Ek wou antwoord op Max Du Prees se rubriek “Haat rasse mekaar meer?”, maar die leserreaksies was egter alreeds gesluit, vermoedelik om Max se ongwildheid weg te steek.
Ek glo nie dat rasse mekaar meer of minder haat in Suid Afrika nie, maar daar is nog steeds die radikale narre wat die raskaart speel ter bevordering van hulle eie saak, en daardie narre is almal deesdae swart. En dit is deesdae baie makliker vir mense om hulle gevoelens in die openbaar te lug met sosiale media.
Wat Max hier kwytraak is nie onwaar nie:
Maar ons kan nie ontken nie dat die mislukking die afgelope twee dekades om ons gemeenskap minder ongelyk te maak en armoede en werkloosheid te beveg, verstaanbare redes is waarom veral jonger swart mense militanter gaan word.
As swartes dan so militant geraak het teenoor blankes, is dit die hoofstroommedia se skuld en Max is deel van die probleem.
Die media is doodbang om objektief te wees en verkies om swart politici te steun wat meen blankes is altyd die vark in die verhaal as dit kom by die tekortkomings van die regering en opvoeding van die swart massas.
Om sake in perspektief te stel: Daar word baie meer kanse aan jong swartmense gegee as wat daar ooit in die apartheidsera aan blanke kinders gegee was. ‘n Blanke kind moes baie goed op skool gevaar het om op van die paar studiebeurse wat beskikbaar was te kon bekom. Dan is daar onder die wat aansoek gedoen het vir ‘n beurs die bestes uitgesif tot net die room oorgebly het. Die ander se ouers moes vir hulle studies betaal het of ‘n studielening by die bank uitgeneem wat dan terugbetaal moes word. Die wat wel ‘n beurs gekry het, moes ook nog bybetaal want die beurse daardie dae het nie vir ales betaal nie.
In daardie jare “van Apartheid” het die ouers van vandag se jong swartmense egter hulle skole “wat die Apartheidsregering met blanke belastinggeld gebou het” afgebrand met die slagspreuk “Libiration before Education”.
Die meeste blankes wat sukses gesmaak het in die Apartheidsera het dit bereik deur harde werk en nie net bloot omdat hulle bevoordeel was deur die regering nie.
Opleiding was vir die swart kinders ook beskikbaar maar die militante het die skole afgebrand op die kommuniste soos Chris Hani se aandrang, “teen Afrikaans”.
Die vraag is of hulle die skole ook sou afgebrand het as die onderrig Engels was en die Afrikaanse kinders het moedertaal onderrig ontvang het? Sou dit dan ook as onreverdig beskou gewees het?
Daar was nie genoeg onderwysers om onderrig te gee in ander tale nie. Dalk was die opstand juis teen opvoeding gemik wat nie genoeg inhoud aan ‘n Afrikakultuur gegee het nie?
Afrikanerkinders van die Apartheidsera is grootgemaak met ‘n idee van niemand skuld jou iets nie en jy moet maar self sorg om bo uit te kom en as jy nie kan nie dan is dit as gevolg van jou eie tekortkominge. Jy moet trots wees op jou verlede want dit is as gevolg van die offers van jou voorvaders dat jy vandag het wat jy het. Wees dankbaar vir alles wat jy het want al is dit min, is dit al wat jou ouers kon bekostig. Dit is net gestremde mense en swakkelinge wat van die staat hulp ontvang. Sorg dat jy nie vir iemand anders ‘n las is nie.
En so kan ek aangaan. As dit vir jou vreemd klink het jy seker in ‘n huis grootgeword waar julle op mense soos ek neergesien het, en kan jy dus verskoon word vir jou uitkyk op die lewe wat jy in die media openbaar.
En ja dan behoort jy skaam te wees vir wie jy is, nie omdat jy blank is nie maar omdat jy jouself so verhewe bo ander plaas.
Is jy bereid om jou nek bloot te lê en ‘n reeks vergelykings te publiseer waar die swart kinders van vandag beter daaraan toe is as die blanke kinders van ouds?
