Aan hulle wat in die bres van die muur getree het:
Ek kan nie vir ander praat nie, maar persoonlik is ek baie dank-erkentenis verskuldig aan dié wat in die Bosoorlog gedien het.
Ek dink een van die groot redes hoekom die verskuldigde dank-erkentenis nie na vore kom nie is omdat ons as volk blind is vir die werklike toedrag van sake. Ek is op Tsumeb gebore vier dae ná operasie Kropduif waarin die SA spesiale magte een van hulle donkerste dae beleef het en manne hulle lewens onbaatsugtig opgeoffer het soos baie ander voor hulle en ná hulle sodat ek in veiligheid en onder goeie sorg die lewe kon inkom.
Dit stop egter nie daar nie, ek het op ‘n plaas net oos van Oshivelo grootgeword. My hele kinderlewe is deurweef van die geleenthede, voorbeelde wat daar vir my gestel is, volkstrots wat gebou is en nog baie. Dit is grotendeels te danke aan julle, wat die magte wat ons erfenis wou vernietig, teëgestaan het. Sodoende het julle vir my die geleentheid gegee om in die seën wat aan ons as volk toevertrou was te deel. Julle was ook vir my ‘n voorbeeld en inspirasie en dít wat vanweë julle opoffering in my hart geskryf is, is vir my baie kosbaar. Dit het ‘n onmisbare invloed op my lewe.
Ons besef nie elke dag die opoffering wat oor baie jare gemaak is om instellings en geleenthede daar te stel wat nodig was om iemand soos ek te kry waar ek vandag is nie, julle het help beskerm en behou vir lank genoeg sodat ek kan hê wat ek het, fisies en geestelik.
Ja, op die ou end is ons verraai en is dít wat opgebou is aan die vernietiging soos ons dit vandag beleef oorgegee, maar dit wat in my hart geplant is, kan nie vernietig word nie en julle opoffering het daartoe bygedra.
Ek kan julle nie genoeg dank vir julle deel aan my lewe nie en ek kan diegene wat ons verraai het nie genoeg verag nie.
Vir my lê die oorsaak van die miskenning van julle opoffering daarin dat dieselfde gees wat die kosbare erfenis van ons volk aan die vernietiging oorgegee het, die volk tot ‘n valse en bose skuldgevoel mislei het, ‘n erfenis wat deur baie werk, smart en lewens wat onbaatsugtig gegee is, opgebou is.
As die volk weer sal besef waar ons erfenis werklik vandaan kom, dat dit as dure pand aan ons deur die Allerhoogste toevertrou is, as die volk weer die waarheid in hul verstand en harte sal besef sal hulle ook besef wat die on-koopbare waarde van julle opoffering was.
Julle was getrou aan ons volk en sal nie beskaamd staan wanneer daar rekenskap geëis word oor die verantwoordelikhede en beloftes van ons volk nie:
Aan elke man en vrou wat waarlik vir volk en vaderland in die Bosoorlog gedien het, ek salueer julle nie net nie, ek is diep dankbaar vir dít wat julle opoffering vir my beteken het, steeds beteken en vir geslagte wat kom sal beteken, DANKIE!!
Thys Du Plessis

‘n Baie belangrike Namibiese perspektief met egte emosie en gepaste eenvoud geskryf! Ek hoop al Suid-Afrika se slim mense leer hierby. ‘n Dorslandtrekker aftsammeling het eenkeer vertel hoe hulle onder bome moes skoolgaan, maar blymoedig geleer het. Hulle het nie bome afgesaag of afgebrand nie…
https://www.youtube.com/watch?v=Z9CRbEXh_Rw
Baie dankie vir die dankie. Hier in ‘n ou se hart verwens jy eintlik daardie tye, hoewel dit ‘n uitdaging was, voel jy, jy is te na gekom. Vir tye wat jy van jou gesin weg was, die dood van ‘n buddie, of die wond van ‘n ander een, daardie tye wat jy huis toe verlang het. Dan wonder jy of dit die moeite werd was, te oordeel wat vandag hier aangaan? Beslis nee. wat die ergste is, is dat daar gelieg was, met die verskoning om die kommunis van ons stoep af te hou. Vandag is Suid Afrika ‘n kommunistiese staat, ‘n staat van Rusland en deels Sjina.
