen, die Belgiese hoofstad van die Duitssprekende Belge, gebring het en in hul vergadersaal met ‘n Owerheidsafgevaardigde gepraat het, vra ek hom:

    “Julle is direk grensend aan Duitsland en jy sê dat julle saans na Duitse TV programme kyk. Waarom sluit julle nie liewer by Duitsland aan nie?”

    Sy antwoord was baie veelseggend:

    “In België is ons Katoliek, terwyl die Duitsers oorkant die grens hoofsaaklik Protestante is. Verder het ons ‘n eie parlement, en geniet ons selfbeskikking op eerste vlak, wat ons met Vlaandere en Walonië federaal deel. Ons geniet soveel selfbeskikking as wat ons finansiëel kan beskostig, hoewel ons slegs 86,000 siele uitmaak. Die ander Belge aanvaar ons vryheidsdrang as legitiem en gun ons ons vryheid van geloof, kultuur, en taal. Watse wins sal daar vir ons wees om ‘n derdevlak munisipaliteit binne Duitsland te wees en aan die veel harder wetgewing van Duitsland onderhewig te wees?”

    Die sleutel is vryheid. Vryheid om jou eie taal en kultuur te beoefen. Vryheid om jou eie skool — en eie universiteitskurikulering te doen asook vryheid om jou eie geloofsoortuigings uit te lewe.

    Ek het voorheen geskryf dat godsdiens die potensiaal bevat om ‘n volk te vernietig. Maar nou wil ek byvoeg dat dit ook die potensiaal bevat om ‘n volk te verenig, mits daar wederkerige respek en verdraagsaamheid vir mede Afrikaners se vryheid van geloof bestaan.

    Dit wil sê, om vry te wees om in jou God te glo of nie aan enige god te glo nie, soos jy self wil, sonder om dwang of skande te ervaar as jy wil bid of nie wil bid nie.

    As dit vir eers deur albei partye aanvaar word, dan is ons sterk op pad na vryheid.

    ‘Socialism only works in two places: Heaven where they don’t need it and hell where they already have it.”

    boost post on instagramОлександр Фільчаков прокурор

  • Om by ‘n volkstaat uit te kom (3)

    Dit sal realisties wees om te aanvaar dat ‘n volkstaat wel op die lang termyn haalbaar is, mits daar eers aan sekere voorvereistes voldoen word.

    Die heel belangrikste is dat die Afrikanervolk, wat tans herderloos is, as volk sal moet oorleef. Ek praat nie van die taal nie, maar van die etniese siel van die Afrikaners. Sonder ‘n volk kan ‘n volkstaat nie bestaan nie.

    Die tweede is dat die leierskapsvakuum wat tans bestaan deur ‘n verteenwoordigende gesagsowerheid gevul sal word en waaruit die sterk en aanvaarde leiers na vore sal tree.

    Derdens moet ‘n geïntegreerde vryheidsprogram as amptelike beleidstuk vir die Afrikaners deur die AO opgestel,aanvaar, verkondig en geïmplementeer word. Hierdie vryheidsprogram moet die tydsduur, wat etlike dekades mag neem vir ‘n volkstaat om tot stand te kom, oorbrug sodat Afrikaners se fisiese en geestelike weerbaarheid verseker sal wees.

    Daar moet nie net aan een aspek gewerk word terwyl ander belangrike sake verwaarloos word nie. Die implementering van sodanige plan kan al die moontlike opsies vir selfbeskikking implementeer, byv.

    · Op derdevlak regering kan belastingbetalersverenigings (BBV) regoor die land saamspan om nouer met mekaar te skakel en sorgdra dat hulle nie slegs op die huidige swak dienslewering fokus nie, maar ook op kulturele verwaarlosing, asook maatskaplike sorg vir sorgbehoewende Afrikaners. Laasgenoemde is ook ‘n regeringsplig wat nie nagekom word nie en wat die BBV self kan verrig en kan deel van die munisipale belasting daarvoor aanwend.

    · In stede met groot konsentrasies Afrikaners kan Afrikaners begin aandring op beheer oor eie skole, hospitale, polisiëring, kultuurontwikkeling, ens. Groot volksaamtrekke vir bepaalde herdenkingsgeleenthede, sal verder sorgdra dat die volkswil wat tans swak is in die stede,sal herontwaak.

    · Die AO kan begin om ‘n gebied te identifiseer wat as outonome volkstaat sal dien. Daardie gebied sal per definisie ‘n leë gebied moet wees omdat geen regering sy belastingbasis in bestaande stede sal prysgee nie. Die Orania-proefprojek kan as model dien, maar sal op ‘n gans ander skaal beplan moet word om te realisieer, aangesien ‘n volk eers op die gebied gestig moet word voordat daardie volk ‘n staat kan stig. Meer as net ‘n vryheidsdroom gaan benodig word.

    Die res van hierdie artikel wil ek nou wy aan ‘n konsepprogram om by ‘n volkstaat in ‘n leë gebied uit te kom. Dit sal die laaste stap van die HOE vraag binne ‘n leë gebied miskien beantwoord.

    Soos wat Orania ‘n proeflopie van ‘n beskeie eiendomsontwikkelingsprojek is, so kan die nuwe volkstaat ook ‘n eiendomsontwikkelingsprojek wees, maar dit sal op ‘n megasskaal moet geskied. Die tyd het nou gekom om die historiese moment wat tans bestaan, aan te bgryp. Sulke historiese momente kom nie dikwels voor in ‘n land se geskiedenis nie. Talle voorbeelde kan opgenoem word waar die oomblik aangegryp was en waar ‘n land totaal verander het. (Die val van die Berlynse muur het Oos- en Wes-Duitsland weer herenig en het Berlyn weer die Duitse hoofstad geword.)

    In 1994 het die historiese moment vir die nuwe Suid-Afrika bestaan, en ‘n oorblufte Afrikanervolk in spanning agtergelaat. Daardie volk was polities totaal verlam en verward en niemand kan dus verbaas wees dat Afrikaners polities gesproke in trurat beweeg het nie. Die tydsberekening vir saamstaan en saamwerk was toe nog nie reg nie.

    Vandag, sestien jaar later, na die Malema manewales en ET se dood, het Afrikaners weer wakker geskud. Die historiese moment het nou aangebreek en Afrikaners moet die dag aangryp met die stigting van ‘n owerheid wat die leierskapvakuum sal kan vul en wat sterk leiding na selfbeskikking sal kan gee.

    Ek wil die werk van die AO nie vooruitloop nie, maar wil tog ‘n praktiese en haalbare visioen daarstel wat van waarde mag wees.

    My hipotese is dat ‘n nuwe staat ‘n massiewe eiendomsontwikkelingsprojek moet wees wat volgens dieselfde norme en riglyne as enige ander megaprojek bestuur word. Daar moet eers deeglik deur stads- en streeksbeplanners beplan word en hul voorstelle op gedetailleerde kaarte en planne vasgelê word. Waarde moet aan erwe, sake- en nywerheidsentra toegeken word en infrastruktuur soos water, paaie, riolering kragvoorsiening, skole, hospitale ens., sal beplan en die kostes daarvan bereken moet word. Van hierdie infrastrukture kan geprivatiseer word en kan as beleggings-geleenthede beskou word.