Ek glo nie enige publikasie anders as die sogenaamde “verregses” van Maroela en Praag sal dit plaas nie want dit is mos ongehoord om van ‘n swart persoon te verwag om die skuld vir sy ellende voor die deur van sy ouers, swart regering of hom self te lê as daar nog blankes in die land is.
Dit is omdat die Media voorhou dat swart en blank met die selfde waardes grootgemaak is.
Daarom is dit vir niemand geoorloof om te verwys na die opvoeding wat swartmense in hulle ouerhuise ontvang het nie want dit word as rassisties beskou.
Daar word mos aangeneem dat blanke en swartmense deur die bank die selfde waardesisteme het en dit net is omdat blankes “rassiste” is dat daar nie vorentoe beweeg kan word nie.
Daar word nooit ondersoek ingestel of daar wel ‘n verskil in kultuur en gewoontes is nie, en as daar is dan word van die blanke Afrikaner verwag om van sy kultuur, taal, gewoontes en waardesisteme ontslae te raak en die van swartmense aan te gryp.
Dit is omdat die onderwerp van swart opvoeding ‘n groot taboe is!
Dit is omdat die media nie swart rassisme teenoor blankes so holrug ry soos die paar omgekeerde gevalle nie!
Dit is omdat die blankes beskuldig word vir die tekortkominge van die swart regering en die media swyg en stel dit nooit reg nie!
Julle laat die jong swartmense verstaan dat alles wat sleg is die blanke se skuld is.
Julle laat die jong swartmense glo dat hulle leiers helde is omdat julle nie hulle belaglike uitlatings kritiseer nie.
Julle sal nooit jong swart mense kritiseer vir hulle vernielsugtige optredes nie, nee, julle gee apartheid die skuld en nie die opvoeding wat hulle ontvang het nie.
Julle sal nooit tot die slotsom kom dat blankes vir eeue lank in die Europese kultuur gegroei het en swartmense vir eeue lank in die Afrika kultuur gegroei het nie.
Daar is daarom ‘n verskil tussen blank en swart en daar sal altyd ‘n verskil wees. As jy modder en roomys meng wil niemand dit meer hê nie.
Ek wonder party dae of julle in die hoofstroom media ooit regtig omgee wat van Suid Afrika word, of ontvang julle geld vir al die ellende en verdeeldheid wat julle skep?
Hoe gouer julle gaan besef dat julle en die ANC regering die oorsaak is vir die afgelope twee dekades se mislukking en nie Apartheid nie, sal niks verander nie en die gaping tussen wit en swart sal net groter word. Die polarisasie sal verdiep tot daar niks anders oorbly as oorlog nie.
Jan Malan

Jan ek moes nou mooi eers gaan dink hoe om kommentaar te lewer op jou skrywe. En ek will graag verwys na Aristotle. Hy het aangedui dat daar sekere mense is wie jy nie enigiets kan laat leer nie. Nie omdat dit moeilik gaan wees nie maar omdat dit onmoontlik is. Hulle het nie die intelligensie daarvoor nie en derhalwe kan jy nooit hulle vooroordele verander nie. Tweedens het hy die verskil getref tussen retoriek en dialekties. Die eerste is emosioneel gedrewe en die tweede is feitlik en logies gedrewe. Weinig mense het die vermoe om logies te redeneer aangesien dit verg dat dat hulle moet dink en mense sal liewers goed voel oor iets as om te aanvaar dat hulle vooroordele verkeerd is m.a.w. om hulle te laat dink.
Die HSM is ‘n besigheid en daarom moet hulle vir die grootste gros mense bedien. “Wit rassisme” val perfek in die kategorie van die gros mense goed te laat voel juis omdat hulle emosioneel daaroor kan praat. “Wit rassisme” gee mense die kans om hulself daarvan te distansieer, om moreel verhewe voor te kom en dus hulself goed te laat voel. Dit skep ook sensasie. Sensasie verkoop dooie boom nuus wat beteken advertensies word verkoop. “Nuus” laat nie inkomste inrol nie, advertensies doen, Juis daarom “praat” die HSM retoriek, juis daarom het hulle hul kommentaar funksies gesluit – dialektiese gesprekke het geen plek by hulle lesers nie.
