praag.co.za

Category: Menings

Rig briewe aan: briewe@praag.co.za.

  • ‘Afrikaner-elite’ kleef krampagtig aan verslete identiteit

    ‘Afrikaner-elite’ kleef krampagtig aan verslete identiteit

    Die probleem met die Afrikaner-elite is dat hulle hulself as “progressief” beskou, maar in wese nie besef dat ons nie meer in die 80’s leef nie. Hul beweerde gronde vir hul verset teen die Afrikaner, nl. apartheid, het lankal verdwyn.

    Hulle weier om te aanvaar dat die bordjies verhang is en dat om steeds hulself teen die Afrikaner te verset, dieselfde is as om ‘n eens magtige resiesperd, wat intussen geval het en nou op die grond lê, aan te hou skop.

    Die Afrikaner-elite se grootste probleem is dat hulle hele identiteit sodanig saamgestel is om wit oorheersing af te takel. Wit oorheersing is al lankal ‘n vergetelheid, maar die Afrikaner-elite se identiteit het egter onveranderd gebly.

    Nou dat die Afrikaner-elite nie meer hul identiteit kan manifesteer deur apartheid te probeer aftakel nie, omdat apartheid iets van die verlede is, probeer hulle allerhande nuwe maniere vind om relevansie aan hul identeit te verleen.

    Dit is hoekom Max ons nog so nou en dan herinner hoe sleg apartheid was – om apartheid af te takel is al wat hy het en ooit sal hê en die enigste manier hoe hy kan waarde toevoeg tot die samelewing.

    Dit is egter onverklaarbaar hoekom jonger generasie opkomende Afrikaner-elites, soos Adriaan Basson, die identiteit van ‘n anti-apartheid stryder probeer aanneem. In ‘n land waar al ons probleme te make het met die huidige regering en die onderontwikkeling in Afrika, moet ‘n mens hard probeer dink om te verstaan wat Basson en Kie. se insentief nou eintlik is om ‘n anti-Afrikaner propagandaveldtog voort te sit. Geld? Politieke druk?

    Die kommentaarareas van Netwerk24 is altyd net vol kritiek teenoor die skrywers en menings wat gepubliseer word – niemand is meer lus vir verligte witmense se gesanik oor hoe jammer witmense moet wees nie en hoe alles witmense se skuld is nie. Die Beeld se lesertal het bv. met 40000 gedaal na die Beeld se skaamtelose gelykstelling van die Puk-kampus aan ‘n Nazi-opleidingskamp.

    Klaarblyklik steur Naspers hulle nie aan al hul lesers se kritiek nie, want hulle ploeter net voort in dieselfde rigting. Inderdaad interessant.

    My eintlike vraag is: hoe kan die “gewone” Afrikaner sy verset teen die verloopte Afrikaner-elite manifesteer? In Amerika is Donald Trump en in Engeland Brexit onderskeidelik die fasiliteerders vir die populistiese verset van hul “gewone” mense teen die elite. Wie/wat is die Afrikaner se fasiliteerder?

    Wat my ook bekommerd maak, is die feit dat dit Amerikaners en Europeërs omtrent ‘n dekade geneem het om wakker te skrik en ‘n massiewe teenreaksie teen die elite se immigrasiebeleid en linksheid te toon. Wit Suid-Afrikaners word al vir twintig jaar gemarginaliseer en geteiken deur aggressiewe wetgewing, maar slegs enkele stemme het al in opstand daarteen gekom.

    Die linkse propagandamasjien, Naspers, moet eenvoudig vervang word deur ‘n medium met ‘n meer gebalanseerde en pro-Afrikaner inslag. Ek meen, Beukman gebruik die woord “ironie”, maar besef hy nie dat die grootste ironie is dat ‘n Afrikaanse koerant, wat ten minste vir goeie besigheidsdoeleindes pro-Afrikaans behoort te wees, vir hom en sy meelopeers anti-Afrikaanse lugtyd gee.

    Dit is net so goed KFC stuur ‘n veldtog van stapel om mense aan te moedig om op te hou hoender eet, omdat ‘n vegetariese lewenstyl beter is.

    Basson en Gouws en Max se stemme moet versmoor word deur teenvoeterstemme van jong, pro-Afrikaanse, pro-Afrikaner mense wat ‘n nuwe mentaliteit ten toon stel.

    Maar, wie kan Naspers, die elites van alle Afrikaner-elites moontlik vervang?

    RSA Patriot

  • Eureka! ek verstaan nou die sin van die Angola-oorlog

    Eureka! ek verstaan nou die sin van die Angola-oorlog

    Die nagtelike ”river crossing” iewers diep in Angola en die krokodille waaraan ek nou eers dink het eindelik ‘n lig vir my aangeskakel oor die sin van ons grensdiens.

    Ek meen vir elkeen wat swaar sluk aan die sogenaamde nuwe Suid-Afrika en terugdink aan ons opofferings – baie het die hoogste offer gebring en ‘n ererit op die kanonwa verdien (erkenning aan Botties se Huilwater) – bly die sin van die oorlog ons ontwyk.

    En die rede, vir ons frustrasie en soeke na sin is so voor die hand liggend dat ons dit nie raaksien nie. Ons weet ons het militêr meestal die oorhand gehad en dit saam met NP-Broederbondpropaganda dat ons militêr ons doelwit bereik het, naamlik om:

      -Tyd te wen vir ‘n vreedsame skikking
      -Angola van die Kubane te bevry
      -Kommunisme teë te staan
      -Die Kaapse seeroete vir die Weste te beskerm en ek weet nie watse twak nog alles nie

    Dít alles saam is wat ons verwar, frustreer en veroorsaak dat die sin van ons oorlog ons bly ontwyk, want as ons ons oë oopmaak sien ons die vyand se vlag wapper van die Kaap tot aan die kaplyn.

    En dié teenstrydigheid sal jy net verstaan as jy besef dat ons die oorlog jammerlik verloor het. Ons mog die veldslae gewen het en die militêre doelwitte bereik het in ‘n oorlog waar almal behalwe die Afrikanervolk se belange gedien is.

    Ons het toe nooit baklei dat “die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly” nie, want dit was nooit die doelwit van ‘n verloopte geslag Afrikaners wat te jonk was vir die Engelse oorlog of 1914-Boere-opstand nie en te oud of sleg was om ons grensoorlog mee te maak.

    Daardie geslag “Baby Boomers” wat net wou geld maak en nooit ‘n druppel bloed gestort het nie en uit volle bors gesing het:

    “Ons sal lewe JULLE sal sterwe” (erkenning aan Freek)”

    Maar ek het gesê ek het gisteraand die eerste keer die sin verstaan van ons oorlog:

    Ons was bereid, tot die dood toe bereid, tot oneindige risiko vir die ideaal waarvoor ons gedink het ons veg, naamlik:

    “dat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly”

    Maar soos Botties die ander dag vir my geskryf het:

    “Dis waar Jan die tyd stap onverbiddelik aan, maar ons gaan nog tot die 15de rondte in die kryt bly, dit moet die bliksems weet.”

    En dit is sinvol om bereid te wees om vir jou kinders te sterf en om die fakkel van vryheid aan te gee aan die volgende geslag.

    – Jan Kruger

  • Ope brief: Hoe my kleuterskool deur die EFF en hoofstroommedia aangeval is

    Ope brief: Hoe my kleuterskool deur die EFF en hoofstroommedia aangeval is

    Anéll Engelbrecht, hoof van die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool in Centurion, verduidelik in hierdie ope brief hoe haar lewe permanent verander is deur ongegronde aantygings van rassisme deur die hoofstroommedia en die EFF.

    My beskermende, bevoorregte wit Suid-Afrikaanse lewe het binne 48 uur radikaal verander en sal nooit weer dieselfde wees nie…

    Rassisme… Ons hoor dit daagliks, lees daarvan orals, maar die laaste twee dae het dit my gedagtes oorheers en my persoonlik geraak.

    Ek deel my lewe elke dag met soveel swart mense wat ek finansieel, emosioneel, liggaamlik en geestelik versorg. Ek eet, huil, lag, werk en bid saam met hulle en hulle bel my enige tyd dag of nag as daar krisis is. ‘Jy is ons ma.’ Hulle is soos al my wit vriende, my dierbares…

    Ek ken Thabo en Nishani omtrent ʼn jaar. Sy het Nishani by my skool in Irene ingeskryf, maar ons het eers ongeveer drie maande gelede vriende geraak toe sy haar na my kleuterskool in Heritage Hill geskuif het. Sy is ʼn enkelma en omdat ek self vir ‘n lang tyd ʼn enkelma was, het my hart onmiddellik uitgereik na haar. Haar familie is in Botswana en haar helpers laat haar keer op keer in die steek. Haar grootste krisis was vervoer omdat sy lang ure werk en ek het aangebied om haar kind elke dag by die voordeur op te tel, skool toe te vat en in die middag weer huis toe te vat.

