PRAAG ontketen leierskapsgeveg in DA

Athol TrollipNa aanleiding van ‘n PRAAG-aksie teen die anti-Afrikaanse uitlatings van mnr. Athol Trollip in ‘n e-pos aan mnr. Jaap Kelder, het ‘n leierskapsgeveg blykbaar in die DA ontstaan. Mnr. Athol Trollip, wat onder kritiek van dr. Dan Roodt van PRAAG deurgeloop het, word om die parlementêre leierskap van die party deur me. Lindiwe Mazibuko uitgedaag.

Trollip het vir ‘n vervroegde stemming in die koukus gevra om sy eie posisie beter te kan handhaaf. Volgens die party se koukusreëls behoort die stemming vir parlementêre leier eers in November plaas te vind.

Mev. Helen Zille, die partyleier, het intussen laat blyk dat sy haar nie by die proses gaan inmeng nie. Volgens haar is die DA ‘n “diep demokratiese party” waar sulke leierskapstryde deur middel van partyprosedures besleg word. Saterdag het sy ook gemeen dat dit “verkeerd is om te sê dat Trollip om sy politieke lewe veg. Ek het al interne verkiesings gewen en verloor. Dit het allermins die einde van enigiets beteken, wat nog te sê van my politieke lewe. Eerlikwaar, ek twyfel of daar in November mededinging gaan wees”.

Nadat PRAAG ‘n week gelede die kwessie van Trollip se anti-Afrikaanse e-pos aan mnr. Kelder aan die groot klok gehang het, het media landwyd daaroor berig, met die uitsondering van die SAUK se Afrikaanse radio en TV, asook die Nasperskoerante. Dr. Dan Roodt van PRAAG het mnr. Trollip se chauvinisme op etv, e-news, die Independent-koerante en verskeie Engelstalige radiostasies gekritiseer. Vrydagoggend tussen 10 en 11 vm. was Trollip en Roodt in ‘n vuurwarm debat op SAFM betrokke.

Trollip het Roodt met die intrapslag vir ‘n “rassis” uitgekryt vanweë Leopold Scholtz van Die Burger se uitlatings wat in 2009 in dié koerant gepubliseer is, dog laasgenoemde het hom teruggeantwoord met: “Om George Bernard Shaw te parafraseer, om iemand ‘n ‘rassis’ te noem, is die laaste toevlug van ‘n skurk.” Op die lug het dr. Dan Roodt onthul dat mev. Zille gepoog het om die blanke leier van die party in Pretoria, mnr. Brandon Topham, deur ‘n jong bruin man vanuit die Wes-Kaap te vervang. “Die DA pas interne regstellende aksie toe. Dit maak daarvan ‘n anti-wit rassistiese party,” het Roodt gesê. Trollip het teruggekap dat Topham wel tydens ‘n interne verkiesing in Pretoria oor ‘n swart kandidaat geseëvier het.

Volgens Trollip is die DA ‘n “party vir al die mense wat alle tale en kulture verwelkom’. Die leier van PRAAG het egter gemeen: “Alle tale behalwe Afrikaans, want die DA se webwerf is uitsluitlik in Engels.”

Die onderonsie met PRAAG en mnr. Jaap Kelder het die DA se parlementêre leier kennelik ongewild binne sy eie party gemaak, want hy het dit elders as ‘n “aaklige week” beskryf.

‘Lae intellektuele peil’

Dr. Dan Roodt het mnr. Trollip en die DA tot ‘n voortsetting van die debat rondom die posisie van Afrikaners in Suid-Afrika uitgedaag. “Die DA is kwansuis ‘diep demokraties’ as dit by sy interne prosedures kom, maar is veel minder demokraties as die ANC as dit by openbare debatvoering kom,” het hy gesê. “Ek gesels gereeld met ANC-lede tot op die hoogste vlak en stel my standpunt onomwonde. Moontlik vanweë die lae intellektuele peil van die party – selfs mev. Zille was bloot ‘n junior joernalis by die Rand Daily Mail voordat sy die politiek betree het – vrees die DA gesprekvoering met Afrikaanse organisasies. Die etos van kwasi-Britse chauvinisme en Afrikanerhaat wat uit mnr. Trollip se e-poskommunikasie oor mnr. Jaap Kelder spreek, is uiters kommerwekkend. Veral in die lig daarvan dat mnr. Trollip tydens die debat op SAFM erken het dat meer as die helfte van die DA se kiesers uit Afrikaners bestaan.”

play live casino onlineЛобановский

Sonde met Skutter Schutte!

