Is die herinvoer van die doodstraf ‘n wyse besluit?

Na aanleiding van regter Gerhardus Hattingh se uitspraak, begin die debat oor die herinvoer van die doodstraf so langsamerhand weer die botoon te voer. In ‘n meningsopname van Rapport blyk dit dat ‘n enorme 97% van die respondente ten gunste is van ‘n herinstelling van die doodstraf, met slegs 3% daarteen. Hoewel hierdie opname na my wete nie volgens die wetenskaplike riglyne van objektiwiteit geskied het nie, is die oorweldigende reaksie ‘n onmisbare aanduiding van waar die meeste mense se gedagtes oor hierdie saak lê.

Die reaksie is te verstane. Misdadigers maak ‘n bespotting van alles wat orde en wetmatigheid voorstel. Moord, roof, verkragting, vrees om soggens by die deur uit te gaan, oorvol tronke en gebrek aan geregtigheid is alles faktore wat die gewone wetsgehoorsame burger wanhopig maak. Enige land of volk wat met soveel geweld geteister word, sou dieselfde gereageer het. Daar is geen ruimte meer vir die linkse kranksinniges wat ons probeer oortuig dat die daders eintlik die slagoffers is en die slagoffers die daders nie.

‘n Mens is onder sulke omstandighede geneig om die etiek oor die doodstraf te berde te bring, met omtrent ewe goeie "wetenskaplik gefundeerde" argumente daarvoor as daarteen. Ten gunste van of teen die doodstraf is ‘n eindelose debat sonder uitkoms. Die pro-kamp bly oor die algemeen pro- en die teen-kamp bly meestal teen (hoewel dit lyk asof Suid-Afrika se teen-kamp eensaam begin word). Hoe kan ons desnieteenstaande die eindelose debat oor hierdie kwessie beslis?

Daar is ‘n mate van uitkoms… as ons soos kommuniste dink. Ons moet ons perspektief oor die saak wysig. In ‘n gewelddadige land soos Suid-Afrika moet ons maar ons etiekboeke en moraliteite by die venster uitgooi en kyk na die vereistes en taktiek wat deur die regering gevoer word. Dis per slot van rekening die ANC-regering wat teen die doodstraf is, terwyl hulle self barbaarse moordpraktyke en terreur gebruik het om aan die mag te kom, en nog steeds daartoe in staat is. Hulle sing ondanks alles voor in die koor dat hulle daarteen is. Die skynheiligheid is om van siek te word. Daarom moet ons ons woede temper en nugter kyk na wat hulle bekokstoof.

Die ANC is ‘n rewolusionêre organisasie en geen demokratiese party nie. Tydens rewolusies vind bloedvergietings nou eenmaal plaas. Dit is deel van die "oorgangsproses". Om aan ‘n rewolusionêre organisasie ‘n sanksie soos die doodstraf toe te vertrou, kan enersyds futiel en andersyds uiters gevaarlik wees.

Die doodstraf kan futiel wees in soverre dat dit geen effek kan hê nie. Slegs tussen 2% en 6% van alle misdadigers beland voor die regsbank en onder swartes heers daar ‘n kultuur wat misdade goedkeur maar dit veroordeel om gestraf te word. As jy gevang word, is dit jou verdiende loon: jy moet liewers nie gearresteer word nie. Die misdaad self is nie verkeerd nie. Selfs ondersoekers by die Institute for Justice and Reconciliation het al gewonder hoe dit is dat by swart volkere geen duidelike taboegrens bestaan of in stand gehou word nie. Hulle relativeer alles en skuif die oorsaak voortdurend op ander eksterne oorsake af. Die howe is nogal geneig om aan sulke oorsake die skuld te gee. Dit is ‘n wêreldwye tendens, waaroor die psigiater Theodore Dalrymple al dosyne artikels gepubliseer het om te argumenteer dat relativering misdaad juis in die hand werk.

