Britte se koloniale wandade onder die soeklig

Lank vergete geheime dokumente van die laaste dae van die Britse Ryk is aan die publiek beskikbaar gestel.

Die omstrede rekords gee besonderhede oor misdade gepleeg gedurende die sterwende dae van die ryk, insluitende die vervolging van mense deur die Britte.

Dit het ook na vore gekom dat duisende dokumente reeds vernietig is.

Vier bejaarde Keniane het Donderdag goedkeuring van ‘n Londense hooggeregshof verkry om die Britse regering te dagvaar oor beweerde wandade wat gepleeg is tydens die Mau-Mau opstand.

Die besluit is ‘n terugslag vir die Foreign Office wat aangevoer het dat die Britse regering nie aanspreeklik gehou kan word nie omdat die huidige regering van Kenia verantwoordelikheid moet aanvaar.

Dit skep die moontlikheid vir ‘n historiese regsgeding teen Brittanje en ander Europese lande wat gedurende die koloniale era wandade gepleeg het, het een van die Keniane se prokureurs gesê.

Фильчаков Харьков

Swartes afhanklik van staat en kerke

Swart Suid-Afrikaners se lewenspeil het die afgelope agt jaar meer gestyg, maar nie weens werkskepping nie. Hulle is afhanklik gemaak van toelaes van die staat en die kerke.

Die NG Kerk gee reeds meer as ‘n miljard rand aan welsyn en die meeste daarvan gaan aan swartes. Ds. Willem Botha, Vrystaatse uitvoerende hoof van die NG Maatskaplike Dienste (NGMD) sê egter welsynsdienste in Suid-Afrika sal in duie stort as subsidies aan vrywillige welsynsorganisasies gestaak word.

Daar is reeds 14,9 miljoen Suid-Afrikaners wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, maar net in Suid-Afrika en Noord-Korea kry mense gratis huise.

Dr. Anthea Jeffery, hoof van spesiale navorsing by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV), sê daar is ‘n toename in staatsbesteding aan maatskaplike toelaes en welsyn vir die meeste en regstellende aksie vir die elite.

“Welsynstoelaes het armoede verminder en swart lewenstandaarde verbeter, maar afhanklikheid van die staat het verhoog,” het Jeffery gesê. Swartes se basiese opvoeding en gesondheid het egter nie verbeter nie. Die helfte van die land se hoërskoolleerlinge nie kan lees of skryf nie en sowat 65% verlaat skool sonder matriek.

Volgens Jeffery help swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie nie die armes nie, maar het dit eerder gelei tot ‘n vinniger toename van Suid-Afrika se swart middelklas.

Dit het die armes nie werklik bevry deur werk te skep en swart selfstandigheid te bevorder nie, sê Jeffrey. 

Welsynstoelaes is egter nie volhoubaar nie. “Elke belastingbetaler wat sowat R150 000 per jaar verdien, ondersteun al sewe welsyn-ontvangers.”

Unisa se buro vir marknavorsing het getoon dat die “opkomende” middelklas wat tussen R50 000 en R300 000 per jaar verdien oorwegend swart is. Daar is ook al hoe meer swartes wat meer verdien.

 

данильченко юрий брониславович прокурор

Sweedse kultuurminister sê jammer oor ‘rassistiese tert’

De Zweedse minister van Cultuur, Lena Adelsohn Liljeroth, heeft woensdag haar excuses aangeboden voor een schandaal met een taart waarop een naakte Afrika vrouw was afgebeeld.

Het aansnijden van de taart riep beelden op van een vrouwelijke besnijdenis, iets dat algemeen als barbaars wordt beschouwd, maar in bepaalde delen van Afrika nog steeds voorkomt.

Dat melden lokale media. De taart, het bovenlichaam van een zwarte vrouw, afgebeeld tot aan haar vagina, was gemaakt ter gelegenheid van het 75-jarige
bestaan van een Zweedse kunstenaarsorganisatie in Stockholm, waar de
Cultuurminister aanwezig was.

Diverse critici opperden dat het aansnijden van de taart beelden opriep van een vrouwelijke besnijdenis, een praktijk die in het westen als barbaars wordt beschouwd, maar in bepaalde delen van Afrika nog steeds voorkomt.

Lena Adelsohn Liljeroth sneed zelf een stuk van de taart aan en dat viel niet bij iedereen in goede aarde. De Nationale Associatie van Afro-Zweden vond de ceremonie met de taart en de aanwezigheid van de minister “een daad van slechte smaak en racisme”.

Liljeroth bood daarop haar excuses aan. Ze benadrukte echter dat de taart, gemaakt door een Afrika-kunstenaar die in Zweden bekend staat om zijn provocerende kunst, juist bedoeld is om racisme te bekritiseren.