Brett Stevens het juis vanoggend ‘n uitstekende skrywe op Amerika.org geplaas waarin he vermeld dat die “carnies” (karnaval werkers) die wereld oorgeneem het. Hulle is meesters daarin om te se wat mense wil hoor. Hulle is meesters in retoriek. Joernaliste is “carnies”. Moet daarom nie enige sinvolle antwoord van die Marxisme du Preez’s, Piet Kopdoeke en Dear Gillian’s verwag nie. Hulle kan die dialekties “praat” nie
Jy stel dit presies soos dit is, Joernaliste is die ouens en vrouens wat normaalweg taale swot op Uni. ‘n Taal kan jy soos ‘n papagaai leer, jy hoef nie jou brein te gebruik nie, entlik moet daar ‘n ban geplaas word op Joernaliste wat nie ‘n graad in toegepaste wiskunde of fisika kan bekom nie. Daar sal baie minder “carnies” wees en die nuus sal van baie beter gehalte wees. En veral die Poe….le wat normaalweg die kolomme skryf
Ons kan begin deur mense te vertel van die skole in Soweto 1976 opstand wat REEDS Engelse skole was wat protesteer het teen die VAK Afrikaans en nie die verafrikaansing van hulle skole nie , net so kan ons vertel wat die omstandighede voor Sharpville was in Langa wat n heel ander prentjie daarstel .
Ons moet wel ons kinders opvoed in ons erkende wee aangesien hulle sleg bloodstelling aan “Arfican – American” kultuur kry …..dodelik!!!!
Voeg daarby hoe die linkse en veral buitelandse media voor 1994 teen Suid-Afrika geskreeu het, maar nou dat die ANC hom aan ewe rasgedrewe dade skuldig maak, kyk hulle anderpad. Ons moet onsself afvra wat die werklike motiewe is.
Mense word gekondisioneer. Ek het so ruk gelede in ‘n debat op ‘n internasionale forum betrokke geraak oor Nelson Mandela. Mense wou die aapstuipe kry toe ek uitgewys het dat hy die leier van ‘n terroriste organisasie was wat hul eie mense met die wrede halssnoermetode vermoor het. Die felse kritiek was van blanke, Suid-Afrikaners.
O, en loer bietjie na elke protesaksie teen Affrikaans by universiteit. Daar is altyd een of twee Engelssprekende blankes (gewoonlik vroue) heel voor, tussen die oproermakers. By Stellenbosch was dit een van hulle wie met Open Stellenbosch begin het, en na die tyd bedank het, na sy die opmerking gemaak het dat haar werk daar nou gedoen is. Mens wonder waar Kaylie Thomas volgende gif gaan plant.
Die wonderlike ding van die bafoer is dat hy nie regtig begaan is oor Afrikaans, fooie, Zuma, dienslewering of al die ander dinge wat Kylie so mooi vir hom verduidelik het nie. Hy het net die laaste deel van haar aanhitsing verstaan en dit is daai deel wat pas by sy stygende verwagtinge en sy goeie selfbeeld. So as hy die vuurhoutje trek en die venster breek dink hy dis wat die miesies wou gehad het.
CIA en England is verantwoorlik vir al ons gemors
Alles saamgevat, wie beheer en besluit wat gese word in die ZA media, Naspers ingesluit, …..want dit verskil kennelik van die sosiale media? Is dit nie maar die Jode geld ‘carnies’ en huurlinge wat daagliks die grootste massa pers-snet fabriseer en manipuleer tot aanhitsing van rassehaat nie! Dis mos maar in die VS dieselfde storie en Europese koerante spoeg en plak weer direk vanuit die VS,… met so hier en daar n regs verskietende ster.
Slaan die spyker op die kop, net jammer so min Afrikaners besef die rol wat die Jode speel in die vernietiging van die westerse wereld
iets om oor te dink
Donald Trump het bewys dat die hoofstroommedia hul invloed grof oorskat het. Hy het ‘n goeie woord vir hulle: “Lamestream media.”
Die enigste gelykheid wat ooit sal bestaan is ‘n gelykheid in wiskunde.
Daar is ook Kultuur verskille