Daarbenewens moet ons bewus wees van die omvang van misdaad in Suid-Afrika. Die kans dat die doodstraf misdadigers afskrik, is bedenklik. Moordenaars sien self moord, roof en verkragtings elke dag om hulle heen, en is net so maklik ‘n slagoffer van geweld as hul eie slagoffers. As iemand in die gevangenis van Pretoria-Sentraal tereggestel word, handel dit om ‘n sanksie wat buite die direkte beleweniswêreld van die moordenaars val. Hulle word veel meer afgeskrik deur hul mede-misdadigers as deur ‘n abstrakte wetlike uitspraak met ‘n enkele teregstelling of teregstellings per maand (dit lyk uiters onwaarskynlik dat die staat ‘n paar honderd duisend teregstellings per jaar sal uitvoer). ‘n Mens wil byna sê dat onder sulke omstandighede die doodstraf is soos om ‘n halwe parasetamol in te neem teen ‘n aggessiewe kanker.

Nog ‘n faktor wat die futiliteit van die doodstraf benadruk, is na aanleiding van ‘n Amerikaanse ondersoek wat uitgewys het dat die aantal moorde beduidend toeneem nadat ‘n teregstelling plaasgevind het. Die doodstraf mag selfs aweregs werk. Dit is onseker of dieselfde sal geld vir Suid-Afrika waar die meerderheid moordenaars as gevolg van bygelowe hul misdade bedryf. Met ander woorde: ons kan nie met sekerheid sê of swartes oor dieselfde oorsaak – gevolg opvattings beskik as Westerse mense nie. Navorsing sal kan uitwys hoe ons hierdie dilemma moet insien.

Die doodstraf kan andersyds uiters gevaarlik wees. Ek dink nie dit is verantwoordelik om die ANC ‘n wapen soos die doodstraf in diel hand te stop nie. Die regering bestaan self uit verkragters, rowers en moordenaars en hulle vrees dat hulle self die slagoffers kan word van hierdie beleid. Op die oog af lyk hierdie soos ‘n seën, maar met die oplaaiende konflikte tussen die Zoeloes en Xhosas mag die doodstraf van ‘n "verkeerde" stamgenoot die begin van ‘n nuwe Difaqane ontketen. Ek vermoed dat die haat wat die ANC teen blankes aanblaas ook ‘n poging is om die aandag van die sluimerende stamkonflikte af te lei, soortgelyk aan Iran wat Israel voortdurend beledig om die onderliggende konflikte in die Islamitiese wêreld te verberg.

Thabo Mbeki is ook besig om ANC-gesinde regters aan te stel en een van sy partygenote het al duidelik laat blyk dat minderheidsgroepe slegs ‘n bestaansreg het omdat Mbeki "ruimhartig" is teenoor hulle. Die howe – wat die laaste geregtelike versekering vir blankes bied – sal weldra hul beskerming vir minderheidsgroepe nie nakom nie en sal veroorsaak dat minderheidsgroepe oorgelewer word aan Mbeki se besluite. ‘n Paar jaar gelede het ‘n swart regter die ouers van ‘n verkragte baba met strawwe van nalatigheid bedreig terwyl hy die dader op borgtog vrygelaat het. Om die doodstraf onder sulke omstandighede te bepleit, is glad nie verstandig nie. Die ANC gaan dit gebruik om blankes tereg te stel. Gegewe die totaal gebrekkige manier waarop foreniese ondersoeke verrig of geargiveer word, kan ons nie verwag dat daar objektief met bewysmateriaal omgegaan word nie. Laat staan nog as ‘n aartsrassis soos regterpresident Hlope die saak sou verhoor.

Ons moet egter voor oë hou dat die ANC Suid-Afrika beskou as ‘n land wat nog steeds in oorgang is, en Mbeki begin al gedagtes opper vir ‘n tweede rewolusie. ‘n Debat oor die doodstraf kan eintlik slegs gehou word as daar politieke stabiliteit heers. Soos Erik van Ree – ‘n kenner van kommunistiese bewegings – gestel het, het kommuniste geen moraal nie. Hul moraal is beperk tot nut en skade vir die saak. Die ANC/SAKP-kliek sal die doodstraf slegs toelaat as hulle daar baat by het. By implikasie word hier geopper dat juis die afskaffing van die doodstraf tot hul voordeel strek.

As Suid-Afrika ‘n stabiele, welvarende demokrasie was, waar minderheidsregte meer werd was as bloot ‘n vergete artikel in die grondwet, sou die doodstraf soos ‘n geskikte manier gelyk het om ‘n einde te maak aan die uiterste barbarisme wat Afrika teister. Maar tot tyd en wyl, solank as wat die ANC Suid-Afrika bly teister, dink ek ons moet ‘n toontjie laer sing oor die doodstraf. Die pro-doodstrafkamp moet nie al te gemaklik en naïef glo dat geregtigheid onder die ANC sal geskied nie.

As iemand my voortaan sou vra of ek ten gunste van of teen die doodstraf in Suid-Afrika is, dink ek my antwoord is sonder twyfel: ‘n Eie onafhanklike, welvarende, stabiele demokratiese staat, los van die ANC se kloue! Daarna sal ek eers ‘n ja- of nee-antwoord durf waag.

светильники подвесныеФильчаков прокурор отзывы

Andries Oliphant se ‘plaasmoord’ op die Afrikaanse letterkunde

Die webwerf LitNet het onlangs sy voorkoms verander en het daarmee saam ‘n "South African literature mini-seminar" bekend gestel. As iemand wat in die vroeë dae van LitNet gereelde bydraes daartoe gelewer het, moet ek sê dat ek teleurgestel is met die algemene vlak van debat op dié forum wat deesdae al meer Engels geword het en al meer ingestel op stereotipe dogmas van die "nasiebou"-tipe.

Een so ‘n bydrae tot die "mini-seminar" is ‘n stuk deur die heer Andries Oliphant wat mens as ‘n plaasmoord op die Afrikaanse letterkunde sou kon tipeer. Hy bied ‘n soort literêre vyfjaarplan à la Josef Stalin aan waarin "South African literature" veronderstel is om in "ons lingua franca", Engels, op te bloei. Laat my nou telegramstyl – ek sou my intellek verkwis indien ek enigiets meer sou skryf – aan die heer Oliphant oordra waarom hy onder ‘n totale vergissing verkeer indien Engelstalige South African literature reeds hegemonies tot nasionale letterkunde verhef is:

  • Die Afrikaanse letterkunde is outonoom. Dit word deur die Akademie se pryse, ‘n eie literatuurgeskiedenis (wat veel omvangryker as enigiets in die plaaslike Rooitaal is), eie literêre kritiek en as skool- en universiteitsvak gedefinieer. 

  • "South African literature" sluit nie die Afrikaanse letterkunde in nie. Trouens, die meeste mense wat hulle met "South African literature" besig hou, het nog nooit ‘n boek in Afrikaans gelees nie en het geen begrip vir die leefwêreld, kultuur, intertekstualiteit en tradisie van die Afrikaanse letterkunde nie. 

  • Die nuwe Suid-Afrika is ‘n soort Engelse Kuba. Daarom word "South African literature" as "nuwe nasionale letterkunde" gekenmerk deur ‘n obsessie met die politiek en politieke korrektheid, en gaan dit mank aan enige waarlik estetiese bewussyn. Hierteenoor staan die estetiese in Afrikaans voorop. 

  • Gegewe die verwoestende uitwerking wat die ANC-regime op moedertaalonderrig, asook die studie van Afrikatale gehad het, kom dit op wensdenkery neer om te dink dat daar in die toekoms ooit letterkunde in enige ander taal as Engels of Afrikaans in dié land geproduseer gaan word. Afrikatale word kwalik meer op universiteite en skole bestudeer.