    Professionele eiendomsontwikkelaars sal daarna ‘n bemarkingsaksie, wat op winsbejag ingesteld is, loods om sukses te verseker.

    My visie is dat die gebied al langs die suidelike oewer van die Oranjerivier as bestemde gebied vir eiendomsontwikkeling stelselmatig aangekoop word. Nuwe dorpe kan dan soos ‘n string pêrels al langs die rivier opgerig word; baie soos die dorpe en stede langs die Ryn in Europa.

    Die Oranjeriviier kan dan die ontwikkelingsas of korridor wees waarbinne ekonomiese aktiwiteite sal plaasvind. Lang smal dorpe, word dan al langs die rivier in half-hektaar standplase uitgemeet vir die eerste dorp se 4000 huise. Een so ‘n dorp sal dan ongeveer vyf kilometer lank by ‘n halwe kilometer breed wees.

    In die middelpunt van die dorp word die sakesektor, reeds beplan en ruimtes vir skole voorsien. Tussen dorp A en dorp B (die pêrels) word die nywerheidsgebiede uitgemeet en nywerheidsparke aangelê. Die watersuiweringswerk sowel as die rioleerplaas word ook daar beplan, sodat dit in die volgende aangrensende dorp se behoeftes ook kan voorsien. Tweelingdorpe deel dus ‘n gemeenskaplike infrastruktuur tussen hulle.

    Wanneer die twee dorpe klaar beplan is, word daar met ‘n konsortium van eiendomsontwikkelaars onderhandel om die erwe te bemark en te ontwikkel. Ek sou plaaslike voorafvervaardigde huise, verkies sodat die nuwe inwoners hul huise met eie arbeid self kan oprig, of deur hoogs geskoolde plaaslike kontrakteurs met baie min arbeid opgerig word.

    Die erwe moet groot genoeg wees sodat inwoners hul eie groente en vrugte kan kweek; ook vir bemarking in die aangrensende Vrystaatse dorpe. Kweekhuise, sontonnels en skadunette kan deur inwoners op die erwe opgerig word vir die kweek van spesialiteitsvrugte en – groente vir uitvoer na die buiteland (NSA).

    Dit is egter onwaarskynlik dat inwoners ‘n bestaan net daaruit sal kan maak, maar vir ekstra inkomste sal daar werk in fabrieke en werkswinkels wees, asook in winkels, in hospitale, in skole ens., waar professionele inwoners hul normale beroepe sal kan beoefen.

    ‘n Deeglike omgewingsimpakstudie sal benodig word, aangesien die natuurlike omgewing plek sal moet maak vir paaie, geboue ensovoorts.

    Intussen werk die AO nougeset voort met sy skakeling op diplomatieke terrein, met bestaande belange organisasies, met die staat, met finansiële instellings, met ontwikkelaars, met regsentiteite en met herontwakingsprojekte om die besoedelde gemoedere van Afrikaners te reinig en sy volkswil te verterk.

    Dan kan die musiek begin.

    Johann Wingard

    24 Julie, 2004

    зал с камином в домеФильчаков

  • Om by ‘n volkstaat uit te kom (2)

    Om by ‘n volkstaat uit te kom (2)

    In die vorige artikel het ek op die vraag gefokus:  Wat is ons opsies vir selfbeskikking?

    Vandag vra ek: Hoe lyk die pad vorentoe? Vra vir ‘n politikus, en jy kry ‘n politieke droom vir ‘n antwoord.  (WAT) Vra vir ‘n akademikus, en jy hoor ‘n diepgaande ideologiese begronding vir selfbeskikking (WAAROM).  Vra vir ‘n nyweraar, en hy vra onmiddellik na die logistiek, dws die HOE?

    Ons sal nou fokus op die HOE.  Na sestien jaar se wroeging, verdagmakery, en swartsmeerdery onder mekaar moet ons nou in die woorde van adv Ben Pieters SA vra:

    “Hoe sit jy ‘n verbrokkelde geheel soos Hompe Kedompie, weer aanmekaar nadat  hy van die muur afgeval het?”   

    Hoe rekonstrueer mens weer ’n volk wat uit tientalle brokstukke bestaan en wie se volkskap deur ‘n groot persentasie van daardie volk as ‘n hersinskim bespot word?

    Dit is op hierdie punt waarop die te stigte Afrikanerowerheid moet inskerp om die leierskapsvakuum, wat deur die magsoorgawe gelaat is, te vul.  Daar is reeds genoeg hieroor geskryf en wil ek graag aangaan na ander vrae soos:

    Hoeveel gaan dit kos om ‘n nuwe staat te stig en waar gaan die geld vandaan kom?

    Gestel die AO sou besluit dat die skepping van ‘n nuwe staat in ‘n leë gebied polities die mees haalbare opsie vir territoriale selfbeskikking is, en gestel die AO omlyn die bestemde gebied sodat alle volkstaatgesindes daarin sal kan belê, dan kan mens ‘n paar somme maak.

    Gestel verder dat die AO sou aanbeveel dat nuwe dorpe uitgemeet word wat elk ongeveer 4 000 gesinne sal huisves, en gestel dat 4 000 gesinne jaarliks bereid sal wees om na die volkstaat te trek om ‘n nuwe begin te gaan maak, dan sal daar 4 000 nuwe huise per jaar benodig word teen ‘n koste van R1,6 miljard per jaar.  Hiervoor begroot mens dan vir baie beskeie huise teen R400 000 elk. Dan is daar nog die koste van die erwe, ens.

    Die koste van opslaanhuise wat deur die eienaar self gemonteer word kon dalk die bedrag met die helfte verminder en langsamerhand kan die huise ‘n meer permanente struktuur kry. Net die vervaardiging van die modulêre huise alleen sal reeds ‘n massiewe ekonomiese inspuiting vir die gebied wees.

    ‘n Nuwe bougenootskap sou geld in die finansiële markte kon leen en verbande aan voornemende kopers toestaan.  Namate die maandelikse kontantvloei uit paaiemente groei, verminder die bedrag wat op die markte geleen moet word.  Die probleem gaan kom by die skep van die nodige finansiële instrumente wat die mark sal tevrede stel en hier sou oorsese instansies dalk ‘n bydrae kon lewer.

    Die infrastruktuur vir elke nuwe dorp vir 4 000 inwoners sal waarskynlik ‘n verdere R500 miljoen bedra, wat op sy beurt deur die volkstaat se belastingbetalers gedra sal moet word. Ons praat dus van ‘n jaarlikse koste van ongeveer R2 miljard wat van êrens moet kom.

