Nog NVP-lid vermoor

Sipho Mtshali, ‘n lid van die Nasionale Vryheidsparty, is doodgeskiet toe hy op pad huis toe was ná ‘n vergadering by die Vosloorus-hostel in Boksburg, oos van Johannesburg, het die party Dinsdag gesê.

“Mtshali het Sondag die party se erfenisdagvieringe gereël voordat hy doodgeskiet is,” het Zanele Cele, woordvoerder, gesê.

‘n NVP-ondersteuner, Nkosi Ngwabe, is Saterdag geskiet en gewond by die Umlazi Eenheid 17-hostel in Durban. Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n saak van poging tot moord ondersoek word, maar kon nie bevestig dat ‘n NVP-lid betrokke was nie.

“Die motief vir albei aanvalle is nie bekend nie, maar die NVP vermoed dit is die voortduring van sistematiese aanvalle om vrees by die NVP se ondersteuners in te boesem.”

Sedert die party se ontstaan is 15 lede in onderskeie voorvalle vermoor.

Данильченко

Twee pasiënte in Durbanse hospitaal vermoor

‘n Vroulike en ‘n manlike pasiënt is vermoor binne die King Edward VIII Hospitaal in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.

Die polisie is Sondag in kennis gestel van die moord op ‘n 49-jarige man, het lt. kol. Vincent Mdunge gesê.

Hulle het sy lyk in die hospitaal gekry met wurgmerke aan die nek en verskeie kneusmerke. ‘n Vrou, wie se ouderdom nie bekend gemaak is nie, is ‘n paar uur vroeër in dieselfde hospitaal vermoor.

“Die twee pasiënte is blykbaar vermoor, maar ek kan nie meer besonderhede verskaf nie.”

Die man het ‘n paar dae voor sy dood sy familie gekontak om oor slegte behandeling in die hospitaal te kla, het Mdunge gesê.

Twee moordsake word ondersoek. Hospitaalbestuur kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Лобановский Харьков

7 miljard mense op aarde – en binnekort 2 miljard in Afrika

Op 31 Oktober vanjaar gaan daar 7 miljard mense op aarde wees. In sommige dele van die wêreld neem bevolkingsgroei af, maar in Afrika gaan die bevolking oor die volgende veertig jaar verdubbel om twee miljard mense te bereik.

Menings oor hoeveel mense “die aarde kan dra” wissel, van diegende wat sê dat die aarde reeds oorbevolk is tot optimiste wat dink dat selfs ‘n triljoen mense op aarde nie te veel sal wees nie. Veertig jaar gelede het ‘n lewendige debat oor die onderwerp gewoed en neo-Malthusiane het voorspel dat hongersnood en maatskaplike verval op enige verdere uitbreiding van die menslike bevolking sou volg.

Terwyl Europese bevolkings stagneer en ouer word, gaan Afrika en Asië oor die volgende paar dekades elk nog ‘n miljard mense by hul bestaande getalle voeg. In die geval van Asië sal dit slegs 25% van die huidige 4 mijard beteken, maar in Afrika sal dit 100% van die huidige een miljard verteenwoordig. In Niger baar elke vrou gemiddeld 9,1 kinders en in Oeganda 5,3 kinders. In sommige Europese lande soos Italië of Oostenryk is die syfer gemiddeld 1,5 kinders per vrou.

Indien Suid-Afrika se swart bevolking die algemene neiging in Afrika volg, sal daar oor veertig jaar nagenoeg 100 miljoen mense wees; dit is nou afgesien van onwettige immigrasie wat die land se bevolkingstal nog verder mag opstoot. Teen 2050 sal Afrikaners dus minder as 2 persent van die land se bevolking uitmaak en die blankes as geheel minder as 4 persent. Of die land se infrastruktuur, waterbronne en voedselproduksie so ‘n groot bevolking sal kan verdra, is ‘n ander vraag.

Данильченео

Globale konferensie in New York oor dieetsiektes

‘n Globale konferensie onder beskerming van die Verenigde Nasies oor “nie-oordraagbare siektes” het gister in New York begin. Hierdie siektes word grotendeels deur menslike gedrag veroorsaak, soos rook, oormatige drankgebruik, ‘n ongesonde dieet en gebrek aan oefening.

