Polisiekommissaris se rowerseun skotvry

Luitenantgeneraal Mzwandile Petros se seun het in September verlede jaar saam met sewe ander rowers uit die hof in Johannesburg ontsnap. Die sewe is intussen weer aangekeer, maar die lasbrief vir Petros junior is intussen teruggetrek.

Die polisielede wat die lasbrief teruggetrek het, is twee dae lank vir nalatigheid geskors, maar is intussen weer in hul poste aangestel.

Praag het dié ilnligting van ‘n bron binne die polisie ontvang. Dt is nog nie vantevore in die media bekendgemaak nie.

камины металлические дровяныепрокурор харьковской области

Wie onkruid saai, sal distels maai

Die ANC het pas die bykans ongehoorde gedoen, en ‘n plaasaanval veroordeel. Weliswaar is dit nie maar net een van baie plaasaanvalle vanjaar, en selfs baie plaasmoorde nie, maar een waar ‘n hele gesin, insluitend ‘n dogtertjie van amper drie jaar oud, vermoor is.

Ongelukkig is daar ook ‘n aantal gebreke in hierdie veroordeling: Van die toepaslike ministers, dié van Veiligheid en van Landbou, is so ver bekend nie ‘n woord gerep nie. Die Vrystaatse premier, die ANC se vroueliga, en die ANC self het dit veroordeel.

Om verskeie redes lyk dit egter of ten minste sommige van hierdie veroordelings meer te make het met die rasondertone wat die moorde losgelaat het as die dade self. Nog ‘n wrede plaasmoord op ’n bejaarde vrou in ongeveer dieselfde tyd, word bykans nie vermeld nie. In bykans elk van hierdie veroordelings, soos dié van premier Ace Magashule en die ANC, word sterk vermaan dat die indruk nie geskep moet word van swart teen wit misdaad nie.

Maar wie het die distels gesaai? Wie sing opruiende liedjies waarin gevra word die Boere moet doodgemaak word? Wie gaan hof toe om die verbod opgehef te kry? Wie het verbete geveg om te keer dat die liedjie “Kill the Boer, kill the farmer” as haatspraak verbied word? Wie vereer die voorsanger daarvan deur ‘n sokkerstadion na hom te vernoem?

Jare lank wys die landbougemeenskap en veiligheidskenners daarop dat heethoofdige uitsprake van hoëlui in die regering waarin boere veralgemeend as wreed teenoor hul plaaswerkers uitgebeeld word, ‘n klimaat skep wat gunstig is vir plaasaanvalle. Die twyfelagtige hoogtepunt was stellig toe Lawwe Lulu op Kerkplein ‘n siedende aanval op boere geloods het, terwyl die voorbeeld wat sy gebruik het nie alleen ‘n enkele geval was nie, maar dat ‘n verslag van die OKD wat die aansprake van ‘n vrou as vals bewys het, reeds aan die regering bekend was.

Verskeie peperduur ondersoeke, soos dié van ‘n vorige Vrystaatse Premier, Winkie Direko, kon ook nie stawing vir die veralgemeende stellings vind nie. So ook nie ‘n gesamentlike ondersoek deur die Wes-Kaapse Departement van Veiligheid, toe nog onder die ANC se beheer, en Agri Wes-Kaap nie.

Tog het dit die stortvloed aantygings vanuit regeringsgeledere nie gekeer nie, wat onder meer daartoe gelei het dat TLU SA en Agri SA hulle vanjaar uit ‘n grondberaad gestap het.

Hierna is ‘n artikel deur die Tina Joemat-Pettersson in Rapport geplaas waarin ooglopende erg foutiewe grondbesit-syfers weergegee is.

Die rasbewustheid rondom veral plaasaanvalle is nie nuut nie, maar die fokus het verdiep toe twee bekendes, die skryfster Anneli Botes en die kunstenaar Steve Hofmeyr uitlatings buite die perke van wat sommiges as politiek korrek beskou, gemaak het. Hul opmerkings staan egter nie in isolasie nie. Die verkragting van ‘n wit vrouedokter aan diens in die Pelenomi-hospitaal in Bloemfontein waar die verdagte ‘n onwettige immigrant uit Lesotho is, haal steeds hoofopskrifte.

Die rissiepit-kommentator, Rhoda Kadali vaar in haar jongste rubriek uit teen, wat bekend geword as die “Groot Groente” wat bruin mense verslaaf. Die “Groot Groente” verwys na die ANC-elite wat hulle soos varke by die voer-trôe aan groente vervreet. Sy is egter nie die enigste bruin meningsvormer wat nou reeds na die kort lootjie verwys wat bruin mense by die ANC trek nie.

Plekname is nog ‘n sensitiewe kwessie. Pas is berig dat die Pleknamekomitee in die Vrystaat nie by twee van sy eie opvolgergaderings opgedaag het nie – twee vergaderings wat in elk geval net in ‘n koerant wat op die swart gemeenskap gemik is, geadverteer is. Vreemd het geen voorstanders vir die verandering van Winburg en Brandfort se name na swart name vir die vergaderings opgedaag nie, wat die vermoede laat ontstaan dat die komitee en die voorstanders saamspan.

Boonop kry die Menseregtekommissie nie die voorsitter van die Vrystaatse pleknamekomitee opgespoor nie, na die Vryheidsfront Plus jare gelede reeds ‘n klag teen haar gelê het.

Wie distels saai, sal krokodiltrane maai. En een van die dae is dit versoeningsdag.

на тетивахЛобановский

Die ondergang van ‘n eens trotse vloot

Die ondergang van Suid Afrika se infrastruktuur is steeds besig om mens se verstand te bowe te gaan. En nou praat ek nie van net paaie, water en elektrisiteitsnetwerke nie. Die ANC kry dit reg om alles wat die blankes opgebou het tot sierade vir ‘n klein landjie aan die suidpunt van die Welsynskontinent, wat gebuk gegaan het onder sekerlik die mees volledige internasionale sanksieveldtog in die geskiedenis, stadig maar seker te laat verkrummel tot roes, stof en geraamtes.

Van die eens magtige SAW het daar nou net ‘n ongeorganiseerde, ongedissplineerde VIGS-bataljon oorgebly, wat so ‘n paar jaar gelede deur een van die swakste weermagte in die wêreld, Lesotho, nerwe af geskiet is. Volgens ‘n berig nou die dag in Beeld, daag baie soldate op vir werk om 8-uur in die oggend, net om weer 9-uur huistoe te gaan. Ek merk op dat as jy deesdae ‘n weermagvoertuig iewers sien ry, dit opmerklik is in watter swak toestand daardie voertuie is. Ry jy verby enige weermagbasis, kan jy sien dat hulle nie eers die trots in hulle het om die tuine en geboue te versorg nie. Alles is in verval.

Onlangs het ek met ‘n oudsammajoor gepraat wat sy ontslag aangevra het. Hy sê as hulle durf waag om ‘n troep of laer rang aan te spreek oor dissipline of wanprestasie, is hulle skuldig aan viktimisering, of word ‘n klag van rassisme teen hulle gelê. Troepe het geen respek vir offisiere of onder-offisiere nie, en beroep hulle in elke saak op hulle unies.

Die grootste skok van alles is dat die veel besproke wapentransaksie, waaraan die ANC miljarde rande bestee het vir die aankope van vliegtuie, skepe en korrupsie, alles verniet was. Wat die lugmag betref, is daar nie geld om daardie peperduur vliegtuie te laat vlieg nie, en daar is ‘n totale gebrek aan ordentlike opleiding van vlieëniers. Die swart kandidate wat wel die keuring slaag, kan nie hulle eksamens deurkom nie, en dus staan die vliegtuie nou maar in die lootse, en vlieg net so af en toe as daar ‘n wit vlieënier opgeroep word om te kom help. Onderhoud is min of meer afgeskaf as gevolg van ‘n gebrek aan geld en kundigheid.

Net gister, ontvang ek per e-pos ‘n artikel, geskryf deur Stephen Goodson, oor die toestand van ons eens trotse vloot. Dit is in Engels, dus gaan ek maar vertel wat dit sê, en nie probeer vertaal nie. Die volgende punte staan uit:

  • Met die wapentransaksie is ‘n tender vir vier korvette en drie klas-209-duikbote uitgesit. ‘n Spaanse vervaardiger het ‘n tender ingesit vir minder as R 6 miljard, vir meer korvette, maar die Duitse firma, Blohm und Voss, het die kontrak gekry vir meer as R 6 miljard, om voorsiening te maak vir die omkoopgeld van ministers en hulle lakeie.

  • Die volgende jaar het die Vloot sy regstellende-aksiebeleid in werking gestel, en is daar van 384 hoogsopgeleide blankes ontslae geraak, waarvan sommige meer as 20 jaar diens en ondervinding gehad het. Dit is so skielik gedoen dat weinig kennis en vaardighede aan die nuwe swart personeel oorgedra kon word. Die nuwe personeel is toe na Kiel in Duitsland gestuur vir opleiding op spesifiek die duikbote. Die Duitsers wou die nuwe personeel nie sertifiseer nie, omdat bevind is dat hulle nie die kapasiteit kon ontwikkel om die duikbote onderwater aan te wend nie. Toe word die personeel na Indië gestuur, omdat die ANC gehoop het dat ‘n ontwikkelende land meer toegeeflik sal wees. Uiteindelik wou ook die Indiese vloot nie die Suid-Afrikaanse personeel sertifiseer nie, dus het SA drie duikbote wat nie mag duik nie.

  • Nege maande gelede het ‘n swart tegnikus een van die duikbote opgekoppel aan ‘n elektrisiteitstoevoer van 440 volt, terwyl die bote vir 110 volt bedraad is. Dit het al die elektroniese toerusting, rekenaars en bedrading uitgebrand en die boot totaal onbruikbaar gemaak. As gevolg van ‘n gebrek aan geld, is daar nog steeds nie besluit om die boot na Duitsland te sleep vir herstelwerk, of om die Duitsers hierheen te vlieg om die boot reg te maak nie. Volgens Goodson sal dit beter wees om die romp maar te los, aangesien die boot in elk geval nooit sal duik nie.

  • As gevolg van ‘n gebrek aan onderhoud, is geen van die vloot se skepe seegereed nie. Die enigste onderhoud wat gedoen word, is op die elektrisiteitstoevoer na die kwartiere, sodat die offisiere darem lekker kan slaap en eet.

  • In November 2009 het die Amerikaanse vloot die SA vloot genooi om gesamentlike maneuvers te doen, sonder ammunisie. Dit het net ‘n vaart ingesluit. Om deel te kon neem, moes die vloot ‘n groot aantal reserwemagoffisiere en -tegnici oproep, wat natuurlik blank was. Ná die oefening, het die Amerikaners ‘n register van die reserwemaglede opgestel, om hulle te gebruik indien hulle die SA vloot sou nodig kry.

  • Die moreell en dissipline in die SA vloot is baie laag, en die enkele wit offisiere wat nog oor is, is gedurig op stresverlof.

  • Die hoof van die vloot, viseadmiraal J Mudimu, is ‘n oud-MK-lid, met geen vlootkwalifikasies nie. Hy het nie eens ‘n kleinbootkursus in sy lewe voltooi nie.

  • Die amptelike webblad van die vloot is lanklaas bygewerk, en gee verskeie skakels na leë blaaie waarop niks verskyn nie. Volgens die webblad is die missie van die vloot “om te kan veg en wen ter see. Dus, met skepe wat nie seegereed is nie, en bemanning wat nie oor die opleiding beskik nie, is dit seker die see van vergange?

подъемник для автосервиса ценаАлександр Фильчаков

Grondwetlikheid vir ‘n ses

Veel meer as wat dit op die oog af lyk, is op die spel met die ANC se besluit dat ‘n kommissie na die toekoms van provinsies moet kyk. Een van die opsies wat oorweeg moet word is die wegdoen met provinsies.

Met die Kemptonparkse onderhandelings is ooreengekom op ‘n stel grondwetlike beginsels. Dit is as bylae in die oorgangsgrondwet opgeneem, en was volgens sommige staatsregkenners veronderstel om in elke toekomstige grondwet te geld. Ander meen dit het nie die ab infinitum-bedoeling gehad nie. Maar selfs dan was die verwagting dat bindende konvensie hierdie beginsels sou laat voortleef. Dit is immers die verstandhouding van enige vredesooreenkoms – ‘n eensydige verbreking impliseer immers die hervatting van vyandelikhede.

Artikel XVI van die grondwetlike beginsels bepaal dat Suid-Afrika se regering op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak gestruktureer sal word. Verskeie ander artikels spel die gesag, regeerwyse, grensebepalings en ander verbandhoudende faktore rondom nasionale en provinsiale regerings uit. Vir ‘n aantal jare is daar egter al sprake dat groeperings binne die ANC van die provinsies ontslae wil raak, dit wil verminder, of op ‘n ander wyse wysig.

Een van die vreemdste redenasies is dat provinsies moet wegval omdat dit nie werk nie. Sou hierdie argument geldig wees, moes munisipale vlak regering egter voor in die tou gestaan het vir afskaffing, en sou verskeie staatsdepartemente wat in 1994 reeds ontspoor het en steeds spartel om op ‘n aanvaarbare vlak te kom, waaronder Onderwys, afgeskaf moes wees.

‘n Variasie is die gedagte om die Oos-Kaap se grense ten koste van dié van die Wes-Kaap uit te brei. Die opsigtelike doel is om so veel as moontlik opposisiekiesers in die Oos-Kaap te huisves, waar die ANC speelruimte het, met die hoop dat dit die ANC in staat sal stel, soos dié party dit stel, die Wes-Kaap te bevry. Dit is immers reeds met die Noord-Kaap gedoen.

Die mees ooglopende gevaar is egter daarin geleë dat dit ‘n stink boodskap laat oor verbintenis tot grondwetlikheid. Val die een, wat word van ander grondwetlike beginsels? Hieronder tel die artikel wat nie net die taal- en kulturele verskeidenheid erken nie, maar die staat tot die uitbou daarvan verbind. Nog een bepaal die vrye toegang tot inligting en dat daar verantwoordbare regering op alle vlakke sal wees.

‘n Getorring aan provinsies bied natuurlik ook potensieel benutbare opsies. Die provinsiale grense is aan die hand van verskeie kriteria bepaal, waarvan een was die geografiese neerslag van die swart volke. Die amptelike tale waarop provinsies besluit het dui aan tot watter mate die huidige provinsies ook dien as voortsettings van die ou tuislande. Weens die geografiese verspreidheid van die Afrikaner is sy provinsiale akkommodasie, afgesien daarvan dat Afrikaans ‘n provinsiale amptelike taal van al die provinsies is – hoewel dit selde tot sy reg kom – nie werklik verreken nie.

Die gevolg, ook weens die koue skouer- en selfs vyandige houding wat soms van die regering ervaar word, is dat al hoe meer stemme opgaan dat gekyk word na artikel 235 van die grondwet. Hierdie artikel maak voorsiening daarvan dat ‘n gemeenskap wat op grond van taal en kultuur geïdentifiseer kan word, om selfbeskikking binne die landsgrense kan beding.

Afrikaner selfbeskikking is waarskynlik die laaste ding wat die ANC in die oog het met sy besluit dat ‘n kommissie saamgestel moet word om provinsies onder die loep te neem. Trouens, wanneer ‘n Afrikanerafvaardiging selfbeskikkingsvoorleggings aan die te stigte kommissie kom doen, sal dit waarskynlik met skok en verbystering begroet word.

Die onmiddellike kwessie op die tafel is egter dat die grondwetlike beginsels in die tande geskop word.

Dit demonstreer hoe belangrik dit was dat die onderhandelende partye nie hul, soos ‘n bekende joernalis-historikus dit by geleentheid gestel het, derde span se reserweonderhandelaar kaptein van die onderhandelingspan moes maak nie.

детские зонты для девочек купить москваДанильченко Юрий прокурор

Desperaatheid van ‘n gewone ou

Ons plaas Johannes Lange se brief ongeredigeerd:

Ek skryf dié brief uit blote desperaatheid; ek is nie n skrywer, n dokter of n professor, geskiedkundige of n politikus nie, maar ek dink in my beskeie mening ek verteenwoordig die hedendaagse wit Afrikanerwerkersklas.

Vir ‘n lang ruk sit ek nou al en bekyk die hele fiasko in ons land, ek was op laerskool gedurende apartheid en op hoërskool nadat apartheid afgeskaf was.  Ek was een van die grootoog kinders wat gesien het hoe die eerste swartes in ons wit skole ingekom het en die onmiddellike effek wat dit op die kwaliteit van onderrig en ons morele waardes as ‘n nasie het.

Ek self sit met groen koring op die land, twee pragtige kinders en n vrou waarvoor ek baie lief is en voorheen het die politiek, omgewingsake, misdaad en sulke tiepe goed nie vir my saak gemaak nie want my lewe het bestaan uit partytjie, vriende en jonk wees. Maar namate mens ouer word begin jy rond kyk en dink aan jou omgewing, jou toekoms, jou verlede en wat jy eendag gaan nalaat vir jou nageslagtê, wat gaan hulle van my en my generasie sê oor n honderd jaar. Gaan ek n plekkie he in die Afrikaner se geskiendenis of gaan ek deel van die generasie wees wat toegelaat het dat ons pragtige natuurskoon vervuil is, ons geen vars drinkwater meer het nie, wat ons bedreigde spesies uitgewis het, wat deel van die probleem van globale verwarming was. Wat niks gedoen het om die voortbestaan van ons nageslagte te verseker nie, wat aan my kinders geen geskiedenis gegee het nie, en hulle laat groot word as nasate van “krimenele” wat die swart nasie soos die Egiptenaars in die Bybel onderdruk het en toegelaat het dat hulle groot word met ‘n skuldgevoel en geen geskiedenis oor wie en wat hulle werklik is nie. Ons het n pragtige geskiedenis en ekself is n afstameling van die Boereheld Hans Dons de Lange wat elke kind veronderstel is om op trots te wees.

By elke braai en samekoms sit ons en kerm en kla oor die toestand waarin ons onsself bevind, oor die misdaad, die korrupsie, regstellende aksie, minibusdrywers, wette wat op ons afgedwing word en die groot persentasie van belasting wat die regering by ons vat vir dienste wat nooit aan ons gelewer word nie. Ons hoor van staatsamptenare wat met die hand in die koekieblik gevang is en dan met uitgerekte hofsake wat oor ‘n paar jaar span op die einde van die dag met ‘n opgeskorte vonnis wegstap waarteen hy net weer appèl aanteken net om dit nog n ruk uit te rek en dit alles gebeur terwyl hy geskors is en nog steeds ‘n salaris ontvang.

Dit maak ons bitter, tronkstraf is net ‘n straf deesdae vir wit mense, ons vrees dit om tronk toe te moet gaan, nie omdat jy hard gaan moet werk en weerhou gaan word van jou familie of die normale redes hoekom ‘n tronk skrik wekkend moet wees nie, maar as gevolg van wat met ‘n wit man gebeur wat in ‘n Suid-Afrikaanse tronk toe gesluit word. Vir die swartes is tronkstraf beter as om op straat te wees want hy hoef nie te werk nie, hy kry kos, ‘n warm plek om te slaap, klere, vermaak ens.

So hoe kan hulle verwag dat dit die krimenele gaan afskrik as die ergste wat met hom kan gebeur, maak nie saak wat hy doen nie(moord, verkragtig, molestering, diefstal) is dat die staat vir hom vir die res van sy lewe gaan sorg. Hy kan basies doen net wat hy wil want die doodstraf of lyfstraf is nie meer toelaatbaar nie.

Ek is die tipiese persoon wat elke dag wit kneukels in die verkeer moet sit en wag om by die huis te kom terwyl honderede minibusbestuurders in die geel streep langs my verbyjaag, die wette van die land is net op ons van toepassing, want ek het n geldige rybewys, met ‘n padwaardige kar en ‘n wettige nommerplaat. As ek afgetrek word kry ek ‘n boete en as ek dit nie betaal nie, sal ek in die tronk gestop word (wat ek vrees soos bo genoem) dus doen ek dit nie.