Maar nie net dit nie, wat het van die soldaat geword wat nie eens gevra is, of hy sal “cope” met die terugstelling in die gewone formaat van die samelewing. Geen nasorg is gedoen deur die SAW nie, dan word daar gevra hoekom is die mans van daardie ere, so agressief. Gaan vra dit vir die politici van daardie tyd, asook die bevel struktyyr van die SAW. ons gewone mense het opgeoffer, maar die politici en SAW bevel struktuur het vernietig. Steeds word ons geteiken, nie deur genoemdes nie, maar deur die huidige kommunistiese gemors.
The best in Africa.
Ek wil graag my hoogste waardering by joune voeg Thys vir die mense wat hul lewens opgeoffer het ter wille van die veiligheid en voortbestaan van ons volk. Hulle ontberings en die offers wat hulle gebring het maak die oorgawe van ‘n dekadente politieke bende net soveel meer laakbaar.
Ek het sopas die boek “Days of the generals” gelees deur Hilton Hamann. Hy gee ‘n blik van die intriges en politiekery wat in hoe” kringe in die agtergrong gebeur het tydens die bosoorlog dae. Dit herinner my weer aan die weersin en totale disrespek wat ek in FW de Klerk ontwikkel het en daai twee-gat jakkals en lafaard Pik Botha.
Verseker Funa – Vir die NWO strategie was Kissenger en Pik
Botha die voorperde wat ons volk
sielkundig ontleed het en gesorg het dat ons op alle gebiede gekeer word deur die
grondwet omskrywing. Iemand êrens het gesorg dat selfbeskikking (resolusie 235)
vir ons die gaaitjie kan gee om te
gebruik om vir ons om ons uit te rafel uit die swartregering se dominansie – ek
het baie gelees en gesoek maar kan nie dit aan iemand se deur sonder enige
twyfel lê nie. Al wat ek met sekerheid kan sê nie verantwoordelik is vir
daardie gaaitjie nie is Pik Botha.
Oorlog voer is altyd die laaste reaksie nadat ander kanale (soos onderhandeling) uitgeput is. Geen regdenkende mens sal dit ooit betwyfel nie. Maar wanneer jy kapituleer voor ‘n klomp bos-terroriste met ‘n vlym-skerp en toegeruste sekuriteitsmag is DWAAS. Die ontslag van sowat 21 generaals, brigadiers en kolonelle was de Klerk se poging om onmin tussen die magte te saai om die oorgawe aan die terroriste te vergemaklik. Hy het top eenhede soos 31, 32 bataljons en koefoet ontbind op aandrag van die anc.
Onderhandeling is geloofwaardig, maar vandag sit ons met die patetiese uitlag van daai onderhandelings – ‘n swart regime wat alles wil Afrikaniseer (dit wil se^ anti-wit) Ons taal kutuur tradisie en selfs geskiedenis is deur hierdie regime verwerp en ons moet daagliks baklei om dit te probeer hou.
Hiervoor gaan FW de Klerk moet pa staan en die geskiedenis gaan hom kras oordeel.
Na ons manne uitgeklaar het was daar van jou verwag om jou kampe in die swart woongebiede te doen , om stout volkies op te pas , daar het jy eersterangs geleer hoe verskillend die rasse van mekaar is . Die lelikste geweldadigheid was in die woongebiede te sien.
MY SALUUT VIR DIE MANNE!
