Grondwetlikheid en ras

Twee skynbaar onafhanklike sake plaas die fokus op grondwetlikheid – oftewel die konsep van ‘n grondwetlike demokrasie.

Die eerste is die aanslag teen grondwetlike beginsels, soos die media-snoeringsplanne, en die tweede die kwessie van ras.

Ter aanvang – die beginsel van grondwetlikheid, in Engels bekend as Rule of Law, word nie oral ter wêreld ewe hartlik omarm nie. In Australië argumenteer die teenstanders dat onverkose regters wat parlementêre besluite kan omkeer, op ‘n aanslag teen die demokrasie neerkom. In ‘n heterogene land sou so ‘n argument uiters gevaarlik wees omdat dit as ‘n pleidooi vir die diktatuur van ‘n meerderheid vertolk sou kon word.

In beskaafde, heterogene samelewings soos Switserland is grondwetlikheid so sterk gevestig dat alles nie eens in geskrewe wette vervat hoef te wees nie. Niemand dink eens daaraan om ongeskrewe konvensies in die tande te skop nie.

In Suid-Afrika is dit egter duidelik dat nougeset gelet moet word daarop dat die beginsels wat die grondwet onderlê, nagekom word.

Of Suid-Afrika ‘n goeie grondwet het, naamlik ’n grondwet wat ontwerp is om die land en al sy mense se belange ten beste te dien, is ‘n ander vraag. Word dit met ander moderne lande wat heterogene bevolkings het vergelyk, selfs dié van die Europese Unie, is Suid-Afrika se grondwet duidelik uit pas.

Dit raak nog meer problematies wanneer die regering die grondwet uitdaag, soos nou met die mediakwessie. ‘n Vrye media word as een van die belangrikste waarborge vir grondwetlikheid beskou, selfs al hou ‘n mens nie altyd van wat in die proses na die oppervlak kom nie. Die regering kan praat tot hy blou in die gesig is, die internasionale gety reageer negatief daarop.

Intussen het die raskwessie ook diep nesgeskop, sodat dié kwessie nou ook in die akademie onder die loep geneem word. Tradisioneel is ras geassosieer met politieke terme soos regs, konserwatief, reaksionêr, en hier te lande, die uitvindsel van verregs. Tradisioneel, hoe verder van hierdie uithoek van die spektrum beweeg word na links, oor die gematigde middelgrond na liberaal en uiteindelik rewolusionêr, hoe minder speel ras ‘n rol.

Vanoggend bespreek prof. Theo Neethling, Kovsies se hoof van Politieke Wetenskap in Volksblad die verskynsel dat die rassekwessie ook sterk figureer in sekere ANC-dampkringe en ook in organisasies soos die PAC. “Sou dit hierdie mense dan ook regs of konserwatief maak?”vra prof Neethling.

Dat die professor nie ‘n denkbeeldige kwessie beet het nie, is duidelik, al het die tans nog vrye pers nie ewe onbevange oor al die manifestasies berig nie.

Die jongste debat is ingelui oor die ABSA-transformasiedebakel gekoppel aan die Curriebeker-borgskap. Met dié debat kwalik in die doofpot, vertoon Sasco-lede ‘n plakkaat met die woorde: A vote for SASCO is a vote for ANC and a vote for anc is a vote for Julius MALEMA. “One Boer one bullet.” Viva Julius malema viva!!! Students please vote for SASCO 100% BLACKS ONLY ORGANISATION (STRICTLY SOUTH AFRICANS) Amandla!!

In plaas daarvan dat die ANC hom hiervan distansieer, is pas berig dat die ANC appèl aanteken teen ‘n vroeëre hofbeslissing wat in effek die sing van die lied, “Skiet die Boere,” as haatspraak verbied.

Uit die FW de Klerk-era is ‘n erfenis van juridiese verabsolutering geërf – ‘n benadering waardeur die reg, en veral grondwetlikheid, sake moet orden, ook hoe bevolkingsgroepe met mekaar oor die weg moet kom. Politieke sosioloë is as’t ware van die toneel geveeg, en politieke wetenskaplikes moes hulle ook sterk staatsregtelik opskerp om relevant te bly.

Die voorbeelde hierbo toon duidelik dat dié benadering ongeveer net so goed slaag soos om gebroke huwelike deur die regsproses van die egskeidingshof te probeer heel.

Ook op ander terreine word die grondwet uitgedaag. In die dae toe die sg Euro-kommunisme in Europa ‘n faktor was, is grondwetlikheid nie werklik uitgedaag nie omdat daardie partye ideologies grondwetlik ingestel was. In Suid-Afrika maak terme soos “the ongoing revolution” steeds deel van die terminologie uit.

Terwyl ‘n minister die media ter wille van staatsveiligheid grootliks wil snoer, sit van die verbaal grootste uitdagers van die grondwet knus in die Kabinet – soos dikwels uit die taalkwessie blyk wat kort-kort in die howe beland, en iemand wat volhou hy het niks verkeerd gedoen nie hou ‘n eetstaking terwyl hy agter tralies is.

Iewers het iets ontspoor.

casino sign upФильчаков прокурор

Willem Ratte bly in aanhouding

Willem RatteWillem Ratte bly in aanhouding ná vanmiddag se hofverrigtinge waartydens die staatsaanklaer, Fanie Mavundla, sy vrylating teengestaan het. Die volgepakte hof B in Witbank het met gespanne aandag geluister terwyl Mavundla in gemaak hoogdrawende Engels die staat se absurde klagtes teen Ratte probeer opvysel het.

Een van die staat se verrassings was dat die saak van dwelmhandel wat op dagga betrekking sou hê skielik laat vaar is. Maar ‘n nuwe aantyging van die “besit van kinderpornografie” wat op Ratte se skootrekenaar gevind sou gewees het, is deur Mavundla gemaak. Die gehoor het hoorbaar na asem gesnak by die aanhoor van dié nuwe aantyging, wat herinner aan die meer onsmaaklike bewerings wat rondom die moord op Eugene Terre’Blanche gemaak is.

Die saak is vir nog ‘n week uitgestel na 1 November 2010. Maar Ratte, wat reeds 24 dae lank op ‘n eetstaking verkeer, het vandag in die hof swak en bleek voorgekom. Vooraf het hy lank kop onderstebo op die trappies wat vanaf die hofselle na die hof lei, gesit.

Die staat het ook beweer dat Ratte steeds in aanhouding moet bly omdat hy “in beheer” van die plaas en opleidingsentrum sou wees waar ‘n onwettige wapen, ‘n R4, gevind is. Hierop het sy regsverteenwoordiger, adv. Jurg Prinsloo, geantwoord dat dit sou beteken dat waar ‘n skoolkind met dwelms gevang word die hoof gearresteer moet word of dat die hele kabinet van die land in hegtenis geneem moet word vir die 18 000 moorde wat daar jaarliks in die land gepleeg word.

все для бани и сауныtopcargo отзыв

Ferrari hou kop in Korea

Die heel eerste Koriaanse Grand Prix het Sondag ‘n hele paar verrasings op gelewer. Volgens die plaaslike inwoners was dit maar net ‘n dag soos enige ander dag in Suid-Korea, dit het maar net gereën. Die organiseerder het eers die begin van die wedren met 10 minute vertraag en toe al die motors vier vier volle rondtes agter die veiligheidsmotor uitgestuur.

Die reën was egter so erg dat die hele sirkus tot stilstand gedwing is en nog 40 minute moes wag voordat die wedren eintlik kon begin. Die splinternuwe baan was seepglad en plekke het die water tot 10cm die poor die pad oppervlakte gespoel. Na die lang oponthoud het die manne besluit die wedren moet begin ander gaan hulle dit nie betyds voor sononder kan klaar maak nie.

Die sowat 100 000 mense het bankvas in gietende reën bly wag. Later is tot vir die baan beamptes toegejuig net om die gees aan die gang te hou. Toe die wedren uiteindelik aan die gang kom was dit Sebastian Vettel in sy Red Bull met sy span maat Mark Webber wat net soos in die oefenrondtes voor gejaag het wat die wedren oorheer het.

Die nat baan het uit eindelik die laaste sê gehad en Webber het beheer oor sy Red Bull verloor en in die rondte getol, dit het gelyk of hy die motor gevang het toe die jong Duitser Nico Rossberg in sy Mercedes skielik reg voor Webber opduik. Die baan was net te glad en Rosberg was net te vinnig om enige iets te doen, beide die Red Bull en die Mercedes van Rossberg was uit die wedren en die stukke het die pad vol gelê.

Fernando Alonso in sy Ferrari het soos ‘n pyl uit ‘n boog uit die verby geskiet en niemand kon hom keer tot op die einde nie. Die arme Vetel wat nie ‘n voet verkeerd kon sit nie se Renault enjin het die gees gegee en beide Red Bulls was uit. Filippe Massa in die ander Ferrari was kort op sy hakke.

Die Britse jaer Lewis Hamilton in sy Mclaren moes baie mooi ry om die Mclaren op die gladde pad te hou met die bande wat so te sê op gebruik was, maar hy het vas gebyt om tweede oor die wen streep te jaag. Die uitslag beteken dat Fernando Alonso nou die nuwe voorloper in die reeks is, Mark Webber het geen punte verdien nie, maar is nog steeds tweede op die punte leer met Lewis Hamilton in die derde plek.

Die huidige wêreldkampioen Jenson Button het 12de geëindig en geen punte verdien nie. Daar is slegs twee wedrenne oor met ‘n maksimum van 50 punte wat beskikbaar is, as Button enigsins die title wil behou sal hy beide die wedrenne moet wen,hy is nou 42 punte agter Alonso.Die volledige uitslag en punte stand lyk so.

 

Plek

Nr

Bestuurder

Span

Rondtes

Tyd/Uit

Wegspr

Punte

1

8

Fernando Alonso

Ferrari

55

Wenner

3

25

2

2

Lewis Hamilton

McLaren-Mercedes

55

+14.9 sek

4

18

3

7

Felipe Massa

Ferrari

55

+30.8 sek

6

15

4

3

Michael Schumacher

Mercedes GP

55

+39.6 sek

9

12

5

11

Robert Kubica

Renault

55

+47.7 sek

8

10

6

15

Vitantonio Liuzzi

Force India-Mercedes

55

+53.5 sek

17

8

7

9

Rubens Barrichello

Williams-Cosworth

55

+69.2 sek

10

6

8

23

Kamui Kobayashi

BMW Sauber-Ferrari

55

+77.8 sek

12

4

9

22

Nick Heidfeld

BMW Sauber-Ferrari

55

+80.1 sek

13

2

10

10

Nico Hulkenberg

Williams-Cosworth

55

+80.8 sek

11

1

11

17

Jaime Alguersuari

STR-Ferrari

55

+84.1 sek

15

 