прокурор Фильчаков

Amerikaanse agente se gefuif raak gevaarlik

Agente van die Amerikaanse Geheimediens asook regeringsbeamptes wat na bewering prostitute in hul hotelkamers in Cartagena, Colombia onthaal het, het die dames “in kontak met sensitiewe inligting oor veiligheid” gebring, het die voorsitter van ‘n Demokratiese oorsigkomitee gesê.

Bronne sê daar was sensitiewe inligting in een of meer van die kamers by die Hotel Caribe waar Obama se veiligheidsmense met sy besoek prostitute onthaal het tydens die Spitsberaad van die Amerikas. Daar was glo egter nie dwelms nie.

Die land se vermoë om die president, die vise-president, en die besoekende buitelandse leiers te beskerm , onder andere, is afhanklik van die karakter en oordeel van agente en beamptes van die Amerikaanse geheimediens. Die optrede van ten minste 11 agente en beamptes in Colombia verlede week het ‘n onrusbarende gebrek aan beide getoon sê Republikeine.

“Die feite, soos beskryf wek vrae oor die agentskap se kultuur,” het twee van die party se verteenwoordigers geskryf. “Die voorval in Cartagena toon dat ‘n hele aantal slegte besluite geneem is: Te veel drank, om betrokke te raak met prostitute, buitelandse burgers in aanraking met sensitiewe inligting oor veiligheid te bring, om hulself aan afpersing en ander vorme van potensiële kompromieë bloot te stel. “

Die komitee het ‘n tydlyn, opsommings van alle dissiplinêre optredes sedert 2002 teen die 11 agente en beamptes wat betrokke is in die Colombiaanse voorval, en of “alle vroue wat in die voorval betrokke was ten minste 18 jaar oud is”, aangevra.

данильченко юрій Харків

Spaanse koning klaar met olifantjag

Die Spaanse koning Juan Carlos het Woensdag jammer gesê nadat hy olifante gaan jag het in Afrika en ‘n skandaal in sy land daaroor ontketen het.

“Ek is baie jammer. Ek het ‘n fout begaan en dit sal nie weer gebeur nie. Dankie vir julle belangstelling,” het die 74-jarige monarg gesê toe hy ‘n hospitaal in Madrid verlaat het.

Die koning het gesê hy voel “baie beter” nadat hy Saterdag ‘n heupvervangingsoperasie ondergaan het in die Spaanse hoofstad se USP San Jose hospitaal.

Carlos was wyd gekritiseer nadat hy in Botswana gaan jag het.

Baie was woedend oor die buitensporigheid van die vakansie terwyl talle Spanjaarde weens die resessie sukkel.

Die konserwatiewe daaglikse koerant El Mundo het die reis as “onverantwoordelik” en “onvanpas” in ekonomiese krisistye beskryf.

“Die visioen van ‘n monarg wat olifante in Afrika jag terwyl die ekonomiese krisis in ons land soveel probleme vir Spanjaarde veroorsaak, stel nie ‘n goeie voorbeeld nie,” het die koerant berig.

Owerhede in Botswana het Maandag bevestig dat Juan Carlos geval en sy heup tydens ‘n olifant-jagekspedisie in die noorde van die land gebreek het. Hy het glo in sy woonplek gegly en nie in die bos nie.

Фільчаков Олександр Васильович

Che en JFK: Bloedbroers van Varkensbaai

Die een was ‘n liggewig-, owerspelige, agterbakse liberalis, die ander ‘n moorddadige, brutale lafaard en tog is hulle beslaan deur die populêre media as die ikone van hulle tyd; eersgenoemde as verligte martelaar; laasgenoemde as die algehele vergestalting van waagmoed, medemenslikheid en edele rebelsheid, deur en deur die gegoede en kragtige wat intree vir die onderdrukte, die swakke. Beide was goed onderrig, welsprekend en sjarmant, maar die grootste ooreenkoms tussen hulle was hulle deurlopende wrewel in die Westerse beskawing en die grootsheid van die Eisenhower-era Verenigde State. Dis tyd om weer te kyk na die ware J.F. Kennedy en sy Latyns-Amerikaanse bondgenoot, Che Guevara, gestroop van die glans van die neonstralekrans.

Dit kón gewerk het, dit móés gewerk het. Ja, daar was net 1,500 invallers om 44,000 ingegrawe, goedtoegeruste soldate met algehele lugheerskappy te pak, maar as alles volgens plan verloop het – as hulle Amerikaanse borge net hulle deel van die plan geïmplementeer het – sou die heldhaftige Kubaanse rebelle hulle eilandstaat bevry het van die bloedverkwistende, onderdrukkende, vernietigende regime van Fidel Castro. Weens die koelbloedige ongeërgdheid van die Amerikaanse president, egter, is die vryheidsvegters in die slag gewerp, nie vir ‘n vryheidstryd nie, maar vir ‘n selfmoordsending. En niemand het meer genot uit die verraad geput as Castro se laksman, Che Guevara nie.