Die Afrikaner se hele voortbestaan is ge-offer vir die witmense is Namibia. Die prys was onbetaalbaar duur en die verraad van Vrymesselaar Pik oa was onbeskryflike groot
Die kriminele van die Bosoorlog – al die obskure karakters Rambos Rekkies en Spesmagte het teruggekom na RSA en is herontplooi saam met wit gevangenes teen hul eie mense. Die bos vegters is nooit rehabiliteer nie – ek ken van die goeie ouens persoonlik. Sielkundige wrakke en wanaangepas sosiopate soos drierandnote.. Ons sien hulle op Praag skrywe en dis geen geheim dat oa anti-gotter Kopdoek Crouwcamp ‘n goeie voorbeeld is.
En die oorlog was omvattend van gewere tot afrikaanse media psy-ops waarmee Thysh diep betrokke was en gevlug het.volgens sy eie hartelose getuienis en soos die res herontplooi is met sy spesiale vaardighede.
Hieroor kan ons gerus maar met mekaar genadeloos en wreed eerlik wees.
Wat ‘m skouspelagtige dramatiese f-op deur Willem Wikkelspies [Shakespear] geskryf het in Weskoppies
Wat ;n onbeskryflike onreg aan ons pragtige jong manne – hulle is inderdaad ge-offer vir SWA.
Jan. Ek kom agter dat daar n groot persepsie verskil is tussen Suidwesters wat daar gebly het en steeds daar bly en hoe Suid-Afrikaners ons gesien het en steeds sien. Weer kan ek nie vir ander praat nie, maar in my wese was en is ek deel van die volk wat in Suider-Afrika gevorm is vanuit die Groot trek en die Boere Republieke. Jy moet onthou dat die kern van ons volks-wese in ons felste stryd nog altyd was om volk te bly. Ek sien my self as deel van die volk voortspruitend uit die Groot trek en deel in Bloedrivier, Paardekraal, Die Stem, Die Vlaglied. Ons het op laerskool Die Stem as ons Volkslied gesing nie die Suidwes lied nie, Ons het die Oranje Blanje Blou gehys en die Vlaglied gesing. Ek het nooit in die weermag gedien nie want ek was te jonk en dit is een van die grootste teleurstellings in my lewe want dit was een van my grootste begeertes om die wat my volk bedrieg op hulle plek te sit. Ons is na 89 SA toe omdat ons nie onder n swart of vrede regering wou staan nie net soos die trekkers. Ek het my hoërskool loopbaan op Jan Kempdorp voltooi en in Potchefstroom my B.Ing graad verwerf en woon tans in Alberton.
Ek het al 3 keer aanbiedinge geweier om te emigreer 1 Australië toe en 2 Amerika toe. My ouers en skoonouers is konstant aan my om uit SA uit te kom maar ek gaan nêrens nie want daar is nerens n volksregering nie en ek kan nie verraai wat vir my opgeoffer is nie. Ek weet alles lyk nou hopeloos, maar daar is goeie rede waarom ons in hierdie toestand is en ek sal alles in my vermoë doen om my volk te help besef waar ons fout lê en dit te help regmaak al kos dit ook my lewe want ek het elke keer wat ek Die Stem gesing het beloof dat ek my lewe sal gee terwille van my land en my volk as dit nodig is. Ek glo deur my omstandighede en uit wat vir my gedoen is het ek meer liefde vir SA en n groter verantwoordelikheid’s besef as baie wat hier gebore is en grootgeword het. Ons volk se grootste probleem is dat ons vergeet het wie ons is.
Vasbyt Thys , die Volksregering is oppad en niks sal dit stop nie.Die Stem in nou verwerk tot n treffende Volksgebed , nog dieper en aangrypend as van ouds!
Dit doen my leed aan as Steve met n kitaar en mense wat staan met bier in hulle hande Die Stem sing. Ons het nie goedkoop opswepery nodig nie dit is nie ons volkskultuur nie, wat ons het is duur en kosbaar.
Opsweep gaan nie werk nie , dit is die tyd van verootmoediging en regmaak .Ons Volkskultuur is nie een van opswepery nie.