Tydens die bosoorlog het my vriend, die makgemaaklte Ier, Brian MacGrath, dit nie te hotagter, of “for that matter” te “hot” van voor af ook gehad nie omdat hy teen die Zimbabwiese grens “ontplooi” is.

Ek verkneukel my nogal in die lawwerige militêre term “ontplooi” want Brian is ‘n bonkige kêrel en dit sou wragtag “some serious unfolding” kos om hom heeltemaal te kon “ontplooi!”

Nou vertel hy vir my dat hy en Faan Verster en ‘n jafeltjie daar uit die “suburbs,” ‘n klein Schutte, ‘n sekere gedeelte van die grens te voet moes patrolleer

Hulle dra hulle gewere en die res wat hulle nodig het in hulle rugsakke saam. In die rugsak is daar dan o.a. ook die berugte “rat pack,” jou mond- of pensproviand as jy dit so wil noem. Dit was kos waarvan jy sekerlik nie sou doodgaan nie, want voedsaam was dit voedsaam, maar net sodat jy dit nou nie in drie kort sessies alles gaan staan en opvreet nie, het die dieetkundiges, baie slim mense daar doer in Pretoria, dit so onsmaaklik as moontlik gemaak.

So vreksleg dat een troep beweer het hy wou dit vir ‘n rot voer, maar die het sy neus daarvoor opgetrek!

Om die voedsame maar onuitstaanbaar slegte rantsoene aan te vul, koop hulle al langs die grens by die klein boerewinkeltjies allerhande lekkernye. Heerlikhede soos kondensmelk, sondige, nuttelose witbrood met ‘n piepklein blikkie goue stroop daarby.
Soms sjokolade, lekkers, pakkies Japansuiker en op ‘n keer selfs ‘n paar pakkies versiersuiker! Hulle koop springmielies en spring dit met ‘n bietjie margarien in hulle varkpanne dat dit later self soos oorlog klink. Heerlik!

Soos ‘n “band of brothers” behoort te doen, wil hulle alles deel.
Maar nie skutter Schutte nie! Moenie glo nie.

Skutter Schutte moes eerder skutter Stoker geheet het, sê Brian, omdat hy so baie rook. En ons weet mos nou al dat ‘n roker een van die selfsugtigste goed op aarde is.
Dan is hy nou blykbaar bang dat sy twakgeld sal opraak en dan gaan hy hel hê as hy nie kort-kort in die kortstondige nirvana van nikotienverdowing kan invlug nie. En die wrede werklikheid vol en onverdoofd in die gesig moet kyk.

Wat meer was, was dat hy niks, maar niks anders ook ooit met ‘n andereen sou deel nie. Nie eers die laaste krummeltjies onderin ‘n pakkie klaargekerfde biltong nie. Nee, die skud hy in sy onversadigbare keelgat af terwyl die kwyl uit jou mondhoeke drup.
Maar daar is nog erger, vertel Brian, terwyl hy hom duidelik weer vir die selfsugtige vraat vererg, hy het verskriklik maklik van ‘n ander iets afgebedel. “Hoe lyk dit met ‘n lekkie van daai Japansuiker, hè pel?” of “Gee ‘n slukkie van daai lekker kondensmelk, my maat!”
Dan suip hy sommer die hele blik leeg!

Brian se Ierse humeur het nie vanweë sy ma se Boerebloed verdun geraak nie, verseker ek jou en hy vererg hom bloediglik vir so ‘n gebrek aan kameraderie in ‘n bos waarin die dood kan skuil.

Hy moet ‘n les geleer word, hy moet weet waarvoor hy gestraf word en daarmee ophou. Dit is die Ierse manier.

Weer ‘n boerewinkeltjie naby die grens. En wat sien Brian daar? So wragtagwaar, ‘n goeie voorraad Brooklax. Iemand hier in die eensaamheid moes sekerlik op ‘n keer erg gekonstipeer geraak het.

Daardie aand maak hy fluitend ‘n soort melkskommel wat hulle soms van poeiermelk en sjokolade aangemaak het, aan en presenteer daarvan ook gul aan skutter Schutte. Skutter Schutte is so behep met homself, hy is glad nie agterdogtig oor die skielike mededeelsaamheid nie. Buitendien is hy permanent so in die waas van ‘n Stuyvesant gehul dat hy glad nie opmerk dat sy “sjokolade” nie dieselfde as die ander twee s’n is nie.
Hulle drink aldrie ‘n hele paar bekers uit. “Hoe kry jy hierdie keer so ‘n besondere smaak daarin?” wil hy nuuskierig weet.

“Dis my geheim, mein guter Kamerad!” lag korporaal McGrath in sy ruie baard in.

Teen namiddag toe hulle slaapplek soek, sien hulle dat daar ‘n potblou weer in die suidweste opsteek. Dit is somer en reënseisoen.
Hulle span hulle biffies tussen twee kleinerige boompies oop sodat hulle daaronder kan droogbly. Maar dis toe meer ‘n elektriese storm soos die binnelanders dit so goed ken en die blitse verlig byna die omgewing permanent terwyl die donderslae kort-kort jou ore laat sing.

Toe begin skutter Schutte se probleme!

In die bos is dit ‘n onverbiddelike reël dat jy jou tol aan die natuur buite sig-, hoor-, en ruikafstand moet gaan betaal.

Skaars is skutter Schutte onder die bliksemstrale en donderslae deur terug, of die aangejaagde natuur eis weer. En weer. En weer.
Brian lag uit sy maag: “Die rits van skutter Schutte se slaapsak sing lateraan soos ‘n lugafweersirene: sjoeieee, sjoeieee, sjoeieee…!”
Boonop begin Brian en sy medepligtige agteraf, as skutter Schutte weg is, allerhande woordspelings op sy van maak, soos : “Sssskutter Sssschutte ry vanaand die nagwa! Ssskutter Ssschutte- ry nie op ‘n donkie nie!” en erger dinge wat ek nie hier kan herhaal nie.

Later bedaar die onweer en skutter Schutte se besoeke aan die bossies word geleidelik minder en hulle raak aan die slaap.

Toe die visarend die volgende môre vroegdag sy Afrika-geluid oor die rivier snerp, het hulle groot moeite om skutter Schutte wakker en op te kry. Hy lyk vaal en uitgewas en beweeg asof sy bene vol sand geloop het.

Brian vra, duiwelskind soos ek hom ken, ewe gemaak-belangstellend uit na die vrome skutter se onverdiende probleme die vorige aand en verstommend genoeg, beweer Brian, is die kêreltjie toe so sag en opreg dat dit kompleet is asof hy ‘n geestelike kentering ondergaan het!

Die skutter sê toe glo: “Man, korporaal, ek kon dit nie verstaan nie; ek was nog nooit lief vir swaar weer nie, maar dit is die eerste keer dat my máág so daarvan werk.
Weet jy, elke keer as die weer slaan, was dit so amper in my broek!”

woes

il paralumeлобановский александр фото

Die verleiding van ons volkstrou

Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie.

Ons het nie hier plek vir politieke diskussies nie. Maar ‘n mens moet jou voorbeelde in jou eie omgewing soek, sodat die skrywer mag weet waarvan hy skryf en die leser verstaan wat hy lees. Ons Afrikaners het meer aanleiding om renegate te word as enige andere nasie onder die son. Ons volk woon meeste op die platteland en die ander ras wat tussen ons woon meeste in die dorpe en stede. Wat die inwendige karakter betref, kan jy in vele opsigte aan die platteland die voorkeur gee. Daar is minder roekeloosheid, minder wellus, minder gewinsoekery, minder mode-nastrewery, minder konkurensie-naywer; meer liefderykheid. Maar in uiterlike opsigte is die voorregte van die stadbewoner onbetwisbaar. Die kuns en wetenskap is tot sy beskikking; al die hulpbronne van geleerdheid en kultuur is in sy onmiddellike bereik; hy kom in aanraking met die hoogste produkte van die beskawing; hy is beter gewas en gekam en gekleed; ey geesteskring is ruimer, sy taal verhewener. En die uiterlike skyn het die neiging om die buiteman aan te trek , om die dorpsman as ‘n meerdere te beskou.

Dan weer, die spreektaal van ons volk het nog geen literatuur nie: hy geniet nie eens die eer van Staat of Kerk of Skool·erkentenis nie.* Dit noodsaak alweer ‘n gevoel van minder·waardigheid – van minagting van die eie en verering van die vreemde – afgesien van die aanlokkelikheid van die fyne wêreldstaal aan die ander kant en sy invloed op die gedagtetrant en standpunt van diegene van ons wat hom lees omdat dié tot nog toe skrale voortbrengsels van hulle eie nie aan hulle verstandelike behoeftes kan voldoen nie.

Daarom by die prysenswaardige strewe om oor te neem al wat beste is van die ander kant, is daar die gevaar dat ons deur snobbery op al wat edel aan ons kant is neersien; dat ons deur aanhoudende na-apery ons vir nagemaakte Engelse aanstel. Ongelukkig, ons sal maar nagemaak wees. Ons kan ál ons ou volksgewoontes, die beste met die slegste, weggooi; ons kan ons by die vreemde kerk aansluit; maar die nuwe kring waaronder ons inkruip sal nie deur die namaaksel bedroë word nie. Hulle sal ons verag omdat ons, in die éen opsig waar ons ons minder gewaan het, ons minderheid behou. Die donkie had sy eer totdat hy die leeu·vel omgesit het: toe was hy veragtelik. Maar wat sou jy van ‘n donkie dink wat ‘n ander donkie·vel aantrek? En wat sou jy van ‘n leeu dink wat ‘n donkie·vel aantrek? Maar diegene wat lostrek van ons af is nie die leeus onder ons nie, en dié wat vir hulle verwelkom is nie die leeus onder die ander ras nie.
_______

* Ek laat hierdie staan soos hy oorspronklik geskryf is in 1914. Maar ons het in agt jaar meer gevorder as ander nasies in taggentig. (Voetnota deur C.J. Langenhoven by herpublikasie van die oorspronklike werk.)

проектирование внутреннего освещенияАлександр Фильчаков Васильевич

Persepsies van die werklikheid

Terwyl ekonome syfers bekend maak om aan die hand van konkrete bewyse op die gevolge van die ANC-Jeugliga se nasionaliserings- en grondonteieningsbeleid te wys, en veral Zimbabwe as voorbeeld voorhou, vind dié feite nie oral in persepsies neerslag nie.

Die Jeugliga se kongres, terloops, het glo R37 miljoen gekos, uit die diep sakke van Anglo betaal.

Pas het die ANC in Noordwes die eerste provinsie geword om ‘n resolusie te aanvaar vir die nasionalisering van myne. Dié besluit is in Klerksdorp, ‘n mynstad, geneem, in ‘n provinsie met besonder baie myne. Die persepsie is egter dat die inwoners van die provinsie min baat vind by die myne.

Die syfers wat die ekonome uitlig, soos gisteraand op RSG se Kommentaar deur mnr. Roelof Botha, is ontstellend. Dertig jaar gelede het Zimbabwe nog in verskeie opsigte by Suid-Korea kers vasgehou. Zimbabwe het egter met nasionalisering en grondonteiening begin. Werkloosheid het die hoogte ingeskiet, die ekonomie is verwoes en die welvaart per individu in Zimbabwe is ongeveer 200 keer laer as in Suid-Korea.

In 1990 was die Zimbabwiese lewensverwagting sowat 60 jaar; nou is dit volgens sommige bronne laer as 40 en die laagste ter wêreld.

Daar word na ander voorbeelde verwys. Die miljarde euro’s wat die voormalige Wes-Duitsland nou al sedert die val van die Berlynse muur in die voormalige Oos-Duitsland moet inpomp om die twee dele van Duitsland se lewenstandaard min of meer op gelyke vlak te kry.

Met die verdeling van Korea was die noorde, veral danksy minerale en ander hulpbronne wat goed deur die Japannese ontwikkel is, die meer geïndustrialiseerde en vooruitstrewende land. Die res is geskiedenis, met die Suide wat nou in welvaart baai, en die noorde wat gereeld selfs hongersnood beleef.

Malema se kamma-utopia’s druip verskeie ander toetse ook, soos hul plek op die persvryheidsindeks, ‘n seker aanduiding dat dit broekskeur met selfs ‘n namaaksel van demokrasie gaan. Omtrent die enigste land wat Malema as voorbeeld voorhou en waar dit ekonomies nie te gebrekkig daaraan gaan nie, is Hugo Chavez se Venezuela, met sy groot olie-inkomste. Maar demokrasie en spraakvryheid is bykans volledig afgetakel.

Verskeie kere is – selfs uit die ANC – aangevoer dat Malema nie ernstig opgeneem moet word nie – iets waaroor die ANC-jeugliga bitter ontevrede is. Sommige kommentators het selfs gesê dis die mediadekking wat Malema kry, wat hom ‘n profiel gee en belangrik maak. Gelukkig is daar senior joernaliste soos Gert Coetzee van Volksblad wat beter insig het en daarop wys dat Malema dekking kry en verdien omdat die ANC hom toelaat om so ‘n invloed en profiel te kry. Dit sou gewoon onverantwoordelik en dom wees om Malema se uitsprake en reperkussies te ignoreer.

Daar is ander redes hoekom Malema nie maar geïgnoreer kan word nie. Wat Malema eis, is immers presies in pas met wat die Freedom Charter bepaal – nasionalisering van myne en banke by die naam, en die nasionalisering van grond wat deur die mense wat dit bewoon, benut moet word.

Die ANC-besluit in Noordwes dui ook daarop dat Malema se praatjies ‘n groter impak op die deursneelid uitoefen as die ANC se halfhartige pogings om met versekerings potensiële beleggers gerus te stel. Nie eens almal in die ANC kry daardie boodskap nie.

ветровка пеликан для девочкиОлександр Васильович Фільчаков

Peoriane leef in vrees

Paul Wilkinson, president van die Alta Mont Park Neighborhood Association, in Peoria, Illinois (VSA), het verlede week ‘n ooggetuieverslag van rasse-onmin aan die plaaslike koerant, die Peoria Chronicle deurgegee:

Omstreeks 11 uur, het ‘n groep van ten minste 60-70 Afro-Amerikaanse jeugdiges ‘n optog in een van die systrate (W. Thrush) na die 4-baan hoofaar (Sheridan) gelei. Hulle het wit inwoners skreeuend gedreig. Dinge soos dat hulle “nodig het om almal dood te maak, al die wit mense hier rond”. Hulle was fisies intimiderend teenoor enige een wat die hulp van die polisie probeer ontbied het. Hulle om motors saamgedrom. Motors op die snelweg moes hul remme aanslaan om die jeugdiges nie dood te ry nie en al vier bane is tot stilstand gedwing, asook ‘n groot deel van die systraat. Gevegte het onder die optoggangers uitgebreek. Hulle het op inwoners wat by hul deure uitgekyk het, afgestorm, voorstoepe betree, en dreigemente geskree aan mense wat die polisie vir hulp wou bel.

Karre het haastig U-draaie in dié strate gemaak net om die skare, meestal manlik, te vermy. Een jeugdige het gesê sy oupa was wit en verskeie mede-jeugdiges het hom op die plek aangerand. Een polisiebeampte het die noodoproep beantwoord. Die jeug het in twee groot groepe verdeel, een wat noordwaarts beweeg het, en die ander een suid. Hulle het ook rasse-dreigemente aan die polisiebeampte geskree, maar hy was deur hulle getalle oorweldig. ‘n Polisiemotor het eers opdaag nadat die jeugdiges uiteindelik uitmekaar gegaan het en die vangwa het ook uiteindelik laat opgedaag.

