Solidariteit, Afriforum, ANC en SAKP wil ‘vredesplan’ vir Tuks

Deel op

Solidariteit en Afriforum sal saam met die ANC werk om ‘n “vredesplan” vir Tuks op te stel. Dit sluit ook die SAKP in.

Volgens prof. Cheryl de la Rey, rektor en visekanselier van die UP, sal klasse Maandag hervat word.

Provinsiale leiers van die ANC in Gauteng, Solidariteit en studenteorganisasies van die Universiteit van Pretoria (UP) het Woensdag glo byeengekom.

Daar is ook met die SAPD vergader wat onderneem het om Maandag die veiligheid op die UP se Hatfield- en Groenkloof-kampus te verseker.

‘n Oproep is ook gedoen dat die universiteit die huidige taalbeleidproses opskort.

‘n Lid van die taaltaakgroep, prof. Koos Malan, het dit betwis dat die groep Engels as algemene onderrigtaal aanbeveel het.

Hy het daarop gewys dat, anders as wat aangekondig is, die taakgroep steeds ’n model van veeltaligheid aanbeveel het.

Prof. Norman Duncan, die UP se viserektor: akademies, het in ’n e-pos erken dat die senaat die taakgroep se aanbevelings gewysig het tot Engels as me­dium. Dié kwessie sal glo binnekort voor die raad dien.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.