Die sogenaamde “groot vier” siektes maak meer mense in die ontwikkelde wêreld dood as MIV en malaria in Afrika. Die “groot vier” behels: kardiovaskulêre siektes, kankers, chroniese asemhalingsiektes en suikersiekte. Weens ekonomiese groei en groter welvaart is hierdie siektes egter ook besig om na voorheen arm lande te versprei en kan die wêreld se gesondheidstelsels daardeur oorweldig raak op ‘n veel groter skaal as wat die Vigs-pandemie kon veroorsaak.

Mnr. Michael Bloomberg, burgemeester van die gasheerstad, New York, het reeds verskeie innoverende maatreëls getref in ‘n poging om sulke mensgemaakte siektes in sy stad te verminder. Sogenaamde “trans-vette” in kos word reeds in die stad verbied, asook rook op openbare plekke. Restaurante en kafees word verplig om kilojoule-waardes van disse te publiseer en gesondheidswaarskuwings moet op versoete koeldranke aangebring word. Argitekte en konstruksiemaatskappye word insgelyks aangemoedig om geboue te ontwerp wat mense eerder trappe laat klim as hysbak ry.

In Frankryk het ministers ‘n nuwe belasting op Coca-cola en ander versoete drankies aangekondig wat van die begin van aanstaande jaar gehef sal word. Soortgelyk aan aksynsbelasting op sigarette en alkoholiese drank, wil die regering sodoende verbruikers ontmoedig om te veel suiker in te neem. Nie net mag dit die gewigsprobleme van die bevolking aanspreek nie, maar ook broodnodige euro’s na die Franse staatskoffers laat vloei, na raming ongeveer 120 miljoen euro per jaar.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is 36 miljoen uit die 57 miljoen wêreldwye sterftes in 2006 deur NOS’e (nie-oordraagbare siektes) veroorsaak, waarvan die meeste in ontwikkelde lande plaasgevind het. Dit tref veral mense onder 60 en veroorsaak enorme kostes.

Sommige lande bestee reeds 7% van hul bruto binnelandse produk aan hierdie voorkombare siektes wat grootliks deur sigarette, alkohol, ‘n swak dieet en gebrek aan oefening veroorsaak word.

Die konsepverklaring wat deur die VN opgestel is om sterk maatreëls teen NOS’e te bevorder, is egter intussen afgewater. Blykbaar fokus die verklaring tans veral op maatreëls teen tabak, wat deur sommige tabakproduserende lande teengestaan word.

Maar volgens Ann Keeling, uitvoerende beampte van die NOS-alliansie, wat nie-regeringsorganisasies teen die siektes verteenwoordig, is “alles nie verlore nie. Daar is besonder sterk verklarings in die teks wat twee jaar gelede onvoorstelbaar was.”

Nogtans is daar geen spesifieke teikens in die verklaring nie, asook geen verbintenis om die inname van sout te verminder wat ‘n bewese oorsaak van hartvatsiektes is nie. Die verklaring bevat ook min verwysings na die vermindering van alkoholverbruik deur hoër pryse, belasting en ‘n uitdruklike verbod teen die bemarking daarvan aan kinders.

Hierdie halfhartige verklaring staan in sterk kontras met die ander wêreldkonferensie teen vigs wat tien jaar gelede deur die VN gereël is om die 32 miljoen lyers aan dié siekte se lot te verbeter.

Die Londense hoof van die Britse skool vir higiëne en tropiese medisyne en ‘n voormalige hoof van die VN se vigsagentskap, Peter Piot, meen dat streng maatreëls nodig is: “Al is ek meer met vigs gemoeid, is ek daarvan oortuig dat nie-oordraagbare siektes die grootste bedreiging vir globale gesondheid verteenwoordig. Dit mag die rug van gesondheidsdienste breek.”

прокурор Фильчаков

UNPO oorweeg internasionale feitesending

Die internasionale organisasie UNPO is in Brussel, België deur dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, gevra om ‘n feitesending na Suid-Afrika te oorweeg.