Che se verrysing tot ‘n soort Don Quixote op ‘n motorfiets –  ‘n sigaarsuigende kryger teen onreg, die arm man se laaste kampvegter –  begin met ‘n onbeduidende, lustelose klein opstand in Guatemala. Che, ‘n jong dokter, was teen hierdie tyd dwarsdeur ‘n kommunis, en hoewel hy ‘n Argentyn was, het hy homself met die Marxis se arrogansie aangematig om onrus in enige demokratiese land in die wêreld te stook.  Hy het ‘n intense, meesleurende persoonlikheid gehad en dit geen moeite gevind om die arm plattelanders tot revolusie aan te hits nie. Hierdie was egter in die Amerikaanse dampkring en die Sentrale Inligtingsagentskap (CIA) het die opstand met die minste moeite onderdruk en Guevara se naam neergeskryf.

Che, nadat hy sy kamerade agtergelaat het om die regering se gramskap te sluk, het uitgewyk Meksiko toe waar hy alle kans gestaan het om ‘n gelate kroegvlieg wat teer op vrouens te word. Toe ontmoet hy ‘n jong, uitgesproke Kubaan, Fidel Castro, self ‘n opstandige lid met ‘n obsessie om die diktator, Fulgencio Batista, te gronde te bring. Die twee nuwe beste vriende sluip Kuba toe, versamel ‘n roerpotjie ondersteuners en gaan soek skoor met die Kubaanse weermag deur wie hulle aanvanklik goed en maklik afgeransel word. Castro en Guevara se plek in geskiedenis is egter vir hulle ingerig deur die algehele ontnugtering van die landelike arbeidersklas in die ongebreidelde korrupsie van die Batista-regering. Die kleinboere en werkers stroom agter die Castro-Guevara vennootskap aan en op die 8ste Januarie 1959 stoom hulle ongehinderd die hoofstad, Havana, binne, die regeringsleër se mag finaal gebroke.

Castro bewys homself en sy nuwe regering in ‘n ommesientjie nog meer baasspelerig en wreed as dié een wat hy vervang het. Wat Che betref, sy pel Castro het vir hom ‘n spesiale werkie uitgesoek en hom in beheer geplaas van teregstellings in die sombere Cabana-tronk. Praat van werksatisfaksie. Duisende burgers is op sterkte van die wasigste – of geen – aanklag aangekeer en in die binnehof van die gevangenis geskiet. Guevara was in ekstase en het elke moontlike sekonde in die slagplaas deurgebring en dikwels, met onverdunde opgewondenheid, self die genadeskoot gevuur. Geen moord was te veel of te onregverdig vir Guevara nie. Dit het sy stokperdjie, sy kruisvaart, sy obsessie geword.

Uiteindelik het Castro, waarskynlik self verbaas en effens geskok deur Che se bloedlus, die Argentyn uitgeskuif na ‘n ministerie wat toesig moes hou oor die transformasie van plase en nywerhede. Teen hierdie tyd was Castro se grootheidswaan so ‘n innerlike orkaan dat hy selfs die Verenigde State se nywerhede en plase begin nasionaliseer het. Amerika, na ‘n kortstondige infatuasie met Castro en Guevara waarin veral die liberale pers ‘n blos op die wange gekry het oor dié tweespan, was nou hartlik keelvol vir wat in Kuba gebeur. Die CIA het ‘n plan opgetrek om ‘n einde aan die opgeskote Castro-regime te bring.

Die plan om Castro uit te skop, het ‘n gewillige stewel nodig gehad, en daar was een wat voor die hand gelê het: Die uitgeweke Kubaanse gemeenskap in Amerika, hoofsaaklik Florida, mense wat gewalg is deur die brutaliteit van Castro en sy Che, ontsteld oor die verlies van hulle lewenstrukture en vasberade om iets daaromtrent te doen.

Die CIA het ‘n span militêre adviseurs – geharde Wêreld- en Koreaanse Oorlogveterane – het die 1,500 mees wraakgierige Kubane versamel en hulle deur intensiewe basiese en infanterie-opleiding gestoot. Indien President Generaal Dwight Eisenhower nie persoonlik aan die beplanning deelgeneem het nie, was hierdie dan ‘n soort huldeblyk aan hom. Dit het die Eisenhower-gevoel van dag een tot Dag D gehad: ‘n Misleidingsaanval wat ‘n amfibiese aanslag verbloem het, lugmeerderwaardigheid, vernietiging deur die lugmag van die vyand se vliegtuie en ander verdedigingsbates en ‘n blitsige aanslag op die kop van die dier. Die invallers is bewapen met oorskot- Amerikaanse wapentuig en selfs ‘n paar verouderde B26 Marauder-bomwerpers wat onder ‘n valse vlag sou vlieg.

Die Rebelle, waarvan heelwat voor hierdie opleiding nog nooit ‘n geweer gevoel het nie, was as instrument gereed verklaar vir ‘n inval in laat April 1961. Die fanatiese invallers is per see verskuif na Nicaragua en vandaar gelanseer op hulle veldtog om hulle land te bevry. Hulle doelwit was ‘n sanderige baai wat genoeg skuinsruimte gehad het om die guerrillas aan land te bring: Bahia De Cochinos – Die Baai van Varke.

Die aanval is deur ‘n skynoffensief vooraf gegaan aan die anderkant van Kuba by Pinar Del Rio. Che Guevara, knus omring deur duisende regeringsoldate, het manmoedig afgesit daarna, waar hy en sy troepe ingegrawe het en hulle koppe laag gehou het, diep beïndruk deur die knalle en ontploffings en rook en flitse in die donker op die see, onwetend dat dit alles veroorsaak is deur klanktoerusting, klappers, Romeinse kerse en rookopwekkers in leë roeibootjies.

By die Baai van Varke was die opstandelinge in posisie om te land. Myle terug aan hulle rugkant was Amerikaanse vliegdekskepe, gereed om in te gryp as die rebelle sou vasval. En, inderdaad, aangesien die sending se program uitgelek en die Kubane geweet het wanneer die inval sou plaasvind, het die invallers binne die eerste oomblikke in die tande van ‘n vuurstorm vasgeloop. Opgerig teen hulle was 40,000 regeringstroepe toegerus met T34 slagveldtenks en gesteun deur straalvegvliegtuie.

Die CIA-waarnemer het die radiofoon opgeneem, die stuurknoppie in gedruk en Plan B geaktiveer. Die agentskap was gewoond daaraan om die president te bel wanneer een van hulle operasies vasval, soos die geval in Guatemala was. Maar die President wat dié keer die foon geantwoord het, was nie die vasberade, ervare Ike nie… ‘n splinternuwe, sjarmante jong president was nou die opperbevelvoerder van alle Amerikaanse magte.

John F. Kennedy het die Amerikaanse pers, en dus die bevolking, se verbeelding aangegryp. Hy was ‘n jong oorlogsheld uit ‘n gegoede en gerespekteerde familie. In die volksoog was hy die dinamiese jong ridder wat die volk sou losskeur uit die greep van ‘n uitgediende garde wat die VSA drie maal in een eeu in ‘n oorlog ver van hulle eie grondgebied gesleep het. Sosiale rewolusie was in die lug en JFK was die oorgang na die tyd van die anti-held. Hy het ‘n briljante verkiesingsveldtog bedryf om die regering los te wikkel uit die verstokte Republikeine se mag.

‘n Briljante politikus, ja, en idealisties, maar geen leier nie.  En ware leierskap was wat die situasie by die Baai van Varke dringend nodig gehad het. Eisenhower sou die vliegtuie ingestuur het om die Kubaanse lugmag op die grond uit te wis en Castro se tenks te stuit. Die uiters mobiele invallers sou die statiese slagveld kon vermy en onmiddellik toegeslaan het op die hoofstad. Maar Kennedy was geen Eisenhower en hy het die versoek geweier.

Die CIA was geskok. Een geharde ou ramkat, veteraan van die Wêreldoorlog en Korea, Grayston Lynch, was in trane toe hy besef die invallers is vir die kommunistiese wolwe gegooi. Die uitgewekenes is vasgekeer en die oormag het ingerol. Vir drie dae het hulle ‘n onwenbare stryd geveg, tot die laaste patroon afgevuur is en honderde van hulle gesneuwel het. Hulle het waarskynlik dertig regeringsoldate doodgeskiet vir elkeen van hulle wat dood is. Maar die oormag was te groot. Die saamgeflanste lugmag is deur Castro se moderne Russiese vliegtuie uit die lug geklap.

Terwyl Kennedy in sy element was, gestrikdas en geaandpak by ‘n dinee, het seuns in die modder van Varkensbaai met vuurpylgranaatlanseerders T34 tenks bestorm en hulle heldhaftig bestook. En toe sterf hulle. Kennedy het geweet hulle gaan daar wees. Hy’t geweet wat vir hulle wag en hy het geweet dat hy hulle aan die genade van genadeloses sou oorlewer. Dat hy toegelaat het dat die aanval voortgaan sonder dat hy bereid was om vir hulle die redelike bystand te bied, is onvergeeflik. Dit is ‘n verdere klad op ‘n geensins onbesproke karakter.

