SARU, Supersport minag Afrikaans!

Ope brief aan die bestuur van SARU en van Supersport

Ek het nooit werklik besef met watter minagting u as die South African Rugby Union en u agterryer Supersport ons Afrikaanssprekendes behandel nie. (Of is SARU die agterryer?) Eers met Donderdagaand se spektakel (en ek bedoel spektakel, nie spectacle nie) het dit behoorlik tot my deurgedring. Dit was met groot belangstelling toe ek die aand voor die TV inskuif om te sien watter rugbyspelers en -spanne en andere loop weg met die toekennings van Beste, Grootste, Mooiste, Gewildste, Jongste, Wat-ook-al-ste. Wat was my verbasing toe die seremoniemeester vir negentig minute lank die verrigtinge NET in Engels hanteer. Eweneens die bekendes en beroemdes wat die name van die wenners kom uitlees het en toe hand op die blaas saam-saam met die wenners vir die kameras reggestaan het.

Ek het nie fout te vind met SARU en Supersport se politiek korrekte benadering om allerhande bokspronge te maak ten einde die realiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing te akkommodeer nie. Ook nie met die meriete van die toekennings nie, hier en daar  ʼn verrassing ten spyt. Ek was wel verbaas oor die aard van die konsert wat met ʼn rugby-leefwêreld en tradisie maar weinig gemeen het. Maar ek was hoogs de foeter in oor die opsetlike en minagtende negering van Afrikaans. Ek sou raai dat die oorgrote gros rugbyspelers in Suid-Afrika Afrikaanssprekend is, dat 75% plus op die rugbypawiljoene en voor die TV’s Afrikaanssprekend is, maar dat Supersport en SARU nie eers ʼn poging aanwend om u talrykste klant en ondersteuner in ag te neem nie. Ons vra nie vir 50% Afrikaans tydens hierdie soort seremonies nie, nie eers 33% of selfs 25% nie, want ons verstaan dat ons in die Nuwe SA leef met nuwe vereistes.  MAAR ons dring aan op erkenning, nie minagting nie. Moet tog net nie weer met die verspotte verskoning van elf tale en elf seremoniemeesters en elf konserte en elf ander soorte snert kom nie.  U as SARU en Supersport moet u oë oopmaak en kyk wie speel en wie kyk en wie betaal.

Wat dus nou van die borge? Hulle en hulle miljoene? Weet hulle dat ons Afrikaanssprekendes nie miljoene rande aandra na hulle winkels toe nie, maar wel miljarde. Dis óns miljarde waaruit hulle skep en waarmee Supersport en SARU hierdie Engelse tempel van verering en aanbidding aan die gang hou. Want SARU en Super Sport teer op ons passie vir rugby, op ons passie vir ons spanne, ons Springbokke en ons spelers.

Besef u as SARU en Supersport dat gedurende die hele aand daar niks in Afrikaans oor iemand se lippe geglip het nie, nie ʼn liedjie nie, nie ʼn sinnetjie nie, nie ʼn woord nie. Wat die arme Sarel Pretorius besiel het om sy elektroniese boodskap in Afrikaans na hierdie Engelse sirkus toe te stuur, weet net hy. Onkundige, oningeligte, Afrikaanssprekende Super Rugbyspeler van die jaar, skaam hy hom nie!

Dis al erg genoeg dat ons Saterdag na Saterdag moet aanhoor hoe 100% Afrikaanssprekende skeidsregters en 100% Afrikaanssprekende voorrye mekaar in die rooitaal die stryd aansê in aksente so dik soos ʼn plaasdamwal. Terloops, is dit een of ander reël of regulasie in SARU se wetboeke dat hulle so moet kommunikeer?

Nou waar laat hierdie tirade ons nou? By die punt waar ons vir SARU en vir SUPERSPORT wil sê ons is gatvol  en ons dring aan op ʼn openbare verskoning oor u Afrikaans in die asblik infoeter. En saam daarmee ʼn sinvolle verduideliking van u houding teenoor Afrikaans, beide in die verlede en in die toekoms. Want so kan dit wragtag nie aangaan nie. Is daar iets wat ons nie weet nie? Een of ander finansiële of politieke stuk inligting wat u noop om hierdie onverklaarbare ongeskikte pad te stap? Vertel ons daarvan dat ons ook kan verstaan, want ons wil graag.

Of wil u as SARU en Supersport eers ʼn paar honderd duisend handtekeninge op petisies, e-posse, Facebook en Twitter hê? Daar is genoeg energieke gatvolles en beledigdes onder Afrikaanssprekendes om so-iets aan die gang te sit. Saam daarmee ʼn dosyn of meer organisasies rondom Afrikaans as taal wat net so siek en sat is vir die huidige gemors. Ek weet, want ek het ʼn telefoon wat lui en lui. En dis ook presies net daar waar Afrikaanssprekendes en die Afrikaanse media na mekaar moet uitreik. Anders sterf altwee.

лобановский супермаркет класс

Taallammers en taalbulle

Flip Buys het onlangs die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) bekend gestel. Danksy die ABN word daar gehoop dat Afrikanerorganisasies mekaar voortaan in groter mate sal onderskraag. Die Afrikaanse Taalraad (ATR) is een van die organisasies wat betrek is. Die ATR het onmiddellik na die publikasie van Buys se artikel “benadruk dat hy bloot waarnemerstatus by die ABN het en slegs daarby gemoeid is vir sover die belange van Afrikaans as taal geraak word” (Die Burger, 28.10. 2011, p 12). Afrikaans is sekerlik ‘n (dalk eerder: dié) kernbelang van die Afrikaner. Die ATR, wat veronderstel is om oor Afrikaans te waak, distansieer hom egter hiermee van betrokkenheid by alle Afrikanerbelange, met die uitsondering van Afrikaans. Dit is ‘n bedenklike situasie. Die kanker kan maklik nagespeur word. Dit word politieke korrektheid genoem.

Volgens Jan-Jan Joubert het Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), ‘n e-pos “aan verskeie rolspelers op die Afrikaanse taalakker” gestuur waarin hy kommer oor die doel van die ABN uitspreek. Volgens Van der Rheede word bruines en swartes dalk nie betrek nie en dus “aan hulle eie lot oorgelaat” (Die Burger, 27.10.2011, p 2). Dit gaan vir Van der Rheede om inklusiwiteit. Maar die SBA is ‘n sprekende voorbeeld van nie-inklusiwiteit deurdat sy werksaamhede op nie-wittes ingestel is. Ook omdat dit Afrikaans vry van regse politiek wil bevorder, soos Tony Links by die stigting van die SBA geëis het. Van der Rheede se bemoeiing is polities gemotiveerd; die woord “bemagtiging” toon die politieke konteks aan.

Wanneer wittes in nie-wittes se sake inmeng, word daar graag met die verwyt van paternalisme gekom. Sodra Afrikaans ter sprake kom, word daar egter verwag dat alle inheemse tale (wat Afrikaans van huis uit grootliks nie is nie) bevorder moet word. Dit is tans Van der Rheede se werk om Afrikaans se bevorder. Verder het die Afrikaanse Handelsinstituut hom pas ewe regstellend as sy volgende uitvoerende hoof aangewys. Maar daar kan gerus kennis geneem word van die feit (soos deur Van der Rheede in Kaap-Rapport erken) dat sy kinders ‘n Engelse skool bywoon. Hy bevorder dus Afrikaans sodat ander mense as sy eie kinders dit kan benut. Dit is ‘n sprekende voorbeeld van fundamentele taaldislojaliteit.