Sefanja 3 praat van die land anderkant die riviere van Kus, m.a.w. Ethiopie en riviere wat daar ontspring en sinspeel op Suider-Afrika. Myns insiens sinneloos as studente van Namibie nie plek kan kry in koshuise by bv. die Universiteit van Stellenbosch nie. En daar is ook Afrikaanssprekende boere in Botswana en Zimbabwe. Duitse en Britse koloniale magte het grense getrek waar dit gerieflik was om ‘n lyn te sny of waar ‘n rivier loop, ongeag van wie aan beide kante gewoon het. Afrikaners was stellig die enigste Europese afstammelinge wat ‘n groter respek vir die etniese verskeidenheid getoon het en sal dalk nog in die toekoms as natuurlike leiers in ‘n groter gebied aanvaar word, soos wat Siener van Rensburg ook voorspel het en soos wat in Ou Testamentiese tye ook reeds voorspel is.
As jy Sefanja 3 mooi lees en so bietjie verstaan veral in die lig van die Paardekraal gelofte dan sal jy agterkom dit vorm omtrent n volledige basis vir oom Niklaas van Rensburg se visioene vir ons tyd. Vers 1-5 Handel oor die algemene toestand in die wêreld vandag. Vers 6-8 Handel oor WW3. Vers 9 moet jy saam met die Paardekraal gelofte lees. Van Vers 10 af verder handel dit oor SA spesifiek. Let op vers 12 dat ons min sal wees wat gaan oorbly daar staan eintlik “En Ek sal jou laat oorbly….” die tussen en die in moet nie daar wees nie. Vers 15-17 herinner sterk aan die oorlog van Kimberley af en die finale slag by Durban waarvan Van Rensburg gepraat het. Vers 18 – 20 voorspel dat baie hierheen sal kom die wit tente waarvan Van Rensburg gepraat het. En Vers 20 herinner ook daaraan dat Van Rensburg gesê het dat ons die rykste land ter wêreld sal wees en aan die kop van die tafel gaan sit.
As jy die SUDD morasse GOOGLE en dan gaan kyk waar die koningkryk van KUS gelee is asook die NUBIESE koninkryk sal jy sien waar die begin van die land suid van die riviere van Kus is . Koppel dit aan die Boerevolksgeskiedenis se verste op trek in Afrika en die profesie van Sefanja staan vas!!!
Baie interessant en verstaan baie goed en skep moed.
Maar ons Calviniste glo in die uitsluitlike genade van God wat net sekeres sal red van die ganse mensdom.. Al die Wittes is verseker nie God se volk nie.- inteendeel – duidelik is Satanisme die nuwe kultuur van die Afrikaner.
En Sefanja was ‘n kleurling.
Jesus het die redding vir almal gebring uit ons ellende uit.
Werk en leef maar net tot eer van die Here en vergeet van die new age se selfaanbidding waarteen oa Carl Jung so ernstig gewaarsku het met:
‘God openbaar Hom in ons drome maar ons aanbid die godin van realiteite.
en
Die onderbewussyn in beheer van die mens. [Jy is wat jy sien]’
En ek sien ‘n genadige God wat ons alreeds gered het voordat ons dit agterkom..
Jan as ek so na jou poste kyk wil dit vir my voorkom of jy n oopkop ou kan wees ek sal graag vir jou n paar vrae rondom Calvinisme van uit die Woord wil vra, maar ek is huiwerig om dit hier te doen vir verskeie redes. As jy instem inbox my asb op FB.
Rig eerder jou vrae aan die Boodskapper – tydskrif van die APK.
En gaan koop die 3 volume “Institusies ” van Calvyn – naas die Bybel die grootste oplaag van alle boeke / publikasies ooit
Mens soek nie en kry nie maklik die regte antwoorde op verkeerde plekke nie.
Groot waardering vir jou begrip en passie. Sien uit na nog meer van jou gedagtes
LW
eerlikheid en die waarheid en liefde het niks te doen met intelek nie – dis die gawe van kindertjies.