“Met ‘n feitesending kan die organisasie eerstehands menseregte, korrupsie, plaasmoorde, rasseverhoudinge, die posisie van minderhede en die algemene stand van die demokrasie in Suid-Afrika kom vasstel,” het dr. Mulder verduidelik.

UNPO oorweeg tans die voorstel. Die organisasie het onlangs so ‘n feitesending na Abkhazia onderneem en ‘n verslag oor die probleme wat die gebied ervaar, uitgebring.

Dr. Mulder het die voorstel gedoen tydens die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel waar hy die aanwesiges oor die huidige situasie in Suid-Afrika toegelig het.

“Anders as in die verlede was daar groot begrip vir die probleme in Suid-Afrika en is ek baie simpatiek ontvang. Mnr. Mandela is steeds ‘n onaantasbare internasionale ikoon met die gereelde vraag waarom hy nie iets aan die uitlatings van sy ‘naamgenoot’ Malema doen nie!” volgens dr. Mulder.

“Die ANC se voorneme om teen die Malema ‘Skiet-die-Boer’-haatspraak hofuitspraak te appelleer, stuur ‘n baie negatiewe boodskap oor verhoudinge in Suid-Afrika die wêreld in. Hoewel die boodskap ‘n oorvereenvoudiging van die ANC-standpunt en die situasie in Suid-Afrika is, kan daar nie verwag word dat die wêreld al die ingewikkeldhede van ANC-politiek moet verstaan nie,” het dr. Mulder gesê.

Tydens die vergadering is daar onder andere ook verslag gedoen oor die situasie in Abkhazia en Tibet en van die teregstelling van sekere Uyghers in China.

“Die les wat ‘n mens uit so ‘n internasionale byeenkoms leer, is dat as jy reaksie en hulp van die internasionale gemeenskap tydens ‘n krisis verlang, dit te laat is om eers tydens die krisis hulle daaroor te probeer beïnvloed. Daarom moet die positiewe en negatiewe gebeure in Suid-Afrika deurlopend onder die internasionale gemeenskap se aandag gehou word. Te veel buitelanders glo Suid-Afrika verkeer nog in die ‘wittebroodtyd’ van kort na 1994 met mnr. Mandela in beheer en is daarom verward met die Malema-uitsprake,” volgens dr. Mulder.

Positiewe gebeure soos die uitbreiding van Suid-Afrika se infrastruktuur tydens die Wêreldbekersokkertoernooi asook die goeie gesindhede wat tussen die meerderheid Suid-Afrikaners heers, maar ook die negatiewe van plaasmoorde was deel van dr. Mulder se toeligting.

UNPO is ‘n internasionale organisasie wat optree in belang van minderhede regoor die wêreld. UNPO het tans ongeveer 50 lede wat meer as 200 miljoen mense van regoor die wêreld verteenwoordig. (Vir meer inligting oor die organisasie besoek www.unpo.org )

лобановский александр жена

Zuma steun Palestyne

President Jacob Zuma gisteraand gesê Suid-Afrika sal Vrydag Palestina se soeke vir ‘n selfstandige staat by die VN ondersteun.

“Ons het te make met ‘n volk wat geen regte het nie, en in opvolging van die VN se menseregte soort van toestand en die beginsel, dink ek hulle behoort ‘n geleentheid gegee te word omdat hulle die hele tyd geblokkeer word.

“Ek dink in hulle posisie sou ek dieselfde doen sodat jy beweeg na ‘n spesifieke verhoog, en ons sal dit ondersteun,” het die president gesê.

Zuma, wat geskeduleer is om die VN se Algemene Vergadering môre toe te spreek, het ook gesê Suid-Afrika is “oop” om Libië se toekoms te bespreek, maar het aangedring op die Afrika-Unie se deelname.

“Ons wil nie sien dat die Libiese proses voortgaan sonder AU deelname nie. Dit is ‘n lidstaat van die AU,” het Zuma gesê.

Hy het gesê Suid-Afrika is bereid om die saak behoorlik in die VN te opper “in die hoop dat ‘n duidelike resolusie” gevind kan word.