Inwoners is baie onthuts, beide swart en wit. Dit is die vyfde groot massabetoging binne ‘n maand met kleiner groepe van 10-12 wat tussendeur kinders en volwassenes op straat dreig op sekere weeksaande of later in die nag. Die tye wissel, selfs gedurende die dag vind sulke insidente plaas. Uit ‘n gesprek met ‘n polisie-offisier blyk dit hulle is onderbeman. Inwoners is aangeraai om bloot binne te bly en hul deure te sluit. Met ander woorde, wees waaksaam, dit is nie eens veilig om op jou stoep te sit of in jou tuin nie.

классические люстры купитьtopcargo отзыв

Swaziland vra R10 miljard van SA

Suid-Afrika se adjunkminister van finansies, Nhlanhla Nene, het Vrydag aan Reuters gesê die R10 miljard-versoek vir ‘n lening van Swaziland is verregaande.

Swaziland se koning Mswati III, bekend vir sy uitspattige leefstyl, het Donderdag ‘n versoek vir dié lening aan Suid-Afrika gerig.

Mswati word egter beskuldig daarvan dat hy menseregte in sy land misken en pro-demokrasie-aktiviste aanhou. Hy onderhou12 vroue in weelde en het ‘n persoonlike fortuin van sowat R1,3 miljard bymekaargemaak.

Die Afrika-Ontwikkelingsbank het Vrydag ‘n aansoek van Swaziland om ‘n lening van R1 miljard afgewys omdat die land nie aan die vereistes van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) voldoen nie.

Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking het die aansoek bevestig.

Die IMF het vroeër gewaarsku dat die land met sy 1,2 miljoen inwoners enige tyd finansieel in duie kan stort.

Lucky Lukhele van die Swaziland Mass Democratic Movement, wat vakbonde in Swaziland insluit, het die beoogde lening veroordeel en gesê Suid-Afrika behoort dit nie goed te keur nie.

Die beweging sê die finansiële krisis in Swaziland is ‘n regstreekse gevolg van die algehele ineenstorting van die regering.

Volgens Lukhele sal ‘n lening aan die huidige regime “net ‘n belegging in korrupsie wees”.

Bongani Masuku van Cosatu sê: “Dit is ‘n ramp wat deur ‘n paar koninklikes veroorsaak is wat die land deur die jare ondergrawe het deur spandabelrigheid, korrupsie, parasitisme en swak bestuur.”

для девочек играОлександр Васильович Фільчаков

Agtien vas vir openbare geweld

Agttien mense is in Motherwell in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld nadat hulle na bewering die polisie met klippe bestook het omdat hulle ongelukkig is oor behuising, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.

Inwoners het Sondagmiddag ‘n onwettige byeenkoms gehou by ‘n stadion, het ao. Dumile Gwavu gesê.

Hulle het beweer huise waarvoor hulle gewag het, word aan mense gegee wat nie op lyste is nie.

“Die leiers (van die byeenkoms) is eenkant geroep om die probleem aan te spreek… hulle het die gemeenskap aangemoedig om inwoners uit sekere huise te verwyder.

“Ná onderhandelinge met die polisie het hulle nie gehoor gegee aan bevele nie en hulle [die leiers] en hulle volgelinge het die polisie onder klippe gesteek.”

липецк технопрокурор Фильчаков

Zuma kasty NAVO

President Jacob Zuma het Sondag gesê die VN-resolusie wat NAVO voorhou om sy aanvalle in Libië te regverdig, laat nie “bewindsverandering [regime change] of die polititieke moord” van Moeammar Gaddafi toe nie.