    Benewens sonkrag, waarvan die kapitale koste nog baie hoog is, is daar sterk aanduidings dat ‘n vorm van aardgas uit die skalieformasies van die Karoo voorkom en Sasol het aangekondig dat hy saam met vennote ‘n eksplorasieprogram van stapel gaan stuur.  Elektrisiteit kan deur gekombineerde siklus- (GS-) turbines opgewek word en wat deur daardie gas as brandstof gebruik kan word. GS-turbines gebruik baie min water en het ‘n hoë nuttigheidsgraad, sodat krag redelik goedkoop gelewer kan word.  Investering sal stapsgewys vir elke dorp kan plaasvind en reusagtige kragstasies en duur netwerke vermy word.

    ‘n Dorp van 4000 huise sal ongeveer 40 Mwe krag benodig.  Hiervoor is klaar gemonteerde turbines op die mark beskikbaar.  Dit sal ‘n wonderlike beleggingsgeleentheid vir internasionale pensioenfondse wees.

    Om ‘n nuwe dorp van 4 000 trasionele huise jaarliks te bou sal ‘n arbeidsmag van minstens 5 000 werkers benodig word.  Waar gaan hulle bly en waar gaan hul kinders skoolgaan?  ‘n Nuwe konstruksietegniek sal dus benodig word sodat eienaars hul huise met drie of vier helpers self sal kan voltooi.

    Hierdie hele skema klink byna soos ‘n Ponzi-skema wat oor vier of vyf dekades mag strek; waar nuwe huise deur terugbetaling van vorige huise se paaiemente befonds moet word, maar dit is maar soos dit werk.

    Maar vanuit ‘n fisiese oogpunt gesien is dit dus alles teoreties moontlik en sal die geld wel beskikbaar raak as die ekonomiese bedrywigheid van die gebied so ’n volksprojek standhoudend sal ondersteun.  

    Om swart arbeiders uit die gebied te weer sal ‘n verdere politieke turksvy wees, veral teen die agtergrond van bestaande regstellendeaksiemaatreëls en arbeidswetgewing.  Dit sal die taak van ‘n AO wees om daardie probleme op diplomatieke vlak buiteparlementêr op te los.

    Dit bring my dus weer by die kwessie van volkswil om ‘n AO te stig en te vertrou, om die toekomspad aan te wys en volkswil te bou deur Afrikaners weer trots op hul volkskap te maak.  

    Drome droom is maklik.  

    Dit is die mense wat weer hoop moet kry, en juis daar lê die probleem.

    Is Afrikaners bereid om saam te werk?

    free betОлександр Васильович Фільчаков

  • Om by ‘n volkstaat uit te kom

    Om by ‘n volkstaat uit te kom

    Baie Afrikaners praat lukraak van ‘n volkstaat, so asof mens ‘n kleinhoewe gaan koop na waar jy van die werklikhede van die nuwe Suid-Afrika kan ontsnap.

    Ons is almal bewus van die wrede werklikhede.

    Maar hoeveel van ons weet wat die werklikhede vir die verkryging van ‘n Volkstaat is?

    Gedurende die apartheidsjare was dit ‘n relatief maklike opsie vanuit ‘n magspolitieke oogpunt gesien.  ‘n Tuisland was vir vir alle etniese groepe geskep, behalwe vir Afrikaners.  Laasgenoemde kon net nooit binne die politieke tydsgees van destyds verwerklik word nie.

    Tydens die laaste twintig jaar van die Nasionale Party se bewind was die etniese Afrikaner gedeelte van die blanke bevolking as die opposisie beskou. Hul idees van ‘n Afrikanertuisland was toe as ‘n naïewe politieke foefie bestempel.  Die HNP het bonop beweer dat hulle nie bereid sou wees om een vierkante duim van Suid Afrika prys te gee nie, wat nog van die oorgrote deel van die land aan die swartes oordra.

    Polities was dit derhalwe net nie haalbaar nie.

    Prakties sou ‘n Afrikanervolkstaat egter net so maklik opgerig kon word as die swart tuislande, mits dieselfde politieke wil daarvoor bestaan het.

    Ek wil nie weer daarvan beskuldig word dat ek die volkstaat idee afskiet nie, maar voel tog geroepe om die werklikhede weer onder lesers se aandag te bring.

    Volgens my siening, wat gebaseer is op die VSR se ondersoeke, is daar  basies vier streke waar Afrikaners ‘n eie hartland of polities outonome gebiede sal kan uitkerf, naamlik:

    • die Pretoria Oos, Centurion, Pretoria Noord gebied wat Kleinfontein insluit en tot naby Witbank kan strek.  Vanweë die omliggende gebiede se swart inwoners se afhanklikheid van Afrikaners se belastings sal dit polities onwaarskynlik wees.  Nogtans sou daar hoogstens tot op derde vlak regeringstatus gevorder kon word, maar met sekere addisionele  magte t,o.v onderwys, polisiëring en gesondheidsdienste.  Binne hierdie gebied woon daar tans meer as 300,000 Afrikaners en maak dit reeds ‘n meerderheid van die bevolking uit.  Net soos die Weskaap, sal dit egter nog onder ‘n ANC-regering sorteer.  ‘n Sterk plaaslike volkswil hiervoor is egter ‘n voorvereiste. Die tydskaal hiervoor behoort nie langer as tien jaar van intense politieke aktivisme plaaslik en in die buiteland te neem nie.  Of Pretoria se inwoners die nodige volkswil het om vir hul selfbeskikking te stry is egter onwaarskynlik, aangesien verreweg die meerderheid van hulle tans DA-gesind is.
    • Die Noordwes Kaap wat vanuit Orania kon uitkring deur stelselmatige besetting en ontwikkeling van ‘n altyd groter wordende streek (die oliekol-op-water-gedagte).  Om ‘n meerderheid te word sal daar nuwe privaat dorpe gestig moet word wat soos sekuriteitsoorde funksioneer, met gepaardgaande infrastrukturele behoeftes soos skole, winkelsentra, water, krag en rioleringvoorsiening.  Hierdie opsie is fisies haalbaar oor ‘n tydperk van 40 tot 50 jaar, mits die ekomnomie sodanige gestimuleer kon word dat minstens 4,000 families jaarliks soontoe sal trek om uiteindelik 300,000 siele te huisves.  Met die nodige politieke wil en ondersteuning van buiite die groeiende gebiedsekonomie sal staatstatus teoreties bereik kon word.
    • Die Suidwes Kaap wat net soos Orania kan ontwikkel, maar sou dit met Orania meeding, dan vetraag dit laasgenoemde se groeipotensiaal, tensy die twee polities gekoppel kan word. Die tydskaal sal dieselfde wees.  In beide gevalle moet daar eers ‘n volk gestig word voordat sy volkstaat geëis kan word.
    • Die kanton-gedagte waar Afrikaanse wyke en dorpe polities afillieer om ‘n outonome gebied te vorm.  Soos in Pretoria sal daar hoogstens tot derdevlak regering gevorder kan word.

    Natuurlik kan ons aangaan en verder spekuleer, maar hieruit kan mens aflei dat, soos ek vantevore geskryf het, die volkstaat nie vanuit die hemel sal neerdaal nie.

    Nou wat maak mens as:

    • Pretoria se Afrikaners wil nie stry vir hul politieke outonomie nie?
    • Afrikaners wil nie na die Orania of Suidwes Kaap trek nie?
    • Die jonger geslag word al sterker deur die nuwe nasiebouproses gebreinspoel om te integreer?
    • Daar ‘n sterk gesagsowerheid vir Afrikaners, wat die dryfkrag agter die program moet wees, weens verdeeldheid en verdagmakery nie tot stand kan kom nie, of dat mededingende “Volksrade” mekaar se pogings in die wiele sal ry?

    En hierdie faktore het eintlik niks met die ANC te doen nie, maar is onder beheer van Afrikaners self.  Sou die vier faktore egter wel genoegsaam bestuur kon word en konsensus verkry word, dan moet mens nog rekening hou met die antagoniste binne die parlement.

    Eers dan bring dit ons by die regte van ‘n volk onder die Volkereg.  Ons moet in gedagte hou dat gebiedsoutonomie slegs geeïs kan word deur die inwoners van daardie gebied. Volkstaters sal, oud en jonk, moet begin om ekonomiese ontwikkeling tin die bestemde gebied te doen sodat voldoende ekonomiese suigkrag opgewerk kan word om mense te lok.  As die wil bestaan, sal dit nie onmoontlik wees nie.  Daarsonder sal dit ‘n droom bly.

    Alternatiewelik kan die stadstaat-gedagte uitgebou word met selfbeskikking op kulturele sake en vir plaaslike dienste.  Daardie opsie kan relatief maklik onder die bestaande internasionale protokolle en handveste verkry word, mkits die volkswil daarvoor bestaan.  Niemand sal dit egter by Afrikaners se keelgate afdruk nie.

    En waar pas die VF+ by al die bogenoemde in?  Heel eenvoudig:  Hierdie is ‘n buite parlementêre aangeleentheid wat buite parlementêr nagestreef moet word.  Die VF+ het egter ‘n baie belangrike funksie om in die parlement te vervul as spreekbuis vir die gedagte van selfbeskikking vir Afrikaners en ook om na die belange van Afrikaners in die algemeen om te sien.  Hy kan egter moeilik voorgee om namens alle Afrikaners vir ‘n volkstaat te stry terwyl so min Afrikaners vir daardie party stem.

    Of wat dan van die man in die bruin pak wat op messiaanse manier die volk sal kom lei en vryheid te bewerkstellig?  Sonder mag, hetsy militêre mag of mag deur ‘n sterk volkswil aan hom verleen, sal so iemand nie gou op die toneel verskyn nie. Self sterk leiers sal as swakkelinge gesien word.

    Dit moet baie mooi verstaan word dat slegs ‘n buite-parlementêre gesagsowerheid sal kan stry vir Afrikaners se selfbeskikking, en nie professionele party politici nie.  Laasgenoemde moet ongelukkig altyd die maksimum stemme vir hul party werf om te kan voortbestaan, self vanuit die geledere van nasiebou Afrikaners.  As ‘n politieke party slegs op volkstaters fokus is sy einde naby.

    Ek hoop dat bogenoemde ontleding en uiteensetting ‘n bietjie meer klarigheid by my volksgenote sal; bring, aldan nie woede nie.  Waarvoor ek baie, baie behoedsaam is, is vir mense wat nou reeds wil voorgee dat ons deur ‘n geskietery ons vryheid sal kan bekom of dat ons net daarvoor moet bid en dat die Voorsienigheid self vir ‘n volkstaat sal sorg.

    Dikwels wonder ek of die Afrikanervolk hoegenaamd in staat is om weer soos sy voorsate vir hul onafhanklikheid te stry.  Ek het die gevoel dat mense eerder hul volkie van allerlei godsdienstige dwalings wil suiwer as om weer as ‘n volk met al sy vratjies, vry te wees.

    очки для плавания детские ценатопкарго

  • Demokrasie vir almal behalwe vir Afrikaners?

    Volgens woordeboeke hou etnisiteit verband met eienskappe van ‘n groep mense wat ‘n gemeenskaplike ras, godsdiens, taal en ander karaktertrekke in gemeen het. Hierby wil ek byvoeg dat so ‘n gemeenskap ook dieselfde waardestelsel deel en dus van dieselfde beskawingsoorsprong kom.

    Die probleem van multi-etniese nasies is hoe om verskille in kulturele en etniese verskeidenheid te bestuur. Daar is minstens vier basiese benaderings: 1) Die assimilasie of smeltkroes soos die VSA, 2) die multikulturele (multikulti) of pluralisme soos in Kanada en Europa, 3) die dominante groep benadering wat gewoonlik in erg verdeelde lande soos Suid-Afrika voorkom en 4) etniese suiwering soos in Oeganda.

    Die etnopsigologie is ‘n holistiese benadering om die onderliggende kragte te ondersoek wat die etniese hierargie in ‘n land bepaal. ‘n Gevolgtrekking daarvan is dat multi-etniese state die verskynsel van etniese stratifikasie in ‘n land nie kan ontwyk nie. Dit beweer dat ‘n samelewing uit lae van verskillende etniese groepe bestaan, met die dominante groep heel bo en die gestigmatiseerde groep heel onder.

    Dit is dus nie verbasend nie dat die groep wat die onderste laag verteenwoordig, dikwels juis daardie mense is wat hul selfbeskikking soek om hul hierargiese status (vryheid) te herwin. Etnopsigoloë beweer dat daardie verskynsel egter nie deur ‘n algemene etniese stratifikasieteorie wat op ekonomiese redes gebaseer is verklaar kan word nie. Dit dring dieper in die psige van mense wie se menswaardigheid daagliks aangetas word.

    ‘n Etniese stratifikasiestelsel affekteer ook ander vorms van stratifikasie in ‘n samelewing. Byvoorbeeld, ekonomiese klasse-alliansies word verswak as bepaalde ekonomiese vlakke deur verskillende etniese groepe beset word. Die proliferasie van statusvlakke in ‘n gestratifiseerde samelewing bemoeilik die politieke proses en kan dit selfs oorheers om die egos of inkomstes van bepaalde groepe te bevredig. Sodoende word vooroordele geskep wat dikwels tot vorms van rassisme aanleiding gee.

    Teoretisie van sosiale dominansie beweer dat die vlak van identifikasie wat dominante groepe teenoor die nasie en die nasie se simbole openbaar veel sterker is as dié van ondergeskikte groepe, aangesien die sosiale stelsel die dominante groep se belange meer as die belange van kleiner gemeenskappe bedien en andersom. Ondergeskikte groepe identifiseer dus nie juis met die nasionale simbole nie en verklaar waarom baie Afrikaners afsydig gestaan het teenoor die 2010 SWB en nie graag die eerste gedeelte van die volkslied saamsing nie.