12

1

Jenson Button

McLaren-Mercedes

55

+89.9 sek

7

 

13

19

Heikki Kovalainen

Lotus-Cosworth

54

+1 Rondte

21

 

14

21

Bruno Senna

HRT-Cosworth

53

+2 Rondtes

24

 

15

20

Sakon Yamamoto

HRT-Cosworth

53

+2 Rondtes

23

 

Uit

14

Adrian Sutil

Force India-Mercedes

46

Ongeluk

14

 

Uit

5

Sebastian Vettel

RBR-Renault

45

Enjin

1

 

Uit

12

Vitaly Petrov

Renault

39

Ongeluk

20

 

Uit

24

Timo Glock

Virgin-Cosworth

31

Ongeluk

19

 

Uit

16

Sebastien Buemi

STR-Ferrari

30

Ongeluk

16

 

Uit

25

Lucas di Grassi

Virgin-Cosworth

25

Ongeluk

22

 

Uit

18

Jarno Trulli

Lotus-Cosworth

25

+30 Rondtes

18

 

Uit

6

Mark Webber

RBR-Renault

18

Ongeluk

2

 

Uit

4

Nico Rosberg

Mercedes GP

18

Ongeluk

5

 

 

Die bestuurder kampioenskap lyk nou so;

 

Fernando Alonso                                      231
Mark Webber                                                   220

Lewis Hamilton                                                 210

Sebastian Vettel                                                206

Jenson Button                                                   189

 

Die res van die bestuurders staan nie meer ‘n kans nie.

 

Die spanne lê nou so op die punte leer;

Plek

Span

Punte

1

RBR-Renault

426

2

McLaren-Mercedes

399

3

Ferrari

374

4

Mercedes GP

188

5

Renault

143

6

Force India-Mercedes

68

7

Williams-Cosworth

65

8

BMW Sauber-Ferrari

43

9

STR-Ferrari

11

10

Lotus-Cosworth

0

11

HRT-Cosworth

0

12

Virgin-Cosworth

0

 

 

продажа пневмоинструментаДанильченео

Die nuwe erfsonde

Een van die sentrale leerstellings van die Christelike geloof is dat die mensdom inherent boos is, en nie tot enige goed in staat is sonder eksterne hulp nie. Dit is maklik om hiermee saam te stem, veral as jy in ‘n gewelddadige land soos Suid-Afrika woon, waar 20000 mense jaarliks vermoor word en 60000 verkragtings aangemeld word, met die ware verkragtingsyfer waarskynlik vier of vyf keer groter as slegs 60000. Mens hoef ook net na kleintjies op die kleuterskool se speelgrond te kyk, en te sien hoe gemeen hulle met mekaar kan wees, om te begin vermoed dat die konsep van die
erfsonde nie so ver van die kol is nie. Niemand hoef daardie kleintjies te leer om gemeen te wees nie. Dit kom van binne. Dis deel van die mensdom se aard.

Die konsep van die inherente boosheid van die mensdom, asook dié van die erfsonde, is egter gekaap deur die linkses en die politiek-korrektes wat bid by die altaar van anti-rassisme, en verwring en verdraai na iets wat hulle agenda pas. Dit is op ‘n slinkse en siniese wyse gedoen, op ‘n manier wat ontwerp is om bykans na die Christelike konsep van inherente boosheid en erfsonde te klink, en om sodoende die ordentlikheid en skuldgevoelens van die teikens daarvan, blankes,  uit te buit.

Waar die Christelike geloof dit duidelik stel dat alle mense boos is, het die kultus van anti-rassisme dit verwring en verdraai en sekeres kwytgeskeld van hierdie albatros om die nek. Dit is dus nie meer almal wat boos is nie, maar slegs blankes en spesifiek blanke mans, en in Suid-Afrika nog meer spesifiek heteroseksuele, Afrikaanssprekende blanke mans. Diegene wat nie deel is van hierdie groep nie, word op ‘n soort kontinuum van hulle boosheid onthef: homoseksuele wit mans is nie heeltemal so boos nie, al tel hulle velkleur steeds teen hulle,  tot by die uiterste van die spreekwoordelike swart lesbiër in ‘n rolstoel wat, maak nie saak hoe hard sy probeer nie, eenvoudig geen sonde kan pleeg nie.

Die erfsonde waaraan blanke mans glo onkorrigeerbaar skuldig is, word rassisme genoem. Maak nie saak hoe hard jy as blanke man probeer nie – jy kan probeer om jou besittings weg te gee en jouself in ‘n plakkerskamp te gaan vestig , soos wat fanatiese linkse professore op Stalinbos van die res van ons verwag , alhoewel hulle nie self so sal maak nie – is en bly jy steeds skuldig aan onkorrigeerbare rassisme. Jy kan eenvoudig nie ontkom aan jou erfsonde nie. Indien dan nie jou eie rassisme nie, dan dié van jou ouers en hulle ouers, tot in die sewentigste geslag. Dan word dit moontlik om te argumenteer dat die skreiende rassisme van regstellende aksie ook teen blanke kinders wat ná 1994 gebore is, toegepas kan word. Hulle dra immers ook die las van rassistiese erfsonde, al het nóg hulle, nóg hul ouers, ooit ‘n swartmens doelbewus te na gekom nie.

Dit is eweneens belangrik vir blanke mans om te begryp dat, in terme van hierdie verwronge dogma, slegs blankes rassiste kan wees. Al diskrimineer swartes teen blanke mans met rassistiese praktyke soos transformasie en regstellende aksie, word dit in terme van hierdie verwronge dogma moontlik om, soos hierdie briefskrywer aan Rapport dit stel, te glo dat swart-op-wit diskriminasie heel aanvaarbaar, positief en eintlik glad nie eens rassisties nie. Die ANC kan dan ook volhou dat dit heel aanvaarbaar is om te sing “Kill the Boer” en selfs die hof nader vir die “reg” om dit te sing. Onthou: Swartes kan nie hetsy boos, hetsy rassisties wees nie, en dus is “Kill the Boer” presies net so onskuldig soos daardie liedjies wat ons in die Kinderkrans gesing het.

Omdat slegs blankes boos is, en swartes nie, kan daar dus ‘n histeriese geskree opgaan as die swemmer Roland Schoeman kla oor iemand in die skare wat hom soos ‘n bobbejaan gedra, maar wanneer bejaarde blankes wreed
gemartel en vermoor word tydens plaasaanvalle, kan die moderne fanatici die blaam op die bejaarde dooies  self verplaas. Ons moet terloops erken dat daar ook in blanke geledere die swaksinniges is, wat maklik gebreinspoel kan
word om fanatiese lede van die kultus van anti-rassisme te word, en wat ewe luidkeels help verkondig aan die kultus se dogma. Mens dink aan voormalige Vrye Weekblad-joernaliste, of aan lede van die Kaapse Moffia, as voorbeelde. Of dit aan ‘n kombinasievan swaksinnigheid en masochisme toegeskryf kan word, weet ek nie, maar elke volk het maar sy malles, verloorders en verraaiers. Dan word die slagoffers voorgehou as die eintlike skuldiges omdat hulle die aanvallers kwansuis mishandel het (en omdat die slagoffers skuldig daaraan is om blank te wees). Die aanvallers word dan die eintlike slagoffers – die barbare wat Eugene Terre’Blanche vermoor het, word byvoorbeeld valslik voorgehou as onskuldige slagoffers wat seksueel misbruik is. Maar, weer eens, dit pas in by die dogma. Swartes, selfs diegene wat
iemand met ‘n panga doodkap, kan nie sondig nie.

Die les vir veral blanke mans hierin is duidelik: Jy kan so hard as wat jy wil probeer om te ontken dat jy ‘n rassis is. Jy kan, soos die hoogheilige Sampie Terre’Blanche dit wil hê,  jou skuldlas omarm en al jou besittings vir die armes gee en in ’n plakkerskamp gaan woon. Jy kan uitwys dat jy nog nooit enige anderskleurige te na gekom het nie. Dit gaan jou hoegenaamd niks in die sak bring nie, omdat daar geen rede of logika by die kultus van anti-rassisme betrokke is nie. Jy en jou ongebore kinders, asook hul kinders en kleinkinders, sal vir ewig die las van julle erfsonde, julle denkbeeldige
rassisme, dra.

Buiten die uitwissing van die blankes, wat nie onmoontlik is nie (teen 2100 sal Eurabië ‘n meerderheid anderskleurige inwoners hê, en in Suid-Afrika is daar ‘n verbete veldtog van etniese reiniging en moord teen blankes gemik), is daar slegs een oplossing vir hierdie dilemma. Speel die kultus van anti-rassisme se eie spel, en lei hulle na die enigste moontlike gevolgtrekking wat nie volksmoord behels nie. Daardie oplossing is om die onkorrigeerbare rassiste so ver as moontlik weg van hul sogenaamdeslagoffers te hou.

Die erfsonde van denkbeeldige rassisme kan slegs vreedsaam besweer word dmv segregasie.

games bigbangОлександр Васильович Фільчаков

Die persvryheidsindeks

Die afgelope week het die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers Sonder Grense, daad by die woord gevoeg en Suid-Afrika vyf plekke op die persvryheidsindeks laat daal. Suid-Afrika beklee nou die 38ste plek.

Dit is die tweede terugslag wat Suid-Afrika vanjaar oor persvryheid tref. Vroeër het Freedom House Suid-Afrika se status tot dié van slegs gedeeltelik persvry geherklassifiseer.

Verslaggewers Sonder Grense –of VSG – het onlangs, tydens die ANC se Durbanse kongres, in skerp taal gewaarsku dat die party se beplande mediatribunaal en snoerwetgewing onaanvaarbaar is. In die verslag wat met die jongste persvryheidsindeks gepaard gaan, skryf VSG die land se swakker posisie egter ook toe aan die aanvalle op joernaliste tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Juius Malema se optrede jeens die BBC-joernalis tydens ‘n nuuskonferensie, word ook breedvoerig bespreek. Die woord, bastard, waarmee Malema die joernalis uitgejaag het, weerklink ook in die
verslag.

Die ANC het egter die rug styfgemaak.

Die ironie was dat Suid-Afrika die afgelope aantal jare geleidelik verlore grond op die persvryheidsindeks aan die terugwen was. Vroeg die eeu was Suid-Afrika nog 22ste op die indeks, en die mees persvrye land op die kontinent. Hierna het die ANC egter ook mediasnoeringsgeluide gemaak, en die land het ver teruggesak.Verskeie lande, soos Ghana en Mali, het beter as Suid-Afrika op die indeks gevaar, en het ook steeds beter posisies beklee terwyl Suid-Afrika sy posisie begin verbeter het.

Suid-Afrika se posisie – veral in die Afrikakonteks – klink moontlik nie baie erg nie, maar in die konteks van ‘n land met ‘n grondwetlike demokrasie geskoei op die liberalisme, en slegs een van ‘n handjievol lande wat naas die reg op uitdrukkingsvryheid persvryheid by die naam grondwetlik verskans, is dit kommerwekkend. As die regering ten opsigte van hierdie aspek so wyd met die grondwet omgaan, hoe sterk staan enige ander grondwetlike waarborge?

Baie water het in die see geloop sedert die Engelse koning Payne en sy makkers se ore laat afkap het. Boonop was die laksman nie so lekker oderlê in dié delikate takie nie, en het een se oor aan ‘n draadjie bly hang. Die laksman moes toe meer weer die skavot bestyg om sy brouwerk te voltooi. Wie nie wil hoor nie, het die koning gemeen, moes voel.

Gelukkig vir Payne en sy oorlose makkers het Cromwell kort hierna aan bewind gekom, en is hulle vrygelaat.

Sedertdien het persvryheid so met die demokrasie verweef geraak dat die Belgiese politikus, Yves Leterne, enkele jare gelede persvryheid as die vierde, weliswaar nie-amptelike been van die demokrasie beskryf het.

Die wêreld-ekonomiese krisis het nog ‘n dimensie ingelui. Yslandse bankbase was nog besig om ou konvensies in te span om hul aandeel in die Yslandse bankkrisis te snoer, toe politieke druk dié land op die voorpunt van institusionele mediavryheid geplaas het.

Die ANC swem stroomop, al is daar elemente van waarheid in dat die media die regering van latte voorsien om die pers mee te looi.

Daar is ‘n bepaalde verwantskap tussen ‘n land se stand op die persvryheidsindeks, en sy posisie op ander indekse soos beleggersvertroueindeks en die korrupsiepersepsieindeks. Ook op hierdie indekse is Suid-Afrika se posisie nie wat dit moet wees nie.

лосины для девочки с описаниемДанильченео

Om ‘n koerant te wil hê

Jare gelede het ‘n rubriekskrywer in ‘n koerant geskryf: “Iemand het net ‘n tikmasjien en ‘n faksmasjien nodig, dan kan hy ‘n politieke party wees.”

Die vermoede is dat dié rubriekskrywer die legendariese taalbul, Robert van Tonder, se Boerestaat Party in die oog gehad het.

Sedertdien het baie water in die see geloop. Vandag sou ‘n mens eerder sê: “Met ‘n rekenaar en die internet kan enige persoon ‘n politieke party wees.”

Met ‘n ordentlike adreslys kan iemand binne sekondes ‘n mediaverklaring by bykans al die media in die land, en selfs die wêreld, besorg, en as die teks nog elektronies is, kan die ontvanger dit elektronies knip en plak.

Dié gemak is juis ook weer deel van die probleem. As sake so maklik is, is dit vir almal so maklik, en ‘n joernalis wat minder as 40 e-posse per dag ontvang, handhaaf waarskynlik ‘n lae profiel. Daar is geen manier waarop ‘n joernalis behoorlik aandag kan skenk aan soveel (en dikwels veel meer) mediaverklarings en artikels nie.

Dit is enige persoon se raaiskoot hoeveel mediaverklarings word gewoon ongelees gewis.

Maar – in beginsel – dis maklik om nuus te versprei.

In die afgelope Saterdag se By skryf die koerantbaas, Ton Vosloo, oor die pyne, en veral koste, waarmee die nuwe ANC-gesinde koerant, New Age, te make gaan hê. Dis baie geld, twee maal meer as die mees pessimistiese skatting,
en twee keer so ‘n lang tyd as wat ‘n mens dink, om ‘n koerant van die drukpers af te laat rol.

Tog, net soos tegnologie dit “maklik” gemaak het om ‘n politieke party te hê en heel sigbaar te hê sonder dat dit werklik bestaan, so is dit ook “maklik”om ‘n koerant te maak. ‘n Mens het net ‘n rekenaar, die internet, en nou ja, as mens aan ‘n gedrukte koerant dink, ‘n drukker nodig.

Bykans enige rekenaar het ‘n program op waarmee bladuitleg en grafiese ontwerp gedoen kan word, speltoetsers vergemaklik sake baie, die nuus kan via die internet “opgetrek” word… Foto’s kan van die selfoon afgelaai word.

Maar dan moet ‘n mens nie appels met pere vergelyk nie.

Om ‘n konvensionele koerant, gedruk, en daagliks oor ‘n groot area, op straat te hê is ligjare verwyder van die lessenaarmodel –ook kostegewys.

Trouens, dit is soos Ton dit probeer uitspel – eintlik onmoontlik om nog in hierdie mark in te kom.

Die vraag word dus dikwels gevra: Is dit nog nodig om as konvensionele, gedrukte, koerant in die mark toe te tree?

Die ANC voel klaarblyklik dit is nodig.

Twee gesaghebbendes vanuit die gedrukte media het hulle ‘n paar jaar na mekaar hieroor uitgelaat, en daar was waarskynlik baie ander tussenin. Eers het Tim du Plessis, destyds redakteur van Rapport, die “alewige blogs” verwyt, en pas het die persombudsman na die internet as alternatiewe inligtingsmedium verwys. Beide het dit egter teen ‘n bepaalde konteks gedoen… verwyte dat die pers die inligtingsvloei vir sekere redes sou manipuleer. Die verweer is dat ‘n koerant wat dit waag, gou-gou sy geloofwaardigheid sal verloor omdat die elektroniese inligting gewoon rondom
sal spoel.

Die argument is waarskynlik geldig, maar of dit werklik die media aanspoor om onbevange met die inligtingsvloei om te gaan, sal ‘n kwessie van debat bly. In ieder geval dink die ANC dat die media onbillik met die inligtingsvloei omgaan, en stel daarom kwessies soos ‘n mediatribunaal in die vooruitsig. Die gebrom uit ander politieke oorde is dikwels net so erg.

‘n Harde werklikheid is dat waarskynlik elke gedrukte koerant in die wêreld meer inligting beskikbaar het as waarvoor daar plasingsruimte is. Vroeër is dikwels na die komkommertyd verwys – gewoonlik naby Kersfees en in die Paastyd, wanneer nuus skraps word en die bietjie beskikbare nuus “gerek” moes word. Juis die internet verseker dat dit nie meer die geval is nie – die inligting mag minder wees, maar steeds veel, veel meer as wat ‘n koerant voor plasingsruimte sal hê.

Bykans enige instansie wat sy boodskap wil versprei – van politieke party tot gemeente – het nou ‘n webblad. Al hoe meer instansies stel nou media-skakelpersone aan. Waar hierdie poste aanvanklik dikwels as “sagte” poste beskou is waar die baas se dogter of skelmpie aangestel kon word, het die mededinging hier nou so straf geword, dat daar dikwels (nie altyd nie) kundiges aangestel word wat ‘n mediaverklaring so persklaar kan opstel dat dit die strawwe omgewing van min plasingsruimte kan oorleef, en selfs sonder verandering net so geplaas kan word.

‘n Deel van die rede hiervoor is dat die media-omgewing tog verander. Baie mense is nou vir hul nuus aangewese op bulletins op gemeenskapsradiostasies of gemeenskapskoerante. Hierdie koerantjies is dikwels gratis, en bereik dus
ook laer inkomstegroepe, wat vir politieke partye van die uiterste belang is. Hierdie koerante en stasies het dikwels net een persoon vir nuus in diens, en by gemeenskapstasies dikwels nie eens so ‘n persoon nie. By die klein stasies word dikwels van nuusvoorsieners gebruik gemaak wat volledige nuusbulletins opstel, en dan teen ‘n billike prys aan gemeenskapstasies verkoop. Hierdie nuusvoorsieners is onder kwaai druk (daar moet dikwels elke uur ‘n bulletin gereed wees) en daarom is daar nie werklik tyd vir vertalings nie, en nog minder vir die bywoon van nuuskonferensies. ‘n Party/instansie wat sy nuusverklarings tweetalig uitreik, het dus ‘n groot
mededingende voordeel).

Trouens, die realiteit van gemeenskapsmedia dring traag tot sommige politieke partye en selfs ander instansies deur. Sommiges vrek gewoon oor mediakonferensies, en spandeer baie geld hieraan. Hoe meer joernaliste, en hoe meer TV-kameras, hoe ‘n groter sukses was die byeenkoms. Groot projekte word op hierdie manier van stapel gestuur, en “launch” het ‘n selfstandige naamwoord geword wat so ‘n handeling beskryf. Die media wat die nuuskonferensie bywoon word van die mooiste portefeuljes voorsien waarin harde kopieë van die nuusverklarings is. Dat 90 % of meer van die media uitgesluit is omdat hulle gewoon nie iemand kan afstaan nie, en dat ‘n joernalis wat by die kantoor uit ‘n wavrag elektroniese mediaverklarings kan kies dalk traag kan wees om ‘n harde kopie oor te tik, kom nie by diegene op
wat so vrek oor mediakonferensies nie.

Dit is uiteraard een ding as die regeringshoof ‘n mediakonferensie hou, en ‘n heel ander dinge as dit deur die leier van die party gehou word wat uit ‘n tikmasjien en faksmasjien bestaan.

Die groot koerantgroepe het wel deeglik kennis geneem van gemeenskapsmedia. Onlangs het die koerantbaas, Koos Bekker, in wese hieroor gekla en meen so ‘n massa onafhanklike media bemoeilik die vorming van kollektiewe gedagtes. Vanuit die teenoorgestelde perspektief kan hy weer van ideëimperialisme beskuldig word.

Hoekom is dit dan tog so belangrik vir ‘n party / instansie om “in die koerant” te wees as sy inligting so mildelik daaromheen vloei?

Hoewel mense se ingesteldheid oor media baie oor tyd verander, is dit stellig steeds geldig om te sê dat die persepsie by mense bestaan dat iets wat in “die koerant” staan meer geloofwaardig is as iets wat oor die radio gehoor word, omdat die radio meer met vermaak geassosieer word. Die Suid-Afrikaanse koerantwese het immers groot meningsvormers, selfs premiers, opgelewer. ‘n Styl van oorredende kommunikasie het in hoofartikels ontwikkel
wat gewoonlik gesaghebbend klink, wat goed beredeneerd oorkom. Natuurlik is daar uitsonderings. Natuurlik veroorsaak verskeie faktore dat hier nou al hoe meer dowwe kolle en swak beredenering deurslaan.

Tog is dit vanuit ‘n mensingsvormingsoogpunt ‘n feitlike laaste bastion teen die algemene vervlakking wat dikwels intree – al stem ‘n mens nie met die standpunte saam nie.

Partye sal dus groot moeite doen om hul standpunte in hierdie geselskap “afgelaai” te kry. Dit bied op die oog af die meeste myle, veral in die tydperke tussen verkiesings wanneer die saadjies van belangstelling gesaai moet word. Dit sou in elk geval vir partye onbekostigbaar duur wees om jaar in en jaar uit hul boodskap met plakkate teen lamppale uit te dra, om posbusse met pamflette te oorstroom, en sal heel moontlik ook ‘n weerstand ontwikkel (die ou bemarkingsbeginsel dat die mens hom begin verset as hy agterkom iemand probeer hom beïnvloed).

Die Engelse “spreekwoord” sê dit immers so mooi: “Advertising is what youpay for, publicity is what you pray for.”

Dit kan dus nie sommer voorsien word dat partye by ‘n punt sal kom waar hulle ‘n kleiner premie sal plaas om “in die koerant” te kom nie. Wyle minister Blaar Coetzee het dit destyds sake nog ‘n entjie verder gevoer en
gesê vir ‘n politieke party is daar nie so iets soos slegte publisiteit nie, net publisiteit.

Uiteraard is daar partye wat TV-dekking as die mees ideale vorm van dekking beskou. Trouens, hier te lande was ‘n premier wat die voorsitter van die SAUK-raad, dikwels via ‘n bombastiese minister, ‘n ‘n lewe gelei het om meer dikwels op TV te wees “want kyk net hoe dikwels is die Amerikaanse president op TV.” Tot ‘n opname getoon het die betrokke premier se gewildheid taan hoe meer hy op TV verskyn.

Die gedrukte koerant, as belangrike meningsvormer, sal dus nog ‘n geruime tyd met ons wees.

Teen dié agtergrond, is dit dan so onmoontlik dat nuwe koerante sal kan toetree?

Kan die tegnologie nie ingespan word om koerante meer bekostigbaar te maak nie? Selfs ‘n groot dagblad?

Redaksie: Met die elektronika kan met werklik min mense oor die weg gekom word. Internasionale nuus sal volop wees. Om goedkoop omgewingsnuus te bekom span koerante oorsee “gemeenskapsjoernalistiek” in. Om dit op ons situasie
van toepassing te maak: ‘n Boer trou met ‘n onderwyseres / joernalis /verpleegster, en sy het bepaalde skyfvermoëns, maar is te ver van ‘n plek waar sy haar beroep kan beoefen. Met ‘n skootrekenaar, ‘n selfoon met ‘n digitale kamera, en die internet is sy in werklikheid bykans net so aanwendbaar soos ‘n joernalis in die nuuskantoor. Waar haar skryfwerk dalk ‘n bietjie skaafwerk nodig het, kos sy die koerant veel minder in terme van salaris en reiskostes. Sy kan enigiets op papier stel – van die skoolkonsert, tot die dinge in die dorp se drinkwater, tot ‘n treinongeluk, en in ‘n japtrap die storie en foto’s elektronies by die koerant hê.

Voeg hierby die talle instansies wat nou mediaskakelmense het.

Trouens, dit sal waarskynlik nog verder uitgebrei word. By die onlangse Algemene Kerkvergadering (sinode) van die Hervormde Kerk was daar net by tye ‘n joernalis teenwoordig, Neels Jackson van Beeld. Dit staan in skrille kontras met enkele jare gelede toe so ‘n vergadering deur ‘n groot groep joernaliste bygewoon is. Min of meer dieselfde gebeur met landboukongresse en vele ander geleenthede. Hierdie instansies sal eenvoudig moet besin oor ‘n alternatief – of iemand afvaardig wat mediaverklarings opstel en uitstuur, of ‘n instansie huur wat dit vir hulle doen,of ‘n kundige aanstel.

Advertensies: Verskeie instansies bestaan wat op bemarking spesialiseer, en wat teen kommissie advertensies kan lewer. Die kliënt het die voordeel dat hy ook vir ‘n mediamengsel (maw advertensies in die gedrukte media,
pamflette, op radio) ‘n eenstopdiens kan benut. Hierdie instansies het dikwels hul eie grafiese kunstenaars in diens.

Drukwerk: Verskeie rolperse bestaan, en die groot kwessie is die koerant op CD of ander elektroniese formaat by die drukker te kry.

Bestuur en administrasie: Hoewel miskien nie die grootse werkslading nie, is dit miskien die deel wat die idealis die vinnigste aarde toe ruk – kwessies soos personeelbestuur met al die wetlike verpligtinge wat daarmee verband
hou, die invorderings van geld, die betaling van rekenings, instandhouding, oudits, en vele meer.

Teen dié agtergrond is nog groot dagblaaie onwaarskynlik. Tokkelosse (glo die Afrikaans vir knock and drop) daarenteen sal steeds kom – en gaan.

домики для детейОлександр Васильович Фільчаков

Vriende van WIllem Ratte vra vir skenkings

Willem Ratte sal vandag weer in die landdroshof op Witbank verskyn op aanklagte van dwelmsmokkery en diefstal. Nadat die gedrukte pers aanvanklik berig het dat Ratte vir “terrorisme” en “besit van onwettige wapens” in hegtenis geneem is, het die staat nog geensins ‘n klag in dié verband gebring nie.

Die polisie het aanvanklik sulke verklarings aan die media gemaak, maar toe Ratte die eerste keer in die hof verskyn het, is die klag verander na dwelmsmokkelary en diefstal. Niemand weet watse dwelms Ratte sou gesmokkel het of wat hy sou gesteel het nie.

‘n Groep binne die veteranevereniging van 323 bataljon het ‘n bankrekening beskikbaar gestel wat behoorlik geadministreer sal word om Ratte met sy regskostes by te staan.

липецк очисткаалександр лобановский харьков

ANC wil ‘Skiet die Boer’ terughê

Die ANC het ‘n aansoek om verlof tot appèl van stapel gestuur teen die verbod op die omstrede liedjie Dubul ‘iBhunu (Skiet die Boere), deur aan te voer dat dit deel gevorm het van die geskiedenis van sy bevrydingstryd en word om daardie rede nog steeds gesing deur ANC-ondersteuners.

Die aansoek is deur die ANC se adjunk-sekretarisgeneraal Thandi Modise namens die regerende party gebring en dien tans voor die Johannesburgse Hooggeregshof.

Modise het gesê die ANC is die geskikte organisasie om die verlof tot appèl in die openbare belang te bring. “Daar is ‘n groot aantal mense wat deur die kwessie geraak word. Ek kan dit met respek stel dat geregtelike kennis geneem kan word van die feit dat die betrokke liedjie bekend is by en gesing word deur letterlik duisende Suid-Afrikaners. Die gevolge van ‘n skending van hierdie orde is vanselfsprekend nadelig,” het sy gesê in hofstukke verklaar.

Die ANC se aansoek volg op ‘n uitspraak deur waarnemende Johannesburgse Hooggeregshof regter Leon Halgryn in Maart, wat beslis het dat die sing en publikasie van die liedjie “ongrondwetlik en onwettig” is omdat dit op aanhitsing neerkom.

Die uitspraak het gevolg nadat ‘n aansoek deur Willem Harmse, ‘n skrootmetaalsakeman van Delmas, gebring is, wat
gesê het die liedjie bevorder plaasmoorde in die nasleep van die ANC-jeugliga president Julius Malema se herhaalde openbare oproepe.

“Hoe sou Malema voel as ek die liedjie “Die dood van die swart man” sing?” het Harmse gevra.

Nog ‘n Mpumalangasakeman Muhammed Vawda – wat soos Harmse ‘n lid van die Vereniging vir die Beskerming van ons Grondwet is – was gekant teen die aansoek. Hy het gesê die liedjie was nie ‘n aanval op wit mense nie, maar op apartheid.

In die dokumente voor die hof, sê Modise Vawda het egter aangedui hy is nie geïnteresseerd in die versoek om verlof tot appèl teen regter Halgryn se beslissing nie. Dus is dit die ANC se taak om dit te doen.

In haar verklaring meld Modise dat alhoewel die geskil tussen Harmse en Vawda opgelos is, het die kwessie lewendig gebly.

“Inteendeel, enige persoon wat die woorde sing of publiseer neem voortaan die risiko om vervolg te word ongeag van die omstandighede waarin dit gebeur,” het sy gesê, en bygevoeg dat die uitspraak ‘n besondere impak op ANC-lede het.

“Die betrokke lied vorm deel van die geskiedenis van die ANC se stryd om bevryding. Dit is ‘n bekende feit dat dié lied gesing is deur lede en ondersteuners van die ANC by allerlei geleenthede. “

free casino online no downloadДанильченко Юрий прокурор

Sewe doodgetrap in sokkerstormloop

Sewe sokkergeesdriftiges is doodgetrap tydens ‘n stormloop by ‘n sokkerwedstryd tussen twee van Kenia se mees gewilde spanne.

‘n Skare het probeer om by die Nyayo Nasionale Stadion in te kom.

Ses mense is op die toneel oorlede terwyl ‘n sewende persoon later in die Kenyattahospitaal dood is, het Titus Mungo’u, ‘n woordvoerder vir die Rooikruis, gesê.

Ten minste vier ander mense is tydens die voorval beseer, alhoewel die aantal moontlik hoër is.

Die wedstryd is halfpad deur die eerste helfte gestaak toe iemand op die veld uitgehardloop het en gesê  het daar is mense buite wat besig is om doodgetrap te word.

Die wedstryd is binne tien minute egter weer hervat en Gor Mahia het 1-0 gewen.

бра интернетлобановский депутат

Veiligheid van e-verkiesings kwel

Nuwe tegnologie, wat kiesers in staat sal stel om per internet te stem, wen veld in die VSA, alhoewel kommer oor die veiligheid van dié stelsels bestaan.

Altesaam 33 Amerikaanse state sal kiesers toelaat om in 2010 van e-posse, fakse en aanlynstembriewe gebruik te maak. Hierdie stelsels, wat ook in verskeie ander lande gebruik word, kan moontlik kiesers se deelname verhoog, maar die veiligheid daarvan bly ‘n netelige kwessie.

In September, toe ‘n internet-stemstelsel vir Washington getoets is, het ‘n span rekenaarwetenskaplikes van die Universiteit van Michigan gou-gou die stelsel binnegedring en stembriewe verander.

“Dit was vreeslik maklik,” het Alex Halderman, die Michigan professor wat die projek saam met sy studente onderneem het, gesê. Halderman het ook ontdek dat ander kuberkrakers van onder meer Iran en China probeer het om dieselfde te doen.

Halderman en ander rekenaarkenners meen hul eksperiment belig die swakpunte in aanlynverkiesings waaraan nie tans geremedieer kan word nie.

Hierteenoor sê Paul DeGregorio, hoof van verkiesings by die elektroniese verkiesingsfirma Everybody Counts dat internetstelsels kiesers, insluitende dié met gestremdhede en soldate oorsee, bemagtig. Hy sê stelsels in ander lande het wel veiligheidstoetse geslaag.

ігри для девочеклобановский александр дети