Heidelbergse egpaar sterf wreed in plaasmoord

‘n Bejaarde paartjie is Saterdagoggend op hul plaas naby Heidelberg vermoor, het die polisie in Gauteng bekendgemaak

‘n Insleepdiens het glo die paartjie se seun gebel nadat hul motor op die R42 naby Vereeniging gevind is, het konst. Tikoane Sonopo gesê.

Die seun het daarna omstreeks 05:30 hom na sy ouers se Houtpoort-plaas gehaas. Hy het sy 60-jarige ma in die sitkamer gevind waar hy haar vasgebind met verskeie steekwonde aangetref het. Sy was reeds dood.

Hy het sy pa se lyk, ook met verskeie steekwonde op die kamervloer gevind.

Volgens Sonopo was die binnekant van die huis geplunder. ‘n Geweer en elektriese toestelle is gesteel.

Die polisie ondersoek die saak.

справку дляФильчаков прокурор отзывы

Afrikaner se geskiedenis leef op Praag!

Vele Afrikaners betreur die verdwyning van Afrikanergeskiedenis uit die skoolleerplanne vir geskiedenis wat deesdae grootliks aan die geskiedenis van die ANC en Nelson Mandela gewy word. Die Praag-redaksie ontvang selfs briewe van mense wat kla dat hul kinders en kleinkinders “nie meer weet wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie”.

Gereelde lesers van Praag weet egter reeds dat ons oor die afdeling Feuilleton/Geskiedenis beskik waar die vermaarde prof. Jaap Steyn, taalkundige, literator, skrywer, biograaf en historikus weekliks op pakkende wyse ‘n vervolgverhaal oor ons geskiedenis skryf. Hierdie afdeling van Praag het so pas sy eie domeinnaam, geskiedenis.co.cc, ontvang, wat dit nóg makliker vir lesers gaan maak om op die internet te vind.

Benewens al ons ander aktiwiteite, is Praag besig om die Afrikanergeskiedenis op die internet te bewaar en uit te bou. Dis ‘n grootse taak wat ons met geesdrif, toewyding en trots uitvoer.

Al wat ons vra, is dat u ons sal ondersteun deur hier by PRAAG aan te sluit:

Sluit aan

Indien u in die buiteland is of verkies om via PayPal ‘n donasie of subskripsie uit te neem, gaan na enige van hierdie bladsye:

Internasionale en PayPal-aansluitings (Engels)

Internasionale en PayPal-aansluitings (Nederlands)

 

 

мдфтопкарго кидалы

Waarskuwings en voorbodes voor Retief se vertrek

UmgungundlovuDie oggend van 25 Januarie 1838 het Piet Retief en sy keurkommando afskeid geneem van die res van die trekkers. Erasmus Smit het die godsdiensoefening in Retief se tent gelei. Retief was die vorige week neerslagtig, “vol droefheid” oor die tweedrag onder die mense, skryf hy aan sy vrou. Hendrik Potgieter, met wie hy vyf dae vantevore gepraat het, het hom blykbaar afgeraai om hom in Natal te vestig omdat hy nóg die Engelse, nóg die Zoeloes vertrou het.

Ook ander het Dingane nie vertrou nie. ‘n Engelse smous, Thomson, het die trekkers gewaarsku teen verraad. ‘n Bejaarde, ene Malan, het Retief die oggend van die vertrek gesê dat hy ‘n voorgevoel het dat daar verraad gepleeg sou word en dat die Engelse van Natal daarin ‘n vername rol sou speel. Retief het hom betig met ‘n “Foei, foei, Malan! U laat die Franse gevoelens teen die Engelse heeltemal die oorhand kry!”

Retief was teleurgesteld omdat so min mense hom wou vergesel — 63 wit en 30 bruin mans. Onbewus dat dit ‘n afskeidsbrief is, skryf Retief op pad aan sy vrou: “Houdt God voor ogen; en Uw Ed heeft geen kwaad te vrezen.”

Op Saterdag 3 Februarie 1838 het Retief se kommando Umgungundlovu binnegery. Dié dag het hulle Dingane nie te sien gekry nie, maar hy het Retief toegelaat om sy eie rusplek te kies — ‘n koppie ongeveer 150 tree van die stad. Daar het die sendeling Francis Owen hulle die middag besoek. Owen, sy vrou, ‘n diensmeisie en ‘n tolk, asook ‘n twaalfjarige seun William Wood, het sedert Augustus 1837 daar gewoon. Owen het ‘n dagboek gehou wat baie lig werp op wat in Februarie 1838 gebeur het.

Op Sondag 4 Februarie het Dingane en ‘n aantal Zoeloes Retief en vyf van sy manne, almal ongewapen, ontvang. Retief het reeds ‘n traktaat in Engels laat opstel wat op die volgende neerkom: aangesien Retief die beeste wat Sekonyela geroof het, aan hom terugbesorg het, skenk Dingane aan Retief en die trekkers die plek genoem Port Natal en al die omliggende grond van die Tugela na die Umzimvubu weswaarts as ewigdurende eiendom. Die traktaat is 4 Februarie gedateer.

Op Maandag 5 Februarie het Dingane allerhande vertonings vir die Boere laat hou. Terwyl die koning onder sy wildevyeboom sit, het sy “witskilde” en “swartskilde”, die veterane en die jong krygsmanne, hul danse uitgevoer tussen sy wit en swart osse. Daarop het Retief en sy manne ‘n militêre vertoning buite die stad gelewer.

Teen sononder het die “wildebeeste”, ‘n regiment jong Zoeloes, in die rigting van Dingaan se kraal gehardloop. Hul sang was so dreigend dat die jong William Wood, wat die woorde kon verstaan, gesê het hy is bang dat Retief en sy manne vermoor gaan word. Niemand het hom ernstig opgeneem nie. Dit was te laat in die dag om te vertrek, en dit kan wees dat die traktaat toe nog nie onderteken was nie.

Op 6 Februarie het die trekkers Dingane weer besoek. ‘n Paar Boere is die môre na Owen se huisie om ‘n klein voorraad koffie en tee te gaan haal. Aan hulle het William Wood vertel hy dink Dingane gaan hulle vermoor. Nóg die Boere, nóg Owen het hulle aan Wood gesteur.

хирургическое лечение заболеваний пародонтаФильчаков прокуратура харьков

Verloopte Afrikaners skuld ons ‘n verskoning

Dit is so duidelik soos daglig dat die groot meerderheid blankes vandag ontevrede is met die onding wat in 1994 op ons losgelaat is. Was hulle nie, het groot getalle blankes byvoorbeeld ook vir die ANC gestem in elke verkiesing. Tog stem 90% of meer van die blankes as ‘n teken van protes vir ‘n party wat op die oog af probeer voorgee dat hy die ANC teenstaan, die DA, maar wat eintlik maar net ‘n Engelse ANC is. Die res stem grootliks vir die VF+ en ander partye, buiten die ANC. Daardie blankes maak so omdat hulle protes wil aanteken teen die endemiese wanbestuur, korrupsie en anargie wat ‘n swart regering tot gevolg gehad het.

Toe Julius Malema onlangs meer uitgesproke begin raak het oor nasionalisering, het die media eweneens berig dat die toue blankes voor emigrasie-agentskappe langer geword het. Op Facebook en op nuusblaaie op die internet kan die grootskeepse blanke ontnugtering met die Nuwe Suid-Afrika nie net waargeneem word nie; dit spring uit die webblaaie en slaan jou oor die kop. Daar is duidelik grootskeepse bitterheid en ontnugtering onder blankes. Die wonderlike NSA wat aan ons voorgehou is, het geblyk ‘n hel te wees.

Die Nuwe Suid-Afrika het egter nie bloot uit die lug op ons neergedaal nie; dit is die resultaat van ‘n lang reeks verraderlike optredes, ondermyning en doelbewuste sabotasie van blankes se belange, dikwels gepleeg deur blankes self. Dié sabotasie wissel vanaf die Jode wat die intellektuele stukrag agter die ANC in die 1950s was, diegene soos Joe Slovo wat gesorg het dat die gewelddadige Xhosa-godjie, Mandela, bó ‘n Zoeloe as ANC-leier verkies is, die Joodse skrywers van die Freedom Charter, tot by Engelse, liberale agitators vir die terroristiese ANC, soos Rooi Helen Zille. Dan praat ek nie eens van verloopte en patetiese Afrikaners soos die sogenaamde “Oom Bey” en Carl Niehaus nie. My oom is Beyers Naudé beslis nié; ek skaam my om te dink dat so ‘n verraaier en verleentheid vir ons as Afrikaners soos Naudé ook ‘n Afrikaner kon wees. My enigste troos is dat selfs die Noorweërs Vidkun Quisling in eie geledere gehad het, ‘n ewigdurende skandvlek op die naam van die Noorweegse volk.

En dan natuurlik die monumentaal onbekwame FW de Klerk en sy spannetjie NP- en Broeder-verloorders; diegene wat so skandelik by Kodesa boedel oorgegee het.  FW de Klerk en sy medekapituleerders bly hardnekkig opgee oor hoe ons ons op die mislukte grondwet wat hulle oorgawe tot gevolg gehad het, moet beroep. Maklik om te sê as jy met ‘n EU-burger getroud is en dus kan vlug as dinge handuit ruk met jou EU-paspoort, en in weelde op ‘n wynplaas of by die see kan woon, FW. Nie so maklik as jy ‘n blanke is wat nie ‘n werk of ‘n bevordering kan kry omdat jou vel wit is nie, of as jy een van die 800 000 Afrikaner- nouveaux pauvres is wat hulle in blanke plakkerskampe bevind nie.

Dit is slegs die bittereinderlinkses, die Jeremy Cronins en Max du Preez’s van die lewe, wat hardnekkig weier om pa te staan vir hulle verraad, wat steeds bly vaskleef aan die onnosel waansin van hulle verlede.  Die mees ironiese voorbeeld van dié verskynsel was die Afrikanerhatende skryfster Nadine Gordimer, wat deur swartes aangeval is in die einste reënboogutopie waarvoor sy haar beywer het, maar wat steeds nie die kloutjie by die oortjie kan bring nie; wat eerder seksuele fantasieë oor haar “gladde, gespierde” aanvaller gekoester het, na afloop van die aanval op haar.

Dit word egter vir selfs die mees verloopte Afrikaners duidelik dat hulle baie het om voor verantwoording te doen. Hulle skuldgevoelens word dikwels in hul geskrifte verwoord, alhoewel hulle nooit persoonlike aanspreeklikheid sal aanvaar nie. Breyten Breytenbach, ‘n ANC-meeloper van formaat destyds, klink deesdae presies nes ‘n sogenaamde regse van 1993, soos hy steen en been kla oor die NSA se magsmisbruik. Willie Esterhuyse, ‘n sogenaamde filosoof, skryf ‘n bitter rubriek in verlede week se Rapport oor hoe Suid-Afrika afstuur op ‘n mislukte staat. Sulke artikels laat my dikwels wil verstik aan die galsmaak wat dit in my mond laat. Dit was jý, Willie Esterhuyse, wat jouself hiervoor beywer het en wat so te velde getrek het teen die sogenaamde verkramptes wat jou presies teen dít waaroor jy vandag so kla, gewaarsku het! Slaap nou in die bed wat jy gemaak het, of hou jou bek! Nietemin sal nóg Breytenbach, nóg Esterhuyse, die voor-die-hand-liggende stap neem en persoonlik pa staan vir hulle optrede van die verlede. Dis asof hulle verbaas is oor presies dít waarvoor hulle hulself beywer het. Hoe kan ‘n sogenaamde intellektueel homself so dom wil hou oor die regstreekse nagevolge van sy optrede?

Ek wil aan die hênsoppers, liberales, meelopers en uitverkopers onder blankes, die Esterhuyses, De Klerks en Breytenbachs ‘n vraag vra: Gaan julle om verskoning vra vir julle laakbare en verraderlike optrede van destyds? Gaan julle opregte berou toon, en in die openbaar so maak, deur byvoorbeeld briewe aan die pers te skryf waarin julle openlik erken dat julle verkeerd was, en waarin julle om gewone Afrikaners se vergifnis smeek? Ek is van mening dat julle dringend so moet maak. Kom met ‘n eerlike verskoning aan Afrikaners vorendag, of anders gaan ek en ander Afrikaners nie verbaas wees om te sien dat julle in die afsienbare toekoms voor ‘n Afrikaner-ekwivalent van die WVK-sirkus sal moet verskyn om boete te doen vir die enorme skade wat julle jul volk aangedoen het nie.

для банитопкарго кидалы

Beeld onderdruk polemiek rondom Tim du Plessis se ‘Yeats’-rubriek

Suid-Afrika is meer en meer besig om in volslae absurditeit te verval. Een van die teenstrydighede is die “liberale” media soos Beeld wat allesbehalwe liberaal is as dit daarby kom om ander se menings te verdra.

Juis gister is twee taamlik onskuldige reaksies van my by Tim du Plessis se jongste rubriek op Beeld verwyder, asook ‘n ander bydrae deur mnr. Leendert van Oostrum. Waarom? Ek laat dit aan my lesers oor om self ‘n oordeel te vorm oor die liberale verdraagsaamheid van Beeld en diegene wat sy kommentaarruimtes modereer.

Die vraag kan tereg gevra word: Gaan Yeats ons van ondergang red?

My eerste reaksie op Beeld

Janee, Leendert, ek kan nie meer met jou saamstem nie. Ek het al in 2000 gesien waarheen ons op pad is met die ANC se swart-nasionalistiese arrogansie en het in Rapport en elders daaroor en oor die gruwelike geweldsmisdaad probeer skryf. Maar ek is in die Nasperskoerante, veral Die Burger as ‘n “rassis” en reaksionêr uitgekryt. Eers is mense op ‘n dwaalspoor gelei en noudat die skrif so groot aan die muur is dat selfs die blindes dit kan sien, word daar na strooihalms soos “Things fall apart” gegryp. Asof Chinua Achebe van Nigerië nie al in die laat vyftigerjare ‘n boek met daardie Yeats-titel geskryf het nie.

Terloops, Tony Leon, met wie ek op universiteit was, is allermins ‘n kenner van letterkunde. Dis net die soveelste cliché wat een of ander ligstraaltjie van “insig” moet bied in ‘n donker gat waarin ons op georganiseerde wyse ingestoot is, met Naspers en FW de Klerk voor in die koor!

My tweede reaksie op Beeld

@Frik Hoe sou ons ons kon verskans? Soos Israel… Ek weet dis nie ‘n baie positiewe voorbeeld nie, maar ons vyande is nie so magtig soos dié van Israel nie. Swart Suid-Afrikaners is nie naastenby so fanaties soos Moslems nie en beskik ook nie oor olie nie, dus sou daar ‘n politieke balans tussen hul getalle en ‘n Afrikanerstaat ontstaan het wat vir die hele Suider-Afrika tot voordeel sou gewees het. Die feit dat ons nie almal op een plek woon nie, kon deur ‘n kantonstelsel soos in Switserland aangespreek word. Jacques du Toit hier onder is reg dat die NP nie onderhandel het nie, maar bloot gekapituleer het. ‘n Kompromie was moontlik destyds, want ons het steeds die Weermag, Lugmag en Vloot agter ons gehad, terwyl die ANC grootliks die dreigement van getalle en propaganda/negatiewe publisiteit gehad het.

Ná die mislukking van 1994 kon ons steeds Afrikaners rondom die idee van selfbeskikking en intellektuele argumente soos rondom 2000 gemobiliseer het, maar danksy die verdagmakery, verguising en propaganda van die Naspersmedia teen kritiese denkers/Afrikanerdissidente het daardie geleentheid ook verbygegaan. Vandaar die tien verlore jare. Noudat die krisis regtig groot is, word daar van ons verwag om een of ander haas uit die hoed te pluk, maar ons is van alles gestroop: van ons wapens, ons instellings, ons identiteit, ons taal en kultuur, selfs ons menswaardigheid en reputasie. Maar die feit dat ons erkenning kry dat ons reg was, is darem ‘n oorwinninkie en skep hoop.

My derde reaksie op Beeld

Beeld se moderators verwyder sowaar my en Leendert se kommentaar op Tim du Plessis, sulke eksemplariese liberale! Waarom? Vrees u dat die “stemme van rede” dalk die gebrom van domheid en sikofansie mag oorweldig? Wat sou ons sonder praag.co.za gemaak het waar ‘n mens ten minste kan debatteer sonder hierdie Broederbondsensuur uit die jare toet! U sanik so oor apartheid (wat u een en almal gedien het), maar as daar nou ooit “apartheidsdinousourusse” was, is dit diegene wat ons steeds probeer sensureer, ons menings onderdruk en kritiek in die kiem probeer smoor. Wat Tim du Plessis hier bo sê, is nie kritiek nie, want dit bevraagteken geen veronderstellings van hierdie korrupte en bose orde nie. Dis blote wensdenkery dat “nuwe swart leiers” sal opstaan om die waansin te keer, terwyl ons apaties moet terugsit en rugby kyk, met ‘n Klipdrift en Coke byderhand. Gelukkig plak ek ook my kommentaar op roodt.org, dus kan Beeld maar aanhou verwyder, sensureer en spraakvryheid inperk…

Lees ook Dan Roodt se rubriek in Engels vandag: The rise of the Left spells disaster for South Africa.

 

все для скважинтопкарго развод

Erge SA risiko’s wat ons moet bestuur

Dit word toenemend duidelik dat waarskuwings oor die toekoms van die land wat destyds deur veral Naspers se NSA-juigkommando as synde rassisties en verkramp afgemaak is, ‘n baie goeie kans staan om te realiseer. Die dag as die einste Naspers-juigkommando begin kriewelrig raak, en neerslagtige rubrieke oor die toenemend dreigende situasie alledaags word in die hoofstroommedia, kan jy seker wees ‘n Zimbabwiese scenario vir Suid-Afrika word by die dag meer waarskynlik, met gepaardgaande anargie en ekonomiese ineenstorting. Dit is nie net Malema se uitlatings in hierdie verband wat onheilspellend is nie.

Faksies binne die Cosatu-vakverbond het ook op sy pas afgelope kongres hul steun begin uitspreek vir nasionalisering. Daar is ongetwyfeld senior ANC-figure wat bankvas agter Malema staan. Nasionalisering en grondroof sal slegs een uitkoms hê, en dit is om Zimbabwe na ‘n kinderkranspiekniek te laat lyk. ‘n Gereelde kommentator op die Praagforum se gespreksblad, ene Caveat Emptor, maak dus die baie geldige punt dat hiperinflasie ‘n baie werklike en skrikwekkende moontlikheid is vir Suid-Afrika. So ook skryf RW Johnson op die blad Politicsweb.co.za oor wat die gevolge van nasionalisering vir Suid-Afrika kan inhou. Ek haal uit Johnson se rubriek aan:

“The result would undoubtedly be the loss of many millions of jobs and a huge crash in asset values across every sector, leading to the mass immiseration of the country. Such phenomena would doubtless be accompanied by massively destructive social unrest, crime waves, xenophobic violence and other vicious side effects. This would destroy the social basis of democracy so that if the ANC was determined to remain in power, it would probably have to rule by terror.”

Die vraag wat elke denkende blanke snags wakker hoort te hou, is hoe om hierdie soort risiko’s te bestuur. Hoe gemaak as jou vyfmiljoenrand-pensioen presies $1.39 werd word, of as die 17-jarige sogenaamde “war veterans” by jou voorstedelike voordeur opdaag en jou laat verstaan jy het een uur om jou huis te ontruim? Die gelukkiges; die rykes en gekwalifiseerdes kan uitwyk na die buiteland, maar die meerderheid Afrikaners kan nie emigreer nie. Om jou bloot te verbeel dit gaan jou help om vir die DA in die sinnelose rassesensusse wat verkiesings is te stem, is om in ‘n gevaarlike staat van ontkenning te leef. Om te dink jy kan ‘n komitee verkies wat op ‘n volkstaat gaan aandring, en dat sodanige volkstaat gou genoeg gaan realiseer, is eweneens nie tans ‘n realistiese verwagting nie.

‘n Volkstaat sal terloops ook nie die probleem van die blankes buite sy gebied oplos nie, en veral nie die plaasboere s’n nie. Die plaasboere is die dun groen lyn wat in die voorste linies staan tussen ons en ‘n Zimbabwiese nagmerrie, en dit is dus nie om dowe neute dat daar toenemend druk is vanuit alle oorde, ook vanuit die sosialistiese DA by monde van Lindiwe Mazibuko, om die boere etnies van hul grond te reinig nie. Die dag as die DA en ANC se programme van grondroof beter bestuur word, soos wat me Mazibuko in die parlement gedreig het die DA sal maak, is die dag dat Zimbabwe hier by ons ‘n realiteit word.

Na my mening het ons dus minder as 5 jaar oor om dringend planne te smee, want sou Zuma die ANC-kongres in 2012 oorleef, het ons 5 jaar oor van Zuma se onbekwame maar relatief goedgesinde bewind oor. Relatief goedgesind, want sy opvolger, ‘n kandidaat wat vir die ANCYL aanvaarbaar is, gaan ‘n perd van heeltemal ‘n ander kleur wees. Soos vele ander ook al gehoop het, sou dit goed wees as ons ons verskille opsy kon skuif en vergeet van nimmereindigende en doellose argumente oor bysake soos die benaming van Afrikaner teenoor Boer of voortydige stryery oor simbole en vlae. Ek sou reken daar is ‘n hele aantal aksies wat nou dringend nodig is. Hulle sluit in:

  1. Maak die wêreld nou reeds bewus van wat vir Suid-Afrika en Afrikaners spesifiek mag voorlê. Gebruik die media en bestaande blanke emigrante hiervoor.
  2. Vestig verhoudings met goedgesinde, buitelandse blankes soos die Amren-beweging asook die bestaande emigrante, met die oog op ‘n moontlike grootskeepse gedwonge vlugtelingstroom uit Suid-Afrika. Die VSA het byvoorbeeld heelwat Viëtnamese vlugteling ná 1973 ingeneem.
  3. As Rwanda se volksmoord môre sou losbars, met wie praat die Navo-bevelvoerders? Wie is diegene wat namens Afrikaners praat? Nomineer of verkies dus woordvoerders vir die volk, wat Afrikaners se saak by die VN kan gaan stel, of wat namens Afrikaners met wie ook al kan onderhandel om politieke asiel, of dan vir ‘n Darfoer-tipe territoriale skikking. Tans is dit amper by verstek verdeel tussen Afriforum, Pieter Mulder en die VF+, maar daar is niemand wat slegs vir dié doel verkies is nie. Ek meen terloops dat die verkiesing van verteenwoordigers van die breë Afrikanervolk eintlik presies was wat die VVK moes doen, maar nou ja – ‘n bepaalde godsdienstige ideologie het realisme opnuut getroef en gesorg dat die VVK homself beperk het tot wat Johann Wingard die Super-Boere noem.
  4. Vestig ‘n noodplan om die Rwandese scenario te vermy. Die media en linkses het gespot met die Suidlanders se ontruimingsplan, maar ‘n volksmoord is geensins uitgesluit nie. As dit in Joegoe-Slawië kon plaasvind, kan dit hier ook gebeur. Organiseer die volk op streeksvlak en dink militêre scenario’s en strategieë uit om dit teen te werk.
  5. Probeer om die ekonomiese en geldelike risiko’s te bestuur. Die dag as die Zimbabwiese hel op ons toesak, gaan jou rande minder werd word as toiletpapier, en laasgenoemde sal in ieder geval nie in die winkels beskikbaar wees nie. Daar word in linkse en liberale kringe vreeslik gespot met die blikkieskos-opgaardery voor 1994, maar gee kans: Die opgaardery was waarskynlik bloot 20 jaar te gou. Wat ek meen nodig is, is ‘n soort buitelandse verskansingsfonds vir Afrikaners, wat uitsluitlik in lande soos China belê, en wat sal onderneem om sy lede in dollars, yuan of euro’s uit te betaal vir wanneer die wiele in Suid-Afrika afkom.

Ek is egter steeds skepties of sestig komitees of honderde eindelose vergaderings juis sal help om bogenoemde en ander aksies op die been te bring. Dit is waarskynlik oor aan individue om die stang vas te byt, en vir individuele kundiges op byvoorbeeld die gebied van finansies en beveiliging, om die inisiatief te neem.

для диагностикиОлександр Васильович Фільчаков

Salafiste – die nuwe Moslembedreiging?

Duitsland het, volgens die minister van Binnelandse Sake Hans-Peter Friedrich, teen die einde van 2010 29 aktiewe Islamitiese organisasies met amper 40 000 aanhangers en meelopers gehad.

Maar, het Friendrich gesê, die Moslem-terreurbereiging is lank nie meer waar Al Kaïada die toon aangee nie. Hy waarsku teen die wêreldwye opkoms van die snelgroeiende groepe, die Salafiste. Dié groepe vestig hul aandag op jong mense en span die modernste tegnologie in soos die internet. En die jong mense word erg deur die internet misbruik.

Die interessantheid is dat die Salafiste eintlik terugverwys na die heel eerste generasie Moslems – dié wat saam met Mohammed geleef het. Wat hulle egter met die Salafiste in gemeen het is erg gebrekkige kennis van die Islam – met ‘n paar radikale standpunte – goed en sleg –  wat hulle verabsoluteer.

и насосныеФільчаков Олександр Васильович

Waarom hemel Leopold Scholtz vir Solidariteit op?

Leopold Scholtz skryf vandag ‘n lofprysing aan Solidariteit in Die Burger. As ‘n mens iets doelbewus verswyg kan gewoonlik daaruit afgelei word dat daar ‘n motief vir die verswyging bestaan.

Ek stel die volgende aan u, dr. Scholtz: Die feit dat u nou Flip Buys en sy Solidariteit voorhou as die redelike stem uit die NSA eintlik n desperate poging is om die volksverraaier, FW de Klerk, se aansien in die buiteland te probeer red deur steun vir sy ineengestorte NSA-reënboognasie te skep.

Hoekom word u en FW de Klerk se deelname as deel van die Solidariteitsgroep nie genoem nie? Dit kan n mens ook laat wonder waar Pik Botha en Roelf Meyer moontlik inpas?

Graag verneem ek u mening rondom die ongetemperde volksmoord wat deur die ANC-regime stilswyend toegelaat word, die diskriminasie by werksgeleenthede en nou die onteiening van blankes se plase wat tot dusver vir voedselsekerheid gesorg het. Die ANC se ontbinding van veiligheidsgroepe om die boere te probeer beskerm en nou ook die eerste plaasbesetting deur swartes in die NSA is insgelyks uiters kommerwekkend.

So pas het die kragbron ESKOM hulle onbekwame ANC-mense tot meer as 500%-verhogings toegestaan terwyl dit in die vooruitsig gestel word om die kragtariewe nou so te verhoog dat dit nie meer bekostigbaar vir die gewone man op die straat gaan wees nie.

Dit ontwyk my watter regdenkende mens nog bereid sal wees om onder hierdie uiters onsuksesvolle ANC-regime samewerking te wil bewerkstellig ná 17 jaar se stereotipe vernietiging van ons land – sonder om een enkele mens se lewe te verbeter of twee bakstene op mekaar te pak. Wat uitstaan is die regime se ongekende selfverryking  benewens natuurlik FW de Klerk se eie verryking. Flip Buys tref my as naïef of dalk gaan dit vir hom maar ook net oor finansies en is hy bloot besig om vir sy organisasie geldelike steun in die buiteland te soek terwyl ons mense in die NSA-dwingelandy aanhou krepeer.

обувь для яхтингаФильчаков прокурор

Winburg-konsentrasiekampkerkhof ‘haglik’

Die Erfenisstigting het die haglike omstandighede waarin die Anglo-Boereoorlogse konsentrasiekampkerkhof op Winburg is, by die Groen Skerpioene verkla. ‘n Woordvoerder van die stigting, Cecilia Kruger, sê die terrein lyk die ergste van die 53 in die land.

Die Masilonyana-munisipaliteit het na bewering belowe om die terrein op te ruim. Kruger sê die Erfenisstigting sal die munisipaliteit hof toe neem indien hulle nie ophou met uitgrawings in die gebied nie.

Die Erfenisstigting sal nou in samewerking met die munisipaliteit die terrein begin skoonmaak. Indien die gebied weer verval, sê Kruger hulle sal dit moet oorweeg om die grafte op te grawe en weer by die kerk te herbegrawe.

фильтр воздухаФильчаков прокурор харькова

Swart SAner uit Oostenrykse restaurant gejaag

‘n Swart Suid-Afrikaanse driekampatleet is in die dorpie Klagenfurt in Oostenryk toegang tot ‘n restaurant geweier, berig Beeld.

Enoch-Xolani Katu (24) is deur uitsmyters verhoed om by die restaurant in te gaan, blykbaar omdat “die baas nie swartes hier wil hê nie”.

“Daar was drie uitsmyters. Hulle het gesê hulle het ’n probleem met my. Die ‘baas’ het vir hulle gesê om nie swart mense toe te laat nie,” het Katu gesê. “Ek was in elk geval moeg en nie lus om ’n bohaai te maak nie. Toe stel ek voor dat ons dadelik loop. Ons het in ’n ander plek iets gaan drink en huis toe gegaan.”

Lees die volledige berig hier.

слюнявчики для детей купитьлобановский александр дети