Maagpolitiek van ons opperpandoer

Deel op

Enigeen wat gedink het dat die ANC anders as ander Afrikapolitici gaan optree as dit by die vermorsing van staatsgeld op persoonlike uitgawes kom, moet weer dink. Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, wat weens Suid-Afrika se hemelhoë misdaadsyfer een van die belangrikste portefeuljes beklee, bestee wild geld in luuksehotelle asof die staatskas aan hom behoort.

By al die ellendes wat daar op die Afrikakontinent heers, waaronder vigs, korrupsie, armoede, burgeroorloë en gebrek aan eie voedselproduksie, moet die korrupsie en verbruiksorgies van die leiers as een van die grootste rampe gesien word. Vandaar die term “maagpolitiek” wat deur sommige akademiese waarnemers bedink is om dié verskynsel van swart hoofmanne en leiers se enorme aptyt vir staatsfondse te beskryf.

Hoe groter sy aptyt en sy “maag”, hoe meer respek dwing ‘n belangrike man in Afrika af. Mthethwa het met sy verblyf in vyfsterhotelle waar ons opperpandoer waarskynlik heerlik fuif terwyl misdadigers van die land besit neem, gedemonstreer dat hy maagpolitiek verstaan en as ‘n vername leier gesien moet word.

Terwyl sulke insidente via die media in die openbare oog beland, bestaan daar natuurlik nog ander figure na aan die ANC wat die semistaatsinstellings en openbare ondernemings bedryf en waarvan die besteding op ‘n keiserlike lewenstyl minder bekend is. Die feit dat sulke instellings tans R200 miljard van die staatskas benodig om hul bedrywighede te kan voortsit, is een aanduiding dat maagpolitiek ook daar ‘n groot rol moet speel.

Dat Suid-Afrika nie reeds, soos menige Afrikaland, op sy knieë gebring is deur ‘n bende sogenaamde “leiers” wat die staat en openbare bates na hartelus plunder nie, is waarskynlik slegs te wyte aan die middelklasbelastingbetaler en groot maatskappye wat steeds getrou belasting betaal en sodoende die gefuif van Nthethwa en sy trawante aan die gang hou.

Die Afrikaner moet besef dat die huidige stelsel in Suid-Afrika so grondig korrup en immoreel is dat dit hoegenaamd nie gered kan word nie. Terwyl die Nthethwas en ander begunstigdes van die roofstaat Suid-Afrika hul makabere partytjie voortsit, kan slegs ‘n nuwe begin in ‘n eie volkstaat vir ons volk enige hoop inhou.

купить оборудование для автомойкиФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.