    In Suid-Afrika sien die dominante groep homself as die uitverkore groep, gelegitimeer deur ‘n verkiesingsproses, wat die belange van ‘n land se burgers moet verteenwoordig en derhalwe voorregte wat nie met ‘n ander groep gedeel kan word nie, mag opeis. Veral nie gedeel word met kategorieë van mense wat weens een of ander historiese rede gestigmatiseer word en dus nie universele regte mag geniet nie. Dit was die geval met die Jode in Duitsland en vandag met Afrikaners in Suid-Afrika.

    Wanneer so ‘n sosiologiese verskynsel in landsbeleid en wetgewing gegiet word, word dit internasionaal as onaanvaarbaar beskou, ten spyte van wat ‘n land se grondwet of landswette ookal mag bepaal.

    Die ANC beweer dat Suid-Afrika ‘n nie-rassige bevolking het. Dit impliseer slegs dat alle rasse as gelykes voor die reg beskou word. Nie rassig beteken egter nie nie-etnies nie. ‘n Multi-etniese bevolking kan dus ook ‘n veelrassige bevolking wees, nie slegs ‘n nie-rassige bevolking nie.

    Iemand het eendag gesê dat ‘n veelrassige gemeenskap ‘n kronologiese begrip is wat by die intrek van die eerste swart familie begin en by die vertrek van die laaste wit familie eindig. Daarna is dit nie meer veelrassig nie. Die gemeenskap het dus gestratifiseer tot ‘n enkele laag.

    Maar die internasionale reg verbied diskriminasie wat op ras of etnisiteit gegrond is. Hierdie reg word verwoord in verskillende protokolle, gewoonlik deur die VN gefasiliteer, wat deur lande onderteken word en wat ‘n land se soewereiniteit onderhewig maak aan internasionale goedkeuring. Dit is dan nie langer net ‘n huishoudelike aangeleentheid nie.

    Die ” International Convention on the Elimination of Racial Discrimination” (artikel 1),” is een so ‘n protokol en definiëer rassediskriminasie as:

    “…enige onderskeid, uitsluiting, beperking, of voorkeur wat op ras, velkleur, afkoms, nasionale of etniese oorsprong gebasseer is en wat ten doel het om die erkenning, genot of deelname op gelyke voet t.o.v menseregte en fundamentele vryheid, in die politieke, ekonomiese, sosiale, kulturele of enige ander terrein van die openbare samelewing te verhinder of te benadeel.”

    Volgens seksie 233 van die RSA- grondwet moet howe alle landswette volgens die internasionale reg vertolk. Hieruit vloei dit voort dat alle landswette wat op ras gebaseer is, strydig sou wees met die internasionale reg en kan deur ‘n hof as ultra vires verklaar word as sodanige aansoek voor die hof gebring sou word.

    Daardie wette wat kwansuis uit kwalifiserende gapings in die grondwet ontstaan het, kan dus deur ‘n hof, plaaslik of internasionaal, tersyde gestel word as ‘n klas-aksie deur ‘n Afrikanerowerheid voor daardie hof gebring sou word .

    Terme soos ‘in openbare belang’, mag nooit op ras gebaseer wees nie, maar moet universeel op almal van toepassing wees. Om die verlede te probeer regstel (soos na ‘n oorlog, of na ‘n rewolusie) moet regstellende maatreëls dus ‘n voorafbepaalde en beperkte tydsduur hê wat deur almal verstaan en aanvaar word, anders is dit slegs in belang van die dominante groep en nie in die openbare balang nie. Dan is dit strydig met die internasionale reg. Sonder ‘n ooreengekome tydsduur word dit naderhand ‘n vrypag om te plunder en om ‘n minderheidsgroep langdurig op ‘n wettige manier uit hul bates te verkul.

    Afrikaners moet dus bedag wees op wat hulle wettiglik mag opeis volgens die internasionale vertolking van hul regte. Grondhervorming, arbeidswetgewing, bateplundering soos SEB, ens., moet dus summier in die howe getoets word as synde onregmatige optrede van ‘n dominante groep. Sou ‘n boer se uitvoer vrugteplaas byv., sonder behoorlike vergoeding hom ontneem word net omdat hy wit is, kan hy ‘n beslagleggingsbevel kry en besendings laat konviskeer sodra dit in die buiteland aanland. Dieselfde sou kon geld vir uitgevoerde minerale en ander produkte.

    Afrikaners buite ‘n volkstaat is dus geregtig om ten volle in die demokrasie te deel en mag hul pond vleis opeis. ‘n Volkstaat sal slegs na die belange van ‘n klein minderheid Afrikaners binne sy grense kan omsien. Die oorgrote meerderheid Afrikaners sal altyd aan die giere van ‘n dominante meerderheid uitgelewer wees. Hulle sal dus hul beskerming moet soek deur middel van sy Afrikaner Owerheid se optredes hier en in die buiteland.

    casino noФильчаков прокурор отзывы

  • Is ‘n Afrikaner Owerheid moontlik?

    Na aanleiding van die hewige reaksie op die VAS nuusberig het ek aanvanklik gewonder of daar ooit enigiets van die te stigte AO sal kom.

    Die onderlinge verskille is dan so groot en oënskynlik onoorbrugbaar.

    Maar as mens die situasie ontleed, besef jy dat die kern van die saak misgekyk word.

    Daar bestaan interne verskille en eksterne verskille. Soos in enige politieke huishouding sal daar altyd interne verskille wees wat gewoonlik deur ‘n taktvolle benadering bestuur kan word.

    Maar as daar eksterne verskille sou opduik, dan is die saak gedoem, want dan beweeg die groep in die rigting van selfvernietiging. Dit is wanneer los kanonne op hul eie mense begin losbrand, en die vyand ignoreer.

    Interne verskille soos godsdiens en die ligging van ‘n volkstaat kan egter sodanig uitkring dat dit naderhand eksterne verskille raak. Daar is juis mense wat probeer om die vernietiging van die vryheidsideaal as hul hoofsaak te dryf.

    Dit is om hierdie rede waarom ek aan die hand wil doen dat godsdiens, die ligging van ‘n volkstaat asook die historiese belewenisse van die magsoorgawe van die NP aan die ANC, as interne verskille geklassifiseer sal word en dat ons slegs rondom een saak groepeer, naamlik om ons vryheid te herwin. Dit is in die eerste plek al wat op die lange duur werklik gaan saakmaak. Die interne verskille is verdelend en speel in die hande van ons vyande. Ons moet verenig wees in ons stryd vir Afrikanervryheid. Godsdiens, en ander huishoudelike verskille mag nie toegelaat word om ons te verdeel nie.

    As ons daaroor eenstemmig is, dan is daar hoop. Maar as ons nie eers daarin konsensus kan bereik nie, is daar slegs wanhoop en sal ons, soos die Israeliete in Egipte, knegte en bywoners in ons eie land bly.

    Persoonlik staan ek by my wawiel metafoor waar die Drie-Enige God die velling is om die wiel bymekaar te hou. Maar ek respekteer elkeen se eie siening oor die velling as sy eie saak.

    Dit is waarskynlik so dat daar reeds verskeie insypelaars op die Praagwerf en ander woernale doenig is. Hulle buit juis hierdie interne verskille uit om verdeling te saai en word gewoonlik uitgeken aan hul hiperregse uitsprake en beledigings. Daardie mense is geplant en doen dit om hul posissie op die politieke spektrum te vestig en sodoende geloofwaardigheid te probeer verkry.

    Deur ‘n uitlokkende styl probeer hulle om die intellektuele leiers onder verdenking te plaas en versamel hulle waardevolle propaganda inligting vir hul hanteerders om daarvoor vergoed te word. Aan die een kant beroep hierdie spesie hulle op hul spraakvryheid, maar gun die ander nie sy godsdiensvryheid nie. Kyk hoe woes het hulle op die Suiderlandgroep toegeslaan om hulle te vernietig. Dieselfde sal eersdaags met ander Afrikanergroerings gebeur.

    Maar gelukkig is die deursnee Praagleser lankal reeds daarop bedag en maak hul eie afleidings. Praaglesers weet reeds wie die informante in hul midde is, want hulle word deur hul verdelende styl uitgeken.

    My versoek is dus dat ons almal gefokus sal bly op ons gesamentlike vermoëns as ‘n volk eerder as om op individuele verskille te hamer. Stellings soos, “…ons soek nie sy soort in die volkstaat nie…” is bedoel om die vryheidsoekende groep kleiner en kleiner te maak, dws om ons te verdeel.

    Met so ‘n benadering sal die krag in ons verskeidenheid ons vorentoe neem en die verdelers uitgeken word vir wat hulle werklik is, naamlik die werklike volksverraaiers.

    Dan sal ons met groot vrug ‘n tussentydse AO kan stig wat deur die volksverkiesing van Meimaand aanstaande jaar met verkose leiers versterk en verder gelegitimeer sal word.

    Dan sal die vryheidstryd in alle erns kan begin. Tot dan staar ons teen ons naeltjies vas en wonder ons waarom niks dan gebeur nie.

    ик сушкилобановский александр биография

  • Hoe ‘n Afrikanerowerheid tot stand kan kom

    Hoe ‘n Afrikanerowerheid tot stand kan kom

    In sy rubriek skryf dr Christo Landman dat ‘n kenmekaarkonferensie op 7 Augustus gehou gaan word.  Die doel van die konferensie is onder andere dat Afrikanerbelange organisasies mekaar beter sal leer ken en, indien moontlik, om aansluitende samewerking met mekaar te vind met die doel tot die latere totstandkoming van ‘n Afrikaner Owerheid (AO), sou genoegsame toenaderingtussen die groeperings bereik kan word.

    Mense vra hoe kan so ‘n AO tot stand kan kom as daar fundamentele verskille tussen rolspelers bestaan.

    Hierdie verskille is hoofsaaklik tweërlei van aard:

    • ‘n Volksraad word verkies in ‘n een-man-een-stem-verkiesing waar slegs geregistreerde kiesers hul stemme mag uitbring. Dit is die liberaal-demokratiese benadering.
    • ‘n Afrikanerowerheid word saamgestel deur Afrikaanse organisasies. Dit is die konsosiatiewe benadering.

    By die genoemde konferensie sal dr Landman asook mnr Paul Kruger die twee benaderings waarskynlik grondig bespreek en die voordele en nadele van elkeen uitwys.

    Wat die voordele of nadele van die twee benaderings ook al mag wees, staan een kwessie soos ‘n paal bo water, naamlik dat daar slegs een verteenwoordigende liggaam namens Afrikaners op die binne – en internasionale terrein kan optree.  Sou die Afrikaners op voetsoolvlak die AO nie as verteenwoordigend erken nie, dan besit so ‘n AO geen legitimiteit by sy eie mense en in internasionale fora nie.  Insgelyks, sou Afrikanerorganisasies die volksverkose Volksraad nie erken nie, en as net nog ‘n splintergroep beskou, en sou hulle kan bewys dat hul gesamentlike ledetalle meer is as die getal Volksraadkiesers, dan het die Volksraad geen legitimiteit by bestaande organisasies nie.

    Nou met watter een moet regerings dan amptelik skakel?

    Omdat daar slegs een verteenwoordigende organisasie erken sal word, moet hierdie dilemma besweer word voordat die AO tot stand kom, en ek wil ‘n wenk of twee aan die hand doen om hierdie knelpunt te ontstrengel.

    Eerstens, elkeen van die twee benaderings het sy eie voordele en nadele.  Die kuns is altyd om die voordele te benut en die nadele uit te skakel.

    Die oplossing wat ek aan die hand wou doen is dat albei roetes gevolg word. Volksmobilisasie word bereik deur die liberaal demokratiese benadering en herinnner Afrikaners op voetsoolvlak aan hul eie identiteit en volkskap.  Dit is die groot voordeel van ‘n verkose volksraad, as ‘n paar honderdduisend kiesers aan so ‘n verkiesing sou deelneem.

    Amptelike erkenning deur Afrikanerorganisasies verseker weer dat binnelandse sowel as buitelandse legitimiteit verkry word.

    (‘n Verdere probleem duik egter op deurdat daar minstens twee registrasie-instansies bestaan wat kieserslyste saamstel en waar kiesers kan registreer, naamlik die VVK en die BVS (Boerevryheidstigting) wat reeds in 2005 ontstaan het.  ’n Oplossing sou wees dat albei lyste geldig verklaar word vir die doeleindes van die verkiesing, maar dat kiesers slegs een stem mag uitbring as hulle op albei lyste geregistreer sou wees.)

    My voorstel sou dus wees dat daar twee soorte afgevaardigdes moet wees, naamlik die verkose lede en die aangewese lede.  Dit wil sê, die helfte van die volksraadslede moet deur kiesers verkies word en die ander helfte kan deur Afrikaners se belangeorganisasies aangewys word.

    Gestel dat daar dus altesaam sestig raadslede sou wees, dan word dertig by ‘n amptelike verkiesing verkies.  Die ander dertig word voor die verkiesing reeds aangewys, om amptelike erkenning aan die verkiesingsproses asook aan die  daaruitspruitende AO te verleen.

    Die feit dat organisasies slegs die helfte van die raadslede verteenwoordig, verhoed dat een of twee sterk organisasies die Raad nie sal kan kaap nie.  Darenteen, sou ‘n politieke party besluit om sy bronne en takke te gebruik om sy partylede tot die Raad verkies te kry, kan die Raad sodoende ook nie deur ‘n politieke drukgroep oorheers word nie.

    Dan is daar die probleem van makro- en mikro-organisasies. Die stemstelsel binne die AO kan seer sekerlik tog nie dieselfde gewig aan elke organisasie, groot of klein, gee nie. Daar is byvoorbeeld belange organisasies met meer as ‘n honderduisend lede, terwyl ander organisasies minder as tien lede het wat  tussen hulle ‘n rekenaar of faksmasjien besit.

    Nou hoe gaan ekwiteit tussen die organisasies bereik kan word? Hoe kan ‘n balans verkry word tussen groot en klein organisasies?

    Een uitgangspunt is dat getalle alleen nie die waarde van ‘n organisasie as sulks bepaal nie.  Daar is ander faktore, soos die strategiese belang wat gedien word, die gehalte van die leierskap, die geloofwaardigheid asook die relevansie van organisasies op nasionale vlak.

    ‘n Oplossing sou wees dat organisasies met minder as honderd ingeskrewe lede slegs een stem kan uitbring, terwyl organisasies met tussen ‘n honderd en ‘n duisend lede twee stemme kon uitbring. Dan sou organisasies met meer as ‘n duisend lede ‘n maksimum van drie stemme kon hê.  Organisasies sou dan ook by ‘n neutrale instansie kon registreer deur hul ledelyste sowel as hul onderskeie grondwette en bedryfstate voor te lê om hul bona fides te bewys. Waar organisasies minder as byvoorbeeld vyftig lede het, kan hulle ‘n onderlinge assosiasie vorm om gesamentlik deur een afgevaardigde met ‘n sekundus verteenwoordig te word.

    ‘n Tussentydse grondwet en reglemente kan die hele struktuur logies uiteensit sodat kiesers sal weet waarvoor hulle op 31 Mei 2011 gaan stem.

    Met hierdie uiteensetting wil ek dus nou die nasionale debat open vir die totstandkoming van ‘n legitieme Afrikanerowerheid.

    Om die omvang van die probleem te besef, besoek gerus

    http://www.radiopretoria.co.za/Volksorganisasies.html

    бардолино италия вино красное сухоеОлександр Васильович Фільчаков

  • Om die wawiel te herontdek

    In sy rubriek skryf Dan Roodt hoe Afrikaners rigtingloos voortploeter en probeer om in ‘n deurmekaar land rigting te vind sonder ‘n kompas.

    My ontleding is dat die grootste probleem waarmee Afrikaners worstel, is dat hul politieke -, landbou – of kulturele leiers die situasie nie mooi reg lees nie en nie mooi begryp watter opsies daar vir Afrikaners bestaan nie.

    Dikwels word daardie opsies as afsonderlike spesialiteitsbelange beskou,  sodat onderskeie aanslae óf as ‘n landbou-aangeleentheid beskou word, of dat dit ‘n politieke probleem is wat deur partypolitieke leierskap gered moet word om die volk te mobiliseer of om ‘n opstand te organiseer en te lei.  

    Landbou leiers raak nie maklik gemoeid met kultuuraangeleenthede nie, so ook nie kultuurleiers, soos byvoorbeeld die bestuur van die ES/VTM (die  Erfenis Stigting en Voortrekkermonument), wat nie maklik by Afrikaners se etniese politiek of burgerregte betrokke sal raak nie.  

    Daar is party politieke leiers wat óf samewerkende politiek met die ANC of ‘n boikotpolitiek wat die ganse huidige bestel as onlegitiem beskou en nie met die regering kan of wil erken of saamwerk nie. Elkeen van hierdie partye beskou sy siening as oplossings vir Afrikanervryheid, sodat vooroordele tot beginsels verhef word.  Dieselfde geld vir Solidariteit en Afriforum wat hulle op burgerregte en arbeidsaangeleenthede toespits en afstand tussen hulle en die etniese politieke beweging probeer hou.

    Maar die enigste haalbare opsie wat Afrikaners het om hulle na vryheid te lei bly binne die konteks van die algemene volkereg wat die verhouding tussen volke en nasies bepaal.  Om vryheid volgens die volkeregtelike roete op te eis verg dat die eiser ‘n legitieme verteenwoordigende  owerheid van die betrokke volk moet wees. Vir legitimiteit kan daar dus slegs een verteenwoordigende owerheid wees.

    Oor die afgelope tien jaar beywer Dan Roodt, Christo Landman en ekself ons vir die daarstelling van ‘n Burgerlike Owerheid vir Afrikaners, maar word telkens gekortwiek deur die onderskeie Afrikanerinstellings wat nie met etniese politiek betrokke wil raak nie.  Daar is instellings wat nie in dieselfde span wil trek as die Afrikanerbond nie, ander verseg weer om met die HNP geassosieer te wees, ander beskou die VF+ as ‘n verlore saak, die TLU en Agri SA het onderlinge verskille, en die ES/VTM word as aardsversoeners getipeer.    

    Om vry te word sal die Afrikanervolk egter die wawiel moet herontdek.  

    Die buitenste staalvelling van die wiel is ons Hemelse Vader wat alle volke se lotgevalle bepaal en wat die wiel en sy vrag oor berge en riviere na sy uiteindelike bestemming sal dra.

    Die speke is die verskillende organisasies wat die volk bedien, elk met sy eie leierskap, karakter en struktuur.  

    In die middel kom die speke in die naaf bymekaar in ‘n volksowerheid wat voortdurend kontak met die as moet maak.  Die Goddelike staalvelling sal die volkswiel as ‘n eenheid bymekaar kan hou, want alle volksorganisasies bekou God as die Bepaler van volke se lotgevalle, ook dié van die Afrikanervolk.  

    Sonder die velling val die wiel uitmekaar, soos tans met die Afrikaners die geval is, waar elke speek op sy eie die vrag probeer dra.  Die speke moet sterk en gesond wees en mag nie met mekaar wedywer nie.  Die speke alleen kan die vrag egter nie alleen dra nie.  ‘n Wiel kan ook nie net een of twee speke hê nie en al die speke word in die naaf in ‘n hegte eenheid saamgesnoer.

    So ‘n Afrikanerowerheid is nie ‘n poliktieke party nie, funksioneer op bilaterale vlak met ander volke en regerings, ook die regering van die RSA, en is die eerste stap na vryheid.  

    Gelukkig is daar tans groeiende kragte aan die werk om die Afrikanerwiel te monteer.  Elke Afrikaner se voorbidding word benodig om hierdie poging te laat slaag.

    Die individuele verootmoediging van ‘n ganse volk wat daagliks op hul knieë die alleenheerskappy van ons Hemelse Vader erken en sy leiding afsmeek sal meehelp dat die Staalvelling weer ons volk in ‘n hegte eenheid verenig om die delikate onderhandelings tussen die speke te laat slaag. Dan kan hulle die Afrikanerwiel weer aanmekaarsit en kan ons ‘n onseker toekoms tegemoetgaan.

    Dan kan ons weer skouer aan die wiel sit en enige aardse uitdaging weer die hoof bied.magic owlФильчаков прокурор

  • Terug na Afrika (2)

    Dit is nou presies ‘n jaar gelede dat Jacob Zuma staatspresident geword het, en net soos Herman Toerien, wil ek my indrukke van hom ook met u deel. 

    Ongeveer twee jaar gelede, byna ‘n jaar voor sy bewindsaanvaarding, het ek ‘n positiewe artikel oor Jacob Zuma in ‘n internasionale tydskrif geskryf, waarvoor ek baie slae gekry het op hierdie forum.  Ek het daardie artikel opgevolg met “Hoe ek Jacob Zuma ken,” wat ek kort voor sy verkiesing op hierdie werf geplaas het.  Daarin het ek breedvoerig oor die man se luistervermoë uitgewei en was ek positief oor Afrikaners se vooruitsig onder sy bewind.

    Daardie twee artikels was in ‘n pre-Pietersburg verwysingsraam geskryf.

    Tydens die 52ste Nasionale Konferensie in Desember 2007 was verskeie ANC-beleidstandpunte geformuleer wat ons waarskynlik óf geïgnoreer het, of as ‘n wenslysie beskou het.  Na die Pietersburg konferensie het dinge vinnig gebeur.  Mbeki is ‘herroep’, Motlanthe is tydelik in sy pos aangestel totdat die regsgeding teen Zuma uitgeloop het.  Dit sou Zuma ook die geleentheid gun om sy posissie op voetsoolvlak te verstewig.

    Tydens hierdie veldtog het Malema sy gewraakte woorde van “…ek sal mense doodmaak vir Zuma…” geuiter het.  Daarmee het hy die ANC se werklose jeugliga, wat meer as 50% van daardie party se kiesers verteenwoordig, opgesweep om te verseker dat Zuma aan bewind sal kom.

    Dit is dus nie vergesog om te aanvaar dat Zuma uitdruklike opdragte van Luthuli-huis ontvang het om die wenslysie van Pietersburg te verwerklik nie, anders waai sy kop ook nes Mbeki s’n.

    Vandag besef ek hoe die pre-Pietersburg paradigma my oordeel oor die man beïnvloed het.  Voor daardie konferensie het ek die pos van staatspresident as die belangrikste magsentrum van die land beskou, soos in vroeër jare onder Mandela en selfs Mbeki.  Toe kon die Prez uit sy blote gesagsposissie bepaal wat die atmosfeer in die land sal wees, hoe verskillende volksgroepe mekaar sal bejeën, en wat die rolle van Cosatu en die SAKP in beleidsbepaling sal wees.  Zuma, met sy vermoë om konflikte te ontlont, was dus vir my ‘n baie beter opsie as Mbeki.  Sy bereidwilligheid om met die Boere gesprek te voer, was waarskynlik die onderliggende rede vir my afleiding.

    Die pos van staatspresident is egter nou tot ‘n leë dop uitgekalwe, soos een van daardie groot volstruiseierdoppe wat by toeristewinkels verkoop word.  Binne is niks met ‘n gat aan die een kant.  Al die lewe is daaruit gesuig, sonder enige toekoms of hoop op lewe.

    Pleks daarvan om die president van Suid-Afrika te wees, is hy vandag slegs die president van die ANC se werklose kiesers.  Anti-ANC stemmers het geen bestaansreg in vandag landsbeleid nie. Daar sal voortaan met geweld regeer word, en alle top poste vir kaders gereserveer word.

    Sy ganse strategiese fokus is om die ANC aan bewind te hou, al moet Suid-Afrika daardeur vernietig word.  

    Onder die besluite wat in Piersburg geneem was, kan die staatspresident  nie die morele leier van die nasie wees  nie.  Inteendeel, met Zuma se bewindsaanvaarding het die konsep van moraliteit heeltemal by die venster uitgevlieg.

    Hy versinnebeeld ‘n slaaf wat geen besluite, goed of sleg, mag neem nie. Sy leierskap is leeggetap.  Dit hou hom in ‘n eindelose donker wêreld – leeg en sonder inhoud, verlam, ontman en ‘n instrument van ‘n onsigbare magskliek wat die land plunder.  Dit sal dus in die tgoekoms sinneloos wees vir Afrikaners om hom weer te besoek om gepaai te word. Daarvoor het hy sy eie nes sodanig bevuil dat alle agting vir die posisie van Staatspresident nou verspeel is.  Die beloftes wat hy by sulke gesprekke maak sal nooit uitgevoer kan word nie, want hy het geen gesag van sy eie meer nie. Sy hanteerder is daardie klein 28-jarige Hitlertjie, u weet daardie mannetjie wat nie van witmensneigings hou nie.       

    Westerse moraliteit is nou taboe, desnieteenstaande die feit dat die land se bevolking breedweg uit twee konflikterende beskawingsgroepe bestaan, die Afrika- en die Christelike beskawing.  Dit verg daaglikse kompromieë om konflik te vermy.

    In enige beskaafde land sou ‘n president se buite-egtelike kind by ‘n jong meisie sy dienstermyn onmiddelik beëindig het, maar nie hier nie.  Hier word so ‘n daad as manifestasie van sy manlikheid beskou in ‘n kultuur waar testosteroon vlakke die man maak, nie sy intellek of gedrag nie. Dit is dus nie vreemd dat meer as 5,7 miljoen van die land se bevolking HIV-positief is nie.

    Tydens die huwelikseremonie van sy derde vrou het ‘n twintigtal jong impi’s ‘n uitgegroeide bul met hul kaal hande vermoor.  Die ontsettende geskreeu, die stof en die bloed is bewys van hul manlikheid, wat met geweld geassosieer word.  Hierdie manlikheid word geïllustreer deur die daaglikse haatmoorde op boere, waar verkragting, marteling  en sadistiese verminking van onskuldige mense hoogty vier.

    Politici en polisie offisiere versoek ons om hierdie wandade nie te verpolitiseer nie, maar om dit as ‘gewone’ misdaad te beskou.  Maar hoe kan dit gewone misdaad wees, as dit soos die bulmoord uitgevoer word?  Hoe is dit dan dat niks gesteel word behalwe die lewens van beskaafde Christelike landsburgers nie?

    Die westelike beskawingskomponent van ongeveer vyfmiljoen mense, wit en bruin, moet maar gewoon hul misnoeë sluk en die hoon verdra wanneer hulle van rassisme uitgekryt word.  Hulle moet gewoon met hul lewens aangaan totdat hierdie makabere multikultibestel inmekaartuimel, volgens Zuma se regeerstyl.

    Ja, daardie deel van Zuma het ek nie voor Pietersburg geken nie.  Hy is dus die groot teleurstelling van die afgelope twaalf maande.

    In die nuwe styl mag niemand besluite neem nie — slegs die kgotla van die gepeupel.

    Jacob Zuma het Suid-Afrika na Afrika teruggeneem.

    психофизиологическое исследование с применением полиграфаДанильченко Юрий Харьков