Amanda Gouws se selfhaatpolitiek 3

Deel op

ImageBy die huis alleen… 

Een van Hollywood se meer geslaagde kinderflieks was 1990 se Kersfeessprokie “Home Alone” wat van McCauley Culkin ‘n ster gemaak het. Hy speel die rol van Kevin, ‘n nege-jarige seuntjie wat alleen in sy ouerhuis oor Kersfees is en dit teen ‘n tweetal onverbiddelike inbrekers moet beskerm.

Deel op

Om Kevin alleen by die huis te laat bly, moes die draaiboekskrywers ‘n hele ingewikkelde krioeling van gebeure konstrueer. Dit het ‘n huis vol mense op pad na ‘n familievakansie, ‘n kragonderbreking, ‘n wilde jaagtog teen tyd en ‘n verskeidenheid voertuie ingesluit. Kevin is nie ontsteld wanneer hy wakker word nie. Inteendeel, hy klim amper uit sy vel uit pure opgewondenheid. Sy aan-die-slaap-raak wens is dat sy familie moet verdwyn. Hy het net te veel afjakke van sy ouboet, sy meewarige Oom en sy oorspanne ma gekry. Daarom, wanneer hy uitvind hy is alleen, jubel hy: “Ek het my familie laat verdwyn!”

Daarmee leef hy op piepklein maat uit waaroor Amanda Gouws op nasionale skaal droom: As sy maar net haar volk kan laat verdwyn! Dis ‘n begeerte wat deur haar gesprek getrek is, wat soos ‘n grillerige klimopswam om elke letter van haar skryfwerk krul. As die Afrikaner maar net wil verdwyn!

Onlangs, skaars ‘n anderhalfjaar gelede – dit voel vir haar soos nou die anderdag – het dit gelyk of dit presies is wat sal gebeur. Die Afrikanervolk het so los in sy huid en met ‘n sekere dofheid in die oog rondgesteier soos ‘n Friesbul wat plastieksakke gevreet het. Doodsberigte is met huigelagtige somberheid geoefen. “Die Afrikaner het sy stoom verloor,” het ‘n politieke ontleder beduie. ‘n Venynige hater van alles wat Afrikaans en manlik is, het haarself verlustig in wat sy as die algemene kastrering van die Afrikanerman gesien het. En Amanda en haar koortjie volksveragters het met soveel blymoedige drif aan die proses deelgeneem.

A!, herinner sy haarself weemoedig, kan jy die daar-is-nie-so-‘n-ding-soos-‘n-Afrikaner-nie slenter onthou? Dít was nou vir jou kreatief! Die linkse waninligtingspan het met verstommende vermetelheid die Afrikaner probeer oortuig dat hy nie bestaan nie. Dit was ‘n liberalistiese herinterpretasie van Douglas Adams se Gromhonger Gogslater Ondier van Traal. Dié monster, verduidelik Adams, is so monumentaal onnosel dat hy glo dat as jy hóm nie kan sien nie, kan hy jóú nie sien nie. Daarom, beveel Adams aan, as jy ooit op die planeet Traal is, onthou om ‘n handdoek saam te vat om jou oë mee toe te hou. Die Afrikaner-bestaan-nie-regtig-nie veldtog was as’t ware die linkse Afrikaner se handdoek. As Amanda maak of sy die Afrikaner nie raak sien nie, dan – wie weet? – dalk sien die Afrikaner háár nie raak nie. Die hele poging het nou wragtag nie juis veel indruk op die Afrikaner self gemaak nie, maar dit het vir Amanda en ander linkses laat voel asof hulle weer kan asemhaal!

Maar, skielik, netso!, toe is dit asof die reus diep asemhaal en asof sy “oë wat ‘n bars kan kyk” skielik weer fokus, asof die spiere styf stoot in die vel. Sy tree word langer en hy sit sy voete ferm neer. Skielik is Afrikaans oral. Afrikaanse musiek oorheers die mark, TV-advertensies word (met eisj, ja!) om Afrikaans ontwerp, die Afrikaanse filmbedryf roer rusteloos, die Afrikaanse letterkunde maak keelskoon, Afrikaners wen belangrike skermutselings oor hulle dorpsname… Skielik is dit net Afrikaans, Afrikaans, Afrikaans waar jy kyk en hoor – in ons skole, in ons  kerke waar Amanda Gouws ons moedertaal probeer vermoor! En uiteindelik moet sy erken, ja, die Afrikaner bestaan.

Die linkses retireer toe in die puin van hulle ideologie in, teen alle sinvolheid in nog vasbeslote dat hulle nie klaar is met die Afrikaner nie. Omdat hulle misluk het in hulle poging om die Afrikaner te oortuig dat hy nie bestaan nie, beteken dit nie hulle is van plan om van hierdie Traal-slenter af te sien nie. Hulle bestaan wel, die Afrikaners, dít erken  linkses nou maar – – – die Afrikaner is nie ‘n vólk nie, sien, die Afrikaner ís ‘n identiteit!

Nee. Die Afrikaner is ‘n volk. Maar as hy net ‘n identiteit was, wat daarvan?