Nadat Jan-Jan Joubert met sy propagandaveldtog in die Nasperskoerante sukses ten bate van Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier behaal het, probeer hy nou om agterdog en verdeeldheid in ABN-geledere te saai. Die volgende persoon wat hy betrek het, is Michael le Cordeur, die ondervoorsitter van die ATR. “Le Cordeur het gister namens die ATR se direksie gesê die ATR is nie deel van die ABN-aksie nie en kan ook nie daarvan deel wees nie.” Volgens Le Cordeur “staan” die ATR “vir ‘n Afrikaanse taal vir alle Afrikaanssprekendes en verwoord dus nie net die sienings van Afrikaners nie. Ons het al dikwels in die verlede die punt gemaak dat vir die ATR Afrikaans nie die ekwivalent van Afrikaner is nie. Ons staan vir die diverse Afrikaanse gemeenskap, dus die kollektiewe waarde van Afrikaans en al sy sprekers … Terwyl ons begrip het vir die Afrikaner-benadering van die ABN, is die ATR ingestel op ‘n breër, inklusiewe en Suid-Afrikaanse visie en praktyk.” Die saak sal glo op 18 deser tydens die ATR se volgende direksievergadering grondig deurgepraat word (Die Burger, 29.10.2011, p 2). Soos Van der Rheede beklemtoon Le Cordeur nie-Afrikaner-belange; dus politieke elemente soos diversiteit, inklusiwiteit en Suid-Afrikaansheid; almal politiek-korrek eie aan die nuwe Suid-Afrika.

Le Cordeur is ‘n opvoedkundige wat ‘n absurde bewondering het vir die leerlinge wat die Bergrivier-skool in Wellington afgebrand het. Van sy insigte is dat die studente wat die kafeteria van die Skiereilandse Technikon (deesdae ‘n universiteit genoem) geplunder het, dit gedoen het omdat hulle honger was. Sy woorde was skaars koud toe plunder nog “honger” studente die kafeteria van die Universiteit van Wes-Kaapland. Le Cordeur is ‘n voorbok by Rachel’s Angels, ‘n beursskema van die Universiteit Stellenbosch waarvan wittes uitgesluit word. Hy het klaarblyklik geen beswaar teen hierdie nie-inklusiwiteit nie. Soos by Van der Rheede weeg politieke oorwegings by Le Cordeur swaarder as lojaliteit teenoor Afrikaans. Sy kinders noem hom “Dad”. In ‘n artikel in Die Burger het hy beweer dat Wellington se klopse voorbeeldig lief vir Afrikaans is, maar al die groepe het Engelse name.

Watter uitkoms kan ‘n mens by die ATR-vergadering op 18 deser verwag? Daar is rede vir pessimisme. By Van der Rheede en Le Cordeur weeg (linkse) politiek (sekerlik anti-Afrikaner-politiek) ongetwyfeld swaarder as die belange van Afrikaans. Hulle probeer om ‘n wig tussen Afrikaans en die Afrikaner in te dryf. Wannie Carstens is die voorsitter van die ATR en is politiek-korrek ‘n groot bewonderaar van Nelson Mandela (Die Burger, By, 6.08.2011, p 4). Hy het ook al die onetiese Martin Luther King jr. goedkeurend aangehaal.

Die sug na diversiteit en inklusiwiteit bring mee dat sulke politiek-korrektes nie net in die ATR dien nie, maar ook in die raad van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument. Hierdie inrigting bied elke jaar ‘n lesing, vernoem na Mathew Phosa, oor Afrikaans aan. Blykbaar word sy besondere verbintenis met Afrikaans vir verering uitgesonder omdat hy “vryheidsvegters” in Afrikaans onderrig het sodat hulle bv doeltreffender handgranate kon gooi en landmyne plant. Voorkeur word aan sprekers gegee wat weens hulle politiek (en nie vanweë hulle vakkennis van Afrikaans nie) bekend is, bv FW de Klerk en twee bevrydingsteoloë, Russel Botman en Nico Koopman. Albei laasgenoemdes het die geleentheid gebruik om ‘n pleidooi vir nie-Standaardafrikaans te lewer. Geen mens het Afrikaans in groter mate of in ‘n korter tyd afgeskaal as Botman aan die Universiteit Stellenbosch nie. As voorsitter van die KKNK het hy jare lank weggekom met pleidooie oor sy politieke voorkeure (uitreiking, inklusiwiteit, transformasie, regstelling) sonder om (sover bekend) ooit iets goed van Afrikaans te sê of sy persoonlike lojaliteit teenoor die taal te betuig. Dat daar nou uiteindelik (volgens die jongste Rapport) sterk beswaar teen die agteruitgang van Afrikaans as onderrigtaal op Stellenbosch is, moet verwelkom word. Hibridiese Afrikaans is die soort Afrikaans wat Koopman as ideaal voorhou. Hy het sy professorale intreerede in Engels gelewer aan ‘n gehoor wat feitlik heeltemal uit Afrikaanssprekendes bestaan het.

Wat die voorafgaande duidelik maak, is dat as politiek voorrang bo bv Afrikaans (of opvoedkunde) kry, sulke dissiplines skade ly. Politieke korrektheid in bv die ATR veroorsaak dat mense wat nie werklik Afrikaans-lojaal is nie as volwaardige besluitnemers toegelaat en aanvaar word. Dan swaai die stert die hond en is Standaardafrikaans die verloorder. Sodra daar ‘n politiek-korrekte inklusiewe benadering is, soos by die ATR, misbruik nie-wittes hulle posisie om (soos in die UDF-era) met dreigemente en boikotte hulle sin te kry. Op hierdie manier word taalaksies impotent gemaak. Dit is waarom die ATR nog nie eens taalbesoedeling of bv Koopman se taalhibriditeit (spesifiek die gebruik van onnodige Engelse woorde in Afrikaans) veroordeel en die waarde van Standaardafrikaans beklemtoon het nie.

In so ‘n politiek-korrekte opset word die rolspelers taallammetjies (met die klem op “lam”). Afrikaans kan blykbaar nie vry van politieke oorwegings bevorder word nie. Daarvoor is Afrikaans en die Afrikaner te ineengestrengel. Die insluiting van politiek in ‘n taalstryd hou noodwendig nadele in. Dit saai bv verdeeldheid. Maar die groot voordeel is dat taallammetjies in ‘n kultureel-gesonde politieke opset, plek vir taalbulle maak. Hulle kan dan daadwerklike resultate behaal. Ek is bv oortuig daarvan dat net ‘n Afrikaner-rektor die taal- en kulturele aanvoeling kan hê om die voortbestaan van ‘n Afrikaanse universiteit te verseker.

Die oorsprong van Afrikaans word deesdae dikwels en politiek-korrek tot die kombuistaal van slawe nagespeur. Die baie groter Europese (dus wit) invloed, naamlik Nederlands, word dan misken. Verder is dit hoofsaaklik wittes (dus Afrikaners), bv die Genootskap van Regte Afrikaners en woordeboekopstellers en skrywers, wat beslag aan Afrikaans, insluitende Standaardafrikaans, gegee het. Dit is danksy wittes dat Suid-Afrika tot die voorste land in Afrika ontwikkel is. Insgelyks bly die heil van Afrikaans aangewese op regte Afrikaners.

Лобановский Харьков

Persvryheid

Dit sal ‘n kwade dag wees as die ANC se planne om persvryheid in Suid-Afrika aan bande te lê, werklikheid word. Sou daardie dag egter wel aanbreek, sal die pers aan homself en aan die gemeenskap verantwoording moet doen oor sy eie aandeel daaraan.

Niemand kan ‘n nuusblad se plig en funksie om in te lig, ontken nie. Die skrywers van rubrieke en artikels kan daarin seer sekerlik ook, naas inligting, hulle eie opinies lug. Die ingeligte leser verstaan dit in daardie lig en sien dit as deel van ‘n gesprek waaroor die laaste woord nie noodwendig gespreek is nie. Sien byvoorbeeld die uiters eensydige en hoogs aanvegbare artikel van emiritus professor Albert Venter in By van Saterdag 28 Oktober 2011, wat noodwendig tot reaksie en verdere gesprek behoort te lei.

