Die vakbond Solidariteit gaan môre om 12:00 met ʼn openbare veldtog teen Woolworths begin indien die groep nie advertensies vir poste, waarvoor slegs swart kandidate oorweeg sal word, terugtrek nie. Die veldtog sal grootliks op sosiale media gevoer word.
Solidariteit het vandag in ʼn brief aan Woolworths geëis dat die groep advertensies van poste, wat uitsluitlik vir “swart Afrikane” of slegs “Afrikane, kleurlinge en Indiërs” oop is, wysig sodat mense van alle rasgroepe daarvoor oorweeg sal word. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het in sy brief aan Woolworths geëis dat die groep die posadvertensies voor Woensdag 12:00 wysig. Hermann het aan Woolworths gesê dat sy toepassing van die Wet op Gelyke Indiensneming nie korrek is nie en neerkom op onbillike diskriminasie.
“Die Wet op Gelyke Indiensneming maak nie voorsiening vir die uitsluiting van enige ras wanneer dit kom by aansoeke nie. Hierdie advertensies kom neer op ʼn absolute kwota, wat die wet doelbewus verbied. Die vakbond het ʼn beroep gedoen op Woolworths om sy interne beleid van regstellende aksie te hersien sodat dit nie onbillik teen huidige of voornemende werknemers van enige rasgroep diskrimineer nie.” Volgens Solidariteit laat die wet nie sodanige diskriminasie toe nie, en gaan die openbare mening ook nie sulke diskriminasie toelaat nie.

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep doen ‘n beroep op alle verbruikers die kettingwinkel Woolworths, maar ook die maatskappy se Country Road-handelsmerk, te boikot. Woolworths het dit onlangs duidelik gemaak dat die groep nie blanke werkaansoekers in ag neem nie.
Carnarvon is ‘n klein Afrikaanse dorpie in die Noord-Kaap wat danksy die SKA-teleskoopprojek weer in die nuus is. ‘n Terrein naby Carnarvon is gekies vir die konstruksie van MeerKAT. Dis ‘n verskeidenheid van 50 of meer radioteleskope, ‘n loodsprojek vir die massiewe “Square Kilometre Array”-teleskoop.