Uiteindelik is die laaste skoot gevuur. Die invallers het hulle radiotoerusting vernietig en oorgegee.

By die Baai van Varke was dit uiteindelik tyd vir Che, nou dat die gevaar verby was, om die toneel te betree. Daar was vars vleis; teregstellings om te reël. Hy het, volgens ‘n ooggetuie, gebewe van opgewondenheid.

Daarmee is Kuba oorgelaat aan vyf dekades – en ons tel nog – se hardhandige, versmorende, verrottende verdrukking. Twee jaar later, regstreeks as gevolg van sy mislukking by Varkensbaai, het Kennedy ‘n haarbreedte daarvan gekom om die wêreld in ‘n kernoorlog te dompel tydens die Kubaanse Missielkrisis.

Hierdie twee toevallige bondgenote, Che en JFK, is beide jonk dood – albei deur die koeël van ‘n vyand – jonk genoeg vir hulle beelde om ingekleur te kon word as ikone wat geensins deur hulle nalatenskappe gestand gedoen is nie. Kennedy, die eens trae kryger, het die VSA teen die glibberige skuinste afgekantel tot die duur en verkleinerende neerlaag van Viëtnam. Sy beleidswortels het saad geskiet in die immigrasiedebakel wat Amerika nog gaan verslind en deur sy ondeurdagte welsynsfilosofie is die swart gemeenskap in die VSA gereduseer tot ‘n hulpbehoewende, gewelddadige gemeenskap van gebroke gesinne.

Che, nou weer, het bloed gelaat wat tot lank na sy dood nog sou vloei. Honderde duisende landwerkers en ander arm arbeiders het hulle lewens weggegooi in najaging van sy ideale. Hy het ‘n stowwerige dood gesterf in Bolivië aan die hand van ‘n tienersoldaat met ‘n FN.

Vir al Che se brutaliteit en agterbaksheid, en vir al Kennedy se onbeholpenheid en ruggraatloosheid, het die mitologie rondom hulle net groter en kragtiger geword. Che staar stip voor hom vanuit die beroemde foto wat van hom geneem is, lang hare en efferige snor en uitdagende oë en swart baret,  van ‘n miljoen slaapkamerplakkate en T-hemde af. En Kennedy word nog steeds so helder gehoor wanneer hy, effe besimpeld, sê:  “Ich bin ein Berliner.” Ons hoor om ook sê: “Moenie vra wat jou land vir jou kan doen nie…”

En ja, met ‘n Kennedy aan die stuur, moet net nie vra dat jou land sy verpligtinge teenoor sy vriende gestand doen nie. Wanneer ons aan hom dink, speel ons geheues vir ons die meisietjiestem van ‘n wulpse blondine wat koer: “Happy Birthday, Mister President,” terwyl wat ons behoort te hoor die ontstelde gille is van desperate mense wat sterf in ‘n koeëlbui omdat hulle in hulle nood verraai is.

александр лобановский харьков класс

Nuus oor verkragting ‘n ‘groot probleem’

Die media se gebruik van stilskote en audiosnitte van ‘n video van ‘n Sowetotiener wat deur ‘n bende verkrag word, is ‘n “groot probleem”, sê ‘n media-ontleder.

Die joernalistiekprofessor Anton Harber van die Universiteit van die Witwatersrand het gesê terwyl die media kan argumenteer dat die gebruik van die beelde en klank in die openbare belang is, moet die materiaal slegs gebruik word met “uiterste omsigtigheid en sensitiwiteit”.

Die Daily Sun het ‘n foto van die tiener op die voorblad gepubliseer.

Harber het gesê dit is “hoogs problematies” omdat die meisie ‘n minderjarige asook ‘n slagoffer van verkragting is.

Daily Sun se hoofbestuurder Minette Ferreira verdedig die besluit om die beelde te gebruik en sê die meisie se ma het toestemming vir die gebruik van die foto gegee.

Sy het gesê die koerant het sy prokureurs en die Persombudsman geraadpleeg voordat die foto’s gebruik is.

Die koerant, wat deel is van Media24, het egter die video eers heelwat later verwyder van hulle stelsel.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder Mthunzi Mhaga sê die NVG het “besprekings” oor die gebruik van die video deur die media.

Die materiaal sal gebruik word as bewys wanneer die saak na die hof gaan en die kan die saak benadeel indien dit gepubliseer of uitgesaai is.

Hy het ook die publiek gewaarsku teen die video, want dit is kinderpornografie.

“Besit en verspreiding van kinderpornografie is ‘n kriminele oortreding en ons sal nie huiwer om iemand in hegtenis te neem en te vervolg nie.”