‘n Vraag wat ‘n mens seker ook aan die heer Oliphant kan stel, is hoe Antjie Krog as ‘n Engelse skryfster en behorende tot South African literature beskou kan word, as sy nie Engels kan praat nie?

casino онлайнданильченко юрій Харків

Dan Roodt: Koos Kombuis en die verghwarring van die Afrikaner

‘n Verkorte weergawe van dié rubriek het reeds op LitNet aan die begin van 2006 verskyn. Hierdie is egter die eerste publikasie van die volledige weergawe.

Daar is seker min openbare figure in dié land wat so deur die media op
die hande gedra word soos Koos Kombuis. Onder andere skryf Kombuis ‘n
weeklikse rubriek in Rapport, die grootste Afrikaanse koerant, waarin
hy so pas sy “bedanking uit die Afrikanerdom” aangekondig het.

“Want,” sê die Koos in sy anglisistiese Afrikaans, “die konsep (van
Afrikaner) is obsoleet.” Dus oudmodies, uitgedien, oorbodig.

Wie en wat is Koos Kombuis nou eintlik dat hy hom kan aanmatig om sy
uittrede uit die volk aan te kondig, amper asof hy ons staatspresident
was wat nou iewers aan die kus gaan woon om sy mémoires op te teken?

Myns insiens is die Koos ‘n soort Bertolt Brecht vir die swaksinniges,
die dronkes, die bedwelmdes, die skorriemorrie, die
lumpenproletariaat. Soos Bertolt Brecht wat ná die Tweede Wêreldoorlog
deur die Oos-Duitse Kommunistiese Party toegelaat is om sy Berliner
Ensemble in Oos-Berlyn te vestig, tree Kombuis as Afrikaanse
gelukbringer vir die ANC-regime op. As Marthinus van Schalkwyk
liedjies kon skryf, sou hy en Koos ‘n PK-Groep Twee op die been kon
gebring het.

Naas André Brink wat hom self in sy romans aan groteske politiekery en
selfs Afrikanerhaat skuldig maak, is die Koos ‘n soort vlagskipskrywer
vir die Nasionale Persgroep en word sy pueriele boeke en infantiele
politiek aggressief aan die volk afgesmeer. Brecht was ‘n kommunis en
het homself in die eerste plek nie as ‘n skrywer nie, maar as ‘n
politikus beskou. Die Koos verteenwoordig insgelyks ‘n buite-
parlementêre politikus wat soms letterlik verdwaal, net om homself
weer te vind en ons met sy kleinlike prekies in geradbraakte Afrikaans
te vergas.

Terloops verneem ek onlangs dat Nasionale Pers se vlagskiptydskrif
waarin politiek korrekte idees onder die dekmantel van “leefstyl”
aangebied word, Insig, intense sirkulasieprobleme ondervind. Blykbaar
sou Insig se omset van 20 000 na 7 000 gedaal het. Die volk waaroor
die Koos en sy marionetmeesters so neerhalend is, is dus nie dom
genoeg om die ANC en Naspers se ideologie wat in kleurfoto’s verpak
word, huidjie en muidjie te sluk nie.

Daar is egter ‘n ander sy aan Koos Kombuis wat my interesseer, en dit
is juis sy status as ghwar. Insig, KykNet, Rapport en ander
Naspersmedia is nie soseer besig om die Afrikaner soos in Oos-
Duitsland met Marxistiese ideologie te voer nie, maar poog om hom
onherroepelik te verghwar. Onder die vele metodes waarmee ons tans
ondergrawe en afgetakel word, hetsy fisies deur plaasaanvalle en
misdaad, hetsy sielkundig deur manipulasie van ons godsdiens of
geskiedenis, tel ook verghwarring.

Pleks van Karl Marx se Das Kapital te moet lees, word ons gevoer met
Die Son en die skryfsels van Kombuis. Of die nihilistiese liefjies van
Fokofpolisiekar.

In die vyftiger- en sestigjare was Mimi Coertse een van ons heldinne,
tesame met Gé Korsten, Min Shaw en ander. Mimi Coertse was ‘n
internasionaal beroemde operasangeres en gekultiveerd op die Europese
manier. Sy het ‘n keurige Afrikaans gepraat, maar ook Duits en
Italiaans. In populêre taal was sy vir baie Afrikaners ‘n “rolmodel”
tydens die Afrikaner se fase van opwaartse mobiliteit.

In die jaar 2006, met die Afrikaner op pad na armoede weens
uitsluiting op grond van ras en taal, het ons nuwe rolmodelle nodig.
Pleks van Mozart-operas en eurosentriese sofistikasie, moet ons tans
geïndoktrineer word met ‘n soort jolliehotnothedonisme soos deur die
Koos verpersoonlik word. Hy drink homself poepdronk en spog agterna
oor sy babelaas in Rapport. Drank is koning en dwelms is koel.

Tereg noem die Koos aan die einde van sy rubriek in Rapport dat sy
kinders as nie-Afrikaners “…ten minste nooit hoef uit te draai soos
die Waterkloof-Vier nie.”

In die Nuwe Suid-Afrika is die ideaal dus nie meer Waterkloof waar ‘n
seder soms geval het nie (met apologie aan PG du Plessis), maar
Mitchellsplein waar die messe blink en die dagga- en Mandraxwalms uit
gebreekte bottels opstyg.

Die wêreld sonder reëls van Mitchellsplein se jeugbendes
verteenwoordig die nuwe ideaal waarheen die verghwarde Afrikaner moet
aspireer. Vanuit die direksiekamer van Naspers se gebou in
Heerengracht word hierdie grootse kultuurtransformasie met kille oë op
Die Son en Die Huisgenoot se verkoopsyfers beplan.

Vergeet van boeke lees; luister liewer “songs”. Wees vry en
nihilisties. Maak ‘n dop, wees vrolik, want môre is jy landuit, gekaap
of vermoor. Carpe diem. As Omar Kajam vandag in Suid-Afrika geleef
het, sou hy gesing het van “bier, gekleurde vroue en songs”.

Selfs ‘n Hervormde predikant van Naboomspruit het lyk my voor die
aanslag geswig en vir hom ‘n swart courtisane of twee by die plaaslike
Truckstop gaan oplaai. Of die man vooraf deur Koos Kombuis beïnvloed
is, weet mens nie.

Dis altyd makliker om af te breek as op te bou. Dis insgelyks
geriefliker om te verghwar as om te veredel. Sowel die ANC as Naspers
het hierdie natuurwet goed ter harte geneem en is daarom besig om ons
al dieper in die modder in te druk.

Arnold Toynbee skryf iewers in sy Study of History dat dit vir die
ordentlike en patriotiese mens besonder pynlik is om tye van
dekadensie te moet beleef. Deur die eeue heen was satire en spot egter
die gekose wapen van die patrisiër wat moet ly onder die geweld, die
swak smaak, die malle rumoer van die gepeupel wat fuif asof daar geen
dag van môre is nie.

Omdat die Afrikaner deur sy godsdiens en verbintenis tot die grond
geleer is om hoogmoed te verafsku, kan ons nie maklik snobisties wees
nie. Anders as die Britte of die Franse byvoorbeeld wat elke teken van
swak smaak, ‘n swak gekose kledingstuk of “‘n aksent wat gly” met
vernietigende minagting behandel.

Onder die huidige aanslag vanuit die ANC-beheerde of ANC-gesinde media
wat ten doel het om ‘n eens trotse volk kombuiswaardes aan te leer,
kan ‘n bietjie hoogmoed en snobisme ons egter net goed doen.

Soos een ontstoke leser van Rapport dit prontuit aan Koos Kombuis
gestel het, “jy is ‘n vark”. Hy kon bygevoeg het: Meng jou met die
semels…