“Die voortslepende bomaanvalle deur NAVO en sy bondgenote is ‘n bekommernis wat deur ons komitee en deur die Afrika Unie-vergadering geopper is, want die bedoeling van Resolusie 1973 was om die Libiese bevolking te beskerm en om die humanitêre poging te fasiliteer,” het Zuma gesê.

“Die bedoeling was nie om ‘n veldtog goed te keur vir ‘n regeringsverandering of politieke moord nie,” het hy in openingsgesprekke van die Afrika Unie se paneel oor Libië gesê.

bridal head accessoriesДанильченко Юрий Харьков

Matebele vlug, en Sekonyela uitoorlê

VoortrekkegesinTeen die einde van 1837 het dit dus gelyk of daar ‘n toekoms vir die trekkers is. Ná die onderhandelinge met Dingane was daar in Natal ‘n vooruitsig van grondgebied. En terwyl die onderhandelinge in November in Natal aan die gang is, het ‘n kommando onder Potgieter en Uys (Maritz was siek) wes- en daarna noordwaarts oor die Gatsrand na Mosega opgeruk. Daar het hulle die Matebele van 4 tot 12 November in ‘n negedaagse slag totaal verslaan en verdryf. Op die negende dag het 12 000 Matebele-vegters wanhopig weerstand gebied. Sommige het op vegosse met skerpgemaakte horings gery, maar dié beeste het meer verwarring onder hul eie mense geskep as onder die vyand. Daarna het Mzilikazi met die grootste deel van sy onderdane gevlug — eers die Kalahari in en daarna noord na die huidige Zimbabwe.

Sonder dié oorwinning van Potgieter en Uys sou die trekkers moeilik oor die hoëveld wes van die Drakensberge kon versprei. Hulle het gehelp om van die Groot Trek ‘n sukses te maak. ‘n Onplesierige nadraai van die veldtog was dat daar by Deelkraal naby Gatsrand onenigheid oor die verdeling van die buitgemaakte beeste ontstaan het. Potgieter en Uys wou hê dat diegene wat aanvanklik sulke swaar verliese gely het, voor verdere verdelings die eers vergoed moes word. Maritz was van mening dat hulle reeds ná die ekspedisie vroeër die jaar skadeloos gestel is en die buitvee gelykop verdeel moes word. Potgieter se standpunt het geseëvier.

Gelukkig was die twis nie ernstig nie, en die drie leiers het ooreengekom om ook na Natal te gaan. Potgieter en sy mense het sonder geesdrif op Maritz se spoor gevolg en was in Januarie 1838 verder wes as die ander trekke wat intussen aan die Tugela gaan staan het.

Op 11 Januarie 1838 was Piet Retief en ‘n klein kommando terug van hul ekspedisie na Sekonyela. Saam met hulle was ‘n aantal Zoeloekapteins, wat ongewapen en vermom was en by Sekonyela gaan vra het om deur sy gebied te mag trek. Een van hulle wys hom sy mooi “armbande” —  waarmee hy hom plotseling boei. Sekonyela was magteloos, sy volgelinge oorbluf, en sonder om bloed te vergiet, is die beeste uitgelewer.

Tot verbasing van die Zoeloes is geen wraak geneem nie — Dingane sou hulle almal vermoor het. Die krygslis met die boeie was Sekonyela se verdiende loon. Toe sy mense die beeste geroof het, het hulle met klere en gewere van wit mense, en uitroepe van “Maboela! Maboela!” die indruk probeer wek dat hulle Boere is.

Nou kon die trekkers hul ooreenkoms met Dingane beklink. Maar wie en hoeveel sou hom besoek? ‘n Volksvergadering is op 16 Januarie 1838 gehou. Sarel Cilliers het gemeen dat net ‘n paar wit mense die Zoeloekapteins en beeste moes vergesel. Maritz het aangebied om te gaan, maar Retief het die vergadering oortuig dat as dit iemand anders as hy is, die Zoeloes maklik sou dink die Boere is bang. Ook oor die grootte van sy mag was daar meningsverskil. Met meerderheid van stemme het die vergadering besluit dat Retief met sowat 100 weerbare manne sou gaan.

sites ukпрокурор Фильчаков