Nie so met nuusverslaggewers en nuusberigte nie. Die nuusberig behoort die klinies korrekte oordrag van inligting ten doel te hê. By die onkritiese en oppervlakkige leser is daar ‘n ongelukkige tendens om die geskrewe woord sonder meer as die waarheid te aanvaar. Nuusberigte wat aansluiting vind by my beroeps- en belangstellingsvelde spreek dikwels van onkunde en bevat tegniese onjuisthede en sigbare onwaarhede. Dit word egter met soveel selfvertroue deur ‘n duidelik nat-agter-die-ore verslaggewer aangebied dat ‘n persepsie by ‘n noemenswaardige getal lesers ontstaan dat die inhoud van die berig die waarheid korrek weergee. Dit laat ‘n wrang smaak in die mond van die ondersteuner van persvryheid as die beoefenaars van daardie vryheid so argeloos en slordig daarmee omgaan.

‘n Verdere en ernstiger vorm van misbruik van die magtige platvorm waarop die nuusverslaggewer staan, is berigte wat gekleur word deur die persoonlike vooroordele van die verslaggewer. En ongelukkig is dit nie die groentjies in die bedryf wat hulle hieraan skuldig maak nie. Dit is senior joernaliste en deur net na die onderwerp van die berig en die naam van die joernalis te kyk, is die trant van die “berig” gewoonlik voorspelbaar. Dinge word dan dikwels verder vertroebel deur die misleidende titels en subtitels wat die berig dra.

‘n Onlangse voorbeeld van hierdie bedenklike soort joernalistiek is die berig onder die opskrif ‘Is net wit mense welkom?’ op bladsy 4 van Beeld van Donderdag 27 Oktober 2011. In die inleidende sin word gesê “Die onlangs gestigte Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) het gister vir omstredenheid gesorg…”. Feitelike fout: Dit is mnr Christo van der Rheede wat vir enige “omstredenheid” waarvan daar sprake mag wees, gesorg het. Dit is mnr. van der Rheede wat die rassekaart speel waar dit nie ter sprake is nie. Dit is mnr. van der Rheede wat (weens rasse-oorwegings) wil hê dat die Afrikaanse Taalraad en die FAK “deelname aan die ABN indringend (moet) heroorweeg”. Sien in hierdie verband ook die SMS van D.Oliphant in Vrydag 28 Oktober 2011 se Beeld: “Christo van der Rheede, kan jy nie maar met die ABN saamwerk sonder om jou eie ego voorop te stel nie ?”

Die berig sê voorts dat 19 organisasies, “van Jong Dames Dinamiek …….tot die Afrikaanse Taalraad, ….” lede van die ABN is. Feitelike fout nommer 2. Sien die ewewigtige reaksie van dr. Michael le Cordeur (ondervoorsitter van die ATR) in die opvolgberig van Jan-Jan Joubert en die brief van Jacques van der Elst (hoof-uitvoerende beampte van die ATR) in Saterdag 29 Oktober 2011 se Beeld. Die opvolgberig bied genoeg stof van sy eie om op te reageer en kommentaar te lewer. Dit sal egter van geen nut wees nie omdat hierdie brief, indien gepubliseer, tien teen een in elk geval al reeds verkort gaan word (hopelik met behoud van die essensie daarvan).

Die inhoud van die oorspronklike berig ondersteun ook nie die subtitels nie. Behalwe dat die berig meld dat mnr. van der Rheede “van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) ” is, is daar geen aanduiding in die berig dat sy e-pos enigiets meer as sy persoonlike gevoel weergee nie. Watter substansie het die eerste subtitel ” ‘Laertrek-kodetaal’ pla stigting” dan ? Die tweede subtitel by die oorspronklike berig lui: “Twis oor Afrikaner-netwerk”. Na watter “twis” word daar verwys ? Die berig self bevat glad geen verwysing na enigiets wat maar enigsins as sulks beskryf kan word nie.

Die eenvoudige waarheid is dat die skrywer van die berig, Jan-Jan Joubert, obsessief en passievol gekant is teen enigiets wat vir hom klink, lyk of ruik na die bevordering van of verbandhoudend is met die (wit) Afrikaner se belange. Dit is algemene kennis dat hy ‘n “boerebasher” by uitstek is. Dit het tydens sy onderonsie jare gelede met Steve Hofmeyr by die KKNK na die oppervlakte gekom en het nog nooit verander nie. Wat egter vreemd is, is dat Beeld volhou om juis van hom gebruik te maak om meningsartikels vermom as nuusberigte oor hierdie en verwante onderwerpe te skryf. Dit ondermyn Beeld se geloofwaardigheid en maak ‘n bespotting van persvryheid. Die leser is geregtig op ‘n onbevooroordeelde weergawe van nuusgebeure en nie ‘n leuenagtige verdraaing daarvan nie.

‘n Bepaalde nuusberig oor ‘n bepaalde onderwerp en geskryf deur ‘n bepaalde joernalis moes noodwendig ter wille van illustrasie en bewysplase hier ontleed word. Die saak waaroor dit gaan, strek egter veel wyer, raak ‘n verskeidenheid onderwerpe aan en betrek meerdere joernaliste. Talle mense in die samelewing kan getuig van die vernietigende effek wat die pers al op hul eie, familie, vriende en kennisse se lewens of die wel en wee van instansies of organisasies waarby hulle betrokke is, gehad het. Dit as gevolg van onsensitiewe en ongekontroleerde wanvoorstellings of blatante leuens wat deur onervare junior joernaliste (byvoorbeeld hofverslaggewers) die wêreld ingestuur word. Veel erger is egter die berekende skeeftrekking van die waarheid deur sogenaamde senior spesialisjoernaliste soos Jan-Jan Joubert. En moenie glo dat diesulkes enigsins boetvaardig is wanneer dit duidelik word dat die waarheid geweld aangedoen is nie. Dan is dit net nie meer nuuswaardig nie of ‘n nikseggende “regstelling” word, dikwels weke na die tyd en in opdrag van die persombudsman, bykans onsigbaar weggesteek op ‘n obskure plekkie iewers in die koerant , geplaas.

Die eenvoudige keuse waarvoor die pers te staan gekom het is om voort te gaan op die pad van selfvernietiging of te besin en die regte ding reg te doen. Die staatspresident het in die afgelope week openbare ampsdraers die trekpas gegee en kommissies van ondersoek aangestel, nie omdat hy skielik die lig gesien het nie, maar wel omdat hy geen ander keuse gehad het nie. Die huidige ondersoek na en pogings van die pers tot selfregulering spruit eweneens voort uit noodsaak en allermins uit eie oortuiging en ‘n dwingende behoefte om selfondersoek te doen en reg te maak wat verkeerd is. Die vraag is net of die pers nie sy hand reeds te lank en te dikwels oorspeel het om nou nog iets aan die saak te kan doen nie.

Te midde van al die vergrype, korrupsie en onbevoegdheid waaroor daar feitelik korrek verslag gedoen is, was meerdere ANC politici en kaders wat in die openbare sektor ontplooi is, egter ongelukkig ook aan die ontvangkant van bedenklike joernalistiek. Moet dus nie verbaas wees oor die felheid van die aanslag op persvryheid uit daardie oord nie. En moenie vergeet dat diesulkes, anders as die gewone landsburger of burgerlike organisasies wat te na gekom word , oor die politieke mag beskik om die pers, tot nadeel van die breë gemeenskap en die demokrasie in Suid-Afrika, te muilband nie. Dan moet die gewone landsburger, burgerlike drukgroepe en organisasies wat dikwels verguis word deur Jan-Jan Joubert, Adriaan Basson en ‘n lang lys geesgenote, weer die kastaiings uit die vuur probeer krap.

Willem van Rensburg se uitstekende brief is aan Beeld voorgelê, maar is nie gepubliseer nie.

лобановский александр игоревич

Zille en die Amerikaanse projek vir SA

Wat die Amerikaners van die DA dink, is waarskynlik die rede vir die besluit om die party in ‘n swart party te verander. Dat lofwaardige teorieë oor die werklikheid mag verskil, is egter nie vir die immer jong gesig van die opposisie ‘n uitdaging nie.

Helen Zille het haarself reeds begewe in die stryd om die magiese sentrum wat die VSA graag in Suid-Afrika verwesentlik wil sien.

In 2007 het Donald Teitelbaum, die Amerikaanse ambassade in Pretoria se charges d’affairs, ‘n vertroulike verslag geskryf waarin hy Zille as die voorkeurkandidaat vir die party uitsonder. Dié verslag is intussen deur WikiLeaks gelek.

In die verslag skryf Teitelbaum dat die DA hoop om ‘n vars gesig en ‘n nuwe strategie aan te bied wat deur rassegrense sal breek sodat die party meer relevant, nie net as ‘n ANC-waghond nie, maar as ‘n lewensvatbare politieke alternatief vir alle Suid-Afrikaners kan word.

Die Amerikaanse gesant konstateer dat die land se politieke stratifikasie grootliks op ras gegrond is, en dat die DA daarom nie in staat is om meer as 12 persent van die kiesers te lok nie.

Die Amerikaners het in 2007 kennelik reeds gehoop dat Zille, wat Kaapstad se “brose koalisie” vir meer as ‘n jaar aan die gang gehou het, ook dieselfde met Suid-Afrika kan vermag.

Wat hy natuurlik nalaat om te noem, is dat die Vryheidsfront eintlik vir daardie “brose koalisie” se balans gesorg het met die pos wat die Speaker, ‘n lid van die VF+, beklee het en dat die DA elke pro-Afrikaanse mosie ondermyn het om die ANC tevrede te hou.

In Teitelbaum se lowende, maar gebrekkige voorstelling is Zille “verreweg die beste kandidaat van die DA en die opposisie as ‘n moontlike samewerkingsvennoot in die regering”. 

Duidelik was die skuif om die party te verswart al in 2007 in die vooruitsig gestel, want Teitelbaum sê voorts: “Die DA se langtermyn-doelwit van die verbreding van sy steunbasis berus op Zille se prestasie en partybeleid en praktyke. Tot nou toe, was die DA ‘n hoofsaaklik wit bastion.” 

Konserwatiewe blankes wat nie welkom voel binne die ANC se groot tent nie, is deur Zille na die DA gelok, merk Teitelbaum op. Die party het ‘n liberaal-demokratiese kern, maar al hoe meer konserwatiewe voormalige lede van die Nasionale Party sluit aan.

Volgens die voormalige DA-LP Raenette Taljaard, is ‘n hewige stryd aan die gang agter die skerms tussen die “liberale (wat beperkte staatsinmenging wil hê en meer verwant is aan libertariërs in die VSA) en konserwatiewes van die voormalige Nasionale Party”.

Dié voorstelling van 2007 en Taljaard is natuurlik suiwer aangedik vir die Amerikaanse gehoor en het geen basis in die werklikheid nie. Dit was ‘n kwalik bedekte manier om die Afrikanerstem in die DA as problematies vanuit ‘n ideologiese hoek te skets.

Die werklike probleem was en bly steeds die kulturele onderbou tussen patriotte (Afrikaners) en internasionaliste (Engelse), wat onder ‘n dik laag liberale Amerikaanse neocon-speak verberg word. Taljaard het haar opleiding en politieke styl in die VSA opgedoen, terloops.

Hoewel Taljaard destyds geglo het die party moet verdeel in dié rigtings as dit vinniger wil verswart of dan “oorleef”, het dit nogtans tot Teitelbaum deurgeskemer dat tendensieuse Amerikaanse politieke filosofieë ironies genoeg, nie werklik resoneer met die meeste swart Suid-Afrikaners nie. Ten minste nie op die Westminsteragtige manier waarop die DA dit bedryf nie.

Dat Malema die toneel sou binnehaas, om kwessies te opper wat vir swart kiesers uitstekend klink, en dit die fokuspunt van die politieke diskoers te maak – weer eens op ‘n uit-en-uit rassegrondslag – het die probleem vir die DA verdiep. Hulle sal noodgedwonge ‘n swart party móét word om te kan oorleef. 

En nie alleen ‘n swart party nie, maar ook ‘n veel linkser party. Die gonswoord “representivity” oorheers die Suid-Afrikaanse politieke toneel. Die woord kon net sowel “ras” of “swart” gewees het en gaan nie binnekort van enige belangrikheid vir 80% van die land se kiesers gestroop word nie.

Die gesant waarsku in sy communiqué juis dat nog ‘n bydraende faktor tot die DA se swakheid in die lok van kiesers, hulle stilswyende goedkeuring van die ANC se neoliberale ekonomiese beleid is, een van die ANC se grootste swakhede onder die ontevrede lede van sy eie koalisie aan die linkerkant.

Teitelbaum beveel aan dat Zille voortgaan met haar party se rol as ‘n regeringswaghond, met ‘n vriendeliker gesig, die een wat bereid is om saam te werk, eerder as om “terug te veg”. Hy noem Leon se gewilde slagspreuk, wat duisende Afrikaners na die DA gelok het, neerhalend ‘n “rampspoedige politieke veldtog”.

Duidelik voel die Amerikaners dat die Afrikaners geen plek in die party het nie en ‘n remskoen vir groei verteenwoordig.

“Deel van die blaam vir die DA se onvermoë om vordering te maak, moet ook rus by die ANC,” skryf hy voorts, omdat hulle in terme van “ras-identiteit” dink. Hy sonder die mense van Khutsong uit as ‘n perfekte voorbeeld. Mense brand huise van die plaaslike ANC-leiers af om ontevredenheid uit te spreek, eerder as om hul stemme by dié van die opposisie te voeg, kla hy.

Gegewe die DA se wit kiesers, tesame met wit emigrasiepatrone, meen Teitelbaum dit is onwaarskynlik dat Zille in staat sal wees om die DA se lidmaatskap genoeg hupstoot te gee om die ANC om die mag op nasionale vlak enige tyd in die nabye toekoms uit te daag.

Zille het duidelik besluit dat sy oor die nodige vernuf as politikus beskik en het haarself gewend tot sogenaamde “race-baiting” of rasuitlokking waar sy haar swart teenstanders as “Verwoerdiane” uitdaag sodat sy meer swart as die swartes kan lyk.

Soos Europese gesante in hul stomme naïwiteit glo, dink die Amerikaanse gesante insgelyks daar bestaan ‘n politieke sentrum in Suid-Afrika wat nie van ras omgewe is nie. Zille se aapstreke om buitelandse verteenwoordigers onder hul wanindruk te hou, is reeds in volle swang.

Фильчаков прокуратура харьков

Die groter volksmoord

Navorsing toon dat die fertiliteit van die Afrikaner 1.6 kinders per vrou is, terwyl ‘n fertiliteit van 2.2 nodig is om ‘n samelewing te onderhou. Die implikasie hiervan is dat die Afrikaner as volk besig is om selfmoord te pleeg.

In die 1940’s is hierdie tendens al waargeneem, en is ‘n boekie geskryf met die titel “Selfmoord van ‘n Nasie”.

Die hoeveelheid Afrikaners wat nooit gebore is as gevolg van hierdie volks-selfmoord is ordes meer as die blankes wat sedert 1994 vermoor is. Dit loop in die miljoene, en nie die tienduisende nie.

Ek meens dat die oormatige klem op hierdie soort moorde die aandag wegneem van die groter probleem, naamlik die selfmoord van die Afrikaner. Relevante gesprek behoort te fokus op die groot probleme.

Фильчаков Харьков

‘n Nuwe Grensoorlog?

In ‘n hoofartikel vandag mor Beeld oor die ANC-regering se gebrek aan politieke wil om meer geld aan die Suid-Afrikaanse vloot te bewillig om Mosambiek se kuslyn, waar reuse gasreserwes ontdek is, te beveilig.

Soos dit ‘n DA-mondstuk betaam, is die taal in melodrama gehul: “Suid-Afrika staan voor ‘n nuwe ‘grensoorlog'”. Natuurlik weer eens nie dié keer aan sy eie kuslyn nie, maar in die Mosambiek-kanaal.

Die skielike inspirasie om Mosambiek te gaan red van wat ookal, kom waarskynlik deels van sekere Amerikaanse en Italiaanse oliemaatskappye wat nie lastig geval wil word deur Somaliese, of enige ander, buiters nie.

En soos die toeval dit nou wil hê, het die Britse premier, David Cameron, net gister presies dieselfde kopseer ontdek: Seerowery. Dié sameloop is ongetwyfeld toe te skryf daaraan dat Gemenebeslande oor akute telepatie beskik.

“Internasionale kenners, asook opperbevelhebbers van die Suid-Afrikaanse vloot, is dit eens dat Somaliese seerowery ‘n groeiende bedreiging vir Suider-Afrika word”, lui die roerende betoog in die grootste Afrikaanse dagblad.

Cameron, die nuwe Nelson, wil glo selfs sien dat Britse handelsvlote voortaan met wapens toegerus word. 

Selfs al sou die Suid-Afrikaanse vloot hul hele mag ontplooi, gaan dit geen duit verskil aan die Somaliërs maak nie, aangesien ruim 30% in hul pogings omkom en daar nog vele aspirante is wat wag op ‘n geleentheid om met bloed te betaal vir ‘n deel van die aksie. ‘n Doodse vrees vir ‘n gewapende handels- of oorlogsvaartuig is dus geen afskrikmiddel nie.

Trouens, nie eens ‘n kernwapen aan boord gaan die magsbalans ter see verander nie en die koste daaraan verbonde moet ook vir lesers wat Wiskundige geletterdheid op skool gehad het, duidelik raak.

Dwelmhandelaars, die ander rede waarom Suid-Afrika ‘n vloot behoort te hê volgens Beeld, se voorliefde vir gunstige werksomstandighede vir hul werknemers is byna so groot soos seerowers s’n.

Gewapende handelsvlote gaan eerder internasionale vaarwaters in ‘n nagmerrie laat ontaard, want sulke skepe het uiteraard toestemming nodig van die kusgebied waarom hulle reis.

Die ANC is seker lugtig vir nog ‘n wapenskandaal waar Britte met miljarde in fooie wegstap vir nuwe vloottoerusting wat hulle aan Suid-Afrika gesmous het om ‘n “grensoorlog” te voer, ekskuus, seerowery te bekamp.

 

 

 

 

лобановский александр дети

Het jy al verder as die sepie vanaand gedink?

Dit is nodig dat ons as volksgenote kennis neem van ons verantwoordelikhede, want dit wil my al hoe meer voorkom of dit nie besef word nie.

Dink so bietjie hieraan: Vir hoeveel mense is jy verantwoordelik?

Een antwoord wat almal gerieflikheidshalwe vergeet is: Jou ongebore nageslag.
Ek kan nie vir ander antwoord nie, maar ek het vyf eie kinders en nog een op pad, en ‘n aantal aangenome kinders ook, en ek gaan, indien dit vir my vergun word, seker nog sowat 6 kinders hê.

Gestel elkeen van my kinders kry weer net vyf kinders, dan het ek net een geslag later reeds 30 kleinkinders, en indien dieselfde gebeur met hulle sal ek 150 agterkleinkinders hê, en indien hulle elk ook net vyf kinders het sal ek 750 agter agterkleinkinders ryker wees.

Ek het dus jou (my volksgenoot) nodig om vir hierdie enorme nageslag van my vrouens en mans te voorsien om my eie bloed te laat voortleef. Ek is reeds baie lief vir hierdie toekomstige nakomelinge, daarom is ek nou maar lief vir julle ook omdat ek julle nie wil verloor om vir my nageslag te kan help uitbrei nie. (Ek is effe selfsugtig!) Hieruit kan mens sommer net so twintig geslagte tel en jy sal sien dat jy tans die enigste persoon is wie iets vir hulle kan doen en hulle kan miljoene beloop, jy is dus soos wat jy nou hier lees die verantwoordelike persoon van miljoene mense, en wat meer belangrik is, dit is jou eie bloed.

Jy is die enigste persoon wat ‘n verskil kan maak aan die hele nageslag wat na jou kom. Die feit dat jou voorouers besluit het om die klein bootjie op die grote oseaan aan te durf, ten spyte van die barbare en die leeus van Afrika om vir jou ‘n toekoms hier kom maak, wel hulle het dit gedoen ten bate van jou wat nou hier lees. En wat doen jy vir jou eie ongebore nageslag?

Gaan sit so rukkie stil, en dan vra jy jou lewensmaat dat hy/sy moet help om ‘n brief vir jul nageslag te skryf. Sit en dink wat jy werklik doen om vir hulle ‘n beter lewe te gee as wat jy geërf het van die vorige geslagte. Vat jou laaste twee weke en oudit dit en bepaal hoeveel tyd jy gespandeer het om te werk aan ‘n beter lewe vir hulle.

Skryf vir hulle van die wonderlike Sewendelaansepie waaraan julle so verknog is, en skryf vir hulle van die huidige modegiere en die modelle voertuie wat jy beplan, en skryf vir hulle van die vorige en die volgende vakansie wat julle opgewonde oor is.

En as jy jouself geoudit het en bevind het dat jy eintlik nie eens aan hulle gedink het nie, moet maar nie die tyd verder mors om vir hulle te skryf nie, want hulle gaan nie daar wees nie.

Ons het ‘n verpligting teenoor ons eie, die huidige nageslag is die vaders en moeders van ons gesamentlike nageslag. Dit is dus baie belangrik om jou mede-volksgenote atent te maak hierop, sodat hulle kan verstaan hoekom hulle betrokke moet raak by volksaksies.

Sien ek enige van julle by ‘n volgende Geloftefees? Sien ek enige van julle by ‘n volkssaamtrek, openbare vergadering of selfs ‘n beskeie finansiele bydrae aan enige van die hordes volksinstellings gee wat probeer om namens jou iets te doen?

Фільчаков Олександр Васильович

DA talm te lank met transformasie

Helen Zille se rassemanewales het weer eens die teorie bevestig dat alle instellings wat “demokratiese” in hul naam opneem, soos in die Demokratiese Republiek van die Kongo of die Demokratiese Volksrepubliek van Korea of die voormalige Duitse Demokratiese Republiek, met ‘n goeie skeut wantroue benader behoort te word.

Zille maak geen beswaar dat Mazibuko, die party se nuwe parlementêre leier en haar eie melanienryke buikspreker, swart stemme moet gaan werf nie. Mazibuko self, is so deeglik bewus van haar opgelegde taak dat sy die media daaroor ingelig het.

Die aanbiddende swart student, wat Zille as die onderwerp vir haar honneursgraadverhandeling gekies het, se ooglopende meriete tot dusver was dat sy nie teëpraat nie.

Mazibuko se enigste ander kwalifikasie vir die werk is ongelukkig haar swartheid. Die honneursgraadverhandeling is ‘n verleentheid van sikofansie en haar gebrek aan ervaring vir die pos selfverklarend genoeg om die DA se aanspraak op kleurblindheid vir goed te begrawe.

Joe Seremane, die DA se voormalige federale voorsitter wat as ‘n gefrustreerde man twee jaar gelede afgetree het, het ses jaar op Robbeneiland deurgebring, Mazibuko vyf in ‘n privaatskool in Durban. 

Tony Leon het destyds self die opmerking gemaak dat die ou maar hopeloos is, maar hy is nogtans swart en gekant teen die ANC en dit pas die DA goed. Kennelik is die algehele kleurblindheid al lank reeds onder verdenking in daardie party. Zille het haarself egter oortref met die wisselvalligheid van die kwaal.

Die DA is, soos enige wetsgehoorsame maatskappy deesdae, ‘n regstellende-aksiewerkgewer. Behalwe dat die party se samestelling werklik nog nie na behore reggestel is nie. Ken Owen stel dit omonwonde so in vandag se Business Day.

Owen meen Suid-Afrika sal beter vaar as die land gesuiwer word van sy “wit regse opposisie”. Sy oproep kan gesien word as ‘n vermaning aan Zille om haar Afrikaanse kiesers uit Solidariteit se stal vaarwel te roep.

Jare gelede, het Zille tewens verklaar dat sy dit nie sal aanvaar as universiteitstoelating op meriete geskied nie want dit sal beteken dat die Universiteit van Kaapstad se Mediese Skool meestal deur wittes en Indiërsbevolk sal word.

Sy het hopeloos te lank getalm om die DA te transformeer. Om nog tien jaar te wag vir ‘n lowende proefskrif, of gepigmenteerde meriete, sal die “demokraties” in die party se naam nie gestand doen nie.

Voorwaarts na Leeuwenhof!

 

Лобановский

Amerikaanse teenstrydighede oor Moslems

Twee oënskynlik teenstrydige Amerikaanse beleidsrigtings pryk vandag op Praag se voorblad in die vorm van nuusberigte: Die Al Kaida-vlag wat oor Libië wapper nadat hulle ‘n Amerikaanse regime-ontrimpeling ondergaan het en die Amerikaners se besluit om UNESCO se befondsing te staak omdat die Palestynse Owerheid (PO) tot dié VN-liggaam toegelaat is.

Die wêreld se voorste sakekoerante het vanoggend intrige by dié skrille beleidskontras gevoeg deur aan te kondig dat nog ‘n aandelemakelaar, MF Global, die koers van die eens befaamde Lehman Brothers in 2008 ingeslaan het vanweë die Euroskuldkrisis.

Vrae oor Amerika se verbintenis met Al-Kaida doem op nadat hulle ‘n VN-ondersteunde burgerlike beskermingsinval in Libië ten bate van “vryheid” ondersteun het, maar ten duurste ‘n oorlog in Afghanistan teen dieselfde terreurgroep voer.

Aan die ander kant is die VSA duidelik gekant teen Palestynse onafhanklikheid en het hulle kwalik nog ‘n poging van die PO waardeer om deur die agterdeur van UNESCO soewereine erkenning te verkry.

Deesdae, terloops, twiet Amerikaanse hooggeplaaste lui buitelandse beleidslagspreuke. Susan Rice, die Amerikaanse ambassadeur by die VN, het via Twitter laat weet dat die Palestyne se stap nie vredesamesprekinge tussen die twee strydende partye kan vervang nie. Sy het nagelaat om te noem dat só ‘n stap soveel druk op Israel plaas, dat dit binnekort nie meer nodig sal wees nie, want Israel sal kapituleer voor die ontsagwekkende openbarebetrekkingeveldtog.

Dié twee kwessies onderstreep maar net weer eens hoedat die wêreld multi-polêr geraak het en dat dit Afrikaners sal baat om op hulself staat te maak in die tye wat kom. Daar is nie meer ‘n “Weste” wat gaan keelskoonmaak namens ons nie. Hoe gouer die gemiddelde Afrikaner daarbuite dit onder die knie kry, hoe beter.

‘n Kloof het weliswaar oopgegaan tussen voormalige Westerse bondgenote oor die Palestynse volk. Wat talle Jode betref is daar reeds ‘n onafhanklike Palestina, te wete Jordanië. Die stemmery oor volle lidmaatskap van UNESCO dié week, het die verskille tussen ander eertydse vriende in die verblindende lig van belange gestel.

Frankryk het vir die Palestyne gestem, Duitsland daarteen, en Brittanje het op die draad bly sit waar hulle onlangs tuisgeraak het om voordeel uit die EU te trek. Sonder Merkel en genadelose druk van die IMF, sou die Duitsers waarskynlik ook “ja” vir Palestynse lidmaatskap gestem het. Die meerderheid Duitsers ondersteun die Moslem-versugting na ‘n tuisland midde in Israel. Merkel veg egter tans ‘n verbete stryd teen ‘n Angelsaksiese aanslag om die Europese Unie tot niet verklaar te kry danksy die Griekse skuldkrisis. Die Duitsers moes hulself intussen tot China wend vir hulp teen die volgehoue transatlantiese veldtog. ‘n Duitse stem teen die VSA sou kwalik wys gewees het onder die omstandighede.

Kanada het heel voorspelbaar, wes van die Atlantiese verdelingslyn, “nee” gestem.

Dit was ook nie enige verrassing dat die Bricslande die Palestyne ondersteun het nie, met China, Rusland, Brasilië en Indië wat hulle stemme by dié van die wenners gevoeg het.

Die ironie, nie gering nie, is dat UNESCO se befondsing absoluut kritiek vir die VSA se buitelandse beleid is. Die enkele grootste onderwysprojek wat die agentskap dryf is in… Afghanistan. Dit kan kwalik in die VSA se belang wees om hulle projek om stabiliteit te finansier, op te hef.

Die bekende geskal dat terroriste uiteindelik in vryheidsvegters ontaard as hulle geweld afsweer, is klaarblyklik tot ‘n ontluisterde kakofonie verklaar en kon Magmoed Abbas se dapper stap hom nog geen vriende in die Withuis besorg nie. Hy gaan dié versuim sekerlik binnekort ophaal as hy nie deur geweld gedwing word om daarvan te moet afsien nie.

Afrikaners kan terugstaan en die skouspel geniet want die een enorme voordeel van die wêreldverhoog se jongste opvoering is dat ons 100% skuldvry daarteen afgeëts staan.

лобановский александр

Dokters in opstand oor Tukkie-aanval

Ek was en is steeds tot in my siel ontsteld.

Die pragtige kind (22 jaar oud) het saam met vriende Bybelstudie gedoen in haar meenthuis binne ‘n veiligheidskompleks in Magalieskruin.

Na die byeenkoms het sy saam met die gaste na buite gestap en die deur oopgelos.

Toe sy terugkom wag die barbaarse wese haar in met ‘n skerp en groot mes, na wat ons mediese span kon aflei van die wonde.

Die inbreker dien haar uiteindelik 22 steek en snywonde toe.

Een was direk in haar gesig, op haar neus, deur haar bolip, langs die mond verby tot by haar ken. Die snywond was skuins in haar wang in en het haar gesiggie amper in twee gekloof.

In haar kop is verskeie steek en snywonde en die punt van die mes het in een van die wonde in die kopbeen afgebreek.

Een wond is aan die kant van haar nek en strek amper tot in die long. Dit het haar slagaar met millimeters gemis.

Sy het soos ‘n tier geveg en in die proses het hy haar linkerduim in die web oopgekloof sodat dit letterlik aan senings gehang het.

‘n Ortopediese chirurg moes probeer om alles weer bymekaar te bring.

Aan al die vingers van haar linkerhand was daar snye. Twee van die vingers se senings is ook afgesny.

Hy het haar blykbaar daarna kamer toe gedwing waar hy, terwyl sy moes gelê het, ongelooflike diep wonde aan haar bene toegedien het.

Hierna, het hy terwyl sy met hierdie wonde lê en bloei, haar soos ‘n dier verkrag.
Hy het ook klaarblyklik by ander huise in die kompleks probeer inbreek. Hy is ook gekoppel aan drie ander verkragtings en ‘n poging tot moord.

Hy is later in Pretoria-Noord in hegtenis geneem met die rekenaar in sy besit.

Hy moes Maandag om 10h00 in die Landroshof in Pretoria-Noord verskyn, maar het reeds ontsnap.

Hierdie daad het die dokters wat daarvan kennis dra asook die wat ek mee gesels het, baie ernstig ontstel.

Dit is dalk nou tyd om as proffesionele mense te wys dat ons in opstand kom daarteen.

Ons doen dan langs hierdie weg ‘n beroep op alle dokters en mediese personeel, om op te staan teen hierdie wreedaardige, ongenadige aanvalle van misdadigers teen weerlose en onskuldige vroue.

Nie-mediese volksgenote is uit die aard van die saak natuurlik ook “opgeroep”.

Фильчаков

Franz Liszt, ‘n voorbeeld vir Afrikaners

Volkstrots is iets wat in die mense se harte saad skiet en groei. Dikwels is dit iemand wat weens afkoms of ‘n toeloop van omstandighede naatloos in ‘n ander, sogenaamde meerderwaardige kultuur kon opgaan wat aan sy volksgenote wys wat volkstrots is.

So iemand was Franz Liszt.

Min mense word nie deur sy pragtige Liebestraums meegevoer nie, en sy Hongaarse rapsodieë is bekend en gewild.

Hongarye, asook ander dele van Oos-Europa was lank in wese ondergeskikte kolonies van Oostenryk. Hoewel die Hongare later in teorie dieselfde status as die Oostenrykers geniet het, was die situasie nie altyd so nie. Om werklike aansien in Oostenryk-Hongarye te kom geniet, moes die persoon naatloos in die Duitssprekende gemeenskap kon inskakel, en met die Oostenrykse kultuur geassosieer word.

Trouens die bevordering van Hongaars in die Koninkryk van Hongarye – ‘n onderdeel van die Oostenryk-Hongaarse keiserryk – het maar sowat twee dekades voor Liszt se geboorte begin en was ‘n teenreaksie op keiser Joseph II se poging om Hongarye te verduits.

Liszt was self van Duitse afkoms. Trouens, sy geboortedorp, Raiding, is vandag deel van Oostenryk, sy ma was ‘n Ooostenryker en Liszt self was nooit behoorlik, soos sy pa, onderlê in Hongaars nie. Franz se pa, Adam, het hul van na Liszt verander om dit te verhongaars, en sy oupa, Georg, het sy van eers so verander na die jong Liszt befaamd geraak het. Franz was ook deel van die Neudeutsche Schule (Nuwe Duitse skool). Hy was boonop ‘n wêreldreisiger en as knap pianis het hy die eerste suksesvolle solo-opvoerings gehou, selfs in Londen. Hy het lank in Parys en in die gerekende musiekstede van Italië gewoon.

Tog het Liszt, na ‘n afwesigheid van twee dekades, met sy terugkeer na Hongarye in Frans geskryf: “Dit sal aan my gegun moet word, dat ten spyte van my gebrekkige kennis van Hongaars, ek van geboorte tot die graf in my hart ‘n Magjaar is.” Die Magjare was die oosterse volk waaruit die Hongare ontstaan het. Een van die redes vir Liszt se liefde vir die Hongare was dat welgestelde Hongare deur die musiektalent van die Duitssprekende seun beïndruk is en vir sy musiekstudies betaal het.

Volkstrots leef in die hart eerder as afkoms. Vader Kestell, wie se pa ‘n Engelsman van Devonshire was het tydens die Anglo Boere Oorlog deel van die Vrystaat se regering ter velde uitgemaak saam met pres. MT Steyn en generaal CR de Wet.

‘n Mens kan lojaal aan sy kulturele wortels bly, selfs al het omstandighede dit so beskik dat ‘n mens naatloos by ‘n dominerende en skynbare meerdere kultuur kan inskakel – dit maak ‘n mens gewoon ‘n beter mens.

Die Afrikaanse kultuur hoef geen duit vir enige kultuur terug te staan nie.

Afrikaanssprekendes was pioniers met hartoorplantings, kernfisika en vele meer. Geen poging wat Julius Malema aanwend om die Afrikaner te verneder, gaan slaag nie – dit gaan eerder die Afrikaner sy rug laat styf maak. By wyse van spreke sal die pensklavier kort voor lank sy plek in simfonieorkeste vind.

Лобановский Харьков

Internasionale regsbeginsels het in die slag gebly

Met oud-president Gaddafi van Libie uit die weg geruim, kan tereg gevra word wie volgende is? Die afgelope dekade het die VSA en sy bondgenote begin met ‘n reeks invalle in verskeie lande in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

Die eerste slagoffer van Amerika en sy Europese bondgenote se veldtog teen diktotariale presidente wat volgens Amerika se opvatting te ondemokraties en te lank aan bewind was, was Irak se president Saddam Hoessein.

Onder die voorwendsel dat Irak oor groot hoeveelhede wapens van massa vernietiging beskik, is Irak op die aand van 19 Maart 2003 deur Amerika en sy bondgenote binnegeval. Na verloop van etlike jare is Saddam Hoessein tereggestel, geen wapens hoegenaamd van massa vernietiging is in Irak gevind nie en ‘n leibandhondjie-regering wat Amerika en sy bondgenote onderdanig was, is in Irak aan bewind gestel.

Van Irak se belangrikste uitvoer-produkte ten tye van Amerika se oorname was olie, aardgasfosfate en sulfate. Na Irak het Tunisië en Egipte aan die beurt gekom. Let daarop dat Tunisië ook ‘n belangrike olie-uitvoerland is en dat Egipte verlede jaar 700 vate olie per dag ontgin het.

Die verskoning vir die invalle in Tunisië en Egipte was dat die lande se presidente te lank aan bewind was. Die vraag word dan ook gevra wie aan Amerika die bevoegdheid verleen om te besluit wie watter land vir hoe lank mag regeer asook hoe demokraties dit is om heersers in lande buite Amerika uit regerings te skop?

Nog ‘n belangrike uitvoerland van olie is Libië. President Gaddafi was sowat vier dekades lank in die land aan bewind en volgens Amerikaanse beoordelaars was dit lank genoeg.

Op 1 September vanjaar word deur verskeie nuusagentskappe berig dat Libie se oorgangsregering aan Frankryk belowe het dat in ruil vir die hulp wat die Franse regering tydens die Libiese opstand aan die opstandelinge verleen het, die opstandelinge na oorname van die Libiese regering, 35 persent van die land se olie-opbrengs aan Frankryk sal afstaan.

Nou, na Gaddafi se dood sal nog ‘n leibandjie-regering ingestel word, en in die geval kry ‘n Amerikaanse bondgenoot, Frankryk, darem ook ‘n goeie oliebeloning om die land met klein wapens te oorspoel. Die vraag kan dus tereg gevra word: het die opstande in Afrika oor sogenaamde demokrasie of oor die beheer van oliebronne gegaan?

Amerika het reeds besluit dat Sirië se president ook lank genoeg aan bewind was. Die gevolg is dat opstande kort-kort in Sirië uitbreek, opstande aangevuur deur Amerika en sy Navo- bondgenote. Almal waarskynlik op soek na olie – ‘n grondstof waarop Sjina blykbaar regoor Afrika en Midde-Oosterse lande tot ‘n groot mate beslag gelê het.

Eienaardig genoeg bly Amerika tjoepstil oor die plase wat deur Zimbabwe se president Robert Mugabe van blankes ontneem is. ‘n Doodse swye word ook gehandhaaf oor die gevorderde kernnavorsing wat deur Suid-Afrika gedoen is en wat na die ANC/SAKP bewindoorname deur die nuwe regering op aandrang van Amerika tot niet gemaak moes word.

Wanneer Sirië se regering vernietig is, soos die van onder meer Libië en die sogenaamde apartheidsbewind in Suid-Afrika, watter bewind is die volgende wat vernietig sal word?

Waarskynlik sal Iran die volgende teiken wees.

Kommunistiese state soos Venezuela, China en Kuba, sal waarskynlik met rus gelaat word om die wêreld se kommunistiese uitbreiding nog dekades lank voort te sit.

Ironies is veral dat kommunistiese bewinde toegelaat word om dekades lank hulle humanitêre vernietigingswerk voort te sit, terwyl heelwat demokraties verkose bewinde se verkose leiers uit die weg geruim moet word op ‘n eg ondemokratiese wyse.

Александр Фильчаков

Wie is die Afrikaner?

Die vraag wie die Afrikaner is, lyk op die oog of maklik. As jy so-iets om die braaivleisvuur vra sal die meeste omstaanders jou ruimtetuig begin soek. As jy sulke vrae begin vra, kom jy heelwaarskynlik van ‘n ander planeet af.

Soos ou Dr Bakker van Garies by die venster uitgekyk het toe die matriekdogter se ma verduidelik dat dit onmoontlik is dat sy swanger kan wees. ” Die vorige keer wat dit gebeur het was daar ‘n ster aan die ooste” het hy ewe droog gesê toe die ma hom vra waarna hy soek.

Dit is egter belangrik dat ons binne eie geledere duidelikheid kry oor wie en wat ons werklik is.

Enigeen wat nie vir regstellende aksie kwalifiseer nie is ‘n goeie vertrekpunt.
Enigeen wat voor 1994 stemreg gehad het, is ook ‘n verstaanbare definisie.

Hierdie groep sluit egter al die ja-stemmers, hensoppers en verraaiers in.

Afrikaanssprekendes van Europese herkoms is ‘n ander beskrywing.

Sou dit die afstammelinge van die Engelse waarteem ons voorouers moes veg om vryheid, insluit? Wat van Oos-Europa , die Russe en die Amerikaners? Wat van afstammelinge van Europeërs waarvan die voorsate hul oorsprong uit Afrika het?

Almal wat Afrikaans praat en Christelike waardes aanhang sluit weer persone in wat nie volgens die populere beskouing ware Afrikaners is nie.

Wat ons in gedagte moet hou in ons strewe na selfbeskikking is:

Hoe minder steun, hoe kleiner is die grondgebied waarop aanspraak gemaak kan word.

Vryheid is die hoogste vorm van gebondenheid want jy moet jou vryheid so bestuur dat dit niemand anders se vryheid benadeel nie.

александр лобановский класс

Ek is ‘n Afrikaner!

Die einde van die DA gaan eerskomende Donderdag aanbreek wanneer die DA-koukus ‘n nuwe swart parlementêre leier gaan aanwys. Die swart dame waarmee die media so ingenome is, gaan die einde beteken van die Afrikaner binne die DA. Die leuen wat die DA die afgelope 18 jaar vir ons mense verkondig, se terminale fase het uiteindelik aangebreek.

En die Afrikaner wat wakkerskrik uit sy DA-betowering en uit sy hok gelaat word, is voorwaar ‘n onstuitbare krag.

Ek is ‘n Afrikaner! Ek is ‘n Afrikaner asook ‘n trotse VF-ondersteuner en ampsdraer van die party want die VF is die enigste Afrikanerparty wat veg vir die ideale en behoud van my mense se taal, kultuur, oorlewing en Christenskap. Ek is nie bang om te wys dat ek ‘n troste Vryheidsfronter en Afrikaner is nie. Dit is daarom dat ek onbeskaamd staan vir die beginsels van die VF Plus soos vervat in artikel 03 van die party se grondwet.

Ek haal aan: ” Die VF+ is eerstens onherroeplik verbind tot die verkryging van die Afrikanervolk se vryheid in ‘n volkstaat onder ‘n eie regering en tweedens tot die beskerming en uitbouing van die regte en belange van volksgenote wat hulle binne en buite die volkstaat bevind.”

Ek beskerm hierdie artikel in die party se grondwet en om hierdie party, mý party en elke Afrikaner se party, te probeer oopdwing om ‘n tweede DA tot stand te bring is nie vir my aanvaarbaar nie. Daar was al enkele stemme wat opgegaan het in dié verband. Volksgenote, ek sê weg daarmee!

‘n Tweede DA gaan nie werk nie want die ander minderhede in Suid-Afrika stem reeds vir die DA en ANC en gaan nie die DA of ANC los om by die VF+ in te skakel nie. Vergeet daarvan en kom ons konsentreer eerder op wat ons veronderstel is om te doen soos wat Artikel 03 van die party se grondwet dit vir ons stel. Kom ons keer terug na ons missie, want dan sal die Afrikaner ook terugkeer na die VF Plus!

Jy hoef nie in Orania te gaan bly om oor jouself te regeer nie. Jy kan selfbeskikking ‘n werklikheid maak in die gemeenskap waar jy woon deur gebruik te maak van artikel 185 en 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet. Jy kan werklikhede skep in jou eie gemeenskap. Jou gemeenskap kan net soos Orania ook ‘n groeipunt wees vir selfbeskikking. In Pretoria is ons reeds besig om hierdie model ‘n werklikheid te maak. Die lewe bestaan uit keuses, Vir die Afrikaner is dit nie anders nie. Daardie keuses behels die volgende:

* Ons sal moet kies tussen Volksbestaan of om verder ondergeploeg te word onder misdaad, liberalisme, sosialisme en op die ou einde doodgewone, harde, koue kommunisme.
* Ons sal moet kies tussen Christelike Nasionalisme of ‘n verwerplike toring van Babel.
* Ons sal moet kies tussen vrye selfbeskikking in ons eie staat of volksvreemde oorheersing waar volksmoord deel is van ons alle daagse bestaan.
* Ons sal moet kies tussen ‘n eie Vaderland met eiendomsreg in ons eie land onder ons eie regering hetsy in die vorm van ‘n kantonstelsel hetsy binne ‘n vrye onafhanklike republiek.

Ek skep nie drome nie maar ek staar die daaglikse werklikhede in die gesig.

Ek is ‘n Afrikaner! Ek is ‘n Vryheidsfronter! Ek soek my eie onafhanklike gemeenskap of Republiek!

Help my om die VF Plus die magtigste Afrikanerparty te maak wat hierdie land nog in sy geskiedenis gesien het! Help my om die Afrikaner weer trots te maak om Afrikaner te wees! Help my om die denkwyses wat die DA en ANC by ons mense tuisgemaak het te vernietig! Help my dat ons weer terugkeer op die regte pad sodat ons ophou om na strooihalms te gryp! Ek stuit nie vir die ANC of die DA nie! Ek stuit nie vir liberalisme, sosialisme of kommunisme nie!

Ek is ‘n Afrikaner!

Rdsl. Philip van Staden
VF Plus Pretoria Leier

Лобановский Харьков