Thuli Madonsela se dogter is EFF en anti-Afrikaanse onlusmaker by Tuks

Deel op

Die openbare beskermer adv. Thuli Madonsela se dogter is een van die Boerehaatbelhamels aan Tuks wat gister teen Afrikaans betoog het en selfs onder polisierubberkoeëls deurgeloop het. Op haar Twitter het Wenzile Madonsela gister op Engels geskryf: “Geskiet deur die polisie. Die lewe van die swart kind maak nie saak nie, gister aangerand en vandag geskiet.”

Wenzile Madonsela (links) en van haar mede-EFF-lede by Tuks
Wenzile Madonsela (links) en van haar mede-EFF-lede by Tuks

Boerehaat, asook ‘n afkeer van Afrikaans, loop dik by die Universiteit van Pretoria en die EFF wil sien dat die taal geheel en al op kampus verbied word. Op Twitter gebruik swartes die hutsmerk #afrikaansmustfall. Die slagspreuk is insgelyks teen ‘n muur op die kampus geverf.

Die slagspreuk "Afrikaans must fall" is teen 'n muur op die Tuks-kampus geverf
Die slagspreuk “Afrikaans must fall” is teen ‘n muur op die Tuks-kampus geverf

‘n Aantal swart studente is gister in hegtenis geneem omdat hulle die hofbevel wat betogings op of naby die kampus verbied, oortree het. Na wat berig word, is 27 aangekeer, maar hulle is intussen op borg vrygelaat en sal Maandag in die hof verskyn. Volgens Twitter-berigte is die sake teen sekeres reeds deur die aanklaer teruggetrek en waarskynlik sal al 27 nie Maandag hoef te verskyn nie.

‘n Buiteband is voor die hoofingang in Lynnwoodweg aan die brand gesteek terwyl swartes daar rondom gedans, gesing en geskree het. Hierna het lede van die polisie en metropolisie hulle stormgeloop en het chaos uitgebreek.

Intussen bly al die kampusse van die Universiteit van Pretoria tot verdere kennisgewing gesluit.

Donderdag het ‘n konfrontasie tussen wit en swart studente plaasgevind wat deur Afriforum op ‘n video vasgevang is.

Op dieselfde dag, Donderdag, het die EFF Afrikaanse studente “met glasbottels gegooi, gevloek en bespoeg en gesê Afrikaanse mense is nie welkom in Suid-Afrika nie,” volgens Henrico Barnard.

Intussen woed die revolusie op ander kampusse ook voort. By Wits is 20 swart studente insgelyks op strafbare klagte in hegtenis geneem, waaronder die brand van ‘n bus.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.