Suid-Afrika het herhaaldelik NAVO se militêre ingryping in Libië gekritiseer en die wyse waarop die VN-resolusie 1973 se vliegspersone geïmplementeer is, wat lugaanvalle toegelaat het.

Suid-Afrika weier om die Nasionale Oorgangsraad, die oorloggeteisterde land se huidige tussentydse regering, te erken.

Vroeër gister, het president Mahmoed Abbas gesê hy is vas van plan om volle VN-lidmaatskap vir sy Palestynse staat te soek, al sou “alle hel uitbreek” oor die stap omdat beide die VSA en Israel gekant is daarteen.

Abbas, wat op pad na die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies is, het gesê hy is deur die VSA en die Europese regerings vertel dat “sake sal versleg” na sy skuif wat sy frustrasie met ‘n sterwende vredesproses weerspieël.

“Tot watter mate, sal ons later uitvind,” sê Abbas, hoof van die Palestynse Owerheid, wat afhanklik is van internasionale finansiële steun vir sy oorlewing in die Israelies-besette Wesoewer.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die Palestynse Owerheid $200 miljoen van Saoedi-Arabië sal ontvang.

Фильчаков Александр Васильевич

‘Verkragting van die geskiedenis’

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag op ‘n nuuskonferensie by Luthuli-huis in Johannesburg gesê regter Colin Lamont se uitspraak dat sang van “skiet die Boer” in die openbaar verbied word, nie betrekking het op ANC-lede nie. Die lied waarin die woorde “skiet die Boer” voorkom, is beter bekend as Ayesab’amagwala.

Ayanda Dlodlo, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), en sekretaris-genl. van MK se veteranevereniging, het die uitspraak van Lamont as ‘n “verkragting van die ANC se geskiedenis” beskryf. “Die NUK het sy toewyding aan die beskerming van sy erfenis beklemtoon deur teen die hofuitspraak wat ons vryheidslied verban, te appelleer,” het die ANC in ‘n mediaverklaring gesê.

Sdumo Dlamini, president van Cosatu, het Sondag tydens ‘n vergadering in Durban vakbondlede aangehits om die omstrede lied te sing. “Die vryheidsliedere is deel van ons geskiedenis en ons moet dit behou.
Om die lied te verbied is nie volhoubaar nie en mense sal aanhou om dit te sing,” het Dlamini gesê.

Lamont se beslissing verlede week in die gelykheidshof in Johannesburg dat die lied haatspraak verteenwoordig, is deur die meeste ANC-lede verwerp. “Indien die lied op ‘n Cosatu-vergadering gesing word, is dit nie minagting van die hof nie. Net Julius Malema word by name genoem in die uitspraak,” het Mantashe verklaar.

Mantashe het Maandag oor die afgelope naweek se vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) in Pretoria, verslag gedoen.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Valke-man ontvang doodsdreigemente

Johan Booysen, polisiebeampte van die Valke wat ‘n ondersoek na reis- en akkomodasie-bedrog van R60 miljoen in die polisie lei, ontvang doodsdreigemente.

Independent Online berig Booysen het sy huis verskeie kere verlaat nadat hy dié dreigemente ontvang het.

Kol. Navin Madhoe (42) is meer as ‘n week gelede in verband met die ondersoek in hegtenis geneem.

Madhoe is in hegtenis geneem kort nadat hy omkoopgeld van R1,36 miljoen in die kattebak van Booysen se motor gesit het in ruil vir ‘n dokument wat sensitiewe inligting oor die ondersoek bevat.

Hy sou na bewering later die res van die geld betaal.

Tydens Madhoe se borgtogaansoek in die handelsmisdaadhof in Durban het Bheki Manyathi, staatsaanklaer, borgtog teengestaan en gesê die geskorste polisieman sal ‘n vlugrisiko wees.

Die staat voer aan die seniorpolisiemanne saam met die Durbanse sakeman Thosan Panday gewerk het om kwotasies van reis- en akkomodasiekoste met tot 400% verhoog.

Die staat het ‘n beëdigde verklaring deur kol. Leonard Sherriff, ondersoekbeampte, aan die hof voorgelê wat Madhoe met die sindikaat verbind.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор