Le Pen stormloop verwarde Macron in TV-debat

Deel op

Marine Le Pen het met haar waarskynlike presidensiële teenstander, Emmanuel Macron, oor immigrasie, integrasie en die internasionale statuur van Frankryk gebots in ‘n TV-debat waaraan al vyf kandidate deelgeneem het.

Die voorspel tot die verkiesingsgeveg het vir drie en ‘n half uur aangehou, met Le Pen en Macron as die twee vernaamste teenstanders in terme van beleid. Sosialis Benoit Hamon, die Republikeine se François Fillon, en die ver-linkse kandidaat Jean-Luc Mélenchon het in die agtergrond vervaag.

Macron, ‘n voormalige minister van ekonomie met geen partyaanhangers nie en wat nog nooit ‘n verkose pos gehad het nie, was senuweeagtig en verbouereerd by tye met ‘n vasberade en selfversekerde Le Pen aan die oorkant. Sy het gekonsentreer op haar onervare opponent.

Sy het Macron tydens die debat oor immigrasie, werksgeleenthede en die EU gebraai. Le Pen het daarop gewys byvoorbeeld dat Macron die boerkini, die swemkous, verdedig het: “Ons het Islamiete in ons land,” het Le Pen gesê. “Die eise is aanhoudend,” het sy gesê, insluitend oor sake soos kos en klere.

Macron het verleë en onsamehangend geantwoord: “Ek is nie hier om woorde in jou mond te lê nie. Ek het nie ‘n buikspreker nodig nie.”

Hy het sy uiterste bes probeer om onskuldig en deugsaam te lyk, maar Le Pen het sy poging gekelder deur te wys op sy reputasie vir leë, langdradige toesprake.

Toe hy uitvaar oor die beskerming van Frankryk se “onafhanklikheid” het Le Pen geantwoord: “Jy het gepraat vir sewe minute, en ek het geen idee wat jy gesê het nie,” het sy gesê. “Jy het niks gesê nie. Elke keer as jy praat, is dit ‘n bietjie van hierdie, en ‘n bietjie van daardie wat jy leen, maar jy verbind jouself nooit tot enigiets.”

Nicilas Dhuicq, ‘n lid van die Republikeine party, het aan Sputnik News gesê: “Die media in Frankryk is pro-Macron, want hy is ‘n vars gesig en hy is pro-links. Hy is besig om homself as iets nuuts en modern voor te hou maar in werklikheid was sy toespraak heeltemal leeg.”

Macron het beter verhoudinge met Rusland verwerp: “Ons het ‘n lang verhaal met die Verenigde State van Amerika. Saam het ons vrede op die planeet gebou… Vandag wil ek graag meer onafhanklikheid sien. Nie nader aan [die Russiese president Vladimir] Poetin beweeg nie,” het Macron verklaar.

Maar Marine het opgemerk dat sy geensins belangstel om Angela Merkel se adjunk-kanselier te wees nie

Die eerste ronde in die presidensiële verkiesing sal plaasvind op 23 April, en die voorloper twee kandidate sal na die tweede ronde op 7 Mei deurdring. Meningspeilings wys dat Le Pen en Macron die mees waarskynlike teenstanders sal wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.