Die video is glo op ‘n selfoonkamera verfilm en toon ‘n 17-jarige meisie wat deur ten minste sewe mans verkrag word.

Die meisie, wat op 25 Maart vermis aangemeld is, is gevind in ‘n huis in Braamfischerville, Woensdag, het adjudant-offisier Kay Makhubele gesê.

Dinsdag, is vyf mans en twee seuns wat ooreenstem met die beskrywing van die mense in die video in hegtenis geneem in Dobsonville.

Woensdag het die video van die verkragting “viraal” versprei en is een van die belangrikste sogenaamde “trending” onderwerpe op die sosiale netwerk Twitter.

EyeWitnessNews het ‘n audiosnit van die verkragting uitgesaai, terwyl die Daily Sun ‘n stilskoot van die meisie in ‘n sittende posisie, met mans wat om haar, gebruik het. Beeld asook die SAUK het ook deurgaans oor die verkragting berig om die publiek se nuuskierigheid aan te wakker.

Die Film en Publikasies Raad se uitvoerende hoof, Yoliswa Makhasi het gesê sy is geskok en kwaad omdat lede van die publiek gaan soek vir die video op sosiale netwerk-webwerwe.

“Ons versoek ook die media om nie skakels of eksplisiete beelde wat voortspruit uit die verkragtingsvideo’s te publiseer nie… ter beskerming van kinders teen blootstelling aan hierdie soort van eksplisiete en gewelddadige inhoud wat in ag geneem moet word en geprioritiseer word.”

Katy Katopodis van EWN het gesê haar nuusspan het twee vyf-sekonde audiosnitte noukeurig gekies uit die video.

“Die snitte wat ons gebruik het, was baie kort, geredigeer en nie-eksplisiet … Ons het probeer om so verantwoordelikeen sensitief as moontlik te wees.”

Sy het gesê ‘n groot aantal versoeke van die publiek en ander media-huise vir ‘n skakel na die video is aangevra, maar hulle het geweier.

“Ons standpunt is baie duidelik dat ons nie iets soos hierdie kan versprei nie.”

Die video het nie op EWN verskyn nie en is verwyder van die maatskappy se rekenaars.

 

Лобановский Харьков

Swart myners vat Anglo in VK aan

‘n Swart mynwerker wat gediagnoseer is met silikose sal Donderdag ‘n jaarlikse algemene vergadering van Anglo American in Londen bywoon, het sy prokureurs gesê.

Anglo American het Daniel Thakamakau in diens geneem,” sê Richard Meeran, van Leigh Day & Co wat voormalige goud mynwerkers wat gediagnoseer is met mynverwante longsiektes, verteenwoordig.

“Hy is een van meer as 1200 oud-goudmyners wat klagtes teen Anglo American SA Ltd in die Suid-Afrikaanse en [Verenigde Koninkryk] howe gebring het, en beweer die maatskappy was nalatig om mynwerkers aan buitensporige hoeveelhede silikastof bloot te stel.”

Die mynwerkers beweer dat blootstelling aan die silikastof tot longsiektes soos silikose en silikon-tuberkulose lei.

Thakamakau het in ‘n verklaring gesê dat hy die mynmaatskappy vra vir mediese hulp en billike vergoeding.

“Terwyl Anglo American ryk word van die werk wat ons gedoen het op hul myne, het ons nou die lyding. My tuberkulose is so sleg dat ek werkloos is.”

Hy het gesê dat Anglo American hom en sy kollegas “soos diere” behandel het.

Thakamakau sal vergesel word deur verteenwoordigers van die National Union of Mineworkers (NUM) en die Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid se voormalige direkteur Tony Davies.

“Anglo American het ‘n morele en korporatiewe verantwoordelikheid om die siek mynwerkers te vergoed op wie se rug die maatskappy ryk geword het,” sê NUM-woordvoerder Peter Bailey.

“Die tyd vir praat oor die verskaffing van mediese dienste vir hierdie hardwerkende mense is verby – dit is tyd om op te tree.”

Meeran het gesê om die saak na die Verenigde Koninkryk te neem was in die mynwerkers se belang omdat die Engelse howe “goed ontwikkelde prosedures het en die eisers sal geregtig wees om in die Verenigde Koninkryk skadevergoeding teen die maatskappy te eis”.

Hy het gesê die mynwerkers kan potensieel honderde miljoene pond in vergoeding toegeken word.

Die hooggeregshof in Johannesburg hoor die individuele eise van 18 oud-mynwerkers van Anglo se President Steyn-myn in die Vrystaat sedert 2004.

Die Britse litigasie behels ‘n massatortaksie, met Leigh Day & Co wat 1200 Suid-Afrikaanse voormalige mynwerkers verteenwoordig, en in September begin het.