Wel, voer die Afrikanerhoepels hulle volksgenote sianiedpilletjies deur die tregter van Naspers se Afrikaanse koerante, dán kan daar nie so iets wees soos ‘n Afrikaner vryheidstrewe nie. Die beste waarvoor hy dan kan hoop is die afgeknaagde been van minderheidsregte. Die linkse slinkses se nuwe hoop is dan op die nuwe gonswoord: Identiteitspolitiek.

Tipies die Suid-Afrikaanse liberalis wat nie sy eie onsinnighede kan uitdink nie, het Amanda Gouws, die professor in “politieke wetenskap”, die konsep in Amerika gaan leen. “Identiteitspolitiek” is daar ontwerp tydens die sosiale rewolusies van die sestigerjare. Politiek is ‘n volksaksie en sekere minderheidsgroepe het daarvan uitgesluit gevoel. Hulle het sekere politieke drukgroepe probeer saamstel uit hulle gedeelde identiteit, of dit nou ras, godsdiens of seksuele voorkeur – enige iets behalwe volksverband – was.

Met daardie ontsaglike verontagsaming vir feite wat so deel is van die liberale vesel, ignoreer die Amanda Gouws-soort een onwrikbare, sentrale feit: Die Afrikaner is ‘n volwaardige volk. Feite, feite, sjmeite! Amanda Gouws presenteer pen om die Afrikaner weg te probeer redeneer. Identiteitspolitiek! Die liberalis sal sy bes doen om dié begrip dwars in die Afrikaner se keel te druk om te kyk of hy daaraan sal verstik. Dis dan teen hierdie agtergrond wat Gouws die bladsye van Die Burger besmeer met haar langtand-Afrikaans en haar verflenterde argumente.

Haar redenasie – as ‘n mens haar geprewel met dié benaming kan verhef – is eenvoudig: Die Afrikaner is nie ‘n volk nie maar ‘n identiteit waarvan die versamelnaam ‘n “bevolkingsgroep” is. Dit is baie kortsigtig van hom en hy moet net nie minderheidsregte verwag in ‘n land waar wetgewing – volgens Gouws se heelhartige goedkeuring – aangewend word om spesiale regte vir die meerderheid te beding nie. Omdat die Afrikaner ‘n identiteit is, is hy noodwendig behep met homself en het hy nie die vermoë om die Groter Prentjie te sien nie. Daarom het die Insig-tydskrif te gronde gegaan. (Dit is tekenend dat sy meer ontstel is oor die ondergang van die liggewig, kom-ons-liberales-smeer-mekaar-se-borsies-met-ideologiese-Vicks-in tydskriffie as die ondergang van haar volk.)

Wel, ek dink dit hierbo maak haar redenasie uit. Haar eie onsekerhede, morsige taalaanwending en verslonste uiteenlegging van idees maak dit onmoontlik om presies te weet wát sy  bedoel. En dit help nie ons vra haar nie want ek sweer sy weet ook nie. Sy probeer gereeld ‘n mikroskopiese argument met haar elmboë vasvat.

Haar semantiese slingergang help ook nie. Sy gebruik “voorskriftelik” terwyl die strekking van haar redenasie dui op “gebiedend.”  Hierdie is basiese soort flaters, genade, knoeiwerk wat in ‘n hoërskoolopstel berispe sal word. En dan, omdat sy te lui of te onhandig met ‘n woordeboek is, praat sy van “dumbing down.” Selfs in Engels is dit ‘n gruwel, ‘n tam, taalkundig onbeholpe uitdrukking veral as dit vergelyk word met die veel kragtiger en meer presiese Afrikaanse uitdrukking “verdomming.” ‘n Mens kan dit so kragtig in ‘n sin gebruik soos: “Met die insluiting van Amanda Gouws as leerkrag het daar ‘n verdere verdomming van die Universiteit van Stellenbosch plaasgevind.”

Die sentrale gebrek van haar rubriek bly egter die verflenterde gehalte van haar redenasies. Die Afrikaner het volgens haar geen regte nie want hy is in die minderheid. Dit is juis op hierdie vertrekpunt waar haar hele betoog en ideaal struikel en faal. Die Afrikaner is net op demografiese vlak in die minderheid in hierdie land. Op ekonomiese en strukturele gebiede en gemeet aan bydrae tot die vooruitgang en oorlewing van die mense in Suid-Afrika, is die Afrikaners ‘n onaantasbare meerderheid. Anders as die swart meerderheid lê die Afrikaner se voortreflikheid in sy breinselle eerder as in sy spermselle.

Wat ook die oorsprong van Amanda Gouws se opstand teen haar volk is, is nie duidelik nie. Maar ons weet sy is vrekbang vir die Afrikaner en is in volslae paniek oor sy eersdaagse herrysenis. Sy is by die huis alleen. Eers was dit lekker want sy kon laat opbly en soveel pizza eet as wat sy wou en vir Pa en Ma na willekeur slegsê want hulle kan haar tog nie hoor nie. Maar nou is dit al sterk skemer en daar is vreesaanjaende naggeluide in die groot, leë huis. Miskien is dit die inbrekers en, nou dat Pa nie hier is nie, hoe gaan hulle buite gehou word?

Of, nog erger, baie erger, miskien is dit Pa self wat besig is om die vensters van sy eie woning oop te beur. En wat gaan klein Amanda vir haarself te sê hê as Pa eers weer by die huis is?

 

поверхностный самовсасывающий насос для водыОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.