Ek is die gemiddelde inwoner wat elke maand sy water en ligte gaan betaal, maak nie saak wat hulle besluit dit die maand is nie, want as ek dit nie doen nie, word dit afgesit, en as hulle dit kom afsit word ‘n fooi van R1 300 by my rekening gevoeg vir hulle moeite om ‘n skakelaar te kom afsit en my kraan toe te draai op die sypaadjie. As ek dit onwettig weer gaan aansit is dit strafbaar met R5 000 boete of tronkstraf en soos voorheen gesê is laasgenoemde net glad nie ‘n opsie nie terwyl miljoene van hulle onwettige konneksies in die plakkerskampe het en ons moet verneem dat daar niks aan gedoen word nie want die beamptes wat daarvoor moet uitkyk is te bang om dit te verwyder of die skuldiges aan te keer want hulle weet hulle gaan dood gemaak word as hulle dit doen. So word daar dan aangekondig dat ons land ‘n elektrisiteitstekort het en hulle die prys daarvan met 30% per jaar gaan verhoog. Kom ek vertel jou toe ek 4 jaar terug my huis gekoop het was my water en ligte rekening R400-R500 per maand, my rekening was laas maand R2 600! Hoe kom hulle daarby uit? Gaan bevraagteken jy dit, is dit net so goed soos jy gaan knoop ‘n geselsie aan met n klip in die tuin, ten minste gaan hy jou nie &^% antwoord gee nie.

In my opinie is ek ‘n goeie Suid-Afrikaner, ek betaal my belasting waar die regering laas jaar 27% van my salaris gevat het nog voor ‘n sent in my rekening in betaal is, dan met die geldjies wat oorbly moet ek my huis betaal waar daar oordragkostes en belasting op van toepasing was, ek moet ‘n motor betaal wat daar eers invoer belasting op gevat is wat ek betaal, ons motors is duurder in Suid-Afrika as enige land in die wêreld, dan moet ek vir hom brandstof ingooi waar daar tot R3 per liter bo op die prys gelaai word om glo te betaal vir die bou en instandhouding van ons paaie wat almal weet in’n haglike toestand is net om te hoor die paaie wat ek voor betaal om gebou te word, gaan tolpaaie word(N1 tussen Johannesburg en Pretoria) wat my R0.50 per kilometer elke maand gaan ekstra kos so ek gaan weer vir daardie paaie betaal en vir altyd moet aanhou betaal. Ek betaal belasting op my kos en elke liewe sent wat ek gebruik om van te lewe vat die regering 14% van. Ek het uitgewerk dat bykans die helfte van my salaris per jaar gaan net so aan die regering. En wat kry ek terug daarvoor, ‘n polisie mag wat geen belang het om my te beskerm nie, ek kan in geen staatsinstansie werk kry nie want ek het nie die regte velkleur nie, ek het nie dieselfde regte as anderskleuriges nie,  ek onthou toe ek op laerskool was, was die skool fonds R40 per kwartaal, jy het al jou boeke gekry, al die aktiwiteite was verniet, as jou ouers nie vir jou skoolklere kon koop nie, was daar ‘n klerebank so elkeen kon presies dieselfde wêreldklas onderig ontvang en as jy hard gewerk het, was daar beurse vir naskoolse studies, deesdae gaan al daardie beurse net aan swartes. Ek onthou toe ek eerste jaar op universiteit was, is die swartes met busse elke dag klas toe aangery, hulle verblyf is betaal , kos en boeke terwyl dit my ouers duisende rande gekos het om my daar te hou. En na die verloop van elke jaar het van daardie groepe swartes elke jaar net ‘n derde van die vorige jaar oor gebly.

Ek kan dit nie waag om na ‘n staatshospitaal toe te gaan nie, ek was vier jaar terug in ‘n motorongeluk nadat ‘n swart “dame” besluit het om 11uur die aand terwyl dit reën oor die hoofweg te hardloop. Ek het nie ‘n mediese fonds gehad nie en ek en my vrou is per ambulans na die staatshospitaal in Port Edward toe geneem, nadat ons vir ‘n uur in die wagkamer gewag het vir jou beurt want maak nie saak wat die situasie is nie, jy sal wag tot dit jou beurt is, sit jy en wag in ‘n hospitaal waar ek in die uur twee rotte sien hardloop het in die wagkamer, weet nie hoeveel kokkerotte, sit en wag langs ‘n swart man met ‘n mes wat in sy rug nog vassit, en as jy dan uit eindelik jou beurt kry word jy deur n ongeskikte swart “dame” wasbak toe gesleep,  en die glas stukke in jou hande met n vuil waslap uit die wonde onder die kraan geskrop. En dan mag jy nog R80 vir die marteling betaal. Nou het ons regering aangekondig dat ons almal teen 2012 verplig gaan word om tot die staat se mediese fonds by te dra, so ons gaan moet betaal vir ‘n diens wat jy lankal klaar voor betaal het en wat geen skoon selfrespekterende witmens wat dit kan bekostig ooit sal wil gebruik nie.

Ons lewe in vrees en elkeen vir homself want ons het nie leiers wat vir ons opstaan en baklei nie. Ek kan by die dag sien hoe ons wit mense verarm. Almal praat van die nag van die lang mes as hulle in die strate afgehardloop gaan kom en al ons goed vat en ons kom doodmaak. Maar hulle is slimmer as dit. Almal sê as hulle nou die dag al ons goed vat dan gaan ons dit en dat doen. Maar hulle is lankal besig, hulle wurg maand na maand elke sent uit ons uit en verryk hulself. Ons het ons self toegebou in tronke want ons word dag na dag doodgemaak vir kleingeld. Ek sien geen toekoms vir my kinders nie,  ek is lief vir my land, my taal, my volkslied, maar die voorste man in ons land, ons president is geen voorbeeld vir my en my kinders nie. Dit straal nie die beeld van die Afrikaner uit nie, kinders het nie meer maniere nie en geen respek vir ouer mense nie, want ‘n pak slae is mos verkeerd, ons generasie en almal voor ons is daar deur. Wys my een ou wat kan sê die pak slae wat hy op skool gekry het, het hom ‘n slegter mens gemaak, jy het geweet as jy jou onderwyser swak behandel, het jou stêrre gebrand, as jy nie jou werk doen nie, het jou stêrre gebrand, as jy jou hare nie reg was nie of jou naels te lank het jou stêrre gebrand, dit het jou selfrespek geleer en jou voorberei vir die harde realiteit van die lewe na skool.

Dan nog een laaste punt: Hoekom moet Afrikanerpartye altyd politiek en geloof gaan staan en meng. Verstaan my tog nou mooi, ek self is ‘n Christen, maar nie alle wit Afrikaners is nie. Waarom julle geloofsoortuiging op almal wil afdwing? Wanneer gaan julle besef dat die tye verander het en as julle verwag dat almal moet glo wat julle gaan glo gaan ons altyd verdeeld bly. Hoekom kan julle nie julle party bou op die beginsels waarin alle wit afrikaners glo nie. Die Bybel sê tog immers dat as jy bid moet jy na jou agterkamer gaan, die deur toemaak en met God ‘n persoonlike verhouding hê, nie op die straathoeke soos die Fariseers kliphard bid nie. Ongelukkig is ons mense en ons maak foute, sodra jy dan self eendag ‘n fout begaan gaan niemand kan sê jy is DIE Christen maar kyk wat doen jy nou nie. Die kans dat jy en jou buurman dieselfde geloofsoortuigings gaan he, is minimaal, maar ek kan jou belowe 99% van die tyd gaan jy en jou buurman dieselfde morele waardes hê, morele waardes soos jy sal nie steel nie, jy sal nie doodmaak nie, jy sal nie verkrag nie, jy sal nie kinders mishandel nie, jy sal nie diere mishandel nie, jy sal die land se wette gehoorsaam, jy sal die wette van die pad gehoorsaam ens. Basiese beginsels waarin 99% van ons wit mense glo, doen dit en sorg dat jy altyd die beste belange van jou mense op die hart dra en ons sal soos een man agter jou staan, daar is krag in getalle, ons as wit mense is die hart en siel van die land en ons kan die land maak of breek. Ek as enkeling kan niks doen nie maar saam is ons onstuitbaar.

Ek rig die brief aan ons Afrikanerleiers, hierdie is ‘n roepstem, ‘n pleidooi of noem dit ‘n smeekroep dat julle sal opstaan vir ons en ons nasie want julle sit in die regte posisies om ons te verenig en julle is die mense waarvoor ons gestem het om ons te lei en ons as gewone Suid-Afrikaner te verteenwoordig in die politieke wêreld. Hoekom duld ons dit, het die Afrikaner al sy durf verloor, dink julle ons voorvaders soul dit geduld het, hulle het teen die magtige Brittanje opgestaan in oorlog, ‘n handjie vol arm boere teen ‘n oormag. Maar wat reg is is reg, en wat verkeerd is verkeerd!

GAAN ONS BEKENDSTAAN IN DIE GESKIEDENIS AS DIE LAMSAKKIGE GENERASIE WAT MAAR NET TERUGGESTAAN HET TERWYL ONS ‘N TWEEDE ZIMBABWE WORD! STAAN OP BROERS, LOS DIE GESKILLE EN DIE ONDERLANGSE BAKLEIERY TUSSEN DIE LEIERS, STAAN OP, VIR DIT WAARVOOR ONS VOORVADERS HULLE LEWENS GEGEE HET, STAAN OP VIR ONS GROND EN LAND WAT ONS PA’S EN OUPAS MET HARDE WERK VIR ONS GELAAT HET. STAAN OP VIR DIT WAT REG IS.  STAAN OP!!!

фото из баниалександр лобановский супермаркет класс

Kuberterrorisme, persvryheid, die Trojaanse perd en WikiLeaks

“Die internet het net soveel veranderings vir die mensdom gebring as die ontwikkeling van die spoorweë.”

Hierdie waarheid is pas onderstreep deur die wêreldwye geskarrel oor onthullings wat WikiLeaks maak. Dit laat egter ook vrae ontstaan oor Kuberterrorisme.

Die internet word as ‘n baie belangrike waarborg teen die onderdrukking van persvryheid beskou. Lande wat tradisioneel die pers met ‘n ysterhand onder die duim hou, vind dit al hoe moeiliker om inligtingsvloei te keer, omdat die inligting, met beeldmateriaal en al, gewoon via die internet wêreldwyd versprei. China en verskeie ander lande probeer nog hard hierdie sif se gaatjies toeprop. Volgens Verslaggewers Sonder Grense was daar vanjaar reeds 112 Internetgebruikers in aanhouding, teenoor 149 joernaliste.

Kuberterrorisme neem verskeie vorme aan. Al Kaïda word gereeld genoem as voorbeeld van ‘n bekende terreurorganisasie wat ook die internet inspan om sy terreur-aanslag te ondersteun. Selfs state maak volgens bronne gebruik van die internet om staatsterreur te voer.

Kuberkrakers rig allerlei soorte skade aan, onder meer deur mense se bankrekenings elektronies te stroop. Die verspreiders van pornografie, waaronder kinderpornografie, voldoen ook aan sekere definisies van terreur.

Uiteindelik is daar ook die klein mensies, hulle wat agter anonimiteit skuil en ander deur persoonlike aanvalle, leuens en wanvoorstellings terroriseer.

Sielkundiges som kuberterroriste op as gewoonlik sosiaal wanaangepaste mense. Hierdie terroris is gewoonlik baie meer op sy gemak agter die rekenaar as tussen mense. Dit herinner aan die klein mannetjie wat agter ‘n kragtige vuurwa se stuurwiel inklim, en hom dan heel magtig genoeg ag om links en regs vingertekens vir ander te wys. Hy self is nou onaantasbaar.

Uiteraard kan nie alles wat op een soort kuberterroris van toepassing gemaak word, op die hele spektrum van toepassing gemaak word nie. Volgens die bronne is sommiges se dryfveer gewoon sielkundige probleme, terwyl ander polities of selfs godsdienstig gemotiveer kan wees.

Bykans enige besoek aan ‘n koerant se webwerf toon presies hoe snedig, smerig, onverdraagsaam en / of onfatsoenlik van die naamlose deelnemers kan raak. Die ironie is dat ook deelnemers wat, volgens hulle self, vir die Christendom intree, net so gestroop van liefde kan optree, dikwels erg wyd met die waarheid kan omgaan, en selfs blatant ‘n mosie van wantroue in God se oordeelsvermoë kan plaas en self die oordeelswerk opneem – as’t ware mense tot hul Christelike insigte probeer bekeer deur hulle met vrese vir die hel af te dreig.

Net soos wat die pers argumenteer dat verskerpte optrede teen persvryheid onnodig is omdat bestaande wette en regsreëls mense se digintas voldoende beskerm, net so is daar teoreties voldoende regsreëls om kuberterroriste vas te vat. Volgens verskeie hofuitsprake word iets wat op die internet geplaas is as gepubliseer beskou, en kwalifiseer dit dus om deur strafregtelike laster aangespreek te word. In die praktyk word van die blogs en webwerwe waar die laster gepleeg word, vanuit die buiteland bedryf en is dit nie so maklik om die identiteit van kuberterroriste deur ‘n lasbrief vas te stel vir vervolging nie. En so lank hierdie mense daardie soort beskerming geniet, sal sosiaal wanaangepaste mense dade pleeg soos om onskuldige meisies se name op ’n sosiale netwerk op ‘n sletlys te plaas.

Skaars het die boek oor ‘n Trojaanse perd in die NG Kerk bekend geword, of ‘n webwerf maak daarop aanspraak dat van die skrywers – wie se name genoem word – eens ‘n smerige e-posveldtog teen mense by daardie webwerf gevoer het.

Die ironie is dat fluitjieblasers, wat korrupsie aan die kaak stel, ten spyte van wetgewing dikwels steeds aan die korste ent trek.

En dan is daar die kwessie van staatsveiligheid. En daarby die toesmeer van ongure inligting onder die dekmantel dat die openbaarmaking staatsveiligheid aan die kaak stel.

Baie individue, instansies en state gaan nog erg bloei voor die koring van die kaf in die internetwêreld geskei gaan wees – voor verskillende mense se regte effektief gebalanseer gaan wees.

Bells on Fireлобановский александр игоревич

Plaasmoorde vereis ingryping

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye het vanoggend die verhoor van die verdagtes wat gearresteer is in verband met die grusame moord op die Potgieter-egpaar en hul driejarige dogtertjie, in die Lindley-landdroshof bygewoon. 

“Die ANC-regering moet wakker skrik en plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad verklaar. Dit is baie belangrik dat die ANC-leiers hierdie tipe gewelddadige moorde in die openbaar deurlopend moet veroordeel,” het dr. Mulder gesê. 

Leiers en ondersteuners van die VF Plus het vanoggend buite die Lindley-landdroshof saamgetrek om hul protes teen die apatiese houding van die regering teenoor plaasmoorde te toon.

“’n Klimaat wat tot hierdie wrede moorde lei word deur onverantwoordelike propaganda-stellings geskep. Hierdie moorde is grusaam en bevat ‘n sterk element van rassisme. ANC-leiers sing liedjies wat woorde, soos ‘Skiet die Boer’ bevat en dit skep ‘n atmosfeer van rassisme waarbinne hierdie moorde dan plaasvind,” het dr. Mulder bygevoeg.

“Boere in Suid-Afrika is die groep waaronder die meeste moorde plaasvind, gemiddeld 313 uit elke 100 000, en dan eers wetstoepassers, soos lede van die polisie, waar die syfer 153 uit 100 000 is. Die komitee wat plaasmoorde in 2003 ondersoek het, het toe reeds bevind dat die kanse dat die slagoffer in ‘n plaasaanval beseer sal word, twee maal so groot as in transito-rooftogte is. Die kanse dat die slagoffer sal sterf is drie maal so groot as in transito-rooftogte. As die Polisie transito-rooftogte as ‘n prioriteit kan beskou, des te meer behoort plaasmoorde as prioriteit beskou te word,” sê dr. Mulder.

фундамент под генераторЛобановский

Joernaliste drom in hof saam in kinderpornografiesaak

‘n Groot aantal joernaliste het Maandagoggend by die landdroshof in Pretoria-Noord byeengekom waar agt mense na verwagting gaan verskyn op ‘n reeks aanklagte wat met kinderpornografie te doen het.

Daar was ook familielede van die beskuldigdes in Hof F teenwoordig, maar hulle het geweier om iets oor die saak te sê.

‘n Huiseienaar wat behuising aan sekere verdagtes verhuur, het gesê hy het geen idee gehad van wat daar aangaan totdat die polisie by die eiendom noord van Pretoria opgedaag het nie.

Volgens hom het ‘n man en vrou daar gewoon met hul twee kinders, waarvan een ‘n 28-jarige verstandelik vertraagde man is.

Die voorlopige klagte sluit in verkragting, onsedelike aanranding en die besit, maak en verspreiding van kinderpornografie.

Van die mense wat in hegtenis geneem is sluit in ‘n oupa, ouma, hul twee kinders uit vorige huwelike, die oupa se broer en sy vrou, asook hul verstandelik vertraagde seun. Die jong vrou van een van hul seuns is ook in hegtenis geneem

солидолонагнетатели Фильчаков прокуратура харьков

Die Mugabe-aanslag teen die media

Die Belgiese politikus, Yves Leterne, het bekendheid verwerf onder meer deur sy stelling dat die vrye pers die vierde, weliswaar nie-amptelike been van demokrasie is.

Nie baie lank na sy eerste sterk standpunt-inname hieroor nie het ‘n onthulling sy eie politieke loopbaan tydelik ‘n knou gegee. In baie ander lande sou die insident nie ‘n duik op ’n persoon se politieke loopbaan maak nie.

In die aanloop tot die daarstelling van ‘n moontlike nuwe bedeling in Zimbabwe, wat ‘n nuwe grondwet en ‘n werklike vrye verkiesing behoort in te sluit, reageer Mufgabe al hoe meer soos ‘n despoot en lyk Afrika se aandrang op die opheffing van geteikende sanksies teen Mugabe en sy kornuite al hoe lawwer.

Baie van die vergrype is teen die media gemik, en die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers sonder Grense, se aandag is nou vierkantig op dié land gefokus. En Mugabe gee rede vir dié spesiale fokus.

In die jongste voorval is die redakteur van die The Standard, Nevanji Madanhire gearresteer. Hy het tien dae lank weggekruip voor hy, vergesel van sy regsverteenwoordiger, homself oorgegee het. Hy is na sowat 24 uur op borgtog vrygelaat.

Dié insident volg kort op die aanhouding van ‘n ander verslaggewer, Nqobani Ndlovu, wat na nege dae vrygelaat is. Hy is aangehou selfs na ‘n magistraat sy vrylating gelas het.

Verslaggewers sonder Grense meen die aanslag teen die media is deel van Mugabe se dreigemente dat hy van plan is om na die verkiesing nie meer met ‘n koalisie te regeer nie. Die organisasie wys voorts daarop dat Mugabe se magte besig is om kortgolfradio’s te konfiskeer wat nie-regeringsinstansies onder veral die landelike bevolking versprei. Hierdie radio’s word gebruik om na alternatiewe uitsendings vir die Zimbabwiese regeringsbeheerde uitsaaiwese te luister. Hierdie uitsendings vir Zimbabwiërs word deur uitgewekenes vanuit Suid-Afrika, die VSA en Brittanje gedoen. Hiersonder het veral plattelandse Zimbabwiërs slegs toegang tot regeringspropaganda.

Indien die Suid-Afrikaanse regering vrese oor sy eie voornemens om die media te muilband wil besweer, sal verwag word dat die Suid-Afrikaanse regering Mugabe baie hard sal aanspreek. Swye daaroor laat weer bedenkinge ontwikkel oor die ANC se verbintenis tot persvryheid as hoeksteen vir demokrasie.

goldilocks and the wild bearsлобановский александр компромат

VF Plus eis ingryping in Gauteng-waterkrisis

“Die Vryheidsfront Plus eis onmiddellike ingryping in Gauteng se waterkrisis,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW in Gauteng en die party se hoofwoordvoerder vir Water- en Omgewingsake, gesê. 

Die VF Plus het op 3 Desember 2010 ‘n versoekskrif aan die Gautengse departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling oorhandig waarin die departement versoek word om ‘n koördinerende liggaam in die lewe te roep om die dreigende waterkrisis in Gauteng aan te spreek.

Mulder het in ‘n toespraak in die Gauteng Wetgewer gesê dat die provinsiale departement as voog van die geografiese gebied nou op ‘n dringende basis moet optree en sy mandaat ingevolge die Suid-Afrikaanse Grondwet uitvoer.

Die damme, spruite, vleilande en riviere in Gauteng is reeds onder druk vanweë die besoedeling wat deur munisipaliteite en industrieë veroorsaak word. “Die stygende watervlakke wat deur mynbedrywighede veroorsaak is, kan een van die grootste rampe in Suid-Afrika veroorsaak,” het Mulder gesê.

Daar bestaan tans geen gekoördineerde aksie om die potensiële natuurramp af te weer nie en die mynbedryf, staatsdepartemente en munisipaliteite tree elkeen op sy eie op.

uk online casinoФільчаков прокурор