Die saak sal weer in die hooggeregshof in Londen op 9 Mei hervat word, het Meeran gesê.

Данильченко Харьков

Breivik, Quisling, die verhoor van psigiatrie

Die wêreld kyk na die komende verhoor van Anders Breivik, wat aangekla word van die moord op 77, meestal wit, blou-oog tieners. Vir baie, nasionaliste veral, is Breivik se beweerde gedrag so vreemd dat hy net doodeenvoudig stapelgek moet wees.

In teenstelling met wat die vermeende dader grinnikend en selftevrede beweer, was sy optrede beslis nie die van ‘n kerngesonde nasionalis nie, laat staan nog ‘n kritikus van Islam of multikulti. Sy optrede weerspreek elke rede wat hy tot dusver kon aanvoer omdat dit sal lei tot ‘n weersin in nasionaliste, Christene en anti-intergrasie aktviste.

Breivik is al met Vidkun Quisling vergelyk, ‘n mede-Noor en ywerige Nazi. Vir Quisling se verraad teenoor sy volksgenote gedurende die Tweede Wêreldoorlog word sy naam in alle tale gebruik om ‘n verraaier wat saam met sy land se vyande sy eie mense onderdruk, te beskryf.

Noorweërs maak reg vir ‘n verskriklike opvoering, ‘n tweede, waarin Breivik in sy “gevegsuniform”, ‘n uitrusting wat baie na ‘n polisie-uniform lyk, wou optree.

Aanvanklik is hy deur psigiaters ondersoek en onbevoeg verklaar om verhoor te word. Dit is net ‘n herhaling van ‘n gebeurtenis wat 67 jaar gelede die wêreld se aandag getrek het: Die verhoor van Quisling self.

Terwyl daar ‘n begeerte was om geregtigheid te sien geskied, het baie twyfel oor Quisling se gesonde verstand bestaan. In die 1920’s was hy ‘n nasionale held wat duisende honger Oekraïners en Armeense slagoffers van die Ottomaanse volksmoord gered het.

Wat gevolg het, was ook in wese ‘n verhoor van die mediese beroep eerder as tussen die vervolging en verweerder. Sielkunde en psigiatrie is vandag weer die nie-amptelike deelnemer, sê ‘n bekende Australiese psigiater.

Tydens ‘n roetine-psigiatriese ondersoek destyds, het die psigiater Jon Leikvam gesê Quisling het geen bewyse van paranoïese denkbeeldvorming getoon nie. Leikvam het dit só uitgedruk: “As Quisling as kranksinnig beskou word, dan het ek nie nie veel hoop vir die res van ons nie.”

Die psigiaters is daarna deur die neuroloë vervang. Georg Monrad-Krohn, Noorweë se voorste neuroloog, was getref deur die kontras tussen Quisling se vlugtelingwerk en sy gedrag as die Noorweegse diktator. Dit het Monrad-Krohn laat besluit dat net ‘n organiese brein disfunksie Quisling se daaropvolgende onmenslike gedrag sou kon verduidelik.

Neuroloog Sigvald Refsum het egter bevind Quisling was neurologies normaal. Uiteindelik het die aanklaer gesê sielkunde is “‘n eienaardige wetenskap”, want dit kon nie ‘n verduideliking vir die verweerder se optrede gee nie. Henrik Bergh, Quisling se regsverteenwoordiger het geantwoord dat sy kliënt “‘n merkwaardige man” was, ‘n raaisel. Sy toestand was ‘n anomalie buite die raamwerk van wetlike psigiatriese definisies.

Op 10 September 1945, is Quisling skuldig bevind en gevonnis tot die dood. Johan Scharffenberg, die psigiater wat die Noorweegse weerstand geïnspireer het, het hom in sy tronksel ondersoek, en tot die gevolgtrekking gekom dat Quisling sy sin vir die werklikheid heeltemal verloor het.

Ná sy dood is Quisling as ‘n paranoïese sosiopaat met periodieke uitvalle van paranoïese psigose gediagnoseer.

Die kwessie van Quisling se gesonde verstand is steeds ‘n bron van heftige polemiek en na Breivik se verhoor gaan die meningsverskille oor sy geestesgesondheid ook beslis verdiep, ongeag die uitslag van die verhoor.

Op die ou end, is die psigiaters net so beperk deur die konseptuele probleme van die bepaling van psigose en skuld as wat hulle in die verhoor van Quisling was. Dit is ‘n dilemma wat forensiese psigiatrie nog nooit, en in alle waarskynlikheid, nooit in staat sal wees om op te los nie.

топкарго

Ontmoet Thabo, die DA se jongste mislukking

Ontmoet Thabo. Wie is Thabo? Hy is die DA se idee van ‘n reënboogmens en die party se jongste mislukking om swart steun te werf.

“Dit is ‘n spotprent wat ons gebruik om die boodskap van anti-tol op innoverende maniere oor te dra. Spotprente is pret en maak ‘n ernstige punt. Tolgeld gaan ‘n enorme invloed op Gauteng en alle soorte mense hê,” sê Jack Bloom, die DA se leier in die Gautengse wetgewer.

Volgens die jongste aanduidings gaan dit witmense ten seerste tref en dit is seker net ‘n bestiering dat Cosatu ook gekant is teen e-tol.

Thabo praat glo vir die “vergete” Suid-Afrika. “Hy is die stem van ons siekes in Alex, depressiewes in Diepsloot, swetendes in Sebokeng, ongelukkiges in Mamelodi, en hongeres in Hammanskraal,” sê sy Facebook-profiel.

Die DA se lomp internetveldtog – wat inderhaas weer verwyder is – is oudergewoonte die patroniserende boodskap van wit Engelssprekende Suid-Afrikaners wat nie net geen aanklank vind by swartes nie, maar hulle op die koop toe vervreem.

Thabo se uitroep “Eish Thabo!”  is blykbaar ook grammatikaal verkeerd en ‘n onsamehangende uitdrukking vir inheemse taal sprekers, sê ‘n swart joernalis Osiame Molefe.

Vir hom, sê hy, lyk dit na ‘n bemarkingsveldtog waar geen swart persoon moontlik in die nabyheid kon gewees het toe hulle dit vir ‘n swart teikenmark uitgedink het nie.

Bloom dink anders: “Die veldtog is om ondersteuning vir die wettige veldtog teen tol te monster. Ons het protes in die straat, maar regstappe teen die tol is die beste manier om dit te stop. Ons wou ondersteuning sodoende vergroot.”

Bloom, bekend daarvoor dat hy spog omdat hy oorslaap in lokasies rondom Gauteng, het saamgespan met illustreerder Tim Mostert om Thabo te skep. Mostert is die skepper van die “Speedy” spotprente wat in die Daily Sun verskyn.

“Ek is betrokke by ‘n groot nie-blanke demografie en ek wou iets doen sodat die nie-blanke demografie in Gauteng ‘n stem kon hê, en ek wou dit op ‘n humoristiese manier doen,” het Mostert gesê. Bloom was gaande oor sy idee.

Voordat die Facebookblad verwyder is, het Thabo se Facebook-biografie gelees, “Eish! Ek leer nog om te tik, en ek het al my eie Facebook!”

Dit is blitsig afgehaal nadat dit ‘n opskudding op Twitter veroorsaak het. Maar die biogafie was nie die enigste probleem nie.

“Wel, dit kom oor as so neerbuigend dat jou mond oophang, vir een ding, en dit wys weer op die persepsies dat die DA net nie die subtiliteite van tonaliteit kan regkry wanneer dit kom by die hantering van swart kiesers nie,” sê die bemarkingstrateeg Sarah Britten.

Niemand bevraagteken die impak van die uiters ongewilde tol op Gauteng se pendelaars nie en om openbare steun vir ‘n hofsaak te werf, moet maklik wees.

Die probleem is dat die Thabo-veldtog glad nie spreek tot hetsy die gemiddelde lokasiebewoner of middelinkomstegroep nie.

Maar ‘n veldtog wat fokus op een ras spesifiek, “van ‘n omstrede handelsmerk soos die DA, op ‘n platform waartoe almal teoreties toegang het, is redelik ontstellend om te sien”, sê Britten.

Die DA se nasionale kommunikasie-kantoor is eers Maandag oor die veldtog ingelig.

“Die party is gewaarsku deur die negatiewe sentiment op Twitter, en ons hersien die webwerf. Terwyl dit duidelik ‘n goeie inisiatief is in die sin dat dit bedoel is om ondersteuning vir ‘n regsaksie teen die tolpaaie te werf, was dit te maklik vir mense op sosiale netwerke om verkeerd te interpreteer,” sê Gavin Davis, nasionale hoof van die DA se kommunikasie.

Hy was onverstoord oor die ondeurdagte “Eish, Thabo” veldtog. Hy het gesê die party is “baie meer bekommerd oor die substantiewe kwessies wat die lewens van die alledaagse Suid-Afrikaners raak”.

Gegewe dat Thabo potensieel veral die swart middelklas aanstoot kan gee, moet die DA begin wonder oor hul grootse ambisies om die ANC uit die kussings te lig. Kennelik vaar hulle tans swakker as die NNP om buite hul tradisionele kiesersbasis te beweeg.

александр лобановский харьков