Swart Suid-Afrikaners se lewenspeil het die afgelope agt jaar meer gestyg, maar nie weens werkskepping nie. Hulle is afhanklik gemaak van toelaes van die staat en die kerke.
Die NG Kerk gee reeds meer as ‘n miljard rand aan welsyn en die meeste daarvan gaan aan swartes. Ds. Willem Botha, Vrystaatse uitvoerende hoof van die NG Maatskaplike Dienste (NGMD) sê egter welsynsdienste in Suid-Afrika sal in duie stort as subsidies aan vrywillige welsynsorganisasies gestaak word.
Daar is reeds 14,9 miljoen Suid-Afrikaners wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, maar net in Suid-Afrika en Noord-Korea kry mense gratis huise.
Dr. Anthea Jeffery, hoof van spesiale navorsing by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV), sê daar is ‘n toename in staatsbesteding aan maatskaplike toelaes en welsyn vir die meeste en regstellende aksie vir die elite.
“Welsynstoelaes het armoede verminder en swart lewenstandaarde verbeter, maar afhanklikheid van die staat het verhoog,” het Jeffery gesê. Swartes se basiese opvoeding en gesondheid het egter nie verbeter nie. Die helfte van die land se hoërskoolleerlinge nie kan lees of skryf nie en sowat 65% verlaat skool sonder matriek.
Volgens Jeffery help swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie nie die armes nie, maar het dit eerder gelei tot ‘n vinniger toename van Suid-Afrika se swart middelklas.
Dit het die armes nie werklik bevry deur werk te skep en swart selfstandigheid te bevorder nie, sê Jeffrey.
Unisa se buro vir marknavorsing het getoon dat die “opkomende” middelklas wat tussen R50 000 en R300 000 per jaar verdien oorwegend swart is. Daar is ook al hoe meer swartes wat meer verdien.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.