Om by ‘n volkstaat uit te kom (3)

Dit sal realisties wees om te aanvaar dat ‘n volkstaat wel op die lang termyn haalbaar is, mits daar eers aan sekere voorvereistes voldoen word.

Die heel belangrikste is dat die Afrikanervolk, wat tans herderloos is, as volk sal moet oorleef. Ek praat nie van die taal nie, maar van die etniese siel van die Afrikaners. Sonder ‘n volk kan ‘n volkstaat nie bestaan nie.

Die tweede is dat die leierskapsvakuum wat tans bestaan deur ‘n verteenwoordigende gesagsowerheid gevul sal word en waaruit die sterk en aanvaarde leiers na vore sal tree.

Derdens moet ‘n geïntegreerde vryheidsprogram as amptelike beleidstuk vir die Afrikaners deur die AO opgestel,aanvaar, verkondig en geïmplementeer word. Hierdie vryheidsprogram moet die tydsduur, wat etlike dekades mag neem vir ‘n volkstaat om tot stand te kom, oorbrug sodat Afrikaners se fisiese en geestelike weerbaarheid verseker sal wees.

Daar moet nie net aan een aspek gewerk word terwyl ander belangrike sake verwaarloos word nie. Die implementering van sodanige plan kan al die moontlike opsies vir selfbeskikking implementeer, byv.

· Op derdevlak regering kan belastingbetalersverenigings (BBV) regoor die land saamspan om nouer met mekaar te skakel en sorgdra dat hulle nie slegs op die huidige swak dienslewering fokus nie, maar ook op kulturele verwaarlosing, asook maatskaplike sorg vir sorgbehoewende Afrikaners. Laasgenoemde is ook ‘n regeringsplig wat nie nagekom word nie en wat die BBV self kan verrig en kan deel van die munisipale belasting daarvoor aanwend.

· In stede met groot konsentrasies Afrikaners kan Afrikaners begin aandring op beheer oor eie skole, hospitale, polisiëring, kultuurontwikkeling, ens. Groot volksaamtrekke vir bepaalde herdenkingsgeleenthede, sal verder sorgdra dat die volkswil wat tans swak is in die stede,sal herontwaak.

· Die AO kan begin om ‘n gebied te identifiseer wat as outonome volkstaat sal dien. Daardie gebied sal per definisie ‘n leë gebied moet wees omdat geen regering sy belastingbasis in bestaande stede sal prysgee nie. Die Orania-proefprojek kan as model dien, maar sal op ‘n gans ander skaal beplan moet word om te realisieer, aangesien ‘n volk eers op die gebied gestig moet word voordat daardie volk ‘n staat kan stig. Meer as net ‘n vryheidsdroom gaan benodig word.

Die res van hierdie artikel wil ek nou wy aan ‘n konsepprogram om by ‘n volkstaat in ‘n leë gebied uit te kom. Dit sal die laaste stap van die HOE vraag binne ‘n leë gebied miskien beantwoord.

Soos wat Orania ‘n proeflopie van ‘n beskeie eiendomsontwikkelingsprojek is, so kan die nuwe volkstaat ook ‘n eiendomsontwikkelingsprojek wees, maar dit sal op ‘n megasskaal moet geskied. Die tyd het nou gekom om die historiese moment wat tans bestaan, aan te bgryp. Sulke historiese momente kom nie dikwels voor in ‘n land se geskiedenis nie. Talle voorbeelde kan opgenoem word waar die oomblik aangegryp was en waar ‘n land totaal verander het. (Die val van die Berlynse muur het Oos- en Wes-Duitsland weer herenig en het Berlyn weer die Duitse hoofstad geword.)

In 1994 het die historiese moment vir die nuwe Suid-Afrika bestaan, en ‘n oorblufte Afrikanervolk in spanning agtergelaat. Daardie volk was polities totaal verlam en verward en niemand kan dus verbaas wees dat Afrikaners polities gesproke in trurat beweeg het nie. Die tydsberekening vir saamstaan en saamwerk was toe nog nie reg nie.

Vandag, sestien jaar later, na die Malema manewales en ET se dood, het Afrikaners weer wakker geskud. Die historiese moment het nou aangebreek en Afrikaners moet die dag aangryp met die stigting van ‘n owerheid wat die leierskapvakuum sal kan vul en wat sterk leiding na selfbeskikking sal kan gee.

Ek wil die werk van die AO nie vooruitloop nie, maar wil tog ‘n praktiese en haalbare visioen daarstel wat van waarde mag wees.

My hipotese is dat ‘n nuwe staat ‘n massiewe eiendomsontwikkelingsprojek moet wees wat volgens dieselfde norme en riglyne as enige ander megaprojek bestuur word. Daar moet eers deeglik deur stads- en streeksbeplanners beplan word en hul voorstelle op gedetailleerde kaarte en planne vasgelê word. Waarde moet aan erwe, sake- en nywerheidsentra toegeken word en infrastruktuur soos water, paaie, riolering kragvoorsiening, skole, hospitale ens., sal beplan en die kostes daarvan bereken moet word. Van hierdie infrastrukture kan geprivatiseer word en kan as beleggings-geleenthede beskou word.

Professionele eiendomsontwikkelaars sal daarna ‘n bemarkingsaksie, wat op winsbejag ingesteld is, loods om sukses te verseker.

My visie is dat die gebied al langs die suidelike oewer van die Oranjerivier as bestemde gebied vir eiendomsontwikkeling stelselmatig aangekoop word. Nuwe dorpe kan dan soos ‘n string pêrels al langs die rivier opgerig word; baie soos die dorpe en stede langs die Ryn in Europa.

Die Oranjeriviier kan dan die ontwikkelingsas of korridor wees waarbinne ekonomiese aktiwiteite sal plaasvind. Lang smal dorpe, word dan al langs die rivier in half-hektaar standplase uitgemeet vir die eerste dorp se 4000 huise. Een so ‘n dorp sal dan ongeveer vyf kilometer lank by ‘n halwe kilometer breed wees.

In die middelpunt van die dorp word die sakesektor, reeds beplan en ruimtes vir skole voorsien. Tussen dorp A en dorp B (die pêrels) word die nywerheidsgebiede uitgemeet en nywerheidsparke aangelê. Die watersuiweringswerk sowel as die rioleerplaas word ook daar beplan, sodat dit in die volgende aangrensende dorp se behoeftes ook kan voorsien. Tweelingdorpe deel dus ‘n gemeenskaplike infrastruktuur tussen hulle.

Wanneer die twee dorpe klaar beplan is, word daar met ‘n konsortium van eiendomsontwikkelaars onderhandel om die erwe te bemark en te ontwikkel. Ek sou plaaslike voorafvervaardigde huise, verkies sodat die nuwe inwoners hul huise met eie arbeid self kan oprig, of deur hoogs geskoolde plaaslike kontrakteurs met baie min arbeid opgerig word.

Die erwe moet groot genoeg wees sodat inwoners hul eie groente en vrugte kan kweek; ook vir bemarking in die aangrensende Vrystaatse dorpe. Kweekhuise, sontonnels en skadunette kan deur inwoners op die erwe opgerig word vir die kweek van spesialiteitsvrugte en – groente vir uitvoer na die buiteland (NSA).

Dit is egter onwaarskynlik dat inwoners ‘n bestaan net daaruit sal kan maak, maar vir ekstra inkomste sal daar werk in fabrieke en werkswinkels wees, asook in winkels, in hospitale, in skole ens., waar professionele inwoners hul normale beroepe sal kan beoefen.

‘n Deeglike omgewingsimpakstudie sal benodig word, aangesien die natuurlike omgewing plek sal moet maak vir paaie, geboue ensovoorts.

Intussen werk die AO nougeset voort met sy skakeling op diplomatieke terrein, met bestaande belange organisasies, met die staat, met finansiële instellings, met ontwikkelaars, met regsentiteite en met herontwakingsprojekte om die besoedelde gemoedere van Afrikaners te reinig en sy volkswil te verterk.

Dan kan die musiek begin.

Johann Wingard

24 Julie, 2004

зал с камином в домеФильчаков

‘n Aanslag teen demokrasie

As na die berigte op Verslaggewers Sonder Grense se webwerf gekyk word, kom joernaliste dwars oor die wêreld onder druk. Volgens dié organisasie is 21 vanjaar reeds in die uitvoering van hul werk doodgemaak, 160 het agter tralies beland, en is 112 mense wat nuus deur die internet versprei toegesluit.

Suid-Afrika is nie onder die lande wat ‘n beeld het van mediavryheid aan bande lê nie.

Die ironie is dat van die lande wat wel in berigte op die webwerf onder skoot kom, se optredes maar effentjies vergelyk met die voorgestelde wetgewing wat nou voor die parlement dien, die ANC se voorstelle oor ‘n mediatribunaal en veral die stellings in besprekingsdokumente wat voor die ANC se nasionale hoofraadsvergadering in September gaan dien.

Volgens die media neem die planne wat hier gesmee word die vorm van ‘n totale aanslag teen die gedrukte media in. Die ANC is ongelukkig oor die media die regering as swak en passief skets, wat individue se regte oorbeklemtoon, en wat fundamentalisties markgedrewe is.

Hoewel min hiervan heeltemal nuut is, dateer die laaste berigte op die webwerf van Verslaggewers Sonder Grense oor Suid-Afrika uit 2006. Toe het die land ook sy laagtepunt op die persvryheidsindeks behaal. Sedertdien het daar kort-kort ernstige dreigemente teen die vrye pers opgeduik, maar dit het nie meer tot Verslaggewers Sonder Grense se ore gekom nie, of dit is geïgnoreer en so het die land se posisie op die indeks verbeter.

Die media bevind hom inderdaad in ‘n moeilike posisie. Volgens berigte het die media wat gedurende die sokker-wêreldbekertoernooi in die euforie gebaai en so positief berig het soos wat die ANC graag wou sien, ‘n 20 % daling in verkope beleef. Dit net terloops.

Die werklike punt is dat die media nie sedertdien op ‘n heksejag teen korrupsie en onbevoegdheid losgetrek het om sy verkoopsyfers ‘n hupstoot te gee nie, maar omdat die media in ‘n demokrasie inherent ‘n waghondfunksie het, en daarom dikwels as die vierde been van ‘n demokrasie beskryf word. Is daar nie korrupsie nie, en is daar ‘n strewe na uitnemendheid met aanstellings om daarby te pas, sal die media nie negatief hieroor kan berig nie.

Groot gewag is gemaak van Suid-Afrika se verbeterde beeld in die buiteland na afloop van die toernooi.

Die toernooi was skaars verby, of die eerste plaasaanvalle en selfs plaasmoorde het voorgekom. Ook ander misdaadnuus kruip weer terug in die media. Meer nuusdekking oor tenderbelange van ministers is weer in die openbare domein, ironies meer in buitelandse koerante as in Suid-Afrikaanse koerante.

Dit gaan net een persoon kos om berigte oor die regering en die ANC se mediaplanne van Verslaggewers Sonder Grense – of in Engels as Reporters without Borders bekend, te stuur om te verseker Suid-Afrika gaan weer die kreeftegang op die persvryheidsindeks.

Dit het ‘n domino-effek op die Korrupsiepersepsie-indeks, en weer die beleggersvertroueindeks.

En so kan die sokker se persepsiekapitaal in ‘n ommesientjie verdwyn.

футболки поло детские купитьФільчаков прокурор

Metropolisie vasgetrek vir diefstal en afpersing

‘n Metropolisielid van Pretoria is saam met nog twee mans gearresteer kort nadat hulle blykbaar ‘n winkeleienaar beroof en hom vir geld probeer afpers het. 

Die drie is gister by ‘n McDonald’s- restaurant in die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria vasgetrek. Nóg metropolisielede het glo in ‘n gemerkte metropolisievoertuig van die re­staurant gevlug.

Lees meer.деревянные светильникиалександр лобановский харьков класс

SA stuur moontlik soldate na Somalië

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, het Donderdag gesê om soldate van die Suid-Afrikaanse weermag en die vloot in Somalië te ontplooi kan verreikende gevolge hê.

Die lewensverlies van soldate kan repurkussies inhou vir binnelandse politiek asook die verhoogde koste aangesien die land reeds troepe in die DRK en Soedan ontplooi het.

Die Somaliese terreurbeweging El-Shabab het op 11 Julie uit weerwraak bomme in Kampala geplant teen Uganda se betrokkenheid by die oorlog in Somalië. Meer as 70 mense is dood in die aanvalle.

Volgens Sisulu is Suid-Afrika egter daartoe verbind om soldate na Somalië te stuur.

Zuma het pas uit Kampala van die AU se leiersberaad teruggekeer waar Afrikaleiers onderneem het om die AU-vredesmag in Somalië met nog 2 000 soldate uit Burundi en Guinee aan te vul.

“Die president moet nog bepaal hoe en waar ons die AU sal bystaan,” het Sisulu tydens ‘n informele inligtingsessie by die parlement gesê.

Thabang Makwetla, Sisulu se adjunk, het gesê daar is politieke druk op Suid-Afrika om hulp te verleen.

Die minister het ook bekend gemaak dat die aanvoorprojek oor nasionale diens vir die jeug teen September sal plaasvind, maar dit sal beperk word tot ‘n tydperk van ses maande in ‘n jaar.

Sy sê twee taakspanne stel ondersoek in na die saak en sal aan haar verslag doen, waarna sy die bevindings aan die kabinet sal voorlê.

Sisulu wil hê dat nasionale weermagdiens weer ingestel word om op dié manier grootskaalse werkloosheid onder jeugdiges teen te werk. Sowat vyf miljoen jong Suid-Afrikaners is werkloos.

Alle politieke partye se jeugorganisasies is genooi om diensplig te doen, maar net die ANC-jeugliga, die Jong Kommuniste en die jeugstruktuur van die PAC het die uitnodiging tot dusver aanvaar.

светильник уличный на столб ркулобановский александр игоревич класс

Mpumalanga-boere wil nuwe liggaam stig

Boere in Mpumalanga is besig om ‘n nuwe liggaam te vorm wat Agri Mpumalanga, AM, sal vervang. AM gaan binnekort gelikwideer word.

Die voorsitter van die komitee, Koot Claassen sê boere van verskeie boere-verenigings in die provinsie het eenparig besluit om ‘n nuwe organisasie op die been te bring om hul belange te beskerm.

Claassen sê in die lig van onsekerheid oor grondeienaarskap en veranderinge rondom watervoorsiening en mynbedrywighede, moet boere op ‘n georganiseerde manier saamwerk om volhoubare boerdery in die provinsie te bevorder.

Die nuwe organisasie beplan om ‘n kongres op 1 September in Nelspruit te hou. Twee inligtingskonferensies word aanstaande maand gehou waar boere voorstelle oor die nuwe organisasie kan maak.

кладка печиАлександр Фильчаков

Staatsamptenare ruk op na Uniegebou

Honderde staatsamptenare sal na verwagting vandag na die Uniegebou in Pretoria opruk as deel van ‘n landswye staking.

Dié staking gaan vandag vir ‘n tweede dag voort, nadat die Vereniging van Staatsamptenare die regering se nuwe aanbod vroeg vanoggend verwerp het.

Die aanbod is gisteraand by die Staatsdiens Bedingingsraad in Centurion voorgelê. Die staat bied amptenare ‘n 6,5 persent salarisverhoging en ‘n R630 behuisingstoelaag, slegs tien rand meer as die vorige aanbod.

‘n Woordvoerder van die vereniging, Manie de Clerq sê die regering se jongste aanbod is ‘n belediging. Staatsamptenare eis onder meer ‘n salarisverhoging van 8,6 persent en ‘n R1 000 behuisingstoelaag.

магазин іграшокДанильченео

ANC vuur salvo na DA

Die ANC het ‘n besprekingsdokument oor leierskap opgestel, waarin die groeiende “maatskaplike afstand” tussen magshebbers en mense op grondvlak betreur word.

In ‘n ooglopende vingerwysing na die DA, sê die ANC “skadukulture” teer soos “parasiete” op die simboliek en geskiedenis van die ANC vir eie gewin.

Die dokument verwys na die DA se pogings veral in die Kaap om die “struggle”-simboliek in te span om die bruin stem te lok.

Daarmee onthef die party homself van die verantwoordelikheid vir die verwydering.

Sedert die party se nasionale konferensie in 2007 by Polokwane, het faksiegevegte en etniese struwelinge toegeneem.

ANC-byeenkomste word deesdae gekenmerk deur geweld of oproer omdat heksejagte aan die orde van die dag is.

“Opvolgdebatte en struwelinge begin nog voordat ‘n nuutverkose leierskorps die geleentheid gekry het om hul mandaat uit te voer.”

“Die ANC-leierskollektief word dikwels verlam weens vrese dat optrede van ‘ons groep’ of optrede teen die ‘ander groep’, as ‘n suiwering vertolk kan word,” lui die dokument.

 

акцентное освещение магазиновФильчаков прокурор

Skoolseun steek maat dood

‘n Swart skoolseun is op vrye voet nadat hy Woensdag glo een van sy maats in Mthatha met ‘n mes doodgesteek het, het polisie in die Oos-Kaap gesê. 

Die 16-jarige seun, het nie Woensdag skool toe gegaan nie. Hy het glo ‘n medeleerling drie keer met ‘n mes gesteek terwyl hy van sy skoolbus afgeklim het en toe gevlug.

Die slagoffer is op pad na die hospitaal dood.

Die oorsaak vir die voorval is nog nie bekend nie.

купить вФільчаков Олександр Васильович прокурор

PRAAG verwerp Tutu se boikot teen Israel

Dan RoodtDr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het vanuit Jerusalem emiritus aartsbiskop Tutu se oproep om ‘n internasionale boikot van Israelse produkte verwerp en sy heftige teenkanting daarteen uitgespreek.

Roodt, wat as reisende ambassadeur vir Afrikanerbelange tans in Israel verkeer, het gesê: “Tutu is skynheilig, want terwyl hy Palestynse selfbeskikking ondersteun, word Afrikanerselfbeskikking en Afrikanerregte in Suid-Afrika vertrap en daaroor swyg hy in alle tale.”

Volgens PRAAG was “ekonomiese sanksies teen die vorige Afrikanerregering wat deur Tutu en die Statebondsleiers bepleit is, slegs die voorspel tot die stukturele volksmoord wat daar tans teen die Afrikanervolk gepleeg word”. Roodt het Tutu getipeer as “‘n pro-Arabiese, anti-Semitiese propagandis wat die vernietiging van Israel en die Joodse volk in die oog het”.

Roodt meen dat sowel Tutu as die Anglikaanse kerk ‘n sleutelrol gespeel het in die proses om die Afrikanervolk van sy soewereiniteit en vryheid te ontneem en hy wil dieselfde strategie nou teen Israel herhaal.

Hy het ‘n beroep op Afrikaners gedoen om Israel sigbaar in sy huidige oorlewingstryd te onderskraag, terwyl hy insgelyks die Joodse gemeenskap in Johannesburg gevra het om die Afrikaner se stryd om die herstel van sy regte en soewereiniteit in Suid-Afrika op tasbare wyse te ondersteun.

“Sedert die tyd van Paul Kruger, het die Afrikanervolk nog altyd in harmonie en broederskap met Jode saamgeleef en gedurende die twintigste eeu was Israel een van ons getrouste bondgenote. Ons wil ons solidariteit en vriendskap met Israel bevestig, asook die reg van Jode op hul voortreflike en vooruitstrewende volkstaat.”

Roodt het gister ‘n besoek aan die oustad van Jerusalem, waaronder die Tuingraf en die Klaagmuur, gebring. Sy besoek geniet wye mediadekking in die Heilige Land en benewens ‘n onderhoud met die Israelse staatsradio in spitstyd en ‘n Russiestalige TV-kanaal wat in die land en in Europa uitsaai, is personderhoude steeds aan die gang. Hy sal vandag in Tel Aviv verdere TV-onderhoude voer.

шкаф управленияФильчаков прокурор

Markinor-peiling

Die geskiedenis leer dat peilings soms baie akkuraat kan wees, en soms redelik uit die kol kan wees. Om peilings in Suid-Afrika te doen is gewoonlik moeilik, veral omdat ‘n party soos die IVP se steunbasis gekonsentreerd en moeilik bereikbaar diep in die landelike gebiede is. Formules om hiervoor te kompenseer blyk dikwels ontoereikend te wees.

Tog dien peilings ‘n waardevolle doel. Dit gee veral aan politieke partye ‘n aanduiding van of hulle besig is om tot die harte van mense te spreek.

In die jongste Iposos-Markinor-peiling kan die volgende afgelei word:

Die ANC het steeds ongeveer 2-derdes steun, maar slegs ongeveer 2 persent blankes steun die party.

Die DA se steun staan op ongeveer 13 persent waar dit in April 2009 nog sowat 16 % stemme getrek het, en meer as die helfte van sy steun is wit.

Die Vryheidsfront + se steun staan nou op 0,3 na dit in die April 2009-verkiesing nog bykans een persent stemme getrek het.

Cope se steun het oor dieselfde tydperk met ongeveer die helfte na sowat 3 en ‘n half persent afgeneem.

Op die makro-skaal is daar dus ‘n baie stabiele steunbasis waar verkiesings effektief die karakter van ‘n etniese sensus aanneem.

Weens die post-1994-karakter van die verkiesings, is dit ongelukkig so dat ‘n baie groot deel van die ideologiese stryd hom afspeel in die geledere van partye wat skaars meer, en dikwels minder as een persent van die stemme trek. Hierdie partye – weens die klein persentasies, presteer ook dikwels tydens verkiesings veel beter en soms ook swakker as wat die peilings aandui. Hiervoor is talle redes, soos dat dié partye, soos die VF +, tot verhouding baie verkiesingskundigheid het, en dat die talle blapse wat die regering deurlopend maak, ‘n groot impak op die kleiner partye kan hê, al maak dit min indruk op die ANC se persentasie steun. As een druppel uit ‘n emmer vol water gehaal word, maak dit immers min verskil, maar gaan voeg daardie druppel by ‘n ander druppel, dan verdubbel die oorspronklike druppel.

Dat die ACDP bietjie steun bygekry het kan aan die demografiese aard van die peiling toegeskryf word, maar dit kan ook wees dat die party steun herwin het wat dit aan Cope se kits-opkoms afgestaan het. Die steun bly egter in die orde van een persent.

Die VF Plus se posisie kan dalk die kulminasie van baie faktore wees, soos dat baie van sy ondersteuners nou ter wille van werksgeleenthede in diaspore is, dat die leiding die steun nie raakgetref het nie en vele ander. Dit kan egter ook moontlik teruggevoer word na die besluit van die leier, dr. Pieter Mulder, om as adjunk-minister te dien. ‘n Interessante parallel is die ChristenUnie in Nederland wat na die voorlaaste verkiesing as kleinste party tot die regerende koalisie toegetree het. Die CU is die koalisie in as groeiende party, ‘n party met ‘n reputasie van besonder goeie en skoon administrasie, en ‘n dinamiese leier wat al deur joernaliste as die parlementariër van die jaar aangewys is.

Dit het opsigtelik waarde tot die regering van Nederland toegevoeg.

Dit het egter ook die ChristenUnie in so ‘n mate gebind dat dit nie meer soveel aksent kon plaas op dit wat vir die ondersteuners belangrik is nie. Die stryd teen aborsies is noodgedwonge op die agtergrond geplaas omdat die tweede grootste koalisievennoot, die Partij van de Arbeid, niks daarmee te make wou hê nie. Dieselfde lot het die destydse grootste party, die Christen-Demokratiese Appèl, getref.

Dit is ongetwyfeld so dat die kommersiële landboubedryf die insigte van dr. Mulder nodig gehad het in die see van onkunde en moedswilligheid binne die ANC. Dit het egter ook daartoe gelei dat hy self, as partyleier, nie so sigbaar was in die veroordeling van plaasmoorde nie. Sy party het wel erklarings uitgereik, maar dit maak in die teikengemeenskap minder indruk as dit nie van die partyleier kom nie.

Hiervoor is gekompenseer met ‘n meer aktiewe rol oor plekname, maar dit weeg blykbaar nie op nie.

зимние брюки для девочеклобановский александр интервью