“eerlikheid en die waarheid en liefde het niks te doen met intelek nie – dis die gawe van kindertjies.” Baie waar. Daarom raak ontslae van Calvyn en lees jou Bybel Genesis tot Openbaring en besef God is onveranderlik. Een van die groot redes waarom ons volk hom self oorgegee het aan vernietiging is omdat hy op die kennis van die dominee en die kerk vertrou het en toe verraai die dominee en die kerk hom. Ons moet selfstandig kan identifiseer wanneer iemand vir ons lieg al is dit die dominee. Die enigste basis daarvoor is die Woord die hele Woord as n eenheid want dit vorm n magtige eenheid. As ons volk nie in geloof tot eenheid kom nie sal ons nooit werklik tot eenheid kom nie en sal ons onder die straf bly.
As jy die vers in die King James gaan lees sal jy sien Kus is eintlik Ethiopië. Ethiopië was egter baie groter as wat hy nou is: http://s129.photobucket.com/user/freedomsxm/media/oldafricanmap-1.jpg.html
Wat vir my baie interessant was is die sonsverduistering van 13 September 2015 kyk oor watter deel van die wêreld dit sigbaar was.
http://www.timeanddate.com/eclipse/solar/2015-september-13
ons praat dieselfde rigting!!Kyk net in die tyd van Sefanja tot waar Ethiopie gestrek het , baie belangrik.
Eish ou ThysH is ‘n gevaarlike outjie! Weet jy wat help nogal vir sulke irrasionele vrese, ou Jan? Ek het gelees ‘n hoed wat uit tinfoelie gemaak word.
Ja vertel ons meer van jou ondervinding – het dit gehelp?
Die Afrikaner se hele voortbestaan is ge-offer vir die witmense is Namibia. Die prys was onbetaalbaar duur en die verraad van Vrymesselaar Pik oa was onbeskryflike groot
Die kriminele van die Bosoorlog – al die obskure karakters Rambos Rekkies en Spesmagte het teruggekom na RSA en is herontplooi saam met wit gevangenes teen hul eie mense. Die bos vegters is nooit rehabiliteer nie – ek ken van die goeie ouens persoonlik. Sielkundige wrakke en wanaangepas sosiopate soos drierandnote.. Ons sien hulle op Praag skrywe en dis geen geheim dat anti-gotter Kopdoek Crouwcamp ‘n voorbeeld is.
En die oorlog was omvattend van gewere tot afrikaanse media waarmee Thysh diep betrokke was en gevlug het.volgens sy eie brawe getuienis
/Van die onderwerp af/ Dankie Jan. Jy was toe lekker skerp. Annette Strampe is ‘n agent. Saamgewerk op die EFF manifes ook.
Jan het ‘n John Chard medalje vir 10 jaar diens hoor! Jaaa belowe.
Hoewel die oorlog na my diensplig gepleeg is.
En ek gebruik steeds my uniform en bootste om Roundup te spuit en te verf en onder die kar te kruip om olie af te tap. Die web belt pas nog maar die broek is te klein en Beterhelfte het ‘n stuk ingelas. Die gulps knope gee die gevoel van estetika en kultuur en beheer.
Dan het ek altyd die plastiek helmet gebruik op my motorfiets totdat die ken bandjie van voosgeit gebreek het en afwaai en ‘n kar daaroor ry. Ek het hartstogtelik geween by die stukke plestiek.
Dis omtrent al wat ons oorgehou het van die vreeslike ABO 2 Angola Boere Oorlog waartydens al die olifante vrek geskiet is..
Maar wag ek het darem dêm goed leer bestuur met 4×4 in die sand – ek ken van daai ding doen.
Maar in die ‘doodsnikke van die wedstryd’ het in 1998 gaan soek vir my liewe wonderlike maat wat in Saurimo gebied verdwyn het: Lourens Bosch Mirage meester-vlieënier wat vir Excutive Outcomes gewerk het – is nooit gevind nie.
Meteens is niks meer snaaks nie……
NS Miskien kan Praag my eendag help om daai dagboek op te skryf maar ek sien nog nie kans nie. – alles is nog te rou…
WOORD!!!!