    Ek doen hierdie vir geen ander kind by die skool nie. My man moes later begin help, want ek het ‘n kleuterskool om te bestuur. My dogter smeek dat ek Nishani in haar klas moet indeel, want sy is so ʼn cute dogtertjie.

    Ons het nie swart kinders in ons skool nie. Behalwe Nishani, het ons net vir Emma, wat ek ook finansieel help en soms ook met vervoer help. Hoekom net twee swart kinders? Swart ouers stel nie belang om hulle kinders Afrikaans te leer nie. Het ek al ooit swart kinders weggewys by my skool? Nooit!

    Nishani begin binne ‘n paar weke woordjies sê en my man is baie in sy skik want een van die eerste woorde is “uncle William”. Hy stap soggens soos ʼn trotse pappa met haar in sy arms by die skool in. My dogters kry raas want Nishani kry nie kans om te loop nie, sy is heeltyd in hul arms.

    Sy is mal oor haar juffrou en roep heeltyd “Ané!” Ons word uitgenooi na haar doop, kry foto’s van hul naweke, ek praat Thabo moed in as sy huil op my skouers oor uitdagings by die werk, ek verseker haar die agterstallige skoolfooie is nie ʼn probleem nie, ens.

    Ons is saam bekommerd oor Nishani se “nappy rash” wat toe al die tyd ʼn infeksie was. Ons is vriende…

    22 Junie, 11:00 verander hierdie vriendskap in rassisme…

    Thabo se optrede stel ons skool se voortbestaan in gevaar. My lewe en my gesin word gedreig. Ek kry rassistiese oproepe wat dreig om my skool af te brand en my te kom “uitsort”. Ek kry e-posse wat my ʼn barbaar, rassis, evil en verleentheid vir Christene noem!

    My kinders verstaan nie. “Mamma hoekom doen Nishani se ma dit?” “Gaan ons nooit weer Nishani sien nie?” “Hoekom dink die tannie ons was lelik met Nishani?”

    Vir die eerste keer moet ek rassisme aan my kinders verduidelik…

    My dogter is gebreek. Sy wil opskop en nie meer onderwys studeer nie. Sy wil nie meer ʼn juffrou wees nie. Nishani was elke dag in haar klas en sy is nog nooit anders behandel as ander maats nie. Nooit!

    Nadat die stof gaan lê met mediaonderhoude, EFF-betogings en honderde oproepe waarin ek heeltyd omstandighede rondom die foto moet verduidelik, besef ek drie dinge:

    1. Gebede van gelowiges is AL wat mens dra in krisistye
    2. Wanneer daar rassisme in jou hart is, sal jy dit in alles sien. Die teenoorgestelde maak dat jy ʼn foto stuur sonder om te dink en te kyk, want jy glo daar is verhouding…
    3. Ons moet ERNSTIG bid vir ons land!

    Mev. EFF wat my nie in die oë kan kyk wanneer jy vir my vertel my mense het jou mense se land gesteel nie, terwyl jou mense op en af spring en “voertsek en f***f” sing, hoeveel rassisme is in jou hart?

    Thabo, jammer vir jou pyn. Jammer vir die rassisme in jou hart. Ons mis Nisha!

    Of my skool toegemaak gaan word of geforseer gaan word om in Engels te onderrig, weet ek nie.

    Maar elkeen moet self bepaal hoeveel rassisme in jou hart is.

    Dit sal jou lewe en optrede teenoor ander bepaal en net dit sal ons land kan red!

  • Brief: Aanvalle op Afrikaanse onderwys is volksmoord

    Brief: Aanvalle op Afrikaanse onderwys is volksmoord

    Die beskawingspeil in die sogenaamde “Nuwe Suid-Afrika” het nou tot dié punt gedaal dat volksmoord nie net blatant gepleeg word nie; dit word met akademiese paaiwoordjies en retoriek deur paap en professor goedgepraat.

    Onderstaande brief het ek op 28 Februarie 1996 aan Rapport gestuur. Dis nie geplaas nie, want die oorgaweproses deur die Nasionale Party-regering onder druk van die buiteland en groot geldbelange wat onder andere die terrorisme van die ANC en SAKP gefinansier het, was op dié tydstip ‘n fait accompli.

    Geagte meneer,

    Deur Afrikaansmedium skole en Afrikaanse tersiêre inrigtings se taal van onderrig (onderwyskultuur) te wil verander en deur Afrikaans drasties af te skaal op die groot openbare kommunikasiemedium, televisie, word daar nie net ongrondwetlik (volgens die oorgangsgrondwet) opgetree nie (‘n taal se status sal nie aangetas of afgeskaal word nie, eerder uitgebou word), maar daar word geflankeer met ‘n veel ernstiger misdaad: Volksmoord (genocide).

    In die Suid-Afrikaanse Regskommissie se werkstuk oor Groeps- en Menseregte, Werkstuk 25, verskyn daar op bl. 334, die volgende oor volksmoord:

    11.28 ‘Sedert die stigting van die VVO (nou VV) is vier belangrike konvensies aangegaan wat minderhede beskerm, te wete:

    i) Die Volksmoord-konvensie van 9 Desember 1948 (Die Konvensie met betrekking tot die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad van Volksmoord)

    11.29 Die Konvensie bepaal dat aantasting van ‘n nasionale, etniese, rasse- of religieuse groep met die doel om dit ten dele of in die geheel te vernietig, strafbaar is. Onder volksmoord word nie alleen gereken die doodmaak van lede van die groep nie, maar ook die berokkening van ernstige liggaamlike of sielkundige leed aan lede van die groep…’

    Kan die afdwinging van ‘n ander taal van onderrig of die gedwonge integrasie van rassegroepe nie gereken word as ten minste ‘ernstige sielkundige leed’ wat die lede van ‘n bepaalde bevolkingsgroep aangedoen word nie?

    Terloops, ek wonder nog die heel tyd wie organiseer die sogenaamde ‘studente-opstootjies’ by Afrikaanse onderwysinstellings. Nee, dit gebeur nie spontaan nie. Terugskouend het geen rewolusionêre beweging nog ooit in die geskiedenis van die mensdom spontaan ontstaan nie.

    En wat is dié betogings, optogte, sitproteste, vullisstrooiing en opstootjies met gereelde tussenposes anders as ‘n gestadigde rewolusie of omvergooiing van werkende strukture?

    -Elma Potgieter, aktrise en skryfster

  • Brief: Waaraan is Lee Harvey Sparrow presies skuldig?

    Brief: Waaraan is Lee Harvey Sparrow presies skuldig?

    Ek was verstom om te verneem dat die Gelykheidshof Penny Sparrow met ‘n allemintige R150 000 beboet het. Mense wat ernstige misdade soos aanranding of dwelmhandel pleeg, kom dikwels weg met ‘n veel kleiner boete, dikwels so min soos R1000.

    Tweedens is ek nie seker daar bestaan eens so ‘n persoon soos sy nie. Me Sparrow het nie eens by haar verhoor in Suid-Afrika se kangaroehof opgedaag nie. As ons egter aanneem dat daar inderdaad so ‘n persoon is, en sy nie net ‘n fiktiewe Lee Harvey Oswald-tipe sondebok is nie, vind ek dit ook moeilik om te begryp presies waaraan sy presies skuldig is.

    Die linkse Rand Daily Mail berig byvoorbeeld hier dat me Sparrow skuldig bevind is aan “racist speech.” Ek is geen regsgeleerde nie, maar ek het nog nooit van ‘n gedefinieerde regsterm bekend as “racist speech” gehoor nie. Bestaan daar so ‘n definisie in die Suid-Afrikaanse reg? Daar is wel iets soos haatspraak, maar haatspraak het ‘n baie eng definisie: Dit is spesifiek uitlatings wat geweld teenoor ‘n groep aanhits (“Kill the Boer”). Om bloot te kla oor rommelstrooiery op strande, voldoen baie beslis nie aan hierdie definisie nie. Lee Harvey Sparrow het ook nie op Facebook aanbeveel dat rommelstrooiers fisieke leed aangedoen moes word nie, dus kan sy nie skuldig wees aan die eng definisie hierbo verskaf nie.

    Waar daar wel in die verlede rassistiese insidente was, was die regsmenings waarvan ek gelees het dit eens dat die klag van crimen iniuria eerder teen die beweerde rassis gebruik moes word. Lee Harvey Sparrow is egter juis nie van crimen iniuria aangekla nie. Weer eens, ek is geen regsgeleerde nie, maar ek sou dink ‘n suksesvolle vervolging vir crimen iniuria sou vereis dat ‘n indiwiduele klaer sou moes kon bewys dat sy eer of aansien regstreeks gekrenk is deur Lee Harvey Sparrow se uitlatings. Dit was egter die ANC wat die klag teen haar ingedien het en nie een van diegene waarna sy verwys het nie, naamlik die rommelstrooiers op die strande nie.

    Hierdie inskrywing op Facebook was R150 000 werd: vir die Oliver en Adelaide Tambo-stigting.
    Hierdie inskrywing op Facebook was R150 000 werd: vir die Oliver en Adelaide Tambo-stigting.

    Dit was dus ‘n soort klasaksie teen Lee Harvey Sparrow namens ander mense, en die betrokke klas van klaers blyk meestal uit professioneel gekrenkte politici te bestaan. Lee Harvey Sparrow het dit duidelik gehad teen ‘n baie spesifieke groep: Rommelstrooiers. Het daar een enkele rommelstrooier, in sy indiwiduele hoedanigheid, ‘n klag teen Lee Harvey Sparrow ingedien omdat hy skaamkwaad was oor sy eie gedrag op die strand? Nee; die politici het eerder namens die rommelstrooiers besluit húlle eer is gekrenk. As ek op straat loop en toevallig hoor hoe Jan vir Piet ‘n donkie noem, mag ek dus namens Piet ‘n klag gaan indien, al maak Piet nie self so nie?

    Die grootste probleem wat die politici het, skyn te wees dat Lee Harvey Sparrow geskryf het dat swart rommelstrooiers op strande apies sou wees. Dit is uiteraard nie letterlik bedoel nie, en sulke vergelykings is algemeen. Hillary Clinton het byvoorbeeld, met verwysing na oudpresident Clinton se seksuele eskapades, gesê dat “(Clinton) is not an easy dog to keep on the porch”. Me Clinton moet haar sterre dank dat sy nie in SA woon nie, want Bill sou haar maklik voor die kangaroehof kon sleep en haar daarvan verkla het dat sy beweer hy is letterlik ‘n hond. Ons kinders sou ook destyds my ouers ook kon verkla dat hulle gese het ons was varkies omdat ons kamers so omgekrap was.

    Niemand, behalwe die professionele slagoffers in Suid-Afrika, is egter so onnosel om te wil hof toe hardloop oor so ‘n onbenulligheid nie. Bill Clinton sou verstaan het dat Hillary bedoel het hy gedra hom soos ‘n rondloperhond, en nie dat hy letterlik ‘n stert en skerp tande het nie. Ek en my sussies het eweneens verstaan dat ons ouers nie bedoel het dat ons letterlik otjies was nie, maar dat ons ons eerder soos varke gedra het. Mens noem dit ‘n vergelyking of dan ‘n metafoor, en die vergelyking met dierlike gedrag handel duidelik oor ‘n bepaalde gedragspatroon.

    Al hierdie dinge klink vir my heeltemal te vreemd en die uitspraak is eintlik soos ‘n boendoehof s’n vir my. Siende dat dit nou egter aanvaarbaar is om iemand kangaroehof toe te sleep vir ‘n dieremetafoor, en as dit dan wel gaan oor veralgemenings wat teen ganse groepe gemik is, wat maak mens dan oor die talle skelwoorde en beskuldigings wat daagliks teenoor blankes geslinger word? “White privilege”, “gronddiewe” en dies meer? Is dit nie tyd dat blankes ook namens ons eie pro-forma-slagoffer, ons eie Lee Harvey van der Merwe, ‘n klag by die kangaroehof indien omdat ons as groep die uitsprake van die ganse ANC en EFF grof kwetsend vind nie?

    – John Visagie

  • Brief: Transnet se hantering van pensioenfondse grens aan misdaad

    Brief: Transnet se hantering van pensioenfondse grens aan misdaad

    Om onlangse koerantberigte te lees dat die trustees van die twee Transnet-pensioenfondse winste van hierdie fondse tot die bedrag van R309 miljoen aan Transnet geskenk het, grens aan misdaad.

    Hierdie is deel van ‘n totale eis wat tussen R60 miljard en R100 miljard beloop en is die resultaat van talle – en klaarblyklik bedrieglike transaksies waarvan die enigste doel blyk te wees om die maatskappy tot hulp te wees en die pensioenarisse te beroof.

    Soos ek verstaan, is daar 5 trustees van hierdie twee fondse, waarvan almal vorige werknemers van die maatskappy was. Almal van hulle is onder verpligting om na die welsyn van die pensioenarisse (en hulleself) om te sien. Dit is gewetenloos om te dink dat hulle ten gunste van so ‘n mosie sal stem, tensy hulle betaalde speelpoppe van die maatskappy is.

    Om dit anders te stel: ‘n Vriend gee vir jou geld om te belê en wanneer hy dit na ‘n paar jaar wil terughê, sê jy vir hom: “Jammer, my vriend, ek het dit aan ‘n maatskappy gegee wat vrygewig teenoor my was.”

    Die pensioenarisse se eis – as ‘n geheel – oorskry Transnet se jaarlikse omset, en dit sal interesant wees om te weet hoe Transnet ‘n eis van hierdie grootte sal kan betaal, en wat Transnet in dieselfde kategorie as SAL, E-Toll, Eskom en meeste ander ondernemings wat deur hierdie regering wanbestuur word, sal plaas.

    Dit is vertroostend vir die pensioenarisse dat hulle oor ‘n regspan van onbetwisbare reputasie en ondervinding beskik, wat daartoe gelei het dat die regter meeste van die verweerders se besware in hierdie groepsgeding verwerp het en die pensioenarisse se regspan twee weke gegee het om antwoorde oor ‘n paar kleiner besonderhede waaroor hy meer duidelikheid verlang, te verskaf.

    Mens kan maar hoop dat wanneer dit gedoen is, sal die regter empatie met die pensioenarisse betoon deur te beveel dat hierdie saak met die dringendheid wat dit verdien, sal voortgaan.

    Dit sal ‘n mate van hoop laat ontstaan dat die oorblywende ontvangers (meer as tien van hulle sterf elke dag af) van hierdie fonds – wat regmatig aan hulle behoort – eendag aan hulle gegee sal word.

    – Carl Hammersen

  • Brief: Is daar nog hoop vir ʼn volkstaat vir Afrikaners?

    Brief: Is daar nog hoop vir ʼn volkstaat vir Afrikaners?

    Die volkstaatgedagte vir Afrikaners bly sluimerend en ontlok die spesifieke vraag of Afrikaners nog enigsins in onafhanklikheid belangstel. Daar is weliswaar ʼn “klein” groepie Afrikaners wat dink en glo sesessie is die enigste oplossing vir oorlewing en bewaring van volksidentiteit. Die saamwerk- en saamboumentaliteit is oorheersend by Afrikaners ten koste van selfregering. Statisties is daar sedert 1994 ʼn deurlopende afname in steun vir ʼn volkstaat.

    Volksbelang is tans gesetel in so ʼn klein groepering dat dit vir alle praktiese doeleindes geen bedreiging inhou vir die huidige regime nie. Internasionaal is daar geen minimumgetallebasis vir ʼn onafhanklike staat nie, maar noemenswaardige ondersteuning moet gedemonstreer kan word om genoegsame druk nasionaal en internasionaal uit te oefen om ernstig opgeneem te word.

    Met rassisme meer in die kollig, word daar onverpoos gewerk om blankes as die bron van alle kwaad te etiketteer. Dit is ʼn wêreldwye neiging met die verskil dat anti-blanke aktiviste sterker teenstand kry in Europa en die VSA. Rassisme neem die vorm aan van die denkskool (of afwesigheid van denke) wat dit formuleer. Sommige beweer dit is ʼn sosiale konstruk? As jy pro-wit is, is jy ʼn rassis. As jy jou eie mense in diens neem, is jy ʼn rassis. Die reaksies op sogenaamde rassisme in Suid Afrika is ligsinnig, oppervlakkig en skoorsoekend.

    Ras dui op biogenetiese verskille. Kulturele verskille is sekerlik ook ʼn onderskeidende aspek. Ras manifesteer hoofsaaklik in fisiese fenotipes soos velkleur, vorm van die oë, haartekstuur, beenstruktuur en beklemtoon ook gedragsverskille wat deur kultuur en tradisie begrond word. Daar kan selfs onderskeid getref word by aspekte soos intelligensie of voorkoms van misdadigheid. Om allerhande teorieë oor die nie-bestaan van rasse te formuleer en dit as ʼn sosiale konstruk voor te hou, is onsinnig. Goeie grense maak goeie bure, of dit nou spreekwoordelik of letterlik is, dit is die oplossing vir die rassehisterie. Om pro-eie-ras te wees, is natuurlik en behoort deur rasgenote bevorder te word.

    Die antitese van segregasie is integrasie. Met segregasie behou ʼn spesifieke bevolkingsgroep sy homogeniteit en kan sy kultuur, tradisies en waardesisteme uitleef. Met gedwonge integrasie word ʼn spesifieke volk sy waardesisteme ontneem en word lede van daardie groep onderwerp aan vreemde simbole, leefwyses, aanneem van die waardes van ʼn nasiekultuur, ens. Met ander woorde, gedwonge integrasie is volksmoord.

    ‘Daar is inderdaad ʼn slagting aan die gebeur juis as gevolg van die prysgawe van soewereiniteit’

    Enkele artikels is geskryf oor selfbeskikking se onhaalbaarheid in die huidige tydsgreep. Sterk argumente word aangevoer wat soms irriterend korrek is binne die konteks van die internasionale reg en uitgangspunte van die VN oor selfbeskikking. Mens moet sekerlik die volkereg en deklarasies van die Verenigde Nasies respekteer, maar die vryheid van ʼn volk word nie gemeet aan reëls nie. Vryheid gaan eerstens oor die volkswil om vry en selfregerend te wees. Daar is geen instansie, nasionaal of internasionaal waar mens aansoek doen vir selfbeskikking nie. Goedkeuring word van die volk verkry, nie van state of geregshowe nie.

    Hoe lank wil Afrikaners nog hoop op herstel en help bou aan die reeds verrotte Suid-Afrika en lojale onderdane van die regering wees? Hoe lank gaan wittes nog wetteloosheid ondersteun deur hul apatie en ywerig bou aan die reënboognasie terwyl daar verskillende vorme van volksmoord plaasvind? Daar heers ʼn kultuur en klimaat van willoosheid om standpunte te stel en te veel aanvaar die daaglikse gruwels op Afrikaners asof dit onaanvegbaar is. Om die verantwoordelikhede en werksaamhede van mislukte owerheidsinstellings oor te neem, is nutteloos vir Afrikaners.

    Die enigste werkbare of eerder oorleefbare opsie vir Afrikaners is eksterne selfbeskikking. Dit is die enigste ware vorm van selfbeskikking en word beskryf deur primêre en remediërende regsteorieë. Die enigste probleme waarmee die Afrikaner te make het, is geïdentifiseerde grondgebied en die wil om onafhanklik te wees. Dit is ‘n kwessie van ‘n besluit te neem. Sonder besluite gaan niks gebeur nie en sal die huidige volksmoord, marginalisering, uitsluiting en gedwonge integrasie vernietigend wees.  In dié opsig is die Afrikaner sy eie vyand deur apaties te wees.

    Buiten teorieë wat selfbeskikking en regverdiging vir eksterne selfbeskikking definieer en omskryf, is daar ook doktrines soos erga omnes en jus cogens wat regverdiging bied vir aansprake op selfbeskikking binne die konteks van volksmoord. Sou die Afrikaners in Suid-Afrika wel aanspraak maak op eksterne selfbeskikking of selfs grondgebied beset en eensydig onafhanklikheid verklaar sal die uti possidetis-beginsel die grootste regstruikelblok wees om te oorkom. Die handhawing van staatsoewereiniteit en integriteit van nasionale grense is ʼn universele norm. Dit gee uiteraard ook die regering van die dag die reg om enige opstand wat sy soewereiniteit bedreig met geweld te onderdruk.

    Afrikaners het hul staatsoewereiniteit prysgegee met die inklusiewe verkiesing van 1994. Voormalige president De Klerk het die prysgawe van soewereiniteit verdedig met die aanvoering dat die aanslag op Suid-Afrika tot ʼn slagting van die Afrikaners sou lei. Daar is inderdaad ʼn slagting aan die gebeur juis as gevolg van die prysgawe van soewereiniteit. Afrikaners is uitgelewer aan verskeie vorme van volksmoord as gevolg van die NP-regering se kapitulasie. Afrikaners ervaar toenemende marginalisering en degradering onder die nuwe demokratiese bestel. Demokrasie in Suid-Afrika het reeds ontaard in ʼn tirannie vanweë die regerende party se oorweldigende steun.

    Die vraag is wat vorentoe? Gaan die klein aantal Afrikaners wat voorstanders van ʼn volkstaat is die projek gestruktureerd en eendragtig aanpak? Gegewe die demografiese realiteite en bevolkingsaanwassyfers, sal Afrikaners nooit weer binne die demokratiese bestel enige noemenswaardige verteenwoordiging geniet nie. Hierdie klein minderheid het net twee opsies om te oorleef: Volkstaat of emigrasie. Totale verswelging/integrasie is ophande.

    – Johan Wiggill

  • Hoekom is die swart jeug militant Max?

    Hoekom is die swart jeug militant Max?

    Ek wou antwoord op Max Du Prees se rubriek “Haat rasse mekaar meer?”, maar die leserreaksies was egter alreeds gesluit, vermoedelik om Max se ongwildheid weg te steek.

    Ek glo nie dat rasse mekaar meer of minder haat in Suid Afrika nie, maar daar is nog steeds die radikale narre wat die raskaart speel ter bevordering van hulle eie saak, en daardie narre is almal deesdae swart. En dit is deesdae baie makliker vir mense om hulle gevoelens in die openbaar te lug met sosiale media.

    Wat Max hier kwytraak is nie onwaar nie:

    Maar ons kan nie ontken nie dat die mislukking die afgelope twee dekades om ons gemeenskap minder ongelyk te maak en armoede en werkloosheid te beveg, verstaanbare redes is waarom veral jonger swart mense militanter gaan word.

    As swartes dan so militant geraak het teenoor blankes, is dit die hoofstroommedia se skuld en Max is deel van die probleem.

    Die media is doodbang om objektief te wees en verkies om swart politici te steun wat meen blankes is altyd die vark in die verhaal as dit kom by die tekortkomings van die regering en opvoeding van die swart massas.

    Om sake in perspektief te stel: Daar word baie meer kanse aan jong swartmense gegee as wat daar ooit in die apartheidsera aan blanke kinders gegee was. ‘n Blanke kind moes baie goed op skool gevaar het om op van die paar studiebeurse wat beskikbaar was te kon bekom. Dan is daar onder die wat aansoek gedoen het vir ‘n beurs die bestes uitgesif tot net die room oorgebly het. Die ander se ouers moes vir hulle studies betaal het of ‘n studielening by die bank uitgeneem wat dan terugbetaal moes word. Die wat wel ‘n beurs gekry het, moes ook nog bybetaal want die beurse daardie dae het nie vir ales betaal nie.

    In daardie jare “van Apartheid” het die ouers van vandag se jong swartmense egter hulle skole “wat die Apartheidsregering met blanke belastinggeld gebou het” afgebrand met die slagspreuk “Libiration before Education”.

    Die meeste blankes wat sukses gesmaak het in die Apartheidsera het dit bereik deur harde werk en nie net bloot omdat hulle bevoordeel was deur die regering nie.

    Opleiding was vir die swart kinders ook beskikbaar maar die militante het die skole afgebrand op die kommuniste soos Chris Hani se aandrang, “teen Afrikaans”.

    Die vraag is of hulle die skole ook sou afgebrand het as die onderrig Engels was en die Afrikaanse kinders het moedertaal onderrig ontvang het? Sou dit dan ook as onreverdig beskou gewees het?

    Daar was nie genoeg onderwysers om onderrig te gee in ander tale nie. Dalk was die opstand juis teen opvoeding gemik wat nie genoeg inhoud aan ‘n Afrikakultuur gegee het nie?

    Afrikanerkinders van die Apartheidsera is grootgemaak met ‘n idee van niemand skuld jou iets nie en jy moet maar self sorg om bo uit te kom en as jy nie kan nie dan is dit as gevolg van jou eie tekortkominge. Jy moet trots wees op jou verlede want dit is as gevolg van die offers van jou voorvaders dat jy vandag het wat jy het. Wees dankbaar vir alles wat jy het want al is dit min, is dit al wat jou ouers kon bekostig. Dit is net gestremde mense en swakkelinge wat van die staat hulp ontvang. Sorg dat jy nie vir iemand anders ‘n las is nie.

    En so kan ek aangaan. As dit vir jou vreemd klink het jy seker in ‘n huis grootgeword waar julle op mense soos ek neergesien het, en kan jy dus verskoon word vir jou uitkyk op die lewe wat jy in die media openbaar.

    En ja dan behoort jy skaam te wees vir wie jy is, nie omdat jy blank is nie maar omdat jy jouself so verhewe bo ander plaas.

    Is jy bereid om jou nek bloot te lê en ‘n reeks vergelykings te publiseer waar die swart kinders van vandag beter daaraan toe is as die blanke kinders van ouds?

    Ek glo nie enige publikasie anders as die sogenaamde “verregses” van Maroela en Praag sal dit plaas nie want dit is mos ongehoord om van ‘n swart persoon te verwag om die skuld vir sy ellende voor die deur van sy ouers, swart regering of hom self te lê as daar nog blankes in die land is.

    Dit is omdat die Media voorhou dat swart en blank met die selfde waardes grootgemaak is.

    Daarom is dit vir niemand geoorloof om te verwys na die opvoeding wat swartmense in hulle ouerhuise ontvang het nie want dit word as rassisties beskou.

    Daar word mos aangeneem dat blanke en swartmense deur die bank die selfde waardesisteme het en dit net is omdat blankes “rassiste” is dat daar nie vorentoe beweeg kan word nie.

    Daar word nooit ondersoek ingestel of daar wel ‘n verskil in kultuur en gewoontes is nie, en as daar is dan word van die blanke Afrikaner verwag om van sy kultuur, taal, gewoontes en waardesisteme ontslae te raak en die van swartmense aan te gryp.

    Dit is omdat die onderwerp van swart opvoeding ‘n groot taboe is!
    Dit is omdat die media nie swart rassisme teenoor blankes so holrug ry soos die paar omgekeerde gevalle nie!
    Dit is omdat die blankes beskuldig word vir die tekortkominge van die swart regering en die media swyg en stel dit nooit reg nie!

    Julle laat die jong swartmense verstaan dat alles wat sleg is die blanke se skuld is.
    Julle laat die jong swartmense glo dat hulle leiers helde is omdat julle nie hulle belaglike uitlatings kritiseer nie.
    Julle sal nooit jong swart mense kritiseer vir hulle vernielsugtige optredes nie, nee, julle gee apartheid die skuld en nie die opvoeding wat hulle ontvang het nie.

    Julle sal nooit tot die slotsom kom dat blankes vir eeue lank in die Europese kultuur gegroei het en swartmense vir eeue lank in die Afrika kultuur gegroei het nie.

    Daar is daarom ‘n verskil tussen blank en swart en daar sal altyd ‘n verskil wees. As jy modder en roomys meng wil niemand dit meer hê nie.

    Ek wonder party dae of julle in die hoofstroom media ooit regtig omgee wat van Suid Afrika word, of ontvang julle geld vir al die ellende en verdeeldheid wat julle skep?

    Hoe gouer julle gaan besef dat julle en die ANC regering die oorsaak is vir die afgelope twee dekades se mislukking en nie Apartheid nie, sal niks verander nie en die gaping tussen wit en swart sal net groter word. Die polarisasie sal verdiep tot daar niks anders oorbly as oorlog nie.

    Jan Malan

  • Die onsigbare stryd

    Die onsigbare stryd

    Daar is ‘n sosio-ekonomiese probleem onder ons mense wat verbloem word deur die huidige politieke bestel. ‘n Probleem wat heel moontlik ‘n direkte invloed het op die onverstaanbare verdeeldheid binne die volk. ‘n Hartseer realiteit onder ons mense, veilig weggesteek onder die politieke onstabiliteit van die land.

    Wanneer ‘n mens kyk na die see sien ons hoe verskillende spesies gedurig kompeteer vir hulpbronne. Dit is eers as mens ondersoek instel na ‘n spesifieke spesie dat mens die onderlinge kompetisie binne die spesie of groep agterkom. Net so is Suid Afrika tans ‘n oseaan waar groepe meeding om mag, wat in kort niks anders as beheer oor die hulpbronne is nie, maar omdat die blankedom so erg versplinter is, vergeet mens om na die kompetisie onder hierdie groep te kyk as ‘n studie op sy eie.

    Internasionaal begin die gaping tussen die “Haves” en “Have not’s” al groter word en die middelklas verdwyn teen ‘n geweldige spoed. Die rykes word ryker en die armes word al meer en al armer. Omrede ons as volk opgeneem is in die groter Suid-Afrikaanse gemeenskap, waar nasionale probleme soos korrupsie, die waarde van die Rand en ander ekonomiese beginsels as maatstaf gebruik word, verbloem dit die gaping tussen die ryk wittes en die arm wittes. Blanke plankerskampe word blameer op die regering se onbevoegdheid om te effektief te regeer, terwyl ryk wittes rustig agteroor sit en nog meer geld maak.

    Om die probleem beter te verstaan moet ons vir ‘n oomblik van verbeelding gebruik maak en ons indink hoe dit sou wees as ons blankes ‘n land op ons eie was. Natuurlik sal daar die mense wees wat reken ons sou nie in so situasie wees as ons oor onsself beskik het nie, maar hulle vergeet gerieflik van die Bywoners, die Armblanke-vraagstuk en die gaping wat daar nog altyd geheers het tussen ons eie mense. Net soos enige ander homgene volk sou hierdie ekonomiese gaping ook onder ons volk groter geword het en sou die ongelukkigheid posgevat het in ‘n middel en laer klas wat al swaarder trek. In so oomblik van verbeelding sou mens baie duideliker kon sien wat is die verskil tussen ryk en arm binne ons eie volk.

    Die huidige politieke bestel beskerm egter die rykes in die volk, want almal blameer die regering. Dit is nou die verantwoordelikheid van die regering om die nasionale sosio-ekonomiese toestand aan te spreek en daar is geen volks-assosiasie betrokke of nodig nie. Sou ons ‘n homogene groep wees, sou die frustrasie heel moontlik teen groot kettingwinkels of myn magnate begin manefisteer het.

    Die ander dimensie van die probleem is dat die middelklas met ‘n morele kwessie gekonfronteer word wanneer dit kom by hulle ekonomiese frustrasie. Die gemiddelde huisgesin kry al swaarder, met ‘n groot skuldlas, en hulle oorleef letterlik net. In ‘n homogene gemeenskap sou dit genoeg rede wees om in die strate te vaar. Kyk ons na Europa sien ons hoe boere baie vinnig massa-aksies begin as pryse laag is. In Suid-Afrika is die middelklas egter weer so ver verwyder van die lae inkomste groepe wat bestaan uit miljoene mense wat in sink gehuggies bly, dat dit moreel verkeerd voel om te kla. Daar is miljoene mense wat nie elke dag kos het om te eet in Suid-Afrika nie en daarom hou die middelklas eerder aan om stil te bly.

    Het rykes ‘n morele plig om te sorg vir armes? Moet rykes verantwoordelik gehou word vir die gaping tussen ryk en arm? Die realiteit is dat die groter meerderheid ryk blankes/Boere/Afrikaners geen behoefte het om betrokke te raak by die voortbestaan van die kulturele kollektief nie. Ryk Afrikaners gebruik die Nuwe Suid Afrika as verskoning om nie betrokke te raak by die voortbestaan van ons kultuur nie en daar word aangeneem dat die res van ons moet “verstaan” dat hulle verhouding met die regering, wat direk gekoppel is aan hulle inkomste, gaan versuur indien hulle betrokke raak by die saak van die volk. Hulle beskerm dus net hulle persoonlike welvaart.

    Een van die grootste struikelblokke in ons stryd vir ‘n mate van selfbeskikking of volks-oorlewing is die tekort aan fondse. Die toetrede van die rykes tot die oorlewing van die volk kan soveel meer opsies genereer. ‘n Eie universiteit, ‘n stuk aarde wat self gekoop en ontwikkel word om werk te skep binne ‘n homgene gemeenskap, eie skole… die opsies is legio as daar genoeg fondse is. Op NAMPO die jaar is daar meer as 9 van die nuwe John Deere trekkers verkoop teen meer as R6 miljoen elk.

    Met R54 miljoen kon ons ‘n hengse stuk aarde koop, dit ontwikkel en vir ons mense ‘n veilige hawe skep. Miljoene word spandeer aan nuwe viertrekvoertuie, strandhuise en visvangbote om nie eerst te praat wat die troue van Christo Wiese se dogter gekos het nie. Verbeel jou vir ‘n oomblik manne soos Raymond Ackerman, Christo Wiese, Whitey Basson en die Ruperts raak betrokke by ‘n opheffingsprogram vir die volk! Dit sal internasionaal aandag trek en ons sal soveel kan bereik.

    As die ryskte boer in elke distrik net 2% van sy grond, (nie 50% soos die ANC vra of 80% soos die EFF vra nie)beskikbaar stel vir ons volke sit ons môre met grond oor die hele land. As die drie rykste ouens in elke distrik saamspan en net toegang gee tot basiese hulpbronne kan ons infrastruktuur ontwikkel in elke distrik in die land. Klein oases vir ons mense waar die armes ten minste ‘n kans kan kry om te werk en vir hulle self ‘n bed en ‘n bord kos te verdien. Daar is soveel moontlikhede as die rykes van die volk tot die stryd toetree. Daar is welgestelde manne en vroue in die volk wie se hande oop is en die artikel het geen betrekking op julle nie, net dank van die volk (en kritiek van die res).

    Vir nou is dit ‘n arm-man-stryd, ‘n geveg vir die armes om kop bo water te hou en elke dag verloor nog een van ons broers sy werk en word deel van die statistiek terwyl die rykes voor in die ry staan en die regering blameer! ‘n Stryd binne die volk wat vergete is en niemand kan verstaan hoekom ons so sukkel nie…

    Vannermerwe

  • 4 Mei, Cassingadag: ‘n Ope brief aan genl. Constand Viljoen

    4 Mei, Cassingadag: ‘n Ope brief aan genl. Constand Viljoen

    Geagte generaal, u is bekend daarvoor dat u nie ‘n deurslaggewende staatsveiligheidsoperasie sou uitvoer, indien die vrou en kinders van ‘n invloedryke vyand soos Chris Hani moontlik daarin kon omkom nie. (Vandag hou Hani se vrou vir Janusz Waluś in die tronk, en is sy magtiger as die hof, danksy u destydse besluit.)

    Uit daardie oogpunt is die groot Cassinga-sukses vandag ‘n verlore slag, want sy dit SWAPO, FAPLA of u eie 32 Bataljon, feit is gister, vandag en môre: meeste manssoldate wat lank in die bosoorlog bly sonder gereelde rotasie terug na hulle gesinne en metgeselle, slaap snags tydens militêre diens saam met vrouens in hulle basis. U het dit self by u eie 32 Bataljon gesien.

    Dog by Namibië se Cassingadagherdenking, bly in ‘n mate vir sommige ou Suid-Afrikaanse soldate behoue die herinnering aan een van die mees moderne en vermoënde militere afstandoperasies ooit in Afrika.

    Sou Suid-Afrika vandag nog sulke broodnodige militêre vermoëns gehad het soos onder u, sou die land se weermag vrede en vooruitgang vir die DRK, Angola, Mosambiek en Zimbabwe verseker het, en sou die hele SAOG, oftewel Suider-Afrikaanse streek, se ekonomie nou ten minste twee keer groter gewees het.

    ‘n Vooruitstrewende ekonomies geïntegreerde Suider-Afrika wat internasionaal na potensiaal presteer, is prakties onmoontlik sonder u SAW en ‘n hoof van die SAW soos u.

    U weet vir seker dat bogenoemde waar is, en daarom het u na u aftrede die skyn van moderne militëre vermoë en mag gebruik om van die nuwe Suid-Afrika ‘n sukses te probeer maak, maar u missie het misluk, omdat u teen daardie tyd net ‘n beroemde generaal in naam was, en nie meer regtig die hoof van die SAW nie.

    As hoof van die magtige SAW tot in 1985, was u die magtigste man in Afrika, en dus die mees invloedryke, belangrikste mens, met verre die meeste verantwoordelikheid in Afrika, vir destyds, en vir vandag.

    U het op bloedjong ouderdom ten minste tien jaar voortydig en vrywillig as die magtigste en belangrikste man in Afrika sonder enige weerstand of rasionele rede afgetree, en sedert daardie dag van u polities ondeurdagte aftrede, vaar die hele Suider-Afrikaanse subkontinent al hoe verder weg van sy ekonomiese en politieke potensiaal, met verskriklike gevolge vir honderde miljoene mense.

    Ek is persoonlik baie lief vir u, en is baie bly dat u my nie geneutraliseer het, toe ek u beskermde basis in ‘n geheime oorgrens-operasie bekruip en binnegedring het, na deeglike verkenning van die strategiese terrein uit die lug met behulp van satelliete nie.

    Bogenoemde missie was om u aan te spoor om die groot gevolge van u voortydige aftrede 30 jaar gelede te oordink, te erken, en met Suid-Afrika te deel, met die doel om Afrika weer te help.

    Suider-Afrika sonder u SAW, en sonder ‘n hoof van die SAW soos u wat soms u eie politici kon weerstaan wanneer nodig, kan nie ekonomies genoeg integreer en industrieel ontwikkel, om met die wêreldmoondhede mee te ding nie.

    Koning Goodwill Zwelithini en president Jacob Zuma sou u SAW en ‘n hoof van die SAW soos u, geweldig waardeer, en aanwend tot die broodnodige ontwikkelling van die SAOG, oftewel die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Nou egter is hulle magteloos, en word die ekonomiese streekschaos stadig maar seker groter, en die plaaslike streek ver agter ten opsigte van mededingende buitelandse moondhede.

    Baie mag bring baie verantwoordelikheid. Met die meeste mag in Afrika, nie net polities nie, maar ook moreel, het u die meeste verantwoordelikheid gehad.

    U was een mens, wat werklik mees bepalend vir die geskiedenis van Afrika was, al is u nederig en wil die werklike waarheid daarom ontken. Politiek gaan nie net oor persone nie, maar u persoon was werklik bepalend vir Suider-Afrika se politiek. Vandaar vandag nog Casingadag in Namibië.

    Hierdie is nie ‘n persoonlike aanval nie, net ‘n bewese historiese feit.

    Sou u aangebly het as hoof van die SAW, sou UNITA wel in 1987 FAPLA se brigades by Cuito met ‘n twee-frontaanval almal laat inplof het, en sou u daarna vir generaal-president Fidel Castro in 1988 in Angola gewen het. Dan sou UNITA as paaslike meerderheidsgroep uiteindelik Angola demokraties regeer het, en sou UNITA-Angola en demokratiese IVP-Suid-Afrika saam as vriendskaplike superlande die hele Suider-Afrika ekonomies geïntegreer het.

    In 1976 het u teen Fidel Castro se wilskrag, intelligensie en gesonde politieke instink te staan gekom. In 1987 en 1988 was u anders as hy, nie op u pos nie. Daarom is UNITA uitgewis, Angola vandag ‘n menseregtehel, Suid-Afrika besig om te verbrokkel, en die hele streek in ekonomiese chaos.

    Dít glad nie weens een-mens een-stem nie. Maar weens een mens, voortydige aftrede – na ‘n Savannah-bosbasis wat nes Cassinga lyk.

    U is welkom om te antwoord.

    Saluut!

    Luitenant Madelein Louw

  • Tradisionele Engelse wêreld is besig om uitmekaar te val

    Tradisionele Engelse wêreld is besig om uitmekaar te val

    Natuurlik bestaan daar steeds diepgaande historiese en kulturele bande tussen Brittanje en Amerika, maar die huidige wêreldklimaat en opkoms van China veroorsaak dat die twee eertydse bondgenote se beskouings ingrypend verander het.

    Dikwels kla Suid-Afrikaners oor Suid-Afrika se vriendelike beleid teenoor China, maar sien nie raak dat dit direk verband hou met Brittanje se toenemende vriendskap met China nie.

    Dié Sino-Britse toenadering, soos die pas afgelope toer van die Britse koningshuiserfgename aantoon, is trouens iets waaroor Amerikaanse amptenare dikwels kla, en tans selfs stappe neem om te probeer kortwiek.

    Enigiemand wat twyfel dat ‘n hele aantal vooraanstaande lede van die huidige Amerikaanse buitelandse beleid nie hul insigte aan Oxford te danke het nie, moet blind wees.

    Susan Rice, die nasionale veiligheidsadviseur, Obama se Bill Burns, wat Hillary Clinton se adjunk by die departement van buitelandse sake was, asook Jake Sullivan, een van haar naaste adviseurs, is almal Oxford-alumni.

    Hierdie soort skakeling gee Brittanje maklike toegang in Washington, maar in die toekoms, gaan hierdie elite se Brits-opvoedkundige doppies geklink wees.

    Stephen Schwarzman, ‘n Amerikaanse finansier, het pas ‘n groot beursskema, wat deur die Rhodesbeurse aan Oxford geïnspireer is, vir skrander Amerikaners en ander oopgestel om aan die Chinese universiteit in Beijing te studeer.

    Die nie-onredelike aanname van Schwarzman is dat dit in die toekoms belangriker vir Amerikaanse aspirantleiers gaan wees om China te verstaan.

    Die opkoms van Asië sal ook die aard van Kanada en Australië, twee ander belangrike lede van die historiese Anglosfeer, onherroeplik verander.

    Australië doen, waarde-gewys, 10 keer soveel handelstransaksies met China en Japan as met Brittanje.

    Die bevolking van Toronto, Kanada se grootste stad, bestaan nou uit sowat 35 persent etniese Asiate, en die syfer is meer as 40 persent vir Vancouver wat aan die kus van die Stille Oseaan geleë is.

    Dit is Britte wat nostalgies voel oor die Engelse wêreld en meen dat hulle nog voordeel kan trek uit die kulturele krag van die VSA en nie die werklikheid wil raaksien nie: Die tradisionele Engelse wêreld is besig om uitmekaar te val.

    Die Koningshuis en Obama hoop dat Brussel Engels as die gemeenskaplike taal van alle EU-instellings sal omarm om die gemis aan ‘n Empaaier draagliker te maak.

    Obama het juis weer sy besoek aan Duitsland gebruik om uit te vaar teen “nasionaliste”. In wese beteken dit dat hy van Europeërs vra om van hul tale en identiteite ontslae te raak sodat hulle Engelse kan word. Dalk Engelse Chinese?

    Die koningin van Engeland het so pas haar negentigste verjaarsdag gevier en die kanse dat sy nog negentig jaar lank Engels oral gaan adverteer, is skraal. Haar seun en opvolger Charles is te ongewild daarvoor.

    Hopelik sien Frankryk en Duitsland egter gou genoeg die gaping om van hul Angel-Saksiese besetters ontslae te raak.

  • Dan Roodt: Rekenaars vir alle Afrikaners?

    Dan Roodt: Rekenaars vir alle Afrikaners?

    Volgens beskikbare statistiek, beskik ongeveer die helfte van Afrikaners nie oor rekenaars nie. Mense het oor die algemeen selfone wat hulle toegang tot die internet gee, maar nie noodwendig ‘n rekenaar nie. Baie gebruik ook rekenaars by die werk.

    ‘n Idee sou wees om by groot maatskappye hul ou rekenaars in die hande te kry waarvan hulle ontslae raak en hulle bietjie op te gradeer of reg te kry vir arme of werklose Afrikaners sonder rekenaars. Enige rekenaar ná 2005 of so is eintlik goed genoeg, want mens kan ‘n ligte weergawe van Linux daarop laai en dan behoort dit heeltemal goed te wees om aanlyn mee te werk. Ons kan hulle dan gratis versprei of per koerier landwyd laat aflewer teen ‘n minimale koste van ongeveer R100 per rekenaar.

    Enigiemand met ‘n rekenaar behoort tussen R5000 en R10 000 per maand van die huis af te kan verdien, want daar is ‘n hele globale wêreld waar ‘n mens jou dienste kan verkoop.

    Ons kan ook nuwe aanlynbesighede begin om vir sulke mense werk te skep. Van die besighede kan ook in die buiteland geregistreer wees, dus geen BEE of ander nonsens nie.

    Dit kan nog ‘n baie opwindende PRAAG-projek word!

  • Bring Afrikaans by Maties terug, sê PRAAG

    Bring Afrikaans by Maties terug, sê PRAAG

    Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) het Vrydag sy standpunt oor die konseptaalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch aan dié instelling oorgedra. Anders as die meeste Afrikaanse organisasies, asook die Gelyke Kanse-groep wat onlangs gestig is, wil PRAAG sien dat Stellenbosch weer ‘n Afrikaanse kampus word. Hier volg die volledige kommentaar wat aan die universiteit deurgestuur is.

    Heil die leser!

    Daar is verskeie aspekte van die US se konseptaalbeleid waarteen ons ernstig beswaar het, alternatiewelik meen op vergissings berus.

    1. Die begrip “meertaligheid”

    Suid-Afrika bevind hom nie in ‘n meertalige omgewing nie. Engels oorheers alle aspekte van die openbare lewe en ‘n Marsman wat die land besoek, sou hoogs verbaas wees om te verneem dat daar enige ander taal in die land gepraat word. Die probleem waarvoor die Universiteit van Stellenbosch te staan kom, is dus hoe om in ‘n abnormale omgewing van taaloorheersing en die kusmatige hegemonie van een taal wat in 1994 geskep is, ‘n mate van “normale” taalgedrag te handhaaf.

    Tipies bevind Suid-Afrika hom tans in ‘n tydvak van taaloorheersing, soortgelyk aan dié wat in België voor die tweede wêreldoorlog bestaan het toe Frans geheel en al oorheers het.

    Die taak van die universiteit sou dus wees, indien Afrikaans hoegenaamd as akademiese en kultuurtaal gaan oorleef, om die omringende hegemonie van Engels teen te werk.

    2. Die ‘drie tale van die Wes-Kaap’

    In die konseptaalbeleid word daar na die “drie amptelike tale van die Wes-Kaap” verwys. Hoewel dit tegnies korrek mag wees, aangesien die provinsiale regering daardie drie tale aanvaar het, behoort Afrikaans ‘n voorkeurposisie te geniet omdat dit tegelyk ouer – en dus meer “inheems” – as die ander twee (isiXhosa en Engels) is. Afrikaans is ook die meerderheidstaal in die provinsie, en behoort dus meer as die ander twee gebruik te word. IsiXhosa is bowendien ‘n sg. “migrantetaal”, aangesien sprekers van dié taal van die Oos-Kaap afkomstig is. Soos ons in die Europese Unie kan sien, geniet “migrantetale” nie dieselfde status as inheemse tale nie, daarom behoort isiXhosa geensins aan die Universiteit van Stellenbosch erken te word nie. Universiteite in die Oos-Kaap soos die Walter Sisulu-universiteit, Fort Hare, of die Nelson Mandela-universiteit is veel beter geleë en toegerus om hulle met isiXhosa besig te hou.

    Tans is die enigste rede waarom isiXhosa aan die US erkenning geniet, ‘n soort poging om polities korrek aan te doen, wat van meet af aan gedoem is om te misluk. Die vyande van Afrikaans heg geen waarde daaraan nie, en dit doen boonop afbreuk aan die aanspraak dat Afrikaans wel aan die US gehandhaaf en gedoseer behoort te word.

    3. ‘Diversiteit’

    Die begrip “diversiteit” soos dit in die konseptaalbeleid gebruik word, is Amerikaans van oorsprong en het betrekking op Amerikaanse rasseverhoudinge, met ander woorde getalleverhoudings tussen blankes, swartes, Hispaniërs en Oosterlinge. Met taal- of kulturele diversiteit het dit min te make. Die enigste manier om taaldiversiteit in Suid-Afrika te verseker, is om bepaalde instellings soos in België of Kanada byvoorbeeld, toe te laat om klasse hoofsaaklik in een bepaalde taal aan te bied. In die geval van die US kan daardie taal net Afrikaans wees, want daar bestaan reeds nie minder as twee Engelstalige universiteite in die Wes-Kaap nie, te wete Kaapstad en Wes-Kaap.

    Dit spreek vanself dat die universiteit sy Afrikaanse aanbod behoort te verhoog, asook die aanleer van Afrikaans behoort aan te moedig, pleks van ‘n gewaande “meertaligheid” aan te hang wat op die duur nie kan slaag nie, omdat dit bloot ‘n “halfwegstasie” op pad na volslae verengelsing verteenwoordig.

    4. Sosiolinguïstiese wette

    By die opstel van die huidige konseptaalbeleid, lyk dit nie asof daar enige insette van taalkundiges was nie. Prof. Jaap Steyn, voorheen van die Vrystaatse Universiteit, wat tegelyk ‘n sosiolinguïs van formaat en ‘n kenner van die Afrikaanse taalgeskiedenis is, sou ‘n waardevolle rol kon speel om ‘n meer realistiese taalbeleid te formuleer.

    Dis eenvoudig ‘n sosiolinguïstiese wet dat waar ‘n oorheersende taal wat tegelyk die enigste de facto-voertaal van die staat is en die taal waarin die meeste internasionale kommunikasie plaasvind, te wete Engels, met ‘n kleiner taal soos Afrikaans in mededinging gestel word, Afrikaans telkens gaan verloor. Daarom behoort die Universiteit van Stellenbosch eerder ‘n “veilige ruimte” vir Afrikaans te skep, pleks van te poog om tegelyk Afrikaans én Engels te akkommodeer, wat op die duur nie volhoubaar gaan wees nie. Daar is reeds verskeie voorbeelde soos die voormalige Universiteit van Port Elizabeth of die Randse Afrikaanse Universiteit wat ná ‘n tydperk van “tweetaligheid” gewoon honderd persent Engels geword het.

    5. Taalregte

    Hoewel taalregte tans in Suid-Afrika nie erken word nie, is daar tog internasionaal ‘n toenemende sensitiwiteit rondom taalregte, asook kulturele diversiteit. Die reg van gemeenskappe op opvoedkundige instellings in hul eie tale, asook die ontwikkeiing van hul kulture, word byna universeel erken en is ook in verskeie internasionale verdrae vervat.

    Die grondwetlike liggaam in Suid-Afrika wat die universiteit sou moes te hulp gesnel het, sou PANSAT wees. Weens korrupsie en wanbestuur, is daardie liggaam egter deur die minister van kultuur ontbind. Daarom bevind Suid-Afrika hom in ‘n soort niemandsland wat taalregte betref aangesien geen van die erkende internasionale beginsels rondom taalregte hier skyn te geld nie, tesame met PANSAT wat ‘n wesentlike ondergang beleef het.

    As ‘n instelling wat ook internasionale norme in ag behoort te neem, behoort die US nie slaafs die gebrek aan taalregte in die land na te volg nie en meer bedag te wees op sy verpligting om juis die beleërde minderheidstaal, Afrikaans, ter wille te wees.

    Die Universiteit van Stellenbosch is die enigste suidelike universiteit waar daar steeds klasse in Afrikaans aangebied word. Boonop is dit deel van sy stigtingsvoorwaarde uit 1915 toe hy die skenking van wyle mnr. Jannie Marais ontvang het.

    Deur sy Afrikaanse aanbod te verhoog en Engels geleidelik uit te faseer, sal die US daarom ‘n bydrae tot taalregte en -diversiteit lewer, terwyl hy sy oorspronklike mandaat as Afrikaanstalige instelling voortsit.

    6. Die US as ‘kennis’-gerigte instelling

    In die konseptaalbeleid word daar gewag gemaak van die begrip “kennis”. Dis sekerlik ‘n gemeenplaas om te sê dat kennis nooit neutraal is nie, maar altyd deur een of ander ideologiese horison begrens word. “Engelse kennis” is in ons tydvak met die VSA wat poog om ‘n globale hegemonie deur middel van oorloë en ekonomiese afpersing te verkry, allermins neutraal. Dit is uiters kommerwekkend dat die US byvoorbeeld so ‘n groot afhanklikheid van voorgeskrewe werke in Engels toon, terwyl tekste uit ‘n groot verskeidenheid tale na Afrikaans vertaal sou kon word. Terwyl die koste van publikasie op papier in die verlede grootskeepse vertaling duur gemaak het, gee elektroniese publikasie tans aan Afrikaans die geleentheid om tot sy reg te kom as ‘n voertuig vir diverse kennis uit internasionale bronne.

    ‘n Verdere aspek van die oorheersing van Anglo-Amerikaanse “kennis” wat deur medium van Engels aan Suid-Afrikaanse universiteite in die hand gewerk word, hang saam met ‘n denkrigting wat sedert die sestigerjare as “kultuurmarxisme” bekendstaan en die meeste universiteite in die Angel-Saksiese wêreld stormenderhand verower het, ten minste sover dit die geesteswetenskappe betref. Hierdie stel dogmas en vooroordele beroof die Afrikaanse student van die geleentheid om meer krities met kennis om te gaan en sy horisonne te verbreed. Hoe meer Engels, hoe minder meningsdiversiteit en werklike kennis wat oorgedra word.

    Die universiteit is daarom geen neutrale instelling waar kennis in afgemete dosisse aan studente “toegedien” word nie, maar is self onderwerpe aan die tydsgees en aan magsverhoudings wat in die breër samelewing geld. Nietemin, net soos wat die Engelse universiteite in Suid-Afrika dit tydens veertig jaar van Afrikanerbewind moontlik gevind het om getrou aan hul aard “Engels” en “liberaal” (in die Amerikaanse sin van die woord) te bly, is dit vir die US onder ‘n Engelstalige ANC-regering moontlik om wesentlik Afrikaans te bly en ‘n tradisionele openheid teenoor die Europese Vasteland en tale soos Nederlands, Duits, Frans, Russies, Italiaans en hul kennis- en denktradisies te behou.

    7. Skaal en studentegetalle

    In die meer onlangse verlede, en waarskynlik weens die subsidieformules wat geld, het die meeste universiteite groter studentegetalle en sogenaamde “groei” nagejaag. Dit staan in skrille kontras met die beste universiteite ter wêreld waar getalle dikwels konstant bly omdat die toelatingsvereistes onder andere so streng is. Daarom behoort die US liewer “gehalte in Afrikaans” na te streef, as “getalle in Engels”. Immers bestaan daar reeds twee Engelstalige kampusse in die Wes-Kaap, asook bykans twintig universiteite elders in die land waar Engels as onderrigmedium gebruik word.

    In die belang van sy langtermyntoekoms behoort die US inderdaad af te skaal en sy taalbeleid dienooreenkomstig meer na die Afrikaanse kant te verstel. Daardie dosente en studente wat hulle meer tuis in ‘n Engelse omgewing voel, beskik reeds oor ‘n wye keuse van instellings, sowel plaaslik as internasionaal, waarheen hulle hul kan wend sonder dat daar hoegenaamd op hul regte of brandende behoefte aan Engels inbreuk gemaak word.

    8. Oriëntering van studente

    Die taalkonflikte aan die US het grotendeels ontstaan weens ‘n verwarring wat by sommige posgevat het dat die universiteit sonder meer soos die voormalige RAU, UPE, ens., na ‘n eentalig Engelse kampus sou oorskakel. Die universiteit behoort studente daarop attent te maak dat Stellenbosch juis van oorsprong en hopelik toenemend in die toekoms ‘n Afrikaanstalige instelling sal wees.

    Afrikaansvyandige dosente aan die universiteit wat tans agiteer dat die US Engels behoort te word, behoort pakkette aangebied te word of andersins aangemoedig te word om ander weivelde te soek, aangesien hulle die belangrikste aangstigters van onmin op die kampus is.

    Daarmee saam behoort alle Afrikaanse studente met die intrapslag tydens eerstejaarsoriëntering oor hul taalregte ingelig te word, asook al die voordele wat aan studie in Afrikaans verbonde is. In dié opsig kan buite-instansies en Afrikaanse taalorganisasies (soos PRAAG byvoorbeeld) betrek word, waar nodig. Te veel dosente is besig om deur middel van subtiele druk op studente, of selfs viktimisering van studente wat op Afrikaans aandring, die verengelsingsproses in die hand te werk.

    9. Taalombudsman

    Die US behoort ‘n taalombudsman aan te stel wat klagtes van studente oor taal kan ondersoek en hulle teen anglofiele of anglomaanse dosente – waarvan baie oor Afrikaanse vanne beskik – kan beskerm.

    10. Gevolgtrekking

    Pleks van ‘n gewaande “meertaligheid” – die halfwegstasie na Engels – na te streef, behoort die US Afrikaans as hoofvoertaal en -doseertaal op die kampus te herbevestig. Die taalregte van die Afrikaanse student behoort in beskerming geneem te word, net soos die regte van die Engelse student reeds op soveel ander kampusse in die land gehandhaaf word.

  • Ope brief: Opregte dank aan almal wat in die Bosoorlog geveg het

    Ope brief: Opregte dank aan almal wat in die Bosoorlog geveg het

    Aan hulle wat in die bres van die muur getree het:

    Ek kan nie vir ander praat nie, maar persoonlik is ek baie dank-erkentenis verskuldig aan dié wat in die Bosoorlog gedien het.

    Ek dink een van die groot redes hoekom die verskuldigde dank-erkentenis nie na vore kom nie is omdat ons as volk blind is vir die werklike toedrag van sake. Ek is op Tsumeb gebore vier dae ná operasie Kropduif waarin die SA spesiale magte een van hulle donkerste dae beleef het en manne hulle lewens onbaatsugtig opgeoffer het soos baie ander voor hulle en ná hulle sodat ek in veiligheid en onder goeie sorg die lewe kon inkom.

    Dit stop egter nie daar nie, ek het op ‘n plaas net oos van Oshivelo grootgeword. My hele kinderlewe is deurweef van die geleenthede, voorbeelde wat daar vir my gestel is, volkstrots wat gebou is en nog baie. Dit is grotendeels te danke aan julle, wat die magte wat ons erfenis wou vernietig, teëgestaan het. Sodoende het julle vir my die geleentheid gegee om in die seën wat aan ons as volk toevertrou was te deel. Julle was ook vir my ‘n voorbeeld en inspirasie en dít wat vanweë julle opoffering in my hart geskryf is, is vir my baie kosbaar. Dit het ‘n onmisbare invloed op my lewe.

    Ons besef nie elke dag die opoffering wat oor baie jare gemaak is om instellings en geleenthede daar te stel wat nodig was om iemand soos ek te kry waar ek vandag is nie, julle het help beskerm en behou vir lank genoeg sodat ek kan hê wat ek het, fisies en geestelik.

    Ja, op die ou end is ons verraai en is dít wat opgebou is aan die vernietiging soos ons dit vandag beleef oorgegee, maar dit wat in my hart geplant is, kan nie vernietig word nie en julle opoffering het daartoe bygedra.

    Ek kan julle nie genoeg dank vir julle deel aan my lewe nie en ek kan diegene wat ons verraai het nie genoeg verag nie.

    Vir my lê die oorsaak van die miskenning van julle opoffering daarin dat dieselfde gees wat die kosbare erfenis van ons volk aan die vernietiging oorgegee het, die volk tot ‘n valse en bose skuldgevoel mislei het, ‘n erfenis wat deur baie werk, smart en lewens wat onbaatsugtig gegee is, opgebou is.

    As die volk weer sal besef waar ons erfenis werklik vandaan kom, dat dit as dure pand aan ons deur die Allerhoogste toevertrou is, as die volk weer die waarheid in hul verstand en harte sal besef sal hulle ook besef wat die on-koopbare waarde van julle opoffering was.

    Julle was getrou aan ons volk en sal nie beskaamd staan wanneer daar rekenskap geëis word oor die verantwoordelikhede en beloftes van ons volk nie:

    Aan elke man en vrou wat waarlik vir volk en vaderland in die Bosoorlog gedien het, ek salueer julle nie net nie, ek is diep dankbaar vir dít wat julle opoffering vir my beteken het, steeds beteken en vir geslagte wat kom sal beteken, DANKIE!